Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Enige reaksie oor VSA aanval?
Enige reaksie oor VSA aanval? [boodskap #17030] Ma, 24 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Haai daar almal

Net 'n vraag - ek het op al die sites gekyk van die regering, ANC en ander
media in SA, en ek sien absoluut geen reaksie van die Regering of ANC oor die
aanvak wat die VSA gedoen het op Sudan en Afghanistan nie. Was daar enige
reaksie van hierdie partye op TV of iewers ander?

Was daar enige reaksie van die ANC of regering oor die oorspronklike
bomaanvalle in Kenia en Tanzanie?

-Gideon-
Re: Enige reaksie oor VSA aanval? [boodskap #17055 is 'n antwoord op boodskap #17030] Di, 25 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 24 Aug 1998 07:38:36 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Haai daar almal
>
> Net 'n vraag - ek het op al die sites gekyk van die regering, ANC en ander
> media in SA, en ek sien absoluut geen reaksie van die Regering of ANC oor die
> aanvak wat die VSA gedoen het op Sudan en Afghanistan nie. Was daar enige
> reaksie van hierdie partye op TV of iewers ander?
>
> Was daar enige reaksie van die ANC of regering oor die oorspronklike
> bomaanvalle in Kenia en Tanzanie?
>
> -Gideon-

Wel, daar het 'n paar ure gelede 'n bom in die restaurant Planet
Hollywood, in Kaapstad se Waterfront ontplof. 1 of 2 mense dood, 16
in die hospitaal. Restaurant aan flarde. Vroeë berigte meen dis die
moslems wat teen die VSA opgetree het weens die 2 aanvalle wat jy hier
genoem het. Ek bly in Kaapstad en dis nou al 4 bomme in 2 maande.
Omdat hulle nou juis die Waterfront gebom het, kan die toerisme
outomaties 'n insinking verwag.

Bryan

************************************************************ ********
Remove 'KAAP' in front of @ to reply
Visit my website at: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Enige reaksie oor VSA aanval? [boodskap #17095 is 'n antwoord op boodskap #17030] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Aug 1998 07:38:36 GMT, gide...@usa.net wrote:

<<>Was daar enige reaksie van die ANC of regering oor die oorspronklike
>bomaanvalle in Kenia en Tanzanie?>>

Dit veroordeel dink ek.

Dit was hoofsaaklik as buitelandse nuus aangebied.

My vrou vra die volgende: Hoeveel burgerlike mense is dood in die
vergeldingsaanval in Soedan?
Sy se sy wonder hoekom CNN dit nie eintlik noem nie.
En sy wonder of daar so n ophef oor die 120 Keniane gemaak sou gewees
het as daar NIE 10 Amerikaners ook dood was nie.
Re: Enige reaksie oor VSA aanval? [boodskap #17096 is 'n antwoord op boodskap #17030] Do, 27 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Aug 1998 18:35:16 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

|En sy wonder of daar so n ophef oor die 120 Keniane gemaak sou gewees
|het as daar NIE 10 Amerikaners ook dood was nie.
|
|
Ek vermoed dis seker maar netsoos die SA joernaliste wat groot ophef
maak van een of twee wit kinders wat in 'n ongeluk omkom, maar as 'n
hele bus vol swart mense en kinders verongeluk, word dit net so
terloops gemeld. As julle die soort selektiewe moraliteit in julle
berrigewing toepas, waarom verwag jy die Amerikaners moet anders doen
in hulle joernalistiek.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Enige reaksie oor VSA aanval? [boodskap #17135 is 'n antwoord op boodskap #17030] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Mon, 24 Aug 1998 07:38:36 GMT, gide...@usa.net wrote:
>> Was daar enige reaksie van die ANC of regering oor die oorspronklike
>> bomaanvalle in Kenia en Tanzanie?>>
>
> Dit veroordeel dink ek.
>

Ok - so daar was 'n publieke veroordeling van die kant van die ANC vir die
aanval.

Die vraag dan is of daar dan ook veroordeling was van die VSA se aanvalle op
Soedan en Afghanistan.

Al wat ek probeer verstaan is waar SA se Internasionale beleid in die hele
prentjie inpas.

soos dit huidiglik vir my lyk is die verhouding een van: 1. Behou politieke
en ekonomiese bande met die VSA, en kritiseer VSA beleid versigtig 2. Gaan
politieke bande aan met tradisionele VSA vyande soos Libie, China, Kuba en
Irak.

Die probleem met so 'n beleid is dat as radikale faksies die tipe van ding
veroorsaak wat in Oos-Afrika gebeur het, kan jy dit eenvoudig as radikale
faksies afmaak. Die oomblik wat 'n land terugslaan na die faksie se
strukture, begin jy in 'n ander dimense inbeweeg. Ek dink dit gaan nogal saam
met die ou situasie tussen die VSA en Libië. As jy as 'n aparte moontheid
terugslaan moet jy noodwendig die land waarin die terroriste skuil se
onafhanklikheid op een of ander manier skend as die land nie self bereid is
om stappe te neem nie.

Nou is die dilemma dit (ek het nie al die feite nie, so dit is op hierdie
stadium soos dit vir my lyk)

Nelson veroordeel die aanval van die terroriste op die VSA se ambassades.
Waarom? Hy kan want dit is nie 'n land met wie die SA bande aanhet wat die
aanval geloods het nie. Nou val die VSA die basisse in Afghanistan en die
vermeende vervaardigingsoorsprong van Chemiese agente in Sudan aan - Hul
skend die lande se lugruim in die proses, en skend ook die lande se
onafhanklikheid. Nelson kan niks sê nie - as hy die aanvalle veroordeel,
veroorsaak hy spanning tussen hom en die VSA, wat natuurlik nie so goed is
nie, want dan kan hy en Bill nie meer tee drink nie (en dit is beter om
vriende te bly of minstens neutraal te wees teenoor die groot boelie in die
blok). As hy die aanvalle goedpraat, maak hy vir Moeamar en sy nuutgevonde
vriende in die moslemwêreld kwaad. So - hy bly liewers stil

Dinsdagaand ontplof die bom in sy eie agterplaas. Nou is daar moeilikheid -
hy moet een of ander standpunt inneem teenoor die saak. Hy gee nie self 'n
persverklaring op Woensdag nie (ek sou dit tog seker verwag van die
President?) maar kry Parks om namens hom 'n verklaring te maak. Dit gee hom
ruimte om 'n misverstand te verklaar op 'n latere stadium. Enige moontlike
verband met die Amerikaanse situasie word versigtig deur sy kantoor omseil.
Sidney die sekuriteitsou en Dullah blyk onbewus oor die delikaatheid van die
situasie en maak duidelike stellings van moontlike bande met die VSA ding en
op versoek van Sidney kom kuier die FBI. Donderdag is daar nou allerhande
stellings oor die definitiewe moontlikheid dat die SA bom NIKS met die VSA
situasie te doen het nie (moontlik reg), maar eeder te doen het met
bendeaktiwiteite in die Kaapse vlakte. Drie mense gearresteer op die lughawe
op pad na Egipte. Een van hulle is 'n Pagad lid.

So - maklik - die status quo kan gehandhaaf word. SA hoef nog steeds niks te
sê oor die VSA aanval in Soedan en Afghanistan nie.

Maar wat as daar tog bande is tussen die twee aanvalle? Waar laat dit SA met
die beleid van politieke draadsittery?

> Dit was hoofsaaklik as buitelandse nuus aangebied.
>

Waarom nie binelands nie? Dit is tog sulke groot nuus as so iets gebeur? Het
die Beeld iemand gekry om artikels te skryf daaroor? Het die Beeld reaksie
vanaf SA politici gevra daaroor?

> My vrou vra die volgende: Hoeveel burgerlike mense is dood in die
> vergeldingsaanval in Soedan?
> Sy se sy wonder hoekom CNN dit nie eintlik noem nie.

Was die inligting op Reuters beskikbaar? As die inligting op Reuters
beskikbaar is, was dit in die Beeld gepubliseer? As Reuters dit nie gehad het
nie, kan dit tog sekerlik van Sudan se nuusagentskap af gekry word? CNN is
tog nie die enigste bron van nuus in SA nie?

Miskien is hier net 'n nuusstorie wat julle koerantmanne gemis het ;)

> En sy wonder of daar so n ophef oor die 120 Keniane gemaak sou gewees
> het as daar NIE 10 Amerikaners ook dood was nie.
>

Tien teen een nie - die aanval was op 'n Amerikaanse ambassade - Die GBB
(groot boelie in die blok) is die enigste wêreldmoontheid wat 'n nuuusdiens
of drie het wat die hele wêreld dek - so jy sal meer hoor van wat hulle raak
as andere. Dit is als deel van die manier wat dinge werk. As 120 Keniane in
'n bom dood was, so die konteks, die motivering en die gebeurtenis self tot
regionale nuus geklassifiseer word. Miskien 'n klein beriggie op die voorblad
met meer inligting op bladsy drie. Die bom in Kaapstad is (ek dink) die
vierde in twee maande. Nou is dit nuus - waarop? Moontlike bande met GBB. Die
bome in Uganda is grooter nuus as wat dit sou wees - waarom?

Maar ek is seker jy kon die afleidings self maak, Ferdi.

-Gideon-
Vorige onderwerp: Monica Lewinsky
Volgende onderwerp: RE: The 1999 Business Explorer Media Competition
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 16:20:33 MGT 2024