Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog een vir Madiba aanhangers
Nog een vir Madiba aanhangers [boodskap #16665] Sa, 08 Augustus 1998 00:00
Uhuru Guru  is tans af-lyn  Uhuru Guru
Boodskappe: 5
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die verrigtinge 2 weke gelede het my weereens met walging vervul vir hierdie
land en sy mense! Van oral oor het wit en swart probeer om mekaar te oortref.
Sulke kniebuigery, lofsingery, ophemeling en aanbidding het ons lanklaas gesien.
En dit alles vir 'n politikus! Sowat van 'n grootskaalse gebaar van politiese
korrektheid het ons lanklaas aanskou! Ek verwys natuurlik na ons "president" se
onlangse verjaardagvieringe.

In hierdie tyd het almal gerieflikheidshalwe vergeet dat hy nie 'n flenter omgee
oor die geweld in die land nie, of nie 'n duit omgee vir die regte van
minderheidsgroepe nie, of vere voel vir die voortbestaan van inheemse tale en
kulture nie. Almal wat deelgeneem het aan die "feesvieringe" was salig onbewus
daarvan dat hulle gewillige pionne was in 'n gevaarlike politieke spel. Solank
hulle net politieke munt kan slaan uit hul optrede!

As dit so gaan met sy 80ste verjaardag, dink net hoe dit sal gaan met sy
begrafnis!
Vorige onderwerp: 'n Boodskap van Tant Totie
Volgende onderwerp: En sommer nog EEN?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:57:13 MGT 2024