Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » New SA speak? 'n Leuen is nie oneerlik? En hulle is steeds in hul' poste?
New SA speak? 'n Leuen is nie oneerlik? En hulle is steeds in hul' poste? [boodskap #17054] Ma., 24 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit die Beeld Argiewe: Leuen wat nie oneerlik was - só het hulle gesê -
98/08/13



Aanhaling:

Mnr. Mthobi Tyamzashe, direkteur-generaal van sport en ontspanning,
in sy getuienis in die Sarvu-hofsaak:

``'n Leuen is nie noodwendig oneerlik nie. Dit hang alles af van die
motief. Ek het Sarvu mislei deur 'n leuen te verkondig, maar my
motief was om Sarvu te laat besef dat 'n kommissie 'n werklikheid
was as hy nie met die taakspan saamwerk nie. U kan sê dit was 'n
leuen, maar dit was nie oneerlik nie.'' (Tyamzashe oor sy
persverklaring in Augustus verlede jaar waarin hy glo woorde in
Mandela se mond gelê het om druk op Sarvu te plaas.)

``Dit is glad nie vreemd nie. Ek het in daardie stadium gedink dit
was die regte ding om te doen.'' (Tyamzashe op 'n stelling van Sarvu
se regsverteenwoordiger of hy dink dit is algemene gebruik dat 'n
direkteur-generaal woorde in die president se mond lê en vals
verklarings doen.)

Mnr. Steve Tshwete, minister van sport en ontspanning, in sy
getuienis in die Sarvu-hofsaak:

``Dit is baie ernstig as 'n direkteur-generaal oneerlik optree. Maar
ek het geen stappe (teen Tyamzashe) gedoen of die president om
verskoning gevra nie. Ek het nie gedink dit is nodig in die verband
waarin die verklaring gedoen is nie. Oneerlikheid is geregverdig
indien die motief reg is. Dis hoe ek dit in dié verband gesien
het.'' (Tshwete oor Tyamzashe se beweerde vals persverklaring waarin
hy woorde in die president se mond gelê het.)

____________________________________________________________ _____
Ja wel no fine!
Re: New SA speak? 'n Leuen is nie oneerlik? En hulle is steeds in hul' poste? [boodskap #17074 is 'n antwoord op boodskap #17054] Di., 25 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Aug 1998 16:22:41 +0200, lou wrote:

>

Luyt het sy gat gesien en die kommissie kom.
Re: New SA speak? 'n Leuen is nie oneerlik? En hulle is steeds in hul' poste? [boodskap #17094 is 'n antwoord op boodskap #17054] Wo., 26 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 24 Aug 1998 16:22:41 +0200, lou wrote:
>
> >
>
> Luyt het sy gat gesien en die kommissie kom.

Lyk vir my sommige ander in die ding het ook hulle gatte gesien,
insluitende jy weet wie.

Maar jy sê niks van die leuens nie ou Ferdi?
Vorige onderwerp: Re: Onderklere Opname
Volgende onderwerp: Re: ALEEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 17 19:52:52 UTC 2025