Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sou dit `n verskil gemaak het.
Sou dit `n verskil gemaak het. [boodskap #16573] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
SOU DIT 'N VERSKIL GEMAAK HET?

Twaalf jaar gelede het Fred Rundle 'n ekonomiese plan gepubliseer wat hy
geglo het aan die destydse Blanke kieserskorps voorgehou moes word. Hy was
seker dat dit die sanksies sou stopsit en dat dit Suid-Afrika die welvarende
land sou maak wat dit behoort te wees.

Die destydse Konserwatiewe Party, wat toe nog 'n sterk opposisie party in
die parlement was, was te besig met newelagtige dinge sodat hulle geen
alternatiewe ekonomiese plan aan die kieserskorps kon voorhou nie.

Deurdat die KP geen positiewe ekonomiese alternatief vir die NP se planne
kon voorstel nie en verlam was deur verbeeldinglose leierskap, het die KP
die onvermydelike afdraende pad geloop.

Teen die tyd dat FW de Klerk sy finale verraad van die Witman deurgevoer
het, was daar min weerstand van die Konserwatiewe Party wat teen daardie tyd
in 'n staat van feitlike verval verkeer het. Die KP was verdeeld weens 'n
gebrek aan leierskap, wantroue en gunstelingskap onder die leiers.

Ons weergee nou die breë basis van hierdie ekonomiese plan en ons vra tesame
hiermee ook redelike vrae. As hierdie ekonomiese plan uitgevoer was, sou dit
enige verskil aan die treurige toestand van die Witman gemaak het? Is dit
die ekonomiese plan wat toegepas moet word wanneer ons weer ons vryheid
teruggewin het? Ons laat dit aan die Boervolk oor om self te oordeel.

GOUD, DIAMANTE EN ANDER EDELGESTEENTES

Suid-Afrika is die grootste produsent van goud in die wêreld en produseer
45% van die wêreld se totale jaarlikse produksie. Streng wetgewing, onbekend
aan die Westerse wêreld, beskerm die handel in goud en diamante. Hierdie
wette is meesal om De Beers se diamant monopolie en die Anglo
American-belange te beskerm. Hulle besit ook die meeste diamantmyne, asook
die grootste goudmyne in die land.

Albei hierdie maatskappye word beheer deur die Oppenheimer-familie. De Beers
verkoop sy Suid-Afrikaanse diamente deur sy sustermaatskappy, die Central
Selling Organisation, 'n monopolie wat feitlik alle ongeslypte diamante in
die wêreld bemark.

De Beers alleen het 'n mark-kapitalisering groter as die totale reserwes van
die Suid Afrikaanse regering.

Waarom moet De Beers toegelaat word om Suid-Afrikaanse diamante alleenlik
deur Londen te verkoop? Suid-Afrika moet die wetgewing wysig wat De Beers
beskerm want dit is nie in nasionale belang nie.

'n Diamantbeurs moet in Suid-Afrika gevestig word omdat die meeste diamante
in die wêreld in Suidelike Afrika gemyn word.

Ons het van die mees opgeleide diamantslypers in die wêreld. Maar, dit is
byna onmoontlik om 'n slyperslisensie te bekom want dit word beskou as nie
in belang van die De Beers monopolie nie. Duisende werksgeleenthede gaan dus
so verlore, want, die paar diamantslypfabrieke wat wel bestaan, moet na
Londen vlieg om Suid-Afrikaanse ongeslypte diamante aan te koop om te slyp
en te poleer.

Selfs dan, verkoop De Beers net aan maatskappye ingevolge hul eie
diskressie, wat by hulle geregistreer is, terwyl registrasie net vir 'n
paar, indien enige, Suid-Afrikaanse maatskappye gereserveer is.

De Beers verkoop diamante aan slypfabrieke in Indië, Israel, België en
Holland. Hierdie lande, wat self nie 'n enkele diamant produseer nie, het al
reuse diamantslyp-nywerhede gevestig wat werk aan miljoene mense in hierdie
lande verskaf.

Indië alleen verskaf werk aan 800 000 mense in sy diamantnywerheid. Ons in
Suid-Afrika beskik oor die nodige bekwaamheid en kennis om honderde duisende
werksgeleenthede te skep, deur ons eie diamante te sny, te slyp en te
poleer. Deur ons eie diamante te verwerk, sal die waarde van ons diamante
boonop dramaties toeneem. Reuse bedrae aan buitelandse kapitaal sal so vir
Suid-Afrika gegenereer word.

Die situasie in die goudbedryf is feitlik dieselfde. Alle goudmyne mag hulle
goud uitsluitlik aan die Kamer van Mynwese verkoop, wat ook deur Oppenheimer
se maatskappye beheer word. Om onverwerkte goud op die oop mark te verkoop
is strafbaar met 'n lang tronkstraf weens wette wat die monopolistiese
Oppenheimer maatskappye beskerm.

Weereens die vraag: waarom kan ons nie 'n eie Goudbeurs in Suid-Afrika
vestig nie en dan ons goud verkoop met 'n goudprys wat daagliks vasgestel
kan word? Die goudprys word twee keer per dag in Londen, Zurich en Hong Kong
vasgestel terwyl nie een van hulle 'n enkele ons goud produseer nie. Wat 'n
onreg word ons nie aangedoen nie!

Reuse goud en platinum juweliers-nywerhede bestaan in lande soos Italië en
in die Verre Ooste, almal wat geen goud produseer nie. Die beperkende
wetgewing wat die Oppenheimer-beheerde maatskappye beskerm, verbied die
besit van onverwerkte goud deur enigiemand behalwe vir 'n paar
gelesensieerdes.

Tienduisende werksgeleenthede sal geskep word en groot buitelandse inkomste
verdien word as waarde toegevoeg word tot net 'n klein deel van ons eie
gemynde goud en platinum. Weereens beskik ons oor die bekwaamheid en kennis,
asook die werkers.

Wetgewing moet gewysig word om die Oppenheimer-familie te verhoed om hierdie
monopolie te hê.

WAT VAN AL DIE SANKSIES WAT TEEN ONS LAND INGEBRING WAS?

Een van die afwykings van die sanksies wat deur Amerika teen ons gelei was,
is die feit dat hulle nie sanksies teen ons strategiese minerale en metale
ingestel het nie. Ons is die rykste en ook die mees betroubaarste verskaffer
van hierdie mees gesogte strategiese minerale en metale. Wat hulle nodig
had, dit het hulle nie geboikot nie.

Suid-Afrika is tans besig om al hoe dieper gate in die aardbodem te graaf om
goud, platinum (90% van die wêreld se opbrengs), kobalt, uraan, koper,
chroom, yster, steenkool, om maar 'n paar te noem, te voorsien aan die
onbevredigbare aanvraag van die ganse wêreld.

Suid-Afrika het die grootste en rykste reserwes in die wêreld. Al hierdie
reserwes word vermors en sal in die dekades wat kom uitgeput word, en al wat
sal oorbly sal die reuse gate in die grond wees.

As erfenis vir ons nasate, sal Suid-Afrika dadelik 'n 20% afname in
produksie van sommige van hierdie reserwes moet aankondig. Dit sal die prys
dramaties laat styg, wat beteken dat ons die lewensduur van ons reserwes
verleng deur meer inkomste te genereer omdat ons minder verkoop.

'n Verdere 20% moet beskikbaar gestel word alleenlik vir ruilhandel
transaksies vir tegnologie, handelsartikels en toerusting wat in ons land
benodig word.

Watter land in die wêreld sal dit waag om sanksies teen ons in te stel?
Hulle sal eerder almal wedywer vir die voorreg om van ons skaars strategiese
reserwes te bekom.

'n Verder program moet geimplimenteer word om 'n persentasie van ons
reserwes soos bv. goud, diamante en platinum, beskikbaar te stel deur
waarde-toevoeging. Ons moet vir eers met klein verwerkings-aanlegte begin
wat tot reuse nywerhede sal groei, die persentasie waarvan vryelik
beskikbaar moet wees aan ons plaaslike nywerheid sodat dit jaarliks kan
toeneem.

Dit is absoluut noodsaaklik dat onsself ons eie metale en minerale moet kan
verwerk. Waarom is dit byvoorbeeld nodig om ystererts na Japan uit te voer
waar dit in staal omskep word net om weer na SA terug te keer in die vorm
van yskaste en mikrogolfoonde?

Suid-Afrika wat geseënd is met al hierdie reserwes, is veronderstel om een
van die rykste lande ter wêreld te wees met baie lae belastings!

Pleks daarvan is ons een van die hoogs-belaste lande ter wêreld. Selfs die
bejaardes, die siekes en diegene wat terminale siektes onder lede het, word
belas deur enorme belastings op hul lewensreddende medisynes.

As ons hierdie plan implimenteer, dan sal daar geen Witman sonder werk wees
nie. SA sal deur die ganse wêreld beny word en geen geld sal internasionaal
geleen hoef te word nie, want daar sal astronomiese organiese groei en
vooruitgang in die land wees.

As ons nie hierdie plan van rykdom en werkverskaffing implimenteer nie, sal
SA uiteindelik die slagoffer van die wêreld se bankiers word met 'n
astronomiese skuldlas wat sal veroorsaak dat ons skaars sal kan oorleef.

Die De Beers en die Anglo Americans sal as gevolg daarvan net vetter en
ryker word terwyl SA wegsink in onvermydelike armoede.

Maar, dieselfde argument geld vir ons wol- en beesboere. Waarom kan hulle
nie in al die wol- en vleisproduserende gebiede in SA ko-operasies en
fabrieke vestig wat -- net soos in die geval van die volstruis-nywerheid in
Oudtshoorn -- en ook daardie diere in totaliteit verwerk nie.

Met die boere as aandeelhouers, bied dit aan boere ook mediese dekking en
pensioenfondse.

Vleis kan klaar opgesny in koeltrokke na die stede en groter dorpe vervoer
word direk na die verskaffers en of groothandelaars. Dit geld ook vir
biltong en welke ander byprodukte boere mag vervaardig.

Die velle word daar gelooi en verwerk en klaar vervaardigde produkte word
vandaar uitgevoer.

Waarom moet boere hul wol uitvoer en die gespinde wol en ander wolprodukte
weer ten duuste ingevoer word? Waarom nie hier werk verskaf en die produkte
self verwerk en die klaar vervaardigde produkte uitvoer nie?

Die wiel hoef nie van vooraf uitgevind te word nie. Die volstruis-bedryf het
dit reeds gedoen en wol- en vleisboere kan daar gaan kers opsteek.

Die tyd het aangebreek dat ons as Boervolk verby die regering en die die
politici beweeg en ons eie ding doen, onsself ekonomies bemagtig.

En waarom nie!
Re: Sou dit `n verskil gemaak het. [boodskap #16574 is 'n antwoord op boodskap #16573] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Frikkie Potgieter SOU DIT 'N VERSKIL GEMAAK HET?[/color]
>
> Twaalf jaar gelede het Fred Rundle 'n ekonomiese plan gepubliseer wat hy
> geglo het aan die destydse Blanke kieserskorps voorgehou moes word. [knip]
> GOUD, DIAMANTE EN ANDER EDELGESTEENTES
> Streng wetgewing, onbekend aan die Westerse wêreld, beskerm die
> handel in goud en diamante. Hierdie wette is meesal om De Beers
> se diamant monopolie en die Anglo American-belange te beskerm.
> Hulle besit ook die meeste diamantmyne, asook die grootste goudmyne
> in die land.

> Albei hierdie maatskappye word beheer deur die Oppenheimer-familie. De Beers
> verkoop sy Suid-Afrikaanse diamente deur sy sustermaatskappy, die Central
> Selling Organisation, 'n monopolie wat feitlik alle ongeslypte diamante in
> die wêreld bemark.
>
> De Beers alleen het 'n mark-kapitalisering groter as die totale reserwes van
> die Suid Afrikaanse regering.
>
> Waarom moet De Beers toegelaat word om Suid-Afrikaanse diamante alleenlik
> deur Londen te verkoop? Suid-Afrika moet die wetgewing wysig wat De Beers
> beskerm want dit is nie in nasionale belang nie. [knip]
> Wetgewing moet gewysig word om die Oppenheimer-familie te verhoed om hierdie
> monopolie te hê.

Sulke wetgewing bestaan in die VSA. Dis hoekom De Beers nie DIREK in die
VSA kan handel dryf nie. Hulle voldoen nie aan die anti-monopolie-
wetgewing nie. Dit beteken nie dat hulle nie invloed het nie.

> Die tyd het aangebreek dat ons as Boervolk verby die regering en die die
> politici beweeg en ons eie ding doen, onsself ekonomies bemagtig.
>
> En waarom nie!

Die Boervolk is nie meer aan bewind nie - nie sedert 1902 nie. Die
onderliggende rede vir die Boere-oorlog was om die minerale rykdom
van SA in die sakke van die klein, eksklusiewe groepie bevoorregte
kapitaliste in Europa te kry.

Ons is almal hoere. Elkeen van ons het sy prys. Jy kan maar stry,
maar op die ou end is dit net 'n geval van die prys.

Die ryk élite het hulle omkoopgeld in die Britse parlement laat werk.
Hoe anders kon hulle 'n nasionale weermag oorreed (breinspoel) om
hulle vuilwerk in SA te doen? Wat het die Boere-oorlog die gemiddelde
Tommie gebaat ? Nee, hy was 'n gebreinspoelde gek wat sy welsyn vir
die ryk élite (Rhodes en sy Cambridge en Oxford-broeders) in gevaar
gestel het, en soms met sy lewe daarvoor geboet het.

Die nasate van Rhodes en kie. se empaaier, Anglo-American, Lonrho en
andere, is nog steed "aan bewind". Hoe dink julle het hulle die
klugspel so lank aan die kook gehou ? Waar kom die wetgewing vandaan
wat hulle belange so beskerm ? Dis tog, soos jy sê, teen nasionale
belange. Nee wat, hulle besit ook die wetgewers . . . daardie hoere
vir wie jy demokatiese stem gegee het, denkende dat hulle werklik jou
belange ter harte gehad het. Hulle het net hulle eie belange bevorder -
deur die vuilwerk en die wetgewing vir die ryk élite te doen.

Moenie dink die rykes het verdwyn nie. Hulle is OU GELD - families wat
Europa en die wêreld sedert die middeleeue agter die skerms regeer.
Hulle is die "mafia" wat die feodale stelsel ingerig het. Hulle het
as skurke en onderdrukkende uitbuiters begin, en het gaandeweg 'n mate
van uiterlike verfyndheid en beskaafdheid gekoester. Onder hulle tel
verskeie vorste-huise. Hulle laat selde buitestaanders toe, maar sal
dit doen as dit genoop word - byvoorbeeld die toelating van Jode tot
hulle geledere in die afgelope 400 jaar. . . byna 'n ongeoorloofde
stap vir 'n ware "Christen" - tensy hy finasiële gewin daaruit kan
haal. Die vrymesselaars en die Broederbond is maar vaal namaaksels
van die institusie van Ou Geld. As jy dink dat daar in die Westerse
wêreld regerings aan bewind is, dan verstaan jy nie die wêreld nie.

Fred se plan mag dalk edel klink, maar sonder die seën van die ryk
élite sal dit nooit daglig sien nie. Dus - die kanse is maar skraal.
Selfs al verslaan jy die ANC, en hys die vierkleur oor al wat SA is,
sal jou leiers jou verraai, want hulle sal ook in die sak van die
Ou Geld wees. Kan jy eerlikwaar verklaar dat jy onomkoopbaar is ?

Hjalmar
________
Re: Sou dit `n verskil gemaak het. [boodskap #16642 is 'n antwoord op boodskap #16573] Sa, 08 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hierdie gegewens bevestig maar net al die agendas. As ons sulke klein
vissies in die grote see is, is dit nogal lagwekkend dat ons mekaar so
doodtrap in redenasies.

Punt is: as ons net 'n hand op 'n stembrief werd is: waar is die
alternatiewe waarvoor gestem moet word? Toe die ou regime hierdie
monopolieë probeer beveg het, is die Derde Wereldoorlog teen 'n klein
landjie ontketen en almal het saam baklei.

Is die sogenaamde demokrasieë dan net lugspieelings? Wat dink julle?
Kyk na aanstellings wat vanuit die ANC in die privaatsektor gemaak word.
Daar kan bemerk word hoe die rebelle stil gemaak word met groot salarisse
en voordele. Teen die tyd dat die aanstelling bekragtig is, verdien die man
so 'n groot salaris in die Kapitalistiese wereld, dat hy nie meer tussen
die underdogs tuishoort om vir hulle belange te veg nie. Boonop word hy dan
uit hulle geledere uitgeskop.

Iemand moet tog 'n alternatief voorstel as die huidige situasie dan
onaanvaarbaar is.
Vorige onderwerp: Skuil jy agter fifi, Gloudina?
Volgende onderwerp: NP dinge in die sewentigs en tagtigs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 22:28:39 MGT 2024