Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die stad van Smarte
Die stad van Smarte [boodskap #17362] So, 06 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer CNN berigte uitsaai oor die onlangse
neerstort van SwissAir 111 naby Halifax, dan merk
hulle dikwels op dat Halifax bekend is as die �City
of Sorrows.� Hulle verduidelik dan dat dit die skepe
uit Halifax was wat uitgevaar het en die lyke van
die Titanic na die land gebring het. In Halifax is daar
begraafplase vol van die ongelukkiges wat nie die
tragedie van die Titanic oorleef het nie. Die mense van
daardie kus van Nova Scotia is gewoond aan ongelukke
op die see. Dis seker daarom dat die lokale vissermanne
dadelik in hulle bote geklim het toe hulle besef daar was
'n ongeluk ter see, en vir oorlewendes begin soek het,
na die neerstorting van Vlug 111.
Daar is egter ook 'n ander rede hoekom Halifax sal
onthou word as 'n stad van verdriet. In die Eerste Wereld-
Oorlog het daar 'n skip gelaai met dinamiet in die hawe
ontplof, en dit het so 'n groot ontploffing veroorsaak dat
groot dele van die stad geheel met die grond gelyk gemaak
is. Duisende en duisende mense het gesterf. Hierdie ongeluk
lê diep in die Kanadese psige ingekerf.
Halifax is vandag egter 'n mooi en moderne stad. Dit
het van die beste hospitale in Kanada, en die navorsing in
die hospitale en lokale universiteite word gerespekteer oor
die hele wereld. Van die beste natuurskoon in Kanada kan
ook gevind word in Nova Scotia, veral op Cape Breton, waar
die Keltiese kultuur van die oorspronklike setlaars nog steeds
lewendig gehou word. Die mees gefotografeerde plek in
Kanada, volgens die toeriste-reklame, is egter Peggy�s Cove,
nie ver van Halifax af nie. Dis nie ver daarvandaan nie waar
die vliegtuig verlede week in die see gestort het. Mense wat
nog nooit van Peggy�s Cove gehoor het nie, het dit nou oor
en oor op die televisie begin sien, eers vol mense wat soek na
oorlewendes, en nou vol gesinslede van daardie mense wat in
die see ongekom het. Vir altyd nou sal Peggy�s Cove ook seker
bekend staan as �the Cove of Sorrows.�

Gloudina Bouwer
Re: Die stad van Smarte [boodskap #17384 is 'n antwoord op boodskap #17362] Ma, 07 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
CHS  is tans af-lyn  CHS
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina...

Baie dankie vir jou interessante beriggie oor Halifax. Ek het dit baie
insiggewend gevind. Dit het my laat wonder of ons land Suid-Afrika nie ook
"Land van Smarte" genoem kan word nie. Daar is die storms en die
verpletterende ongelukke, maar dan is daar ook die helpende hande en die
goeie versoenende gees. Die geloof in dit wat beter kan wees - op die vind
van oorlewendes. My hart gaan uit na die families van mense wat hulle
lewens verloor het - beide in die Stad van Smarte en die Land van Smarte
(eie analogie). Mag die lens van die kamera ook gerig word op die
medemenslikheid van individue wat die "waters" trotseer. En mag Hoop weer
eens opklink....

In die woorde van Emily Dickinson: "Hope" is the thing with feathers-- That
perches in the soul-- And sings the tune without the words-- And never
stops--at all...

Ek bly in hierdie Land van Smarte - hoopvol. Ek glo egter dat ander wegtrek
uit hierdie land - dikwels gevul met dieselfde hoop. Mag hulle hulle ook
soms met verlange terugkyk na ons Land van Smarte. Mag hulle onthou dat
dit - soos die Stad van Verdriet (Halifax) - ook sy bekoring en skoonheid
het.

Weer eens dankie.

TreeLady (DS)

@igs.net wrote in message ...
Oor die verwysing na Halifax as die "City of Sorrows":
>
> Wanneer CNN berigte uitsaai oor die onlangse
> neerstort van SwissAir 111 naby Halifax, dan merk
> hulle dikwels op dat Halifax bekend is as die �City
> of Sorrows.� ....................

> Halifax is vandag egter 'n mooi en moderne stad. Dit
> het van die beste hospitale in Kanada, en die navorsing in
> die hospitale en lokale universiteite word gerespekteer oor
> die hele wereld. Van die beste natuurskoon in Kanada kan
> ook gevind word in Nova Scotia, veral op Cape Breton, waar
> die Keltiese kultuur van die oorspronklike setlaars nog steeds
> lewendig gehou word. ................
>
> Gloudina Bouwer
>
Vorige onderwerp: WEEN GELIEFDE LAND
Volgende onderwerp: Re: The origin of Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:01:11 MGT 2024