Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Yahoo in Ierland
Die Yahoo in Ierland [boodskap #16820] Vr, 14 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Doos" writes: >

Tannies

>
> Sal julle nou asb. een ding in julle skedel inkry:
>
> JULLE IS MOEG!!!


Paul, ons lag lekker as ons jou so rasend
kan maak. Ons merk egter ook op dat jou
Afrikaans beter en beter word hoe langer
jy vir ons uitskel. Ons tannies bereik dus
ons doel: om mense Afrikaans te laat skryf
(veral as hulle in die buiteland is) en om
hulle te maan om die taal nie te verkrag deur
dit teveel met Engels te meng nie.
Nou wil ons vir jou nog net een ding sê,
As jy werklik van Ierland af skryf, sit jy
in die land waar daardie groot skrywer Jonathan
Swift gewoon het. In Gulliver's Travels vertel
hy van die Yahoos en die Houhinmms (ek dink ek
spel dit verkeerd hier.) Die Houhinmms is edele
perde met 'n baie gevorderde kultuur. Die Yahoos
is menslike gedrogte wat soos bobbejane optree
maar ook in ekskrement rondploeter. Nou wil ons
net vir jou sê: jy is 'n Yahoo. En tant Hessie
se witperd is een van daardie edele perde.

Ou tante Koba (sy's maar dom)
Ou tant Totie (bietjie agteraf)
Tant Mina (kook stroop)
Tant Alie (sy kom om die draai)
Tant Hessie (sy het 'n edele wit perd)
Vorige onderwerp: Re: 'n Afrikaanse Houyhnhnm
Volgende onderwerp: Wie is D. Steenkamp?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 13:48:53 MGT 2024