Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Net ingeval SE DINGES, man
Net ingeval SE DINGES, man [boodskap #16750] Wo, 12 Augustus 1998 00:00
eyespy  is tans af-lyn  eyespy
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi wrote in message ...
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
> SA beter
>>> leef as tevore?>>>
>
> 1. Hulle hoef nie meer te kruip voor mense soos Leendert nie.

Jy's reg! Nou kruip hulle voor hulle eie mense. Wat minder/geen genade en
empatie het as die "vorige" mense. Bietjie meer vernederend en dodelik, as
jy my vra.

> 2. Hulle is vry.

In watter opsig, huh? Vry om hulle-self toe te sluit in die aand en weg te
kruip sodat die "gangs" in die townships hulle nie vermoor en besteel nie?
Los bietjie daai Hustler in die toilet en lees jou koerant vir 'n
verandering. Dis nie meer 'n Wit-teen-Swart ding nie, dis Swart-teen-Swart
intimidasie op 'n landwye skaal. Elke dag is nog 'n episode van "Who's the
Boss" in Suid-Afrika.

> 3. Hulle is Suid-Afrikaners.

Duh... Volgende "punt" asseblief. Net die van hulle wat geldige
Suid-Afrikaanse ID boeke het of hier gebore is, is Suid-Afrikaners. Die
ander 50% het gedros uit ander Afrika lande uit - wat ook terloops
"self-regerend" is en dit gaan *vrek* sleg daar - en lewe nou op *jou* 45%
belastinggeld (of dit wat oorbly na die regering hulle deel gesteel het).

> 4. Hulle hoef nie meer passe te dra nie.

Nou dra hulle ID boeke. Duurder en meer moeite om te "forge". En nou's dit
nie meer so maklik om weg te hol oor die grens as jy moor en steel nie.
Life's a bitch, ain't it? Buitendien, passe is net so lank al afgeskaf soos
slaafskipwerkers.

> 5. Hulle kan saam met hulle gesinne woon.

Hulle kon nog altyd. Hulle wou nog net nie.

> 6. Hulle kinders kan na ordentlike skole toe gaan.

Haai! Almal! Ferdi is 'n komediant! Ons *het* nie meer ordentlike skole
in die land nie, ou Knaap.

> 7. Hulle kinders kan na die universiteite toe gaan.

Om te gradueer met hoofvakke: Optogte 101, Brandstigting 302,
Weier-Om-Te-Betaal 501 & Dekaan-Gevangenishouding 102.

> 8. Hulle kan internasionaal aan sport deelneem.

En ons land se naam lekker gat maak in Frankryk.

> 9. Hulle kan in Suid-Afrikaanse sportspanne opgeneem word.

Hulle MOET in SA sportspanne opgeneem word. Of hulle nou die sport kan
speel of nie.

> 10. As n groep is hulle besig om ekonomiese mag te kry.

Al gehoor van die Suid-Afrikaanse "Swindler's List"? Hoekom dink jy is ons
rentekoers op 22% (en steeds stygend), petrol gaan op met 11c per liter (vir
die 120ste keer hierdie jaar), water en elektrisiteitskostes styg, ens. ens.
Dis as gevolg van jou sogenaamde "ekonomiese mag" wat bietjie (baie) hand
uitgeruk het en nou sit ons met 'n land wat bankrot is. Nie eers toe ons
sanksies teen ons gehad het, het dit so sleg gegaan nie.
>
> Hier is tien redes. Daar is nog honderde.

NOEM hulle, Boetie. Ek het antwoorde vir almal van hulle en nog meer!

Praat van "Reverse Racism" in die huidige "new" "improved" Suid-Afrika en jy
slaan die spyker op die kop. Aangesien ons nou in 'n nuwe Demokratiese land
bly, het ek en enigiemand wat 'n rugstring het die reg om te se: "Ons ou
regering was miskien sleg, maar die nuwe regering stink!" Dis my
Demokratiese reg, net soos dit jou Demokratiese reg is om 'n totale moroon
te wees, Ferdi.
Vorige onderwerp: Besoeker van 'n ander planeet
Volgende onderwerp: MY TEQUILA-MEISIE (jonkmans-oomblikke nr. 96416)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 10:26:14 MGT 2024