Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Boodskap van Tant Totie
'n Boodskap van Tant Totie [boodskap #16663] Sa, 08 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Ek het lankal vir jou gesê, jy het met intelegente mense hier op die
> nuusgroep te doen en nie 'n klomp stom koerantlesers nie. Jy skryf
> nie hier bullshit koerantstories nie. As jy wil beindruk, hou jou by
> die waarheid en probeer om dit van albei kante af te sien.

Ja, ek kan dit beaam. Ek het die nuusgroep
begin lees op aanbeveling van 'n goeie vriendin
van my, die tannie op die taalkomitee van die
Derde Taalbeweging gestig na die Derde Vryheids-
oorlog teen die hanskakies en misspellers van
Afrikaans. Hulle is almal vreeslik "intelegent"
op hierdie nuusgroep. Ek het nog nie die woord
in die Afrikaanse woordeboek raakgeloop nie, maar
ek dink dit het iets te doen met telepatie.

Tant Totie.
Re: 'n Boodskap van Tant Totie [boodskap #16664 is 'n antwoord op boodskap #16663] Sa, 08 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: > jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>
>> Ek het lankal vir jou gesê, jy het met intelegente mense hier op die
>> nuusgroep te doen en nie 'n klomp stom koerantlesers nie. Jy skryf
>> nie hier bullshit koerantstories nie. As jy wil beindruk, hou jou by
>> die waarheid en probeer om dit van albei kante af te sien.
>
>
> Ja, ek kan dit beaam. Ek het die nuusgroep
> begin lees op aanbeveling van 'n goeie vriendin
> van my, die tannie op die taalkomitee van die
> Derde Taalbeweging gestig na die Derde Vryheids-
> oorlog teen die hanskakies en misspellers van
> Afrikaans. Hulle is almal vreeslik "intelegent"
> op hierdie nuusgroep. Ek het nog nie die woord
> in die Afrikaanse woordeboek raakgeloop nie, maar
> ek dink dit het iets te doen met telepatie.
>
> Tant Totie.

Nee, nig Totie, jy verstaan nie wat �intelegent� beteken
nie. Ek het vir my man gevra. Hy sê dit beteken om 'n
�gent� (kort vir gentleman) te teel. Hy sê Wouter Basson
het onlangs sulke eksperimente uitgevoer, hopende dat
hy dit aan sommige wit Suid-Afrikaanse mans kon voer.
Die eksperiment was nie 'n totale sukses nie. Die mislukte
gevolge van sommige van sy eksperimente is daarna uit
die land uitgestuur. Die R.C.M.P. in Kanada en die F.B.I.
is nou besig om te soek na sy lêers, sodat hulle die gefeilde
eksperimente se navolge kan opspoor in Kanada en die
VSA.

Ou tante Koba
Vorige onderwerp: 'n Boodskap aan ou tante Koba
Volgende onderwerp: Nog een vir Madiba aanhangers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 12:52:23 MGT 2024