Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » NP dinge in die sewentigs en tagtigs
NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16580] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wel, noudat die ng weer afgewentel het tot die vlak van modder en allelhande
soortgelykende afvalstowwe, gou iets om weer so , bietjie spekulasie en
miskien iets uit die agtergrond te probeer uitvis wat ek in my onnoselgeit
nooit geweet of verstaan het nie.

Ons weet nou met vaste bewyse en getuienisse voor die Tutuhof dat die NP se
manewales in die sewentigs en tagtigs so 'n bietjie anders was as wat die pers
aan ons Suid-Afrikaners vertel het. Nou het ek so 'n bietjie gedink oor ander
dinge in die politieke arena wat ek op sigwaarde aanvaar en my eie afleidings
gemaak het wat ook dalk verkeerd kan wees en in die lig van die verwikkelinge
vanaf 1990 dalk 'n hele nuwe "spin" op dinge kan sit. Hier gaan ek:

In die laat sewentigs is die KP begin. Nou, volgens die pers was dit maar die
regses in die NP wat gevoel het dat die NP te links beweeg, en hul eie party
begin het om die "belange van die Afrikaner te verdedig". Wat ek op daardie
stadium nie kon kleinkry nie, is hoe AP Treurnicht by die KP uitgekom het.
Volgens wat ek kon sien op daardie stadium was hy nie een van die regses in
die NP nie, hoewel hy 'n senior minister was (en as ek reg onthou een van die
kandidate om Vorster te vervang). Ek het op die stadium gedink dit is suiwere
politieke opportunisme van sy kant af waar hy gevoel het dat hy dalk beter
kan doen as leier van wat dalk (op daardie stadium net 'n dalk) die amptelike
oposisie in SA kon word. As ek reg onthou was die PFP op daardie stadium die
amptelike oposisie en daar was 'n swaai na links. Al meer Afrikaners het
begin om die PFP te ondersteun wat dan ook die politieke spektrum na links
(lees demokraties) begin swaai het. Daar was 'n swak regse beweging met
oubaas Jaap in die HNP as die enigse regse party wat enige setels gekry het.
Toe ek nou vanmôre op die bed lê en staar na die dak, dink ek oor die dinge
en wonder of daar nie 'n ander storie agter die skerms was nie. Kort voor
hierdie gebeurtenis, het die sg Infoskandaal gebreek. Opeens was daar 'n nuwe
president (ou vinger-in-die-lug PW) wat van die oppergesagvoerder van die
Weermag tot die rol van leier van die Volk gepromofeer is. Deel van sy beleid
was "geleidelike hervorming". Uit wat later uitgekom het en ook op daardie
stadium sigbaar was, is dat die regering wel besluit het dat hervorming nodig
was (met die 3-kamer parlement 'n eerste tree), maar dat hulle eintlik
skytbang was daarvoor. As hulle hervorming begin kan hulle dalk 'n negatiewe
reaksie veroorsaak van die meer konserwatiewe Afrikaners, en hulle na die
ekstreme HNP as hul enigste moontlike politieke tuiste dryf. Ter selfder tyd,
mag dit ook veroorsaak dat die meer verligte kiesers wat aan die linkerkant
van die NP rondgehang het finaal bring by die punt waar hulle na die PFP
beweeg het. Dit kon die NP sodanig verswak dat dit die PFP in die volgende
verkiesing gelaat het as die regerende party. So - daar het julle dit. Die
agtergrond vir 'n heel interessante situasie wat 'n paar probleme kan oplos.
PW gaan na Connie Mulder (effektief sonder werk na die Info Skandaal. Nog 'n
seun van die NP, maar so 'n knarsie laer in die oë van die publiek), wat
sekerlik tog redes kan hê om ongelukkig te wees met die feit dat die NP hom
gesideline het. Hulle besluit om 'n "split" in die NP te bewerkstellig met
Connie as die hoofkakmaker en dan vir ou AP die senior posisie aan te bied in
die regse groep as die oubaas met respek (hy was tog 'n dominee). In die
openbare oog kon hierdie twee partye dan direk teenoor mekaar staan, maar in
die agterkamer kon hulle saamwerk. Dit sou 'n paar probleme oplos vir die NP.
1. Hulle sou ontslae wees van die regse moeilikheidmakers wat gekla het oor
die hervormings. 2. Hulle sou van oom AP onslae kon raak (hulle sê mos as jy
iemand identifiseer wat moontlik probleme vir jou kan veroorsaak in die
toekoms, gee hom iets belangriks om te doen) 3. Ou Connie het iets om te
doen. 4. Die vrees om die "gematigde stem" te verdeel sou in toekomstige
verkiesings stemme terugtrek vanaf die PFP. 5. As die PFP verdere steun
ontwikkel het, kon hulle later 'n alliansie vorm met die KP en so in die
regeringstoel bly.

Toe backfire alles op die NP

Die KP kry meer steun as wat die NP verwag het hulle gaan kry in die volgende
verkiesing. Dit veroorsaak op beurt dat die bekendstelling van 'n "vierde
kamer" in die parlement vir swart mense uitgestel word. Elke keer maak PW
geluide dat werklike hervorming nou gaan gebeur, maar die swaard van die KP
se groeiende populariteit hang al groter oor hul koppe wat hul effektief
verhoed om deur te gaan daarmee. Connie en oom dominee vergeet nou van hul
ooreenkoms, en geniet hul steun terdee. Die moontlikheid lyk dat die KP die
potensiaal het om binne 2 verkiesings die heersende party te wees met die NP
se steun wat taan.

Teen 1989 is die NP in krisis gedompel. Hulle kan nie aangaan met die
hervormings sonder om 'n regse "backlash" te veroorsaak nie, maar hulle kan
dit nie verder vertraag nie. Die aksies van die UDF is besig om die land
onregeerbaar te maak, en te veel geld word spandeer op militêre aksies om
dinge onder beheer te probeer hou. Die oorlog in Angola (handig om die rooi
gevaar ding lewendig te hou en 'n verskoning om blanke mans militêr te
indoktrineer)het in 'n fiasko geeindig. Hulle is ook besig om steun onder die
wit kieserskorps te verloor na regs in na links. Die DP sowel as die KP
vertoon goed, en dit lyk baie moontlik dat die NP nie nog 'n blanke
verkiesing sal kan wen nie.Wat nou gedoen? Die ministers met FW de Klerk as
hoofspreekbuis stel voor dat hulle 'n slim set trek om ontslae te raak van
die monstertjie wat hul geskep het en ter selfdertyd die hervorming weer op
die regte pad kry. Hulle ontban die ANC en skop die hele boot stukkend onder
die ander partye. Maar om dit te kan doen, sal hulle eers moet bewys dat
hulle wel 'n mandaat het van die kieserskorps. Deur dit te doen kan die NP
dalk ook 'n plek verseker in die nuwe politieke speelbaan (dalk selfs ad die
bevryders van die massas). PW ontstel homself so bloedig vir die voorstel dat
hy in die hospitaal opeindig en terselfdertyd die speelveld ooplos vir die
ministers om dinge agter mekaar te kry. In sy afwesigheid besluit hulle dat
PW moet gaan. FW (wat tot op daardie stadium nie eintlik in die publieke ook
geskyn het nie) as die ou met die idee (maar ook 'n gerieflike "fallman" as
dinge dalk verkeerd loop)eindig op as nuwe tydelike president (waar almal sou
verwag het dat Pik die regte ou is). Die verkiesing baklei die NP met
taktieke wat herinner aan die smeerveltogte van die vroeë vyftigs.
Byvoorbeeld in DP sterkplekke sien 'n mens plakkate wat sê "Ons onderhandel
nie met kommuniste nie" (slegs drie maande voor FW se afkondiging dat 'n nuwe
Suid-Afrika nou gaan kom en dat hul gaan onderhandel). Uiteinde - KP is
geneutraliseer. Die DP het nie meer 'n rol nie, want die NP neem die DP se
beleid lock, stock en barrel oor, en FW is die liefling van die wêreld en kom
aan die ander kant uit "smelling like a rose".

Shit... hoe meer ek daaraan dink hoe meer moontlik klink dit. Ter selfdertyd
bind dit 'n helse klomp los draadjies saam.

Mense - ingelig en anders. Wat weet of dink julle?

Groete

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16607 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina kekkel:

> S^e bietjie vir my: het jy sy [M.Phosa] bundel al
> gelees?

Welsiwaar nie die hele bundel nie, maar wel dele daarvan.
As poësie is dit glad nie sleg nie. Ek het niks teen
Premier Phosa as 'n persoon of 'n digter nie; inteendeel,
ek het hom as welgesproke, intelligente man opgesom. Hoe
goed sy administrasie in Mpuma is, laat ek aan die oordeel
oor van diegene wat daaronder gebuk gaan.

My skrywe was bloot oor sy reaksie op my vraag:

"Wanneer gaan die wesentlik ANC skeur ?"

Hjalmar
________
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16608 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber:

> 'n Ruk gelede was jou premier, daai groot Afrikaans-digter, Matthews
Phosa,

Hjalmar,

Lanklaas van jou gehoor!

My premier (Noordelike Provinsie) is Ngoako Ramadlodi. Hy was 'n dosent aan
die Universiteit van die Noorde, enis een van die 'onsigbares'. Was so 2
jaar gelede selfs uitgestem as partyvoorsitter in die provinsie. Dit was
kort nadat Nelson hom verbied het om oorsee te gaan, omdat dinge hier te
deurmekaar was.

Phosa is natuurlik Mpumalanga se premier, en daar woel dinge (sien my
antwoord op Gloudina).

> het nie, hoe lank dit gaan vat voordat daar 'n wesentlike skeuring in die
> ANC verskyn. Dit het hom duidelik in die verleentheid gestel

So twee jaar gelede was 'n paar van ons hier in 'n privaatgesprek met 'n
senior ANC lid (ek sal nie graag sy naam wil vermeld nie, die man het 'n
vrou en kinders), en ons het hom spesifiek gevra na sekere COSATU optredes
daai tyd wat vir hulle 'n verleentheid was. Sy antwoord was baie
interessant - dis vir hulle beter om Cosatu onder hul vleuels te hê waar
hulle 'n mate van beheer kan uitoefen. Daar mag natuurlik ander redes ook
wees.

> Wat is julle mening ? . . . hoe lank voordat die ANC skeur ?

Waarskynlik nie voor die volgende verkiesing nie. Maar op die onlangse
kongresse van die SAKP en COSATU is daar baie sterk menings teen beide van
hulle uitgespreek deur beide Mnre. Mandela en Mbeki. Ek dink die sleutel lê
by die volledige implementering van GEAR - die ander 2 skop erg daarteen.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16609 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger skryf...

> My premier (Noordelike Provinsie) is Ngoako Ramadlodi. . .
> Phosa is natuurlik Mpumalanga se premier. . .

Askies tog vir my onkunde. My kennis rakende die presiese
provinsiale grense is nie van die beste nie. :-(

>> Wat is julle mening ? . . . hoe lank voordat die ANC skeur ?
>
> Ek dink die sleutel lê by die volledige implementering van GEAR. . .

Kan jy asseblief meer hierop uitbrei ?

Hjalmar
________
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16610 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"William" wrote:
> Hell Gideon,
> Jy't jou roeping gemis ! jy moes vir dir NP gewerk het ! (of het jy ?)

O hel, nee!! Ek was definitief nie 'n ondersteuner van hulle nie! Oor die
roeping gedeelte ... wel... ek luister altyd na goeie aanbiedinge ;^)

> Ja
> wel ek het jou stuk geniet. Ek was baie betrokke, gedurende die tydperk met
> die politiek, en het lekker ge"smile" oor al die die goed wat ons in die OP,
> NDM en die Ou PFP beplan het. Ek dink egter dat geen een in die NP ( en
> beslis nie die KP) genoeg IK gehaad het of HET om so 'n plan uit te dink
> nie.

Hehehe :) - noudat Roelfie weg is het hulle 'n probleem

>
> Die KP het meer vir die DP( en ou IP/PFP) gedoen as wat baie mense besef.
> Ons het 'n paar setels geneem agv die skeuring in die NP.
>
> Ons het met mening in die laaste verkiesing ons gat gesien - Heel moontlik
> omdat baie DP mense ANC, IFP gestem het. Wel nou dat Boksburg DP is, is dit
> nogal 'n uitgemaakte saak dat die NP uitendelik gaan verdwyn. (Wel met so
> leier wat verwag mens ! - hy antwoord nie eens sy E-mail nie !)
>

> In elkgeval dis 'n goeie stuk. En wie weet - miskien onderskat ek die NP...

Onthou - daar is tog ouens met breins daar, anders sou hulle nie die speletjie
so goed kon speel vir 45 jaar nie.

Wel... hier is nog 'n prettige moontlikheid noudat ek vroeër van Roelfie
gepraat het.

Miskien is Roelf se vertrek 'n soortgelyke set om dieselfde ouens 'n kans te
gee om weer aan die gang te bly in die politieke arena. Probeer hierdie
scenario:

Die NP se pyne met hul naam en geskiedenis tel sterk teen hulle, en laat
hulle nie toe om steun te ontwikkel onder die swart gedeelte van die
bevolking nie. Roelfie doen sy hele groot ondersoek oor samewerking met ander
partye ensovoorts. Sy beslissings - dit kan werk, maar hy vind (maar vertel
nie vir die pers daarvan nie)dat die ander partye nie met die ou
Apartheidsbeeste wil saamwei nie. Hy gaan na FW en kie met 'n nuwe
voortbestaansplan. Die bagasie wat die NP saamdra sal hulle nie toelaat om
ooit in die toekoms 'n wesentlike steun te bewerkstellig nie, en 'n
naamsverandering sal ook nie help nie - dit is dieselfde party as tevore. Tyd
vir Plan B - Roelf raak in die publieke oog de bliksem in vir FW, en hulle
kondig saam-saam af dat hulle nie kwaad is vir mekaar nie ... bla,bla,bla.
FW het sy doel gedien in die politieke bestel, het sy Evita prys ontvang as
redder van die nasie, en het in elk geval lus om sy buitemuurse aktiwiteite
met Griekse meisies voort te sit, en is daarom bereid om die vark in die
storie te wees. Roelf kan dan vry wees om enige aliansies te probeer sluit
wat futureproof is in sy nuwe party, en hulle dan met nuwe alliansies (baseer
op versigtige marknavorsing) aan die nuwe verkiesing laat deelneem.
Afhangende van die uitslag van die verkiesing kan hulle dan of 'n alliansie
vorm met die NP na die verkiesing en sodoende die NP klad effektief wegsteek,
of dapper aangaan as die nuwe party van die massas. As die NP swak vertoon,
of hul bleeksiel van 'n leier maak nog sosiale of politieke blapse, migreer
die massa NP personeel eenvoudig na die nuwe party, en laat van Skalkwyk en
'n paar ander oor in die lyk. Geen reukie van Apartheid oor in die nuwe
party nie, en die nuwe party kry reg wat die NP nie kon doen nie - 'n kans om
op een of ander stadium in die toekoms die regerende party te word, terwyl
die politici van die ou NP nog steeds aktief bly in die politiek.

> (Moet sê dat ek niks nuut van die NP gehoor het tydens die "Tutuhof" nie)
>
Die massa Afrikaners het wel (hul het die rumors gehoor, maar wou dit nie glo
nie)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16611 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
Gideon skryf:

> Hmm... sorry ou Henri - ek het dit gemis - wat was die titel daarvan, dan kan
> ek so 'n bietjie gaan oplees daaroor.

Ek kan nie eers meer onthou nie, maar ek sal my 'sent items' deurgaan en
aanstuur. Dit was in die tyd jou jy getrek het.

> Ek weet nie of jy dit enigsins genoem het nie, maar dit was ook die punt waar
> van Zyl Slabbert gatvol geraak het.

Van Zyl is so 'n bietjie vroeër weg, nog voor Rubicon. Hy het kort voor
Kersfees 'n besoek aan PW gebring, soos wat die gewoonte daai tyd was (seker
vir die Leier en Opposisieleier om die volgende jaar se strategieë te
bespreek, terwyl ons nou met sameswerings besig is!). Ek het 'n transkripsie
van daai gesprek gelees, en Slabbert het PW direk gevra wat die planne met
hervorming is. PW se antwoorde het hom genoop on te sê dat hy in daai geval
nie meer parlementêr 'n rol kan speel nie, en ander moontlikhede sal
ondersoek - Dakar en daai dinge het gevolg.

> Ernstig nou - ek voel
> hy kon nog steeds 'n sterk bydrae gelewer het - selfs nou.
> Miskien kan William ons sê of hy nog
> op enige vlak by die DP betrokke is.

Wynand Malan is 'n kommissaris van die WVK, en in onlangse bespiegelings oor
die finale verslag van die WVK is die gevoel dat dit erg veroordelend
teenoor Afrikaners in die algemeen gaan wees, en dat hy 'n
minderheidsverslag gaan uitbring met 'n sagter aanslag.

> Die Generale bied nogal 'n veilige
> tuiste vir die meer konserwatiewes.

Daar is 'n bykomende aspek. Nelson raadpleeg Constant gereëld oor
veiligheidsaangeleenthede. Die vraag is of sy ekspertise benut word, en of
dit 'n metode is om 'n ogie oor hom te hou. (Hy moes bv. plaasmoorde
ondersoek.)

> As die Bantoe-ANC situasie 'n soortgelyke set is >van die ANC
> kant, kan dit nogal interessant wees - dan kan ons dalk in 'n situasie
> opeindig waar die ANC en NP een party is ;^)

Glad nie onmoontlik nie, maar die voorvereiste sal wees dat die ANC minstens
van die SAKP ontslae moet raak. Dit geld ook samewerking met die IVP.

Terloops, dis skoutyd op Tzaneen. Môreaand word die skou geopen deur Bantu
Holomisa. Die provinsiale ANC het erg druk uitgeoefen om die plaaslike ANC
te beweeg om die skoukomitee hiervan te laat afsien. (Oorspronklik wou hulle
Graça Machel dit laat doen, maar sy kon dit nie inpas nie - sien jy hoe
progressief is ons, Gloudina!)

Gesien in die lig daarvan dat Tony Leon verlede jaar die opening gedoen het
sonder enige beswaar, ontstaan die vraag of die ANC bekommerd is oor die
impak wat Bantu gaan maak met die volgende verkiesing.

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16612 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek kry die indruk dat daar lede op
> hierdie nuusgroep is wat dink dat Phosa
> oor die algemeen 'n goeie leier in die
> provinsie is.

Sy provinsie gaan natuurlik erg gebuk onder onthullings van korrupsie, en ek
dink dit het sy beeld binne die ANC geskaad. Die vraag is watter rol hy
speel om die korrupsie te ontbloot. Verlede week is sy adjunk-speaker in
hegtenis oor groot bedrae geld wat verduister is. In Gauteng is die
ondersoek na Jessie Duarte se optredes eers na die PG verwys nadat druk op
die premier toegepas is deur opposisie partye.

Die onthullings van korrupsie kom baie meer voor in Mpumalanga as in enige
ander provinsie, maar dit beteken nie noodwendig dat die provinsie meer
korrup as ander is nie. Ek dink daar is 'n baie sterk moontlikheid dat daar
meer gesoek word daarvoor as in ander provinsies. Sekerlik speel opposisie
partye 'n rol in die ontbloting, maar ek dink Phosa moet krediet kry dat
daar iets daaromtrent gedoen word.

> S^e bietjie vir my: het jy sy bundel al
> gelees?

Hy het natuurlik hierdie jaar by die Klein Karoo Kunstefees opgetree, en
voorlesings gedoen uit sy bundel. (Hy sou verlede jaar al, maar het onttrek
na die Meriam Makeba debakel).

Onlangs het hy verklaar dat hy homself as 'n Afrikaner beskou! (Iets wat hy
gemeen het met Patrick Lekgota.)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16613 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

> Welsiwaar nie die hele bundel nie, maar wel dele daarvan.
> As poësie is dit glad nie sleg nie. Ek het niks teen
> Premier Phosa as 'n persoon of 'n digter nie; inteendeel,
> ek het hom as welgesproke, intelligente man opgesom.

Dus, jou minagtende "daai groot Afrikaans-digter"
was nie so bedoel nie? Of het jy nou maar jou regte
kleur gewys en noudat jy in jou rassisme en vooroor-
deel vasgetrap word deur mense soos Henri Burger,
nou krabbel jy weer terug.

Ek persoonlik dink nie dat Matthews Phosa een van
die beste moderne Afrikaanse digters is nie, anders
as jy, maar ek betoon hom die nodige respek en sal
van hom praat as "daardie Afrikaanse digter." Hy
doen vir Afrikaans meer op die oomblik as wat jy
of ek doen.

Gloudina
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16614 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gideon skryf:

>> Ons het met mening in die laaste verkiesing ons gat gesien - Heel moontlik
>> omdat baie DP mense ANC, IFP gestem het.

Dit, en die feit dat die meeste toe NP gestem het, en nou weer begin
terugkeer. Maar dis irrelevant in die huidige bestel.

> Wel... hier is nog 'n prettige moontlikheid noudat ek vroeër van Roelfie
> gepraat het.
> Miskien is Roelf se vertrek 'n soortgelyke set

Gideon, ek is steeds met jou, veral as jy kyk na die tydsberekening van
Roelf se uitskop en FW se bedanking - 2 maande. FW moes toe al geweet het hy
gaan loop, en dit sou net logies gewees het om eerder self te loop as om
Roelf te laat gaan, maar die bagasie was te veel.

Hulle het natuurlik met een helse probleem gesit, naamlik die NP in die
Wes-Kaap. Wat sou van hulle word as die NP besluit het om te ontbind? Daar
was net 2 opsies - laat die leiers gaan, en laat die party 'n gestadigde
dood sterf onder 'n oninspirerende leier, of ontbind, in watter geval die
Wes-Kaapse NP 'n UDI moes verklaar, miskien saam met die ouens in die
Noord-Kaap.

Hoe dit ook al sy, die Wes-Kaapse NP het intussen 'n bruin gedrewe party
geword, met 'n Charles Bronson kloon as leier, en soos dit vir my lyk staan
hulle sterk daar. Iets wat natuurlik aangehelp word deur die ANC se ewige
leierskapsprobleme daar, veral noudat Rasool laster uitlatings gemaak het
wat hom in die hof gaanlaat beland.

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16615 is 'n antwoord op boodskap #16580] Do, 06 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Henri Burger" wrote:

>
> 'n Rukkie gelede het ek 'n soortgelyke scenario hier geskets. Myne verskil
> van joune met die verskyning van die 'Demokratiese Beweging' in die tweede
> helfte van die 80's. Kort na die 'Rubicon' toespraak was dit vir baie mense
> duidelike dat die KP sy rol te goed gespeel het, en dat hervorming tot
> stilstand gekners het.

Hmm... sorry ou Henri - ek het dit gemis - wat was die titel daarvan, dan kan
ek so 'n bietjie gaan oplees daaroor. Ek het nie die Gebeure na die Rubicon
toespraak gedek nie. Ook nie die ontstaan van die Demokratiese beweging nie.
Ek weet nie of jy dit enigsins genoem het nie, maar dit was ook die punt waar
van Zyl Slabbert gatvol geraak het. Was dit omdat die NP met sy bewegings die
werklike pogings van oa die PFP probeer skaak het?

>
> Binne die NP was 'n groot groep erg ongemaklik daarmee. Sommige waarnemers
> het dit op 20% geskat, die sg. 'Nuwe Natte'. Daar was sterk sprake dat hulle
> sou wegbreek en 'n alliansie met die PFP vorm. Toe loop Wynand Malan, 'n NP
> 'blue eye boy' wat geoormerk was vir ministerskap, en vertoon verbasend goed
> in die volgende verkiesing. Chris Heunis ('uit-die-aard-van-die-saak'!) het
> sy Helderberg vesting met 'n skamele 38 stemme behou.
>
Wynand het 'n stelling gemaak - dat hy oom Chris direk kan aanvat in 'n sterk
setel en dan ook 'n kans het om te wen. Wynand het nie gewen nie, maar wel sy
standpunt bewys.

> Dit het 'n baie sterk sein na die NP gestuur, wat na my mening die wiele vir
> ware hervorming aan die gang gesit het. Die vraag is, was Wynand Malan
> geplant of nie? Insiggewend is dat hy die politieke toneel verlaat het toe
> die onderhandelingsfase betree is. 'n Mens sou verwag het dat 'n sterk
> hervormingsgesinde soos hy sou gedy het in daardie fase. Was sy rol vervul?
>

Miskien was sy bankrol sterk genoeg op daardie stadium. Ernstig nou - ek voel
hy kon nog steeds 'n sterk bydrae gelewer het - selfs nou. Ek dink hy het
egter gesien dat 'n groot deel van die DP se rol oorgeneem sou word deur die
NP, en daarvoor het hy nie eintlik 'n lewensvatbare toekoms in die DP nie. As
hy in werklikheid 'n "geheime agent" vir die NP was, sou hy van hulle skuiwe
geweet het, en besef het dat die DP op die mediumtermyn nie so 'n goeie plek
sal wees om te wees nie. Tyd om aan sy pensioen te werk. Die vraag is - waar
sou hy nou polities betrokke gewees het. Miskien kan William ons sê of hy nog
op enige vlak by die DP betrokke is. As jou siening van jou dat hy moontlik
geplant was deur die NP, en my verdere spekulasie oor Roelfie korrek is, sou
hy tien-teen-een binnekort opduik in die UDP (is dit die Bantoe-Roelf party
se naam? Nogal naby aan die UDF van die tagtigs wat soveel steun gekry het
onder die swart bevolking. Toeval? Hmmm).

> FW se meesterstuk was die tydstip waarop hy die '92 referendum uitgeroep
> het. Die aand toe AP op die TV moes verskyn na die KP se insiggewende
> oorwinning in Potchefstroom, toe sit FW daar en antwoord vrae oor die
> opkomende referendum. Praat van iemand se donder steel! Die referendum het
> die gewone kieser in 'n posisie geplaas waar hy nie net langer kon
> protesteer nie, maar 'n daadwerklike keuse moes maak oor die toekoms van die
> land. En as jy die uitslag daarvan vergelyk met die voorafgaande
> verkiesingsuitslae, dan moes 'n beduidende persentasie KP ondersteuners 'Ja'
> gestem het. En hulle het.

Hmm... was dit FW of was dit Roelf se meesterstuk?

>
> 'n Voortsetting van jou analise is die rol van Constant Viljoen net voor die
> verkiesing. Die wesenlike gevaar was dat 'n beduidende groep regsgesindes
> nie saam met die proses geneem sou word nie, want na AP se dood was hulle in
> effek leierloos, en onder Ferdie Hartzenberg reeds besluit om die verkiesing
> te boikot. 'n Fatale fout, want 'boikot' het op daardie stadium nie in die
> Afrikaner woordeskat bestaan nie - jy bederf eerder jou stembrief as wat jy
> nie stem nie!
>
> So, 'n klomp regse kiesers het gevaar geloop om nie 'n tuiste in die
> verkiesing te hê nie, en ek dink ons onthou almal hoe Viljoen die nag die
> Vryheidsfront gaan registreer het - 'n halfuur voor registrasie gesluit het.
> Die finale slag was gelewer om almal te betrek (behalwe die IVP op daardie
> stadium, maar dis 'n ander storie). Was Constant geplant?
>

Ek deel nogal jou idees oor hierdie ding. Die Generale bied nogal 'n veilige
tuiste vir die meer konserwatiewes. SOlank die Generaal kort-kort iets oor 'n
volkstaat sê bly die mense rustig. Hul idee van hom is ook dat hy integriteit
het - dit maak dit makliker. (miskien iets soos hul wettiging van prostitusie
in Nederland - solank jy hulle sien kan jy iets doen aan die probleme wat
daarmee saamgaan. Die oomblik wat jy hulle nie sien nie, maar weet hulle
knoei aan iets, verloor jy beheer.

> Net een opmerking oor iets wat jy gesê het, naamlik die HNP se wen van
> kiesafdelings in die 70's. Dis natuurlik foutief. Hulle kon hul eerste
> Parlementêre setel eers in '86 wen, toe Louis Stoffberg Parys op die rug van
> die KP kon inoes. Die eerste HNP wat ooit 'n setel gewen het was 'n man
> genaamd Lardus Erasmus, wat tot die stadsraad van Pretoria verkies is, as
> student. Hy was 'n klasmaat van my.
>

Sorry man - ek dog oom Jaap het 'n setel in Hercules gewen in die sewentigs.

> As jy werkik briljant wil wees, dan verduidelik jy die verhouding
> ANC-NP-FV-UDM vir ons, en gee asb. spesiale aandag aan die SAKP en COSATU
> binne die ANC, en vir hoe lank dáárdie ongemaklike alliansie kan voortduur!
>

Gee my so 'n bietjie kans, dan kan ek dal met 'n vatbaar genoeg fairytale
uitkom. Lees egter my idees iewers anders in die thread oor die Roelf-NP
dissonansie. As die Bantoe-ANC situasie 'n soortgelyke set is van die ANC
kant, kan dit nogal interessant wees - dan kan ons dalk in 'n situasie
opeindig waar die ANC en NP een party is ;^)

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16643 is 'n antwoord op boodskap #16615] Sa, 08 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Henri,
Jy het 'n besondere goeie geheue. Dit was lekker om weer aan al die
woelinge herinner te word,baie dankie. Goed om te sien daar was andere ook
wat deel van die "20%" uitgemaak het. Wynand, Roelfie, en diesulkes is
almal uit dieselfde hout gesny. Dit was destyds besluit om die
"hardhorende" ou-garde uit te skop met verkiesings. Daar was baie
frustrasie by betrokke gewees.Interessante string hierdie.
Vorige onderwerp: Sou dit `n verskil gemaak het.
Volgende onderwerp: Oor windgatte en nog wat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:32:07 MGT 2024