Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Net ingeval
Net ingeval [boodskap #16553] |
Tue, 04 August 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net, Gloudina, ingeval jy die ou vragie hier mislees, herhaal ek dit:
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> @igs.net wrote in message ...
>
>
>> Ek neem
>> egter aan dat die 80 persent van die SA bevolking
>> wat nou vir die eerste keer stemreg gekry het en
>> hier en daar beter leef, nie teveel kla nie.
>
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is SA beter
> leef as tevore?
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Net ingeval [boodskap #16778 is 'n antwoord op boodskap #16553] |
Thu, 13 August 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 4 Aug 1998 23:21:11 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
> SA beter
>>> leef as tevore?>>>
>
> 1. Hulle hoef nie meer te kruip voor mense soos Leendert nie.
> 2. Hulle is vry.
> 3. Hulle is Suid-Afrikaners.
> 4. Hulle hoef nie meer passe te dra nie.
> 5. Hulle kan saam met hulle gesinne woon.
> 6. Hulle kinders kan na ordentlike skole toe gaan.
> 7. Hulle kinders kan na die universiteite toe gaan.
> 8. Hulle kan internasionaal aan sport deelneem.
> 9. Hulle kan in Suid-Afrikaanse sportspanne opgeneem word.
> 10. As n groep is hulle besig om ekonomiese mag te kry.
>
> Hier is tien redes. Daar is nog honderde.
Hierdie tien "redes" het ek elders bespreek - en getoon dat ferdibrakkie in
omtrent elke geval die fout maak om iets wat deur die vorige regering gedoen
is toe te skryf aan die huidge regering.
Siestog! Dat mense se vooroordele so erg die oorhand oor jou gesonde
verstand kan kry dat jy jou greep op die werklikheid verloor.
> Watter soort siek verstand maak die stelling - en 'n stelling by
> implikasie is steeds 'n stelling - dat swartmense in Suid-Afrika beter
> af was onder die onderdrukking en vernietiging van apartheid?
Watter soort verwarde verstandjie noem 'n rits dinge op wat tydens die
"verdrukking en vernietiging van apartheid" teweeggebring is en hou dit voor
as "bewyse" dat "80% van die bevolking in SA beter leef as tevore"?
Wanneer daardie soort verstandjie vir 'n verandering uitstyg bo sy
gebruiklike retoriek van "beledigende one-liners" moet mens seker krities
kyk na die res van sy argumente, nie waar nie-:
> Ek sal nie verbaas wees as daardie selfde verstand in sy lewe reeds
> groot lawaai gemaak het oor die "vryheidsdroom" van Afrikaners nie.
Nee wat. As jy bewyse teëkom van so iets, plaas dit gerus op die nuusgroep.
Intussen moet hierdie stelling van jou (Want "'n stelling by imlikasie is
steeds 'n stelling", nie waar nie?) geld as voorbeeld dat dit nie net die
verstand is wat beperk is nie, maar die sin vir eerlikheid ook.
> Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand passievol glo in die
> waarde van "selfbeskikking" en "vryheid" en die waarde daarvan om mag
> oor jou eie wel en wee te he nie.
O ja. En in die waarde daarvan om eerlik te wees met jouself sodat jou eie
vooroordele jou nie dalk daartoe lei dat jy dinge wat die vorige regering
gedoen het toeskryf aan die huidge een nie - soos jy hierbo doen.
> Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand nie ook nog so ver gaan in
> sy verheerliking van beheer oor eie lewe nie dat hy selfs kinders met
> minder skool-geriewe sal wil sien maar meer beheer by die ouers oor
> wat die kinders geleer word nie.
Hmmm.... Van watter soort "skoolgeriewe" praat ons hier?
Tafels en stoele? Tel gerus die aantal tafels en stoele wat per leerder
beskikbaar is in die skool waar jou kinders is. Dan vind jy uit hoeveel
tafels en stoele is per leerder beskikbaar in die huise waar daardie
leerders woon. Dat ry jy na 'n skool in Alexandra daar naby jou, en doen
dieselfde vergelyking. En na die deep rural Mutsi. En na elke ander skool in
Suid-Afrika.
Hittebronne? Glasware? Maatbekers en ander meetinstrumente?
Handwerkgereedskap? Musiekinstrumente insluitende Klaviere, blokfluite,
kitare en viole? Boeke en ander leesstof? Radios? Bandspelers? TV stelle?
Rekenaars? Volwasse toesig?
Doen gerus dieselfde vergelyking, en jy sal miskien nie meer dom stellings
maak oor "mense wat hul kinders met minder skoolgeriewe wil sien nie."
Jy sien, ferdi, dis nie net in gegoede voorstede waar die gemiddelde
woonhuis 'n hoëtegnologie omgewing is vergeleke by die gemiddelde skool in
dieselfde omgewing nie. Ek is betrokke by 'n projek om wetenskaponderwys in
"voorheen benadeelde" skole te bevorder. Die projek steun feitlik 100% op
materiale en hulpbronne wat die onderwyser en die kinders _van hulle huise
af_ bring om wetenskap mee te doen.
Jy sien, ferdi, dis soms waardevol om jou eie voorsveronderstelling te
ondersoek. Dit help mens soms om 'n greep op die werklikheid te kry.
> En dat geskiedenis ook nog vir hom
> belangrik is nie wanneer dit kom by kinders leer.
Huh? As jy hier wil beweer dat geskiedenis verkieslik nie vir kinders geleer
moet word nie, is ek, in jou geval, dit 100% met jou eens. Die soort
geskiedenisprespektief wat jy met jou lysie hierbo demonstreer is gevaarlik
vir enigeen wat hom in sy omgewing probeer oriënteer.
> Ek sal nie verbaas wees as daardie verstand moontlik al verskonings
> aangevoer het hoekom pogings tot Afrikaner-selfbeskikking tot dusver
> so jammerlik misluk het nie. En dat daar aangevoer is dat so iets
> "tyd vereis".
Nee wat. As jy bewyse teëkom van so iets, plaas dit gerus op die nuusgroep.
Intussen moet hierdie stelling van jou (Want "'n stelling by imlikasie is
steeds 'n stelling", nie waar nie?) geld as voorbeeld dat dit nie net die
verstand is wat beperk is nie, maar die sin vir eerlikheid ook.
>
> En ek sal nie verbaas wees as daardie verstand die kontradiksies
> eenvoudig sal ontken nie.
Wel, ek dink mens moet oënskynlike "kontradiksies" ondersoek. Dit kan soms
voorkom dat mens met 'n "gekontradikteerde" voet in jou benepe bekkie
eindig.
>
> En almal wat dink die vraag hierbo en dit wat agter dit le, is slim en
> skerp -- gaan bietjie uit op straat en vertel aan al die swartmense
> wat julle teëkom (en sommer julle tientalle werkers ook wat so
> uitgeparadeer is in die groep) dat apartheid n goeie ding was en dat
> julle glo swartmense moet hulle beywer om terug te keer soontoe.
>
> Julle glo dit mos. Toe, gaan doen dit.
Hmmm..... In my geval is ek op oorvloedige rekord dat ek van mening is dat
"apartheid" _nie_ 'n goeie ding was (is?) nie. En ook dat ek van mening is
dat die beskikbare alternatiewe, tot met die val van die Berlynse muur,
erger was.
Maar skuus. Ek vergeet. Dit vereis ten minste gemiddelde redenasievermoë om
so 'n "kontradiksie" te kan begryp. Dis nou "gemiddeld" in menslike terme.
Ek weet nie genoeg van die redenasievermoë van skoothondjies om in jou geval
te kan oordeel nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:18 UTC 2025
|