Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat nou Gloudina?
Wat nou Gloudina? [boodskap #16530] |
Mon, 03 August 1998 00:00  |
Hans Gunter
Boodskappe: 3 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina,
Dit klink my of jy glo Suid-Afrika het sommer 'n blink toekoms. Hoekom kom
jy nie terug nie? Blameer jy mense wat voel hulle het nie meer 'n toekoms
hier, en wil liewer 'n ander heenkome soek (is dit nie wat jy gedoen het
nie)?
Groete
Hans
|
|
|
|
Re: Wat nou Gloudina? [boodskap #16554 is 'n antwoord op boodskap #16530] |
Tue, 04 August 1998 00:00   |
Michael E Willett
Boodskappe: 182 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 3 Aug 1998 23:34:59 GMT, waffled:
> Og, hier kom nog een met dieselfde holruggeryde
> vraag.
As jy hom al vroeer geantwoord het, was sy rug nie hol nie!
> Nee, ek dink nie Suid-Afrika het in die
> onmiddellike toekoms 'n blink toekoms nie. (Wanneer
> het dit laas 'n blink toekoms gehad?) Dis in die
> middel van die gevolge van 'n periode van wan-
> administrasie deur 'n vorige totalitere staat,
> en op die oomblik is die heersende party die
> erfenaar van 'n vryheisvegter-groep. Ek neem
> egter aan dat die 80 persent van die SA bevolking
> wat nou vir die eerste keer stemreg gekry het en
> hier en daar beter leef, nie teveel kla nie.
Ek kan nie se dat ek met 80 swartes praat nie, maar die wat ek by die
werk mee praat en my buurman se tuinwerker en huiswerker klink maar
almal baie fed-up met die huidige regering en toestande - niks van
hulle verkiesingsverwagtinge het waarheid geword nie. Vra vir wie
hulle gaan stem - almal vir die ANC en uiteindelik trek jy dan die
rede uit hulle uit - intimidasie: hulle glo vas die ANC kan sien vir
wie jy stem. Groot vrees. Die frustrasie wat hulle almal uitspreek
is dat hulle nie ander keuse het as om die swak toestande self te help
voortsit met hulle stem nie.
Dis hoekom een swart vrou vir my gesê het al uitweg is om die premier
se huis in Houghton te gaan afbrand, dan sal hy luister.
Jy moet maar self hier kom luister hoe die meerderheid kla.
...sommer net ek, Simon
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat nou Gloudina? [boodskap #16586 is 'n antwoord op boodskap #16530] |
Wed, 05 August 1998 00:00   |
Michael E Willett
Boodskappe: 182 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 4 Aug 1998 21:47:27 GMT, waffled:
> m...@here.com (Simon) writes:
>> Ek kan nie se dat ek met 80 swartes praat nie, maar die wat ek by die
>> werk mee praat en my buurman se tuinwerker en huiswerker klink maar
>> almal baie fed-up met die huidige regering en toestande - niks van
>> hulle verkiesingsverwagtinge het waarheid geword nie. Vra vir wie
>> hulle gaan stem - almal vir die ANC en uiteindelik trek jy dan die
>> rede uit hulle uit - intimidasie: hulle glo vas die ANC kan sien vir
>> wie jy stem. Groot vrees. Die frustrasie wat hulle almal uitspreek
>> is dat hulle nie ander keuse het as om die swak toestande self te help
>> voortsit met hulle stem nie.
> Agteraf "wit" soort stories. Die soort praat
> word gewoonlik aan Afrikaners toegeskryf, maar
> die Afrikaners waarmee ek in aanraking is, praat
> nie so nie. So jy is een van daardie Engelsmanne
> wat nou julle ware kleure wys. Hoekom loop praat
> jy nie op die Engelse nuusgroep so nie? Is jy
> 'n bangbroek? Kom soek jy witvoetjie by die
> Afrikaners? Gaan besoek vir Derby-Lewis in die
> tronk, en stuur 'n bos blomme vir sy Australiese
> vrou.
Jy maak nie veel sin hier nie, soos gewoonlik. Die "wit" stories is
nie stories nie - dis die opinies van swart mense wat eerstehands aan
my oorgedra is. Maar niemand is so blind soos sy wat nie wil sien
nie, ná Gloudina!
Wat is 'n agteraf storie - een wat jy nie "wil" glo nie?
My ware kleure is enige tyd oop vir enige een om te sien, vandat ek
hier begin skryf het.
Jaag jy almal weg wie jy nie mee saamstem nie? Waarvoor moet 'n mens
volgens jou bang wees? Jou rekenaar sal jou nie byt nie, Gloudina.
Ek soek nie witvoetjie by enige een nie - ek sit op die draad halfpad
tussen Afrikaans en Engels en geniet die beste van beide werelde!
W�!!!
Wat het Darby Lewis met my te doen? Jou pitte is maar lekker los, né!
...sommer net ek, Simon
|
|
|
|
|
Re: Wat nou Gloudina? [boodskap #16590 is 'n antwoord op boodskap #16530] |
Wed, 05 August 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 4 Aug 1998 21:47:27 GMT, wrote:
> m...@here.com (Simon) writes:
>> Ek kan nie se dat ek met 80 swartes praat nie, maar die wat ek by die
>> werk mee praat en my buurman se tuinwerker en huiswerker klink maar
>> almal baie fed-up met die huidige regering en toestande - niks van
>> hulle verkiesingsverwagtinge het waarheid geword nie. Vra vir wie
>> hulle gaan stem - almal vir die ANC en uiteindelik trek jy dan die
>> rede uit hulle uit - intimidasie: hulle glo vas die ANC kan sien vir
>> wie jy stem. Groot vrees. Die frustrasie wat hulle almal uitspreek
>> is dat hulle nie ander keuse het as om die swak toestande self te help
>> voortsit met hulle stem nie.
>
>
> Agteraf "wit" soort stories. Die soort praat
> word gewoonlik aan Afrikaners toegeskryf, maar
> die Afrikaners waarmee ek in aanraking is, praat
> nie so nie. So jy is een van daardie Engelsmanne
> wat nou julle ware kleure wys. Hoekom loop praat
> jy nie op die Engelse nuusgroep so nie? Is jy
> 'n bangbroek? Kom soek jy witvoetjie by die
> Afrikaners? Gaan besoek vir Derby-Lewis in die
> tronk, en stuur 'n bos blomme vir sy Australiese
> vrou.
>
... sê sy dat die spoeg spat ...! Hel, Gloudina, jy laat jou so
maklik ontstel. En al meer en meer lyk dit of dit telkens deur die
waarheid is. Moenie so stress nie, man. Jy is ver genoeg om grootbek
te kan wees oor toestande in SA. En nes iemand sy ervaringe daar met
jou wil deel dan wil jy hom wegjaag of stilmaak.
Siestog, hom gou eers in 'n boksie sit met 'n labeltjie op : "Een van
daai Engelsmanne..."
My ma se huiswerkster het presies dieselfde by haar gekla: hulle is
nie vry om te stem vir wie hulle wil nie, want die ANC hou dan
kwansuis die stembriewe. Bloot feite, Gloudina, dinge wat nou in SA
afspeel. Dalk is SA gelukkig en is dit net enkele uitsonderlike
gevalle waarvan 'n mens hoor en nie die reel nie. Dis jammer ons het
nie enige swart SuidAfrikaners hier wat met ons gesels in Afrikaans
nie. Hulle sou dalk nader op die grond vir ons kom vertel wat die
werklike toestand is.
Hoe sou jy HOM dan toesnou as hy iets sê waarvan jy nie hou nie?
Hou jou liewer maar by die gedigte - of vertel iets moois. Vat 'n
Rennie (teensuurtablet, as jy nie meer kan onthou nie) om te help vir
die galaanval, kalmeer en vertel vir ons wat was mooi op die troue.
Of vertel ons wat is mooi in die Kanadese somer, sonder om die woord
"eerstenasies" eenkeer te sê - gebruik liewer Indiane.
Hier is vir jou iets moois:
Een van my studente begin noem nou die dag spontaan aan my dat sy 'n
Christen is. So what? Wel, sy is 'n Sjinese meisie vyf jaar uit rooi
Sjina, uit Beijing. Natuurlik vra ek haar oor Tianimin Square en sy
sê Ja, sy was daar, twee dae voor die skietery - haar ma het toe gesê
dis te gevaarlik en sy het nie weer gegaan nie en dit het moontlik
haar lewe gered. Sy skryf dit nie direk aan haar ma toe nie, maar
vertel my dat sy net God daarvoor dank. Dis wonderlik om in die
polities korrekte Amerika te kom en dan so 'n spontane getuienis te
hoor uit die mons van iemand wat jy sou dink dalk nie eers van die
Christelike godsdiens gehoor het nie.
Sy vertel op my vraag dat 'n mens nie kan sê hoeveel Christene in
Sjina is nie, maar dat dit wel al soos suurdeeg deur die hele land
getrek het. Daar is steeds 'n amptelike verbod op Christenskap, en
dus kom die mense nie in groot kerke bymekaar nie, maar wel in huis
gemeentes. Ek wou weet wat van die godsdien wat voor kommunisme
gegeld het. Sy sê net 'n klein deel van die bevolking was Boediste,
en die res was streeksgodsdienste wat enige iets van die maan en
sterre tot by die ens self aanbid het. Dus geeneen van die amptelike
godsdienste wat ons oor die algemeen van weet nie.
Net nog 'n laaste brokkie interesante nuus, Enyan vertel my ook dat
daar geen verskil is tussen die Sjinese en Japanese klassieke skrif
nie. Hulle kan mekaar nie verstaan as hulle praat nie, en die moderne
skryfwyse verskil meer, maar die formele skryfwyse is presies
identies.
Lekker slaap Gloudina. Smile!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat nou Gloudina? [boodskap #16646 is 'n antwoord op boodskap #16530] |
Sat, 08 August 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 07 Aug 1998 22:30:43 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 05 Aug 1998 03:56:09 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
> Potgieter) wrote:
>
> is
>> nie vry om te stem vir wie hulle wil nie, want die ANC hou dan
>> kwansuis die stembriewe. >>
>
> Ek werk saam met 'n klomp swartmense en hulle se dit glad nie.
Wys jou net - it takes all sorts... As jy joernalis is, werk jy saam
met swart joernaliste? Dalk mense met meer insig as die algemene
arbeider?
>
> > afspeel. Dalk is SA gelukkig en is dit net enkele uitsonderlike
>> gevalle waarvan 'n mens hoor en nie die reel nie. Dis jammer ons het
>> nie enige swart SuidAfrikaners hier wat met ons gesels in Afrikaans
>> nie. Hulle sou dalk nader op die grond vir ons kom vertel wat die
>> werklike toestand is.>>
>
> 'n Mens wonder hoekom swart Suid-Afrikaners nie aan die nuusgroep
> deelneem nie. Hoekom dink jy neem hulle nie deel nie, Pottie?
>
Nee weet nie - dalk die taal, dalk die gebrek aan rekenaar hardeware
en kennis, dalk die feit dat hulle eerder sal sit en surf asom met 'n
klomp jerks in Afrikaans rasse politiek te praat. Dalk maar dieselfde
rede dat ek nie op die gewone politieke NG deelneem nie - ek is net
nie lus nie.
Wil jy nie 'n paar van die kollegas van jou vra om ons vir 'n rukkie
te join nie?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat nou Gloudina? [boodskap #17105 is 'n antwoord op boodskap #16530] |
Thu, 27 August 1998 00:00  |
Michael E Willett
Boodskappe: 182 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 24 Aug 1998 14:47:13 +0200, lou had
the following to say:
|Ferdi wrote:
|>
|>
|>
|> Ek hoor hulle dit se as ek met hulle oor die nuusgroepe praat.
|> Op verskeie plekke. In busse, in vliegtuie, in koffiewinkels, in
|> parkeerterreine en so aan.
|>
|>
|
|Fokkit ne! In parkeer terreine. Picture this - Ferdi loop deur 'n
|parkeerterrein - sien iemand veby loop - vra sommer so terloops 'Hello -
|wat dink jy van die s.c.s.a.?' En die perd reken dan dis net 'n klomp
|regse afrikaner bittergatte wat daar rondhang.Nou praat jy dan met die
|Mercedes brigade of vra jy ook so nou en dan 'n Mazda 323 bestuurder.
Maar Ferdi het lankal gewys dat hy wilde sweeping statements maak wat
eintlik niks sê nie en nie sy redenasie ondersteun nie. Hoeveel Putco
busse het hy al gery?
...steeds net ek, Simon
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:59:51 UTC 2025
|