| "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #16758] |
Wo., 12 Augustus 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
Charl-Pierre Naude
Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.
Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:
My vriende wat geïmigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.
Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.
Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeëets,
is 'n onophoudelike weerligstraal.
|
|
|
|
|
|
|
|