Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » kernreaktors
kernreaktors [boodskap #16816] |
Fri, 14 August 1998 00:00  |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor die groot hoepla oor die beplande kernreaktors in die Kaap.
Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
weet my dalk meer inligting gee?
Billy.
|
|
|
|
|
Re: kernreaktors [boodskap #16922 is 'n antwoord op boodskap #16816] |
Tue, 18 August 1998 00:00   |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
bi...@mgenerations.net wrote:
> In article ,
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
>> On Fri, 14 Aug 1998 17:32:48 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>>
>>> Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
>>> probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
>>> belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
>>> weet my dalk meer inligting gee?>>
>>
>> Daar was n stuk in The Star n tyd terug.
>> Ook in Beeld verlede week.
>> Albei behoort op die koerante se Internet-blaaie in die argiewe te
>> wees.
>>
>> Sover ek onthou is dit "pebble bed" reaktors??!!
Korrek. 'n Duitse ontwikkeling, sover ek kan agterkom.
>>
>> Glo kompak. Iets soos vier of agt of iets kan teoreties op n rugbyveld
>> pas.
>
In eenhede van 100MW kapasitieit. Die 100 MW syfer is blykbaar 'n syfer wat
redelik veilig is, aangesien die massa uraan (en dis uraan, en nie Plutonium nie)
wat vir daardie kapasiteit gebruik word, redelik stabiel is.
>>
>> Daar word glo beoog om n paar by Koeberg te bou.
>>
>> Daar word geplaat van uitvoer van die eenhede.
'n Groot moontlikheid, wat nogal baie valuta kan inbring.
>> Dit pla my vreeslik dat Suid Afrika nou meer kernkrag wil aanle.
Ek sou nie baie bang wees daaroor nie. Ekonomies maak dit vir my sin. Kahora
Bassa is nie die antwoord vir alle probleme nie. Om nog kapasitieit uit KB te
kry, gaan derjoene kos. Om nog 'n fossielstasie te bou, gaan uit 'n
omgewingsperpektief baie on-PC wees, en net soveel kos soos 'n Pebble-bed stasie.
> Ek kan my net nie indink dat die toekomstige reaktors veilig beheer sal kan
> word in n land waar mense nie genoeg opleiding ontvang het nie. Die
> politieke sake is ook so onstabiel en plofbaar dat ek werklik nagmerries kry
> oor die ding. Kernkrag is nie n onskuldige saak nie. Boonop is dit nie n land
> met veel vars water nie. As die kernkragstasies langs vars water gebou gaan
> word om verkoeling te verskaf is dit n verdere moontlike probleem as die
> bleddie goed begin lek. Dit maak nie saak hoe veilig en versigtig die werkers
> is nie - daar is altyd n paar insidente waar die kernbelaaide water ontsnap.
> As hulle nie met water verkoel word nie gaan hulle so duur wees dat die hele
> ding finansieel n totale gemors kan wees. Heelparty ander lande het al
> ondersoek ingestel en probeer om die kleiner kernstasies te bou maar hulle
> het besluit dat dit nie n goeie idee is nie. Dus verstaan ek glad nie hoekom
> dit juis nou beplan word nie. Ek is nie gewoonlik op soek na geheime
> komplotte nie maar hier is vir my iets wat nie sin maak nie.
Vloeibare natrium word met groot sukses in Russiese duikbote gebruik, om maar net
een voorbeeld te noem. Water is nie die enigste verkoelmiddel nie. Na bied ook sy
eie voordele, naamlik dat pomp daarvan 'n betreklik maklike proses is.
Ek weet nie hoekom die ding nou beplan word nie, behalwe dalk dat die
fossielbrandstof nie vir ewig kan hou nie, en dat nuwe fossielaanlegte te duur
sal wees. Eskom se kapasiteit is of te veel, of te min, afhangende van wie jy mee
gesels.
Hoop dit help effens
H-J
|
|
|
|
|
Re: kernreaktors [boodskap #17487 is 'n antwoord op boodskap #16816] |
Sun, 13 September 1998 00:00  |
De Waal Venter
Boodskappe: 62 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Sun, 16 Aug 1998 22:00:16 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Fri, 14 Aug 1998 17:32:48 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>
>> Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
>> probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
>> belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
>> weet my dalk meer inligting gee?>>
>
> Daar was n stuk in The Star 'n tyd terug.
> Ook in Beeld verlede week.
> Albei behoort op die koerante se Internet-blaaie in die argiewe te
> wees.
>
> Sover ek onthou is dit "pebble bed" reaktors??!!
>
Politiek het nog altyd 'n rol gespeel by Koeberg.
Eskom het hulle behoeftes oorskat en op basis daarop
Koeberg gebou. Hulle is meermalle gewys op hulle fout deur amptenare
van diie AEK.
Die "pebble bed reactors" het hulle in Duitsland laat ontwikkel op eie
inisiatief. Die AEK was geensins daarby betrokke nie.
Eskom doen hulle eie ding.
dewald
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:41 UTC 2025
|