Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die aankoms van die herfs
Die aankoms van die herfs [boodskap #17247] Wo, 02 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dit lyk asof die herfs vanjaar vroeg kom. Hier en daar
is daar al blare wat verkleur in die bome. Die struike en
onkruid raak ontslae van hulle oninteressante somergroen
deksel en gee 'n mens insig in hulle ingewikkelder binne-
bestaan. My geliefkoosde plant is die "milkweed." Dit
drup melk as jy dit knak. Dis die plant waarop Monarch-
skoenlappers lewe en mense word aangemoedig om dit
nie uit te roei nie, sodat dié skoenlappers volop voedsel kan
hê op hulle pad na 'n vallei in Meksiko, waar hulle versamel
'n sekere tyd van die jaar. Die milkweed word soms ook
genoem "silkweed." Dit vorm 'n sagte peul wat lyk soos 'n
groot vet okra, en in die laat herfs wanneer die peul harder
word en uiteindelik oopbreek, dan is daar sagte stringe van
wit sy in.
Die ander dag lees ek die volgende grap: Die ruspe van
die Monarch-skoenlapper loop lomp oor die grond en kyk op
en sien 'n Monarch-skoenlapper daar hoog in die lug rond-
vlieg. "Jy sal my nie vang dat ek in so 'n ding daar hoog in
die lug rondry nie," sê die ruspe. (Ek kon my nie help
nie; ek het my amper 'n papie gelag.)
Daar is ander tekens dat ons miskien vir ons moet klaar-
maak vir 'n vroeë winter. Tot ons verbasing sien ons al hier
en daar Canada Geese langs die rivier. Dis vreeslik vroeg
vir hulle om suidwaarts te begin beweeg. Gewoonlik verwag
mens hulle hier in oostelike Ontario eers teen die einde van
Oktober, en somtyds wag hulle selfs tot in November. So,
as 'n mens die tekens reg lees, gaan ons swaar sneeu al begin
kry aan die einde van Oktober. Die Farmer's Almanac vertel
dieselfde ding: hierdie jaar sal dit vroeg winter word en lank
aanhou. Nouja, verlede jaar se kort en warm winter (miskien
as gevolg van El Nino) was katastrofies vir ons as gevolg van
die ysstorms. Miskien sal vanjaar se kouer en langer winter
(as gevolg van La Nina?) ons beter pas.

Gloudina Bouwer
Re: Die aankoms van die herfs [boodskap #17330 is 'n antwoord op boodskap #17247] Sa, 05 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Sep 1998 14:50:48 GMT, wrote:
| Dit lyk asof die herfs vanjaar vroeg kom. Hier en daar
|is daar al blare wat verkleur in die bome.

By ons presies dieselfde - drie/vier weke vroeer as laas jaar. Ek het
al 'n boom in die tuin wat begin blare afgooi.

| Die struike en
|onkruid raak ontslae van hulle oninteressante somergroen
|deksel

...vir my was die Amerikaanse somer se groen uiters mooi - ek het al
in die somer deur Brittanje en Nedrland getoer en toe gedink dit is
baie mooi groen daar, maar werklik, as hierdie Minnesota se groen dit
nie oortref nie, dan ewenaar hy dit lag-lag.

Dis werklik baie interesant om in 'n land te wees waar daar so groot
verskil tussen winter en somer is. Die seisoene se wisseling het 'n
reuse invloed op die mense se lewens.

| Daar is ander tekens dat ons miskien vir ons moet klaar-
|maak vir 'n vroeë winter. Tot ons verbasing sien ons al hier
|en daar Canada Geese langs die rivier.

... ek weet nie watter soorte dit is nie, maar hier by ons trek die
ganse ook nou in groot vlugte bymekaar en begin al in die groot
V-vormasies vlieg. Ek weet nie wanneer hulle bedoel is om hier te
vertrek nie.

Wat sê die weermense in SA? Wat gaan die uitwerking van La Nina wees
in die suidelike halfrond?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Antie Hanskakie
Volgende onderwerp: "Rock Painting" by JACK COPE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 05:18:45 MGT 2024