Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 32 (was: PW BOTHA may get jail term.)
32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17222] Ma, 31 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Frikkie Potgieter" wrote:
>> Mooi loop
> Frikkie
> Apartheidsvark Port Elizabeth Suid Afrika
> Hoogs Opgeleide Ex Soldaat van 32 Bateljon..
>
>

Kom Frikkie, vertel ons so 'n bietjie wat jy beleef het in 32 Battaljon. Dit
kan dalk 'n paar mense help om te verstaan waar jy vandaan kom en aan die
ander kant kan dit heel interessante leesstof maak. Miskien kan jy ons vertel
hoe jou persepsies verander het van voor jy in 32 was tot gedurende. Hoe het
jy by 32 uitgekom. Nie noodwendig die "ons was helde" goed nie, maar meer oor
wat die gevoel onder die ouens was - dinge soos die interaksie tussen die
Angolese wat in 32 geveg het en die Suid-Afrikaners - sulke dinge. Hoe
kommunikasie plaasgevind het - was Portugeus gebruik of Afrikaans - sulke
dinge.

Groete

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17269 is 'n antwoord op boodskap #17222] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
rsa...@intekom.co.za wrote:
> On Mon, 31 Aug 1998 06:41:14 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
>> Kom Frikkie, vertel ons so 'n bietjie wat jy beleef het in 32 Battaljon. Dit
>> kan dalk 'n paar mense help om te verstaan waar jy vandaan kom en aan die
>> ander kant kan dit heel interessante leesstof maak. Miskien kan jy ons vertel
>> hoe jou persepsies verander het van voor jy in 32 was tot gedurende. Hoe het
>> jy by 32 uitgekom. Nie noodwendig die "ons was helde" goed nie, maar meer oor
>> wat die gevoel onder die ouens was - dinge soos die interaksie tussen die
>> Angolese wat in 32 geveg het en die Suid-Afrikaners - sulke dinge. Hoe
>> kommunikasie plaasgevind het - was Portugeus gebruik of Afrikaans - sulke
>> dinge.
>>
>>
>> Groete
>>
>> -Gideon-
>
> Hallo Gideon,
> Ja geen probleem nie, aangesien ek BAIE trots was om daar te kon wees.
> Laat ek net eerstens sê dat ek nie baie lank by die Eenheid was nie
> aangesien ek `n baie groot Sportman was en dus het ek baie in my tyd
> getoer...

Interessant. Hoe lank was jy daar? Watter ops het jy meegemaak? Was dit Rugby
wat jou laat toer het?

> Laat ek jou eers net duidelikheid laat kry oor my gevoel toe en nou.
> Ek was en is nog nooit spyt gewees oor ek betrokke was by so `n
> Eenheid nie, aangesien ek op daardie stadium vir die veiligheid van my
> mense en ook JOUNE geveg het.
> As dit nie was vir duisende Terrs wat daar gesterf het nie, wou ek nie
> sien wat in die States sou gebeur het as daardie gemors eers hier
> ingekom het nie.

O - ek was onder die indruk dat die spelers in die oorlog die SAW, SAP,
SWAGM, UNITA aan die een kant en die vyand was FAPLA en SWAPO ondersteun deur
Kubaanse soldate en Russiese en Oos-Duitse raadgewers aan die anderkant.
Watter deel daarvan was deel van die bedreiging vir SA intern?

> Ek dra nou nie kennis van Angolese wat in die Eenheid was nie, maar
> miskien weet jy nou meer as ek, tensy jy verwys na die Askaries.
> Dis nou Ex Terrs wat oorgeloop het na ons toe. Jy sien daar was ook
> van hulle wat destyds al gesien het dat die waarheid nie aan die
> anderkant lê nie, en dus oorgekom na die SA MAgte.
>
Hmm... Wel, as ek reg onthou was 32 oorspronklik begin begin deur Kolonel
Breytenbach uit oorskot van die ou FNLA nadat die dinge in Angola uitmekaar
geval het. Dus Portugeussprekende Angolese. Die Askari's was teoreties meestal
SWAPO insurgente wie "gedraai het" vir watter rede ookal.

> Net iets Interresants... So drie jaar gelede was ek in die Transkei
> betrokke waar die Transkei se Polisie en Weermag gemuit het.....(Knip)
> ek gaan nie meer uitbrei nie, maar dit was lelik...
> Die Soldate van Oud 32 is vanaf Phalaborwa ingevlieg en glo my dit was
> net (1) een RPG 7 en toe gee die hele lot Transkeiers oor.. Ongeveer
> 80 is in hegtenis geneem.

Vreemd - ek verstaan jou miskien net nie mooi nie, maar ek het eerstens nie
geweet dat die Transkei nog drie jaar gelede bestaan het nie. Tweedens was ek
onder die indruk dat 32 deeglik gedemobiliseer is teen daardie tyd en iewers
in die Noord-Kaap was. Ek onthou nog hoe de bliksem in Kolonel Jan was oor
wat gebeur het.

> Daar het ek gesien dat daardie Portugese en Lede nog net so voel oor
> Oorlog as destyds. Maak nie saak in watter manier dit kom nie.
> Ons het Afrikaans gepraat en heelwat Portugese het die Taal goed
> gepraat, maar hulle kommunikasie was Portugees. Daar was nie juis `n
> Kommunikasie Probleem nie, aangesien iemand altyd kon help en dit was
> maar min.
>
En gedurende jou betrokkenheid by 32 in Angola?

Jou ervarings met 32???

> Ek is hier in Port Elizabeth en woon nog al die Jare hier in die Oos
> Kaap.
> Ek het glad nie verander vandat ek in die Weermag was tot en met nou
> nie, maar een ding wat ek kan sê is dat hierdie ANC Regering van
> vandag van my `n Rassis gemaak het, aangesien ek nie een was nie. Kyk
> ek was nooit lief vir die swartes nie, maar het hulle nie gehaat nie.
> Jy sien miskien is ek gelukkig om te kan sien wat in die werklikheid
> aangaan wat andere nie kan sien of wil sien nie. Hierdie Plaasmoorde,
> Rowe..... ens. My hel man is julle BLIND om die werklikheid raak te
> sien. Ek haal net gou vir julle `n stukkie aan van Thabo mbeki in

-so 'n bietjie uitgesny oor Thabo Mbeki se sienings - DIt is welbekend maar
nie regtig relefant nie

> Dink julle dis nou Vrede of dat die Vrede gaan kom. Nee my maat daar
> wag `n verskriklike ontwaking vir jou, want jy en ons gaan vrek soos
> vlieë.
> Dink jy werklik jy is veilig in hierdie omstandighede. Nee my maat jy
> moet weer dink....

Wat is jou oplossing Frikkie? Sorteer dit uit deur die loop van 'n geweer?
Skreeu en raas tot jy as 'n malmens toegesluit word in boeie? Sluit aan by een
of ander groep rasende radikale wat bomme plant en onskuldiges vermoor?

Dêm man - Suid-Afrikaners is nie blind vir wat aangaan nie. Baie van ons
weet ook wat aangegaan het in die verlede - die feite. Nie die klomp kak wat
die media probeer vertel het nie. Nie die patriotiese snert wat jy van die
politieke podiums gehoor het nie. Nie die waarheid volgens die militêre
adelstand geglo het nie. Van ons was daar. Van ons het gesien hoe onskuldige
mense met skerppuntammo in die strate by hul huise geskiet is. Het die vrees
ervaar van 'n duisend - tweeduisens rasende mense met klippe - met net die
kante van 'n buffel tussen jou en hulle. Het die vrees ervaar van kontak en
dan later vir mekaar vertel het dat jy nie regtig bang was nie. Hoe 'n vriend
lyk wat in 'n bad lê sodat die fosfor onaktief kan bly en na 'n honderdste
operasie eerder selfmoord pleeg as on verder daarmee saam te lewe. Hoe 'n
eens intelligente vriend of broer nou is nadat hy skrapnel deur sy brein het
en dit oorleef het. Net om nou nog in 'n instituut vir verstandelik
gestremdes weg te kwyn. Ek kan eindeloos aangaan.

So, Frikkie - wat is jou keuse - gaan aan met die sirkel van haat, of breek
die sirkel? Wil jy jou kinders daar in hou of wat? Jou kinders leer by jou,
my ou. Keuses...keuses. Sal jou keuses jou kinders 'n toekoms bied in 'n land
wat VIR ALTYD nie meer die alleenreg van blankes gaan wees nie? As jy daar
wil bly, moet jy miskien begin vrede maak daarmee. Wat is jou opsies? Gebruik
jou breins instede van dink met adrenalien. As jy besluit om weg te gaan, is
dit dit. Nie die einde van jou bestaan nie, maar die begin van 'n ander een.
Is jy braaf en patrioties deur te bly? Miskien. Is jy braaf en patrioties
deur jou kinders jou keuse te laat erf? Hmmm... Keuses...keuses.

> Ek skryf nie sommer op aanmerkings en beledigings nie en ek hoop ook
> nie hierdie is goeie leesstof nie, aangesien jy nooit sal hoor wat
> daar bo gebeur het nie en dit het in elk geval ook niks met niemand op
> hierdie nuusgroep te doen nie.

Miskien.. miskien nie. Gaan dit oor wat mense aangaan of gaan dit oor
genesing. Vreemd genoeg het die TRC genesing vir sommige gebring. Die stilte
gaan soms net oor skaamkry vir die feite. Soms gaan dit oor die seerkry
probeer vergeet. Soms gaan dit oor 'n leuen verdoesel. Miskien het dit meer
te doen met die nuusgroep as wat jy probeer wysmaak. Mense wat hul onskuld
verloor het in iemand anders se oorlog to hulle 18 jaar oud was. Mense wat
leer haat het. As jy môre daar hoog bo die grond is, en jy kyk af na die
mense wat daar onder, is daar miskien iemand wat iets van jou af weet, want
hulle is dieselfde deur. Miskien weet hulle meer van hulself omdat hul so 'n
bietjie in die spieël gaan kyk het en gesien het wat van die 18-jarige geword
het.

> Indien jy verder met my iets wil uitklaar, skryf persoonlik.

Ek wil niks uitklaar nie, Frikkie. Miskien het ek net in 'n spieël gekyk. As
jy iets wil uitklaar, kyk in 'n spieël.

-Gideon-
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17284 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
HaHa! Miskien kan ons vir Johan daarvoor afvaardig want hulle is seker
v^erlangs familie.

Julle klomp vlugtelinge in Holland is natuurlik ook daarvoor verantwoordelik
dat Frikkie nou so naarstiglik soek na programmeerders daar in PE.....8>)).

--
nomad@rest.oasis
wrote in message 6slde2$gsr$1@nnrp1.dejanews.com...
> In article ,
> "nomad" wrote:
>> Ongelukkig kan Frikkie nie aan hierdie debat verder deelneem nie want hy
>> praat nie met vlugtelinge nie!
>>
>> {{{8c: ))
>>
>> nomad@rest.oasis
>>
>
>
> Hehehehe :)Is jy nou sy spreekbuis?
>
>
>
> -Gideon-
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17285 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"nomad" wrote:
> Ongelukkig kan Frikkie nie aan hierdie debat verder deelneem nie want hy
> praat nie met vlugtelinge nie!
>
> {{{8c: ))
>
> nomad@rest.oasis
>
>

O jinne - sorry - ek het vergeet - jy kwalifiseer natuurlik ook nie as een van
die wat in Kanaan agtergebly het nie ;^)

Aag wel - as hy nie reageer nie sal ons seker maar ons eie idees moet vorm oor
die oorsaak van die stilswye.

Daar is natuurlik niks wat ons verhoed om oor en weer oor die saak te
spekuleer sonder sy deelname nie.

*SUG*

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17286 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" wrote:
> HaHa! Miskien kan ons vir Johan daarvoor afvaardig want hulle is seker
> v^erlangs familie.
>
> Julle klomp vlugtelinge in Holland is natuurlik ook daarvoor verantwoordelik
> dat Frikkie nou so naarstiglik soek na programmeerders daar in PE.....8>)).
>
>

Nee man, jy is verkeerd. Het jy nie geweet nie - dit is alles 'n
kommunistiese komplot. Jy sien, Rusland was al die tyd nie regtig besig om
demokraties te word nie, en het besluit dat hul net eers hul ekonomie sal
opdonder sodat hul aan hul mense kan bewys dat kommunisme tog beter is as
kapitalisme. Hulle het toe na die Hollanders (wat natuurlik 'n deels
sosialistiese regering het) toe gekom en vir hulle gesê "terwyl ons hulle
aandag aftrek deur ons ekonomie in een te laat stort - kry ons ons SAKP
tjommies om die SA ekonomie ook in een te donder. Dan net wanneer die
Suid-Afrikaners anderpad kyk, bied julle hulle almal goeie poste in Nederland
aan (wat hul natuurlik sal neem want wie wil nou in 'n land bly waar die
ekonomie in sy moer is). Dan sodra ons weer kommunisme aan die gang het,
doen ons wat ons nie kon regkry in Angola nie, en val SA binne - want geen
van die kompers werk meer nie, en al die Mirages is geground. "

Sien daar is 'n logiese verduideliking vir alles ;^}

Groete uit die Laaglande

-Gideon-
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17287 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"nomad" wrote:
> Ongelukkig kan Frikkie nie aan hierdie debat verder deelneem nie want hy
> praat nie met vlugtelinge nie!
>
> {{{8c: ))
>
> nomad@rest.oasis
>
>

Hehehehe :)Is jy nou sy spreekbuis?

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17288 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Nee o hel, ek is een van die "gematigde Potgieters" - ons deel van die
> familie hardloop rond met voorname soos Jakobus, Wilhelm, Gerhard en
> dalk nog 'n Petrus, maar nie Frederik nie.

Nou hoekom is Potgieters wat Jakobus heet gematig,
en Potgieters wat Frederik genoem word, ver-regs?
Nee, ek dink dit het niks met die mooi naam Frikkie
te doen nie. Ek dink net hierdie Frikkie-hanskakie
is 'n hensopper. Hy praat so groot. Hy vertel van
sy dae op die Grens, maar dan hoor 'n mens dat hy
ook baie met "Sport" deurmekaar was. Dan kom die
vraag, hoe baie was hy nou op die grens? Dis juis
die ouens wat nie aksie gesien het, wat voel hulle
moet grootpraat. Vra vir die ou presies hoe lank
en waar hy op die grens was, en dan moet jy hoor
hoe die stilte klink.

Die kuber-Ruiter in die Nag (werf nou lede vir
die kuber-kommando.)
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17289 is 'n antwoord op boodskap #17269] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ongelukkig kan Frikkie nie aan hierdie debat verder deelneem nie want hy
praat nie met vlugtelinge nie!

{{{8c: ))

nomad@rest.oasis
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17290 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" writes: >

HaHa! Miskien kan ons vir Johan daarvoor afvaardig want
hulle is seker
> v^erlangs familie.
>
> Julle klomp vlugtelinge in Holland is natuurlik ook daarvoor verantwoordelik
> dat Frikkie nou so naarstiglik soek na programmeerders
daar in PE.....8>)).

>
,
>> "nomad" wrote:
>>> Ongelukkig kan Frikkie nie aan hierdie debat verder deelneem nie want hy
>>> praat nie met vlugtelinge nie!
>>>
>>> {{{8c: ))

>> Hehehehe :)Is jy nou sy spreekbuis?

>> -Gideon-

Ou Frikkie-hanskakiebangbroek, ek is
besig om my kuberkommando op die been
te bring vir die heruitsending van al
my ou boodskappies aan jou. Uiteindelik
sal jy almal op jou killfile moet plaas
om weg te kruip vir die trefkrag van
my woorde. Wanneer kry ons die epos
uit Grahamstad?

Die Kuber-ruiter in die Nag, in die
eerste fase van die Derde Vryheids-
oorlog (vryheid van al die verraaiers
van die Afrikaner in ons midde.)
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17291 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Sep 1998 19:25:55 +1200, "nomad" wrote:

|HaHa! Miskien kan ons vir Johan daarvoor afvaardig want hulle is seker
|v^erlangs familie.

Nee o hel, ek is een van die "gematigde Potgieters" - ons deel van die
familie hardloop rond met voorname soos Jakobus, Wilhelm, Gerhard en
dalk nog 'n Petrus, maar nie Frederik nie.

Ek het simpatie vir die regse ouens soos Frikkie, maar ek kan nie so
fanaties oor iets wees nie. Ek haal my hoed af vir die vlak van
oortuiging wat hulle aan die dag lê, maar met hulle manier van
politiek bedryf kan ek my nie vereenselwig nie.

Ek het goeie ver regse vriende - op daardie vlak bly ons maar net weg
van die politiek af!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17292 is 'n antwoord op boodskap #17222] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Sep 1998 19:09:16 GMT, wrote:
| Nou hoekom is Potgieters wat Jakobus heet gematig,
| en Potgieters wat Frederik genoem word, ver-regs?

Ek gee op! Sê my ...?! Ek dink ons is seker maar van verskillende
stamme van die familie want ek ken nie 'n Frikkie in my deel van die
familie nie. Daar is seker maar verligte Frikkies ook en verkrampte
Jakobusse!

| Nee, ek dink dit het niks met die mooi naam Frikkie
| te doen nie. Ek dink net hierdie Frikkie-hanskakie
| is 'n hensopper. Hy praat so groot. Hy vertel van
| sy dae op die Grens, maar dan hoor 'n mens dat hy
| ook baie met "Sport" deurmekaar was. Dan kom die
| vraag, hoe baie was hy nou op die grens? Dis juis
| die ouens wat nie aksie gesien het, wat voel hulle
| moet grootpraat. Vra vir die ou presies hoe lank
| en waar hy op die grens was, en dan moet jy hoor
| hoe die stilte klink.

Ouens wat so militêr aktief en oorbewus is maak my bang. Frikkie,
jong, kan jy vir ons daaraan perspektief gee?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17313 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Sep 1998 08:07:38 GMT, rsa...@intekom.co.za (Frikkie
Potgieter) had the following to say:
|swart horder verkrag gaan word nie... Iets wat jy nie wil raaksien
|nie, maar top maar lekker saam met die Regering...
|STERKTE in jou HOOP.

Wat is 'n horder? Is dit iets soos 'n boerekommando?

...goodbye en good luck,
Simon
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17314 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) writes:

> Johan, ek hoef
nie groot te praat oor Grensstories nie, en defnatief
> hoef ek ook nie aan jou uit te brei oor wats en moenies. Ek sou dit
> nie eens voor die Tutu Sirkus gedoen het nie, so moet nie hier kom met
> dinge wat in elk geval niks mety jou te doen het nie.
> O ja iemant het gepraat oor die Transkei wat 2 jaar gelede nie meer
> bestaan het nie..
> Wakker word ou maat die Transkei bestaan nog steeds.
> Frikkie

Wonder wat ou Frikkie bedoel met "die Transkei"
bestaan nog steeds." Dit klink soos 'n dreigement.
Veral as hy die frase "ou maat" gebruik. Dis snaaks
hoe "ou maat" in Afrikaans soveel dreigement inhou.
Ek dink ook Frikkie is nogal bek-af dat hy nie
uitgenooi is om voor die Waarheidskommissie te kom
praat nie. Hy is seker maar 'n baie klein vissie.

Die Ruiter in die nag se liason-kommandant.
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17315 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Sep 1998 08:59:28 +0200, lou wrote:

|Johan wrote:
|>
|> Net so ten slotte - hier in Amerika einde verlede jaar weer so bang
|> geword vir iemand: Ons is na 'n mall toe en na die kinders goed
|> gefrustreer was om saam na al die winkels toe te drentel, gaan sit ons
|> in die binneplein om iets te eet en drink. By die tafel langs ons
|> merk ons toe 'n BAIE weird karrakter op. "n Vuil ou ongeskeerde
|> (snaaks vir ons omgewing) met slordige hare, wat kamoufleer drag dra.
|> By hom het hy 'n aktetas in kamoufleer groen en bruin asook 'n balsak
|> - netsso ons in die army gehad het. Hy was besig om 'n "Soldier of
|> Fortune" tydskrif te lees. Na so vyf minute het hy die tydskrif in
|> die oorvol aktetas ingeprop en gelukkig geloop. Groot verligting!!!
|> Hy was defnitief ongebalanseerd en ek sidder as ek dink wat in daardie
|> balsak. Ek is seker as hy net die verkeerde moodswing gevang het, het
|> hy daar 'n masjiengeweer uitgeruk en 'n bloedbad veroorsaak.
|>
|
|Ek dink jy kyk te veel Hollywood stories op die TV van Ex-Nam Rambo
|tipes wat se koppe nou kwansuis uithaak. Die mode in Sa is nou vir
|kinders om kamoefleer broeke en hemde te dra - nou nie soos die ou
|browns nie maar 'regte' kamoefleer drag met ligte en donker strepe/kolle
|. Elke keer as ek een sien wat bietjie vuil is sal ek aan jou dink :)
Nee Lou, hierdie was regtig anders - sioveel so dat ek verbaas was die
polisie het hom nie sommer opgetel nie. Ek dink ook nie hy was 'n vet
nie - dalk te jonk, eerder een van die ver regse fanatici-gone-wrong..

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17316 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

Vra vir die ou presies hoe lank
> | en waar hy op die grens was, en dan moet jy hoor
> | hoe die stilte klink.
>
> Ouens wat so militêr aktief en oorbewus is maak my bang. Frikkie,
> jong, kan jy vir ons daaraan perspektief gee?

Hoekom maak sulke ouens jou bang, Johan?
Hulle maak my ook bang. En dis interessant
dat jy aandui dat hulle "oorbewus" is.
Dis of hierdie mense 'n minderwaardigheids-
kompleks het en dan 'n aggressie-forum soek
om aan hulself te bewys dat hulle manne is.
Ons het hier in Kanada die geval gehad waar
een hele bataljon van valskermsoldate vol
van sulke mense gesit het. Hulle is na
Somalia gestuur, waar hulle sulke ernstige
wandade aangevang het dat dit 'n smet op
die hele Kanadese militere opset gelaat
het. Die regiment is nou ontbind.
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17317 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" writes: >
>
> --
>
> Johan wrote in message 35ef134d.111726365@news.citilink.com...
>
>> Ouens wat so militêr aktief en oorbewus is maak my bang. Frikkie,
>> jong, kan jy vir ons daaraan perspektief gee?
>>
>> Johan
>
> Friend Frikkie gaan jou ook mos nie antwoord nie..........miskien moet jy
> jouself eers vermom (nom-de-plume en met kakieklere!)
>
> (Ons spot nou met hom agter sy rug-dis eintlik baie lelik)
> nomad@rest.oasis

Friend Frikkie inderdaad, die ou hanskakie.
Met vriende soos Fred Rundle. Waar kruip ou
Fred Rundle uit? En ek wonder waar kom Fred
Rundle se geld vandaan. Baie van die ekstreme
regses in Europa kry geld uit Alberta hier
in Kanada.

Die ruiter in die Nag soek kuber-kommandante
om boodskappe aan Frikkie-rsaboy oor te dra.
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17318 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
--

Johan wrote in message 35ef134d.111726365@news.citilink.com...

> Ouens wat so militêr aktief en oorbewus is maak my bang. Frikkie,
> jong, kan jy vir ons daaraan perspektief gee?
>
> Johan

Friend Frikkie gaan jou ook mos nie antwoord nie..........miskien moet jy
jouself eers vermom (nom-de-plume en met kakieklere!)

(Ons spot nou met hom agter sy rug-dis eintlik baie lelik)
nomad@rest.oasis
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17319 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
rsa...@intekom.co.za wrote:
> NOU GOED DAN,
> KYK WEER IN `N SPIEËL....
> Jy sien jy is een van daardie persone wat nie `n mens se siening wil
> raaksien nie en jou eie ding wil doen. Verder wil jy net probeer dat
> ek moet aanvaar on saam met hoerdie komminustiese regering te gaan,
> maar jy probeer verniet.

Nee, Frikkie dit is waar jy verkeerd is - ek het simpatie met jou siening, en
verstaan waarvan jy praat as jy praat oor jou weersin in dit wat jy sien. Ek
stem nie met jou saam met die gevolgtrekkings wat jy maak nie. Wat ek
bevraagteken is jou gesindheid en die metodes wat jy toepas in jou kruistog.
Jy het vroeër in hierdie thread mense gedreig omdat jy nie met hulle
saamgestem het nie. Dit baat niemand nie en verswak net jou saak. Die dae van
dreig en probeer die sterk een speel is verby. Jy is deel van 'n minderheid
in SA. Die minderheid waarvan jy deel is het veel erger dinge aan die
meerderheid in di land gedoen as wat nou gebeur. As hulle dieselfde maatreëls
moes gebruik as die ou regering was jy al dood of toegesluit. Jy sou geen
stemreg gehad het nie. Jou kinders so forseer gewees het om na skole te gaan
waar die onderwys selfs nog swakker sou wees as nou. Jy sou iewers na 'n ver
plek geskuif geword het sonder dat daar genoegsame vergoeding aan jou gegee
was vir die plek waar jy nou gebly het. Daar sou nie genoeg werk gewees het
nie, en as jy na Johannesburg of Kaapstad of na PE wou gaan sou jy 'n
paspoort moes dra. Daar sou jy nie 'n werk kon kry nie, want jy ou die
verkeerde kleur wees. Ieamnd anders sou in jou huis bly en jy sou geenander
keuse gehad het as om 'n paar sinkplate aanmekaar te slaan en daar te bly
nie....

Wil jy hê ek moet aangaan?

> Sit maar in die donkere toekoms en moenie praat van kinders wat geleer
> moet word nie, aangesien ek nie wil sien hoe my kinders deur hierdie
> swart horder verkrag gaan word nie... Iets wat jy nie wil raaksien
> nie, maar top maar lekker saam met die Regering...
So - wat is jou keuse Frikkie?
Gaan jy bly?
Gaan jy jou eie skool bou?
Gaan jy gewapende wagte aanstel wie jou kinders kan oppas?

Jy sê net wat jy nie wil nie - jy sê nie wat jy wil nie.

Miskien iets wat saam met dit gaan - jy noem mense wat emigreer of in ander
lande gaan werk landsverraaiers. Watter land verraai hulle? Die een jy jy so
oënskynlik haat of een of ander pre-Apartheid Utopia wat net in sommige se
drome bestaan het?
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17320 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Sep 1998 08:07:40 GMT, rsa...@intekom.co.za (Frikkie
Potgieter) wrote:

|Johan, ek hoef nie groot te praat oor Grensstories nie, en defnatief
|hoef ek ook nie aan jou uit te brei oor wats en moenies. Ek sou dit
|nie eens voor die Tutu Sirkus gedoen het nie, so moet nie hier kom met
|dinge wat in elk geval niks mety jou te doen het nie.

Waarvan praat jy pel? Jy is so fanaties opgevang in jou kruistog,
soos Gideon sê, dat jy skoon die sproor verloor - ek het niks gesê van
grootpraat nie. Is jy nie dalk besig om iemand anders te antwoord
nie?

Ek het vir jou opinie oor jou perspektief gevra....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17321 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) writes:
[color=blue]> NOU GOED DAN,
> KYK WEER IN `N SPIEËL....
> Jy sien jy is een van daardie persone wat nie `n mens se siening wil
> raaksien nie en jou eie ding wil doen. Verder wil jy net probeer dat
> ek moet aanvaar on saam met hoerdie komminustiese regering te gaan,
> maar jy probeer verniet.
> Sit maar in die donkere toekoms en moenie praat van kinders wat geleer
> moet word nie, aangesien ek nie wil sien hoe my kinders deur hierdie
> swart horder verkrag gaan word nie... Iets wat jy nie wil raaksien
> nie, maar top maar lekker saam met die Regering...
> STERKTE in jou HOOP.
> Frikkie
>
>
> On Wed, 02 Sep 1998 16:04:33 GMT, gide...@usa.net wrote:

Gideon, nou het ou Frikkie darem vir jou
gesê! Hy wil nie die waarheid hoor nie,
veral nie die waarheid wat hy weet die
waarheid is nie. Hy is soos die mense hier
die VSA wat regeringsgeboue opblaas net
omdat hulle 'n grief teen die regering van
die land het. Of soos Bin Laden, wat deur
sy eie familie en land onteien is, maar
nog voortgaan met sy ego-gesentreerde
planne onder die dekmantel van 'n heilige
oorlog. Dis hierdie soort wat ons in die
21 ste eeu moet vrees. Bin Laden blameer
die Amerikaners en die Kapitaliste. Frikkie
blameer die "Kommuniste."
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17322 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Sep 1998 08:59:28 +0200, lou had
the following to say:

|Ek dink jy kyk te veel Hollywood stories op die TV van Ex-Nam Rambo
|tipes wat se koppe nou kwansuis uithaak. Die mode in Sa is nou vir
|kinders om kamoefleer broeke en hemde te dra - nou nie soos die ou
|browns nie maar 'regte' kamoefleer drag met ligte en donker strepe/kolle
|. Elke keer as ek een sien wat bietjie vuil is sal ek aan jou dink :)
|
Wat het die mode van ons tieners te doen met weirdos in Amerika? Net
omdat altwee camouflage dra?
My grasperk is bruin - bruin is die kleur van sjokolade - jy kan maar
my grasperk kom afkou, want daar is 'n duidelike verband met
sjokolade.....

...goodbye en good luck,
Simon
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17323 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes: > On Fri, 04 Sep 1998 08:59:28 +0200,

Hy was besig om 'n "Soldier of
> |> Fortune" tydskrif te lees. Na so vyf minute het hy die tydskrif in
> |> die oorvol aktetas ingeprop en gelukkig geloop. Groot verligting!!!
> |> Hy was defnitief ongebalanseerd en ek sidder as ek dink wat in daardie
> |> balsak. Ek is seker as hy net die verkeerde moodswing gevang het, het
> |> hy daar 'n masjiengeweer uitgeruk en 'n bloedbad veroorsaak.

> |. Elke keer as ek een sien wat bietjie vuil is sal ek aan jou dink :)
> Nee Lou, hierdie was regtig anders - sioveel so dat ek verbaas was die
> polisie het hom nie sommer opgetel nie. Ek dink ook nie hy was 'n vet
> nie - dalk te jonk, eerder een van die ver regse fanatici-gone-wrong..
>
> Johan

Sien, ou Lou, Johan is maar effentjies van
'n senuweewrak daar in die bundu van die VSA,
Minnesota. Hy moet ligloop vir die regses-gone-
wrong, die kinders wat ander kinders in die skole
doodskiet, en dan nog so elke dan en wan 'n tornado
uit die weste. Bo en behalwe al die bokke en kleiner
ondiere wat hy blykbaar op sy pad werk toe sien.

Gloudina
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17324 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan, ek hoef nie groot te praat oor Grensstories nie, en defnatief
hoef ek ook nie aan jou uit te brei oor wats en moenies. Ek sou dit
nie eens voor die Tutu Sirkus gedoen het nie, so moet nie hier kom met
dinge wat in elk geval niks mety jou te doen het nie.
O ja iemant het gepraat oor die Transkei wat 2 jaar gelede nie meer
bestaan het nie..
Wakker word ou maat die Transkei bestaan nog steeds.
Frikkie

On 3 Sep 1998 19:09:16 GMT, wrote:

> e...@dot.com (Johan ) writes:
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17325 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
m...@here.com (Simon) writes:

> On Fri, 04 Sep 1998 08:07:38 GMT, rsa...@intekom.co.za (Frikkie
> Potgieter) had the following to say:
> |swart horder verkrag gaan word nie... Iets wat jy nie wil raaksien
> |nie, maar top maar lekker saam met die Regering...
> |STERKTE in jou HOOP.
>
> Wat is 'n horder? Is dit iets soos 'n boerekommando?

Nee, dis maar net soos daardie sekretaris
van die Afrikaans-Weerstand Beweging ons
geliefde Afrikaans mors. Ons sal 'n beweging
moet op tou sit teen die ondermynende funksie
van die AWB in die instandhouding van Afrikaans.

Die Ruiter in die Nag
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17326 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Sep 1998 01:51:47 GMT, wrote:
| Hoekom maak sulke ouens jou bang, Johan?

Dis moeilik om woorde daaraan te sit - dis seker maar soos my ma altyd
sê "die ouens is te TE...." menende daar is TE veel oordrywing. Dis
miskien nou baie lelik snob van my, maar ek dink ook ek het laas
bende-bende gespeel in St 6 iewers - en dis BAAIE lank terug.

En daarna het ek diensplig gedoen en my tyd daar baie geniet. Ek was
sein offisier en het met baie interesante dinge gewerk, interesante
mense ontmoet en dinge beleef wat 'n mens gou "grootgemaak" het. (Nie
groot ops en goed nie, maar dinge soos die staf-sersant wat by my
kantoor ingeloop het en die deur agter hom toegetrek het. Net daar
bars hy in trane uit en vertel my sy vrou verlaat hom. Onthou - ek is
'n snotkop seuntjie van 18 wat nog nie eers weet hoe mens trou nie.
Nou moet jy hierdie ou, wat jou pa kon gewees het help.)

Maar dit was 'n fase en dis verby - ek sal dieselfde omstandighede nie
nou meer kan geniet nie. En as jy dan ouens teekom wat "lyk of hulle
daar vasgehaak het" dan maak dit my bang. Dis al half of dit mense is
wat 'n houding het van "elkeen vir homself" - en wanneer gaan ek die
victim wees?

| Hulle maak my ook bang. En dis interessant
| dat jy aandui dat hulle "oorbewus" is.
| Dis of hierdie mense 'n minderwaardigheids-
| kompleks het en dan 'n aggressie-forum soek
| om aan hulself te bewys dat hulle manne is.

Ek sou nie sê dit het noodwendig iets met manlikheid te doen nie, dalk
op 'n subjektiewe vlak van die onderbewuste. Maar dat dit mense is
wat soek om van aggressie ontslae te raak, stem ek saam.

Ek het so 'n ver regse neef - hy is nou nie juis baie millitaristies
nie, maar weer "oorbewus" van sy eie politieke probleme. Jy is nie
vyf minute in sy geselskap nie, dan moet jy aanhoor hoe goed Radio
Donkerhoek doen en hoeveel steun hulle het en al sulke dinge waarin ek
nie belang stel nie. Dis of dit die fokus van die ou se hele betsaan
geword het.

Maar weet jy, ver agter in my agterkop is 'n stemmetjie wat sê dis wat
die Afrikaner gebriung het waar hy is. Hy het nie die Engelse se
nonsies opgevreet nie en teen hom die wapen opgeneem. Nou sal ek
graag by meer kundige ouens wil weet: waarom maak hierdie mense soos
Frikkie sommige mense bang en waarom is ons so half "reluctant" om
soos hierdie mense te dink?

| Ons het hier in Kanada die geval gehad waar
| een hele bataljon van valskermsoldate vol
| van sulke mense gesit het. Hulle is na
| Somalia gestuur, waar hulle sulke ernstige
| wandade aangevang het dat dit 'n smet op
| die hele Kanadese militere opset gelaat
| het. Die regiment is nou ontbind.
|
Ja, en so iets kan baie lelik word - ek het dit op normale troepvlak
teegekom by soldate wat nie eers buitengewone mense was nie. Met my
aankoms in 'n basis, was dit duidelik dat daar by die troepe 'n
buitengewone haat teenoor Swapo was - meer as wat in die algemeen daar
aangevoel kon word. Op aanvraag het die bevelvoerder ons vertel dat
hulle 'n paar dae tevore 'n opvolg gehad het waarin een van die baie
gewilde korporaals se bene afgeskiet is.

Dit het so buitengewone aggressie by die troepe wakker gemaak dat
hulle vir die volgende twee weke glad nie uitgestuur is nie en met
satyn handskoene hanteer is. Ons het baie daaroor gepraat en tot die
gevolgterkking gekom dat dit een van die oorsake kon wees vir die
ongelukke wat op die grens plaasgevind het.

Net so ten slotte - hier in Amerika einde verlede jaar weer so bang
geword vir iemand: Ons is na 'n mall toe en na die kinders goed
gefrustreer was om saam na al die winkels toe te drentel, gaan sit ons
in die binneplein om iets te eet en drink. By die tafel langs ons
merk ons toe 'n BAIE weird karrakter op. "n Vuil ou ongeskeerde
(snaaks vir ons omgewing) met slordige hare, wat kamoufleer drag dra.
By hom het hy 'n aktetas in kamoufleer groen en bruin asook 'n balsak
- netsso ons in die army gehad het. Hy was besig om 'n "Soldier of
Fortune" tydskrif te lees. Na so vyf minute het hy die tydskrif in
die oorvol aktetas ingeprop en gelukkig geloop. Groot verligting!!!
Hy was defnitief ongebalanseerd en ek sidder as ek dink wat in daardie
balsak. Ek is seker as hy net die verkeerde moodswing gevang het, het
hy daar 'n masjiengeweer uitgeruk en 'n bloedbad veroorsaak.

Ek is vir sulke ous ook baie bang, al kan ek nie reguit vir jou in
woorde sê hoekom nie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17327 is 'n antwoord op boodskap #17326] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> Net so ten slotte - hier in Amerika einde verlede jaar weer so bang
> geword vir iemand: Ons is na 'n mall toe en na die kinders goed
> gefrustreer was om saam na al die winkels toe te drentel, gaan sit ons
> in die binneplein om iets te eet en drink. By die tafel langs ons
> merk ons toe 'n BAIE weird karrakter op. "n Vuil ou ongeskeerde
> (snaaks vir ons omgewing) met slordige hare, wat kamoufleer drag dra.
> By hom het hy 'n aktetas in kamoufleer groen en bruin asook 'n balsak
> - netsso ons in die army gehad het. Hy was besig om 'n "Soldier of
> Fortune" tydskrif te lees. Na so vyf minute het hy die tydskrif in
> die oorvol aktetas ingeprop en gelukkig geloop. Groot verligting!!!
> Hy was defnitief ongebalanseerd en ek sidder as ek dink wat in daardie
> balsak. Ek is seker as hy net die verkeerde moodswing gevang het, het
> hy daar 'n masjiengeweer uitgeruk en 'n bloedbad veroorsaak.
>

Ek dink jy kyk te veel Hollywood stories op die TV van Ex-Nam Rambo
tipes wat se koppe nou kwansuis uithaak. Die mode in Sa is nou vir
kinders om kamoefleer broeke en hemde te dra - nou nie soos die ou
browns nie maar 'regte' kamoefleer drag met ligte en donker strepe/kolle
. Elke keer as ek een sien wat bietjie vuil is sal ek aan jou dink :)

Cheers
Lou
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17328 is 'n antwoord op boodskap #17269] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
NOU GOED DAN,
KYK WEER IN `N SPIEËL....
Jy sien jy is een van daardie persone wat nie `n mens se siening wil
raaksien nie en jou eie ding wil doen. Verder wil jy net probeer dat
ek moet aanvaar on saam met hoerdie komminustiese regering te gaan,
maar jy probeer verniet.
Sit maar in die donkere toekoms en moenie praat van kinders wat geleer
moet word nie, aangesien ek nie wil sien hoe my kinders deur hierdie
swart horder verkrag gaan word nie... Iets wat jy nie wil raaksien
nie, maar top maar lekker saam met die Regering...
STERKTE in jou HOOP.
Frikkie

On Wed, 02 Sep 1998 16:04:33 GMT, gide...@usa.net wrote:
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17350 is 'n antwoord op boodskap #17222] Sa, 05 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Sep 1998 21:05:26 GMT, wrote:
| Sien, ou Lou, Johan is maar effentjies van
| 'n senuweewrak daar in die bundu van die VSA,
| Minnesota. Hy moet ligloop vir die regses-gone-
| wrong,

...gelukkig sover nog net senuweewrak vir drie minute in die elf
maande wat ons nou hier is, en ek dink dis "good going"!

| die kinders wat ander kinders in die skole
| doodskiet,

...dié het in 'n ander staat gebeur, Gloudina, netso goed ek sê vir
jou ek het 'n foto van Vancouver gesien en daarom dink ek jy bly in 'n
mooi land.

| en dan nog so elke dan en wan 'n tornado
| uit die weste.

,,,gelukkig lyk my ons tornado seisoen is nou oor - ons het laas min
of meer die 15de Augustus die aand in die basement spandeer. Daarna
ook nie eers weer donderstorms gehad nie.

| Bo en behalwe al die bokke en kleiner
| ondiere wat hy blykbaar op sy pad werk toe sien.

Ongelukkig sien ek ook baie daarvan as roadkill. Selfs die takbokke
loop sleg deur.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17351 is 'n antwoord op boodskap #17222] Sa, 05 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Sep 1998 21:05:26 GMT, wrote:

| uit die weste. Bo en behalwe al die bokke en kleiner
| ondiere wat hy blykbaar op sy pad werk toe sien.
|
Nie blykbaar nie - gaan kyk by
http://www.citilink.com/~johan/images/tuin02.jpg
om die bokkie in my tuin te sien. Ek het haar en haar ma weer vanmore
gesien - sy het nou al haar kolle verloor. Die foto is so middel
Julie geneem.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17393 is 'n antwoord op boodskap #17222] Ma, 07 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote:
> |
> Wat het die mode van ons tieners te doen met weirdos in Amerika? Net
> omdat altwee camouflage dra?
> My grasperk is bruin - bruin is die kleur van sjokolade - jy kan maar
> my grasperk kom afkou, want daar is 'n duidelike verband met
> sjokolade.....
>
> ...goodbye en good luck,
> Simon

Nou waar val jy nou weer uit Simon. Ek het vir Johan gewys op die
stupitgeit van sy redenasie.

Jy weet bruin is ook die kleur van str*nt - dis nou wat jy praat. Lees
tog die pos in konteks volgende keer hoor.

Net so terloops my gras wys al lekker groen, so tussen die bruin deur -
laat dit jou ook dink aan pepermint crisp wat so lekker kraak onder jou
tande as jy kou? Maar terwyl on nou praat van kou - die biltong wat mens
deesdae in die winkels koop is net senings. O ja senings, ja dit
herinner my mos nou weer aan die storie van Jan Spies - die een oor
Sening De Lange. Ja ou Jan Spies hy is mos twee jaar gelede so
tragies dood na 'n motor ongeluk daar op die Suid Wes , 'skies Namibie",
se stof paaie. Jy weet mos hulle is so 'n sjokolade skommel bruin - en
snaaks genoeg bring dit ons weer terug by sjokolade. Maar dit was mos
jou punt nie waar nie - sjokolade en gras.

Goodbye and thanks for the fish
Lou
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17408 is 'n antwoord op boodskap #17222] Di, 08 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
> waarheid is nie. Hy is soos die mense hier
> die VSA wat regeringsgeboue opblaas net
> omdat hulle 'n grief teen die regering van
> die land het. Of soos Bin Laden, wat deur
> sy eie familie en land onteien is, maar
> nog voortgaan met sy ego-gesentreerde
> planne onder die dekmantel van 'n heilige
> oorlog. Dis hierdie soort wat ons in die
> 21 ste eeu moet vrees. Bin Laden blameer
> die Amerikaners en die Kapitaliste. Frikkie
> blameer die "Kommuniste."

WOW!!! Gloudina vergelyk Frikkie met Bin Laden. Hoekom vergelyk jy dan nie
ook 90% van die huidige regering met die UNA bomber en Bin Laden nie? Hulle
het presies die selfde gedoen m.a.w. geboue opgeblaas etc. Het Frikie dit
gedoen? hmmmmm?

>
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17409 is 'n antwoord op boodskap #17222] Di, 08 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Neels Kriek" skryf:
> WOW!!! Gloudina vergelyk Frikkie met Bin Laden. Hoekom vergelyk jy dan nie
> ook 90% van die huidige regering met die UNA bomber en Bin Laden nie? Hulle
> het presies die selfde gedoen m.a.w. geboue opgeblaas etc. Het Frikie dit
> gedoen? hmmmmm?

Ek dink nie die "huidige regering" het enige
geboue opgeblaas nie. (Wel die vryheidsvegters
in die apartheidsjare.)

Daar is egter bewyse dat die "vorige regering"
wel hulle staats-mag en materiaal gebruik het
om geboue op te blaas.

As ek Frikkie met Bin Laden vergelyk, vergelyk ek
hom omdat hy aanmekaar ekstreme geweldadige woorde
en dreigemente gebruik, terwyl ek twyfel of hy die
gevoelens van die oorgrote meerderheid van Afrikaners
in Suid-Afrika verteenwoordig. Onthou daar is 'n
verskil tussen kla oor jou regering en geweld pleeg
om jou doel te bereik.( Sien nou maar wat deesdae
in die VSA aangaan, of hier in Ontario waar die
onderwysers in opstand is teen die provinsiale
regering - hierdie week is alle Rooms Katolieke
skole in Toronto gesluit). Die Vryheidsvegters
het in Suid-Afrika het die wapens opgeneem omdat dit
nie gelyk het of hulle op enige ander manier hulle regte
in hulle eie land kon kry nie. En onthou, hulle was
verteenwoordigend van tagtig persent van die land se
bevolking. Dis die crux.)

Die Ruiter in die Nag (wat ook wapens opgeneem het
vir wat hy as reg beskou het.)
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17436 is 'n antwoord op boodskap #17222] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...

>
> Toe nou Gloudina, slaap maar gerus in die leuens van dekades gesus ...
>

Veel eerder jy, Johan, wat werklikheid wil afmaak as 'n buitensporige
nagmerrie. Onthou die bomme by die kantore van die wereldraad van kerke?
Onthou Craig Williamson se confessions?

leswin
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17437 is 'n antwoord op boodskap #17222] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Sep 1998 15:21:39 GMT, wrote:

| Ek dink nie die "huidige regering" het enige
| geboue opgeblaas nie. (Wel die vryheidsvegters
| in die apartheidsjare.)
|
| Daar is egter bewyse dat die "vorige regering"
| wel hulle staats-mag en materiaal gebruik het
| om geboue op te blaas.

Toe nou Gloudina, slaap maar gerus in die leuens van dekades gesus ...

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 32 (was: PW BOTHA may get jail term.) [boodskap #17471 is 'n antwoord op boodskap #17222] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Sep 1998 19:18:59 -0500, "Leswin Laubscher"
wrote:

|Veel eerder jy, Johan, wat werklikheid wil afmaak as 'n buitensporige
|nagmerrie. Onthou die bomme by die kantore van die wereldraad van kerke?
|Onthou Craig Williamson se confessions?
|
Ek onthou die rumours, maar ek dink dis nou al so hol rug gery en lank
terug dat dit dalk net 'n ver linkse konspirasie was! My skoonma sê
ook ek leef nie in die werklikheid nie, maar een van die dae sal ek
lat sy biekie uit haar hok uitkom - sy sê haar vel het weer son
nodig....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Rooi Roman
Volgende onderwerp: Re: Gedivht : De Gelatene / J.C. Bloem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 03:07:41 MGT 2024