Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » coriolis
coriolis [boodskap #16667] So, 09 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Een heldere uitleg, Thorsten.

Zouden corioliskrachten ook verklaren waarom wedstrijden op een baan altijd
linksom worden gelopen/gereden/geschaatst? Zelfs paarden- en hondenrennen
gaan linksom!

Als Europa op het zuidelijk halfrond had gelegen, zouden we dan rechtsom
zijn gegaan?

Groeten,
Arthur

ps. sorry dat deze plasing niet op de oorspronkelijke draad aansluit, maar
mijn server geeft al dagen bijna geen berichten door, dus ik moet via
giganews de berichtenstroom volgen (en via hun kun je geen plasinge
plaatsen; dat kan ik alleen via mijn eigen server).

Thorsten Müller heeft geschreven...
> Johan N Potgieter wrote:
>>
>> Vanmiddag, sien ek, het die ou ding met haarself sit en praat - sommer
>> so drie persoonlikhede gelyk uitgepak en al drie yl ewe nikseggende
>> rubbish.
>>
>> Ek het 'n vraag aan die slimmes op die NG: Is die maan van oral in
>> die wereld in dieselfde fase? Op die oomblik het ons volmaan
>
> In Duitsland het ons ook volmaan.
>
>> Al gehoor van die storie van die rigting waarin die water draai as dit
>> uit die bad loop? Wel, hulle sê mos in die noordelik halfrond draai
>> dit anders as in die suidelike halfrond.
>
> Die rede daarvoor is die "Coriolis"-krag. Die hoog- en diepdrukgebiede (ek
> hoop dit is die korrekte Afrikaanse betekenis vir die dinge wat mens op 'n
> weerkaart kan sien) draai ook in verskillende rigtings op die noordelike en
> die suidelike halfrond. Weens die aard se draaibeweging word enige
> stofdoeltjie wat beweeg word in 'n sekere rigting afgelei. As jy die aard
> langs die ekwator sou deursny en die suidelike halfrond onderstebo neffens die
> noordelike halfrond sou lê, dan draai die suidelike halfrond anders as die
> noorde. Daarom werk die Coriolis-krag in die noorde en in die suide in
> verskillende rigtings.
>
>> Maar ek het in SA al probleme gehad omdat dit nooit konstank in een
>> rigting gedraai het nie. Dit het net afgehang van hoe jy opgestaan
>
> Natuurlik is die draairigting ook afhanklik van andere dinge. Enige krag wat
> jy aanwend kan die rigting beinvloed, indien die Coriolis-krag die sterkste
> krag is, dan werk die eksperiment. Nadat die water al begin het draai, dan is
> die Coriolis-krag te swak om die draairigting weer om te keer indien die
> rigting verkeerd was.
>
> Ek hoop dit was verstandelik - my Afrikaans mag nie goed genoeg wees om
> wetenskaplike berigte te skryf nie. Ek sal dit met graagte in Engels verklaar
> indien dit nodig is.
>
> Groete,
>
> Thorsten
>
Re: coriolis [boodskap #16752 is 'n antwoord op boodskap #16667] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> Een heldere uitleg, Thorsten.
>
> Zouden corioliskrachten ook verklaren waarom wedstrijden op een baan altijd
> linksom worden gelopen/gereden/geschaatst? Zelfs paarden- en hondenrennen
> gaan linksom!
>
> Als Europa op het zuidelijk halfrond had gelegen, zouden we dan rechtsom
> zijn gegaan?

Dit kan natuurlik toevallig wees dat al wedstryde linksom gaan, maar ek onthou
dat my maats van die sweeftuig-klub (jammer, met hierdie stokperdjie het ek al
opgehou) gewoonlik vertel het hulle draai liewer na links as regsom. Wanneer
ek in 'n kar ry verskyn dit ook vir my asof dit aangenamer is om linksom te
draai as na regs. Miskien is dit slegs afhanklik daarvan waar die bestuurder
sit - in Suid-Afrika ry mense op die ander kant van die straat, daarom mag dit
daar anders wees as in Europa. Maar miskien het dit iets daarmee te doen hoe
ons brein werk - jy weet, die twee helftes hanteer verskillende dinge. Is dit
nie so dat linkshandige mense se breinhelftes (of ten minste ten dele)
omgekeerd werk as die van regshandige nie? Indien dit so is, miskien sou alles
regsom gaan as daar meer linkshandige mense in die verlede gewees het..?

> ps. sorry dat deze plasing niet op de oorspronkelijke draad aansluit, maar
> mijn server geeft al dagen bijna geen berichten door, dus ik moet via
> giganews de berichtenstroom volgen (en via hun kun je geen plasinge
> plaatsen; dat kan ik alleen via mijn eigen server).

Geen probleem! Ek sukkel ook baie met die nuusgroepe, daarom kan ek die
probleem goed verstaan. Sommige plasings verskyn hier eers na 'n week of so... :(

Groete,

Thorsten

PS: Eintlik is dit baie snaaks om 'n Nederlandse plasing in Afrikaans te
beantwoord, veral as my moedertaal Duits is, my kennis van Afrikaans eerder
klein is, en ek geen Nederlands kan praat nie. Dit bewys maar hoe na ons tale
met mekaar verwant is. :)
Vorige onderwerp: Die ou ding
Volgende onderwerp: Lekker in die nuwe SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 01:32:01 MGT 2024