Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek beny Gloudina
Ek beny Gloudina [boodskap #16564] Di, 04 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans Gunter  is tans af-lyn  Hans Gunter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
As ek in Kanada was, het ek net so hard geskree hoe sleg die ou SA regering
was. Daar maak dit tog nie saak wat jy sê nie aangesien jy verwyderd is
van die realiteite van die nuwe SA, danksy die welvaart wat 'n blanke
regering daarso skep. Hierso, wel dis moeilik om positief te wees as 'n
regering die land in die afgrond bestuur. Ek gaan dit maar reguit sê : ek
dink daar's meer verskille tussen ons en swartes as net vel kleur - Afrika
se 'sukses' spreek tog immers vanself.

Groete
Hans
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16565 is 'n antwoord op boodskap #16564] Di, 04 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hans Gunter" writes:

> As ek in Kanada was, het ek net so hard geskree hoe sleg die ou SA regering
> was. Daar maak dit tog nie saak wat jy sê nie aangesien jy verwyderd is
> van die realiteite van die nuwe SA, danksy die welvaart wat 'n blanke
> regering daarso skep.

Jy fantaseer oor 'n "Kanada" wat nie bestaan nie.
Net soos die pa van die vrou wat hier in Kanada
verkrag en doodgemaak is terwyl sy gaan hardloop,
praat van "Canada where there is hardly any crime."
Jy praat van Kanada met 'n "blanke regering." Weet
jy dat die kanse goed is dat die hele British
Columbia as die besitting van die Eerste Nasies
van Kanada verklaar kan word? Hou op om in jou
fantastiese wereld te leef. Ten minste word jy
nou nie meer opgeroep om op grense te gaan veg
nie. Tenminste kan jy nou weer geld oorsee neem,
en nie soos in die ou bedeling waar hulle mense
wou verhoed om die land te verlaat nie. Tel jou
seeninge dat jy nie in Kosovo bly waar 'n "wit"
regering regeer nie.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16597 is 'n antwoord op boodskap #16564] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 04 Aug 1998 20:49:06 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi )
waffled:

> On 4 Aug 1998 20:41:08 GMT, "Hans Gunter"
> wrote:
>
> > dink daar's meer verskille tussen ons en swartes as net vel kleur - Afrika
>> se 'sukses' spreek tog immers vanself. >>
>
> So waar plaas jy die joegoe-slawe? En die Albaniers? En die Cipriote?
> Is daar verskille tussen die bestuurders van Serajevo en Johannesburg?
>
> Waar plaas jy die Russe?
>
>
Ek het gedink Ferdi sou al vinniger reageer - hy hou tog nie daarvan
iemand moet iets skeef teen die swartes of die huidige regering sê
nie. Ek wil net weet hoekom jy soos 'n weerligafleier nou oor ander
dinge praat eerder as om die issue aan te spreek.
...sommer net ek, Simon
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16598 is 'n antwoord op boodskap #16564] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On 4 Aug 1998 20:41:08 GMT, "Hans Gunter"
> wrote:
>
> > dink daar's meer verskille tussen ons en swartes as net vel kleur - Afrika
>> se 'sukses' spreek tog immers vanself. >>
>
> So waar plaas jy die joegoe-slawe? En die Albaniers? En die Cipriote?
> Is daar verskille tussen die bestuurders van Serajevo en Johannesburg?
>
> Waar plaas jy die Russe?
>

Hmmm.... miskien is hulle slagoffers van die "injustices of the past" wat deur
die kommunistiese bewind van die ou USSR op hulle toegepas is. Ek vind dit
vertroostend dat daar nie eens 'n moontlikheid van so iets in SA is nie... o,
hel ek het vergeet... of miskien verstaan ek net nie.

Kan iemand my vertel wat die SA staatsbestel nou is? Is dit 'n Demokrasie?
Hand aan hand met die vorige vraag - hoe lyk die toekomstige ekonomiese en
sosiale beleid van SA as in gedagte gehou word dat sleutelspelers in die
regering en in die ekonomie (van regeringskant)aktiewe lede van die SAKP is?
Nog 'n vragie ten slotte is... Waar in die wêreld is kommunisme en demokrasie
inklusiewe begrippe?

"Madam Judge - he is asking leading questions"

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16599 is 'n antwoord op boodskap #16564] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Aug 1998 21:33:57 GMT, wrote:

> Jy fantaseer oor 'n "Kanada" wat nie bestaan nie.
> Net soos die pa van die vrou wat hier in Kanada
> verkrag en doodgemaak is terwyl sy gaan hardloop,
> praat van "Canada where there is hardly any crime."
> Jy praat van Kanada met 'n "blanke regering." Weet
> jy dat die kanse goed is dat die hele British
> Columbia as die besitting van die Eerste Nasies
> van Kanada verklaar kan word? Hou op om in jou
> fantastiese wereld te leef. Ten minste word jy
> nou nie meer opgeroep om op grense te gaan veg
> nie. Tenminste kan jy nou weer geld oorsee neem,
> en nie soos in die ou bedeling waar hulle mense
> wou verhoed om die land te verlaat nie. Tel jou
> seeninge dat jy nie in Kosovo bly waar 'n "wit"
> regering regeer nie.
>
>
....ylend, ylend...
"Kyk, ek weet nie wat om my aangaan nie!"
"Kyk laat ek jou aandag vestig daarop, ek is blind!"
"Kyk, net ek weet wat in die hele wêreld aangaan!"
"As ek nou net gou na Kosovo kan verwys, dan steek dit darem die munts
in SA se foute so effe weg!"
"Vertel hom gou hoe wonderlik dit is om nou geld buiteland toe te neem
- reduce it to a sixth...! (Don't mention the British exchange
rate!)"
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16600 is 'n antwoord op boodskap #16564] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Aug 1998 21:33:57 GMT, wrote:
> Jy fantaseer oor 'n "Kanada" wat nie bestaan nie.

Netsoos jy dag in en dag uit oor 'n hedendaagse SA fantaseer wat nie
bestaan nie.

> Net soos die pa van die vrou wat hier in Kanada
> verkrag en doodgemaak is terwyl sy gaan hardloop,
> praat van "Canada where there is hardly any crime."

Baie minder as in SA. Jy kan die twee nie eers vergelyk nie. Daardie
vrou sou NIE in SA alleen gaan hardloop het nie - sy het drie maande
tevore vir my niggie in Pretoria gesê hoe sy dit geniet om vry te wees
in 'n geweldlose Kanada. Vergelyk eerder vir ons die werklike crime
syfers, voor jy haar pa so laakbaar kritiseer. Praat dan eerder van
insidente per duisend inwoners.

> Jy praat van Kanada met 'n "blanke regering." Weet
> jy dat die kanse goed is dat die hele British
> Columbia as die besitting van die Eerste Nasies
> van Kanada verklaar kan word?

In your dreams!!! Jy kan gerus daar ook maar gaan kyk wat die
werklike toedrag van sake is. Jy kan gerus die pilot van jou
verbeeldingsvlug laat staak. Hy is seker al baie moeg gevlieg.

> Hou op om in jou
> fantastiese wereld te leef.

Sê sy net om haar eie swakheid te adverteer! As jy in joune leef,
Gloudina, kan hy seker maar in syne ook leef.

> Ten minste word jy
> nou nie meer opgeroep om op grense te gaan veg
> nie.

Die goeie ou dae! Jy laat soveel moii herinniringe terugkom -
natuurlik is dit nie meer polities korrek om in SA van daai dae te
praat nie.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16638 is 'n antwoord op boodskap #16564] Vr, 07 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Aug 1998 04:04:00 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

"Kyk, ek weet nie wat om my aangaan nie!" >>[/color]

Is dit jy wat laas so weggehardloop het van die Afrika-postings? Is
dit dieselfde Pottie?
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16639 is 'n antwoord op boodskap #16564] Vr, 07 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 4 Aug 1998 21:33:57 GMT, whispered:

> Net soos die pa van die vrou wat hier in Kanada
> verkrag en doodgemaak is terwyl sy gaan hardloop,
> praat van "Canada where there is hardly any crime."

Jy is verkeer Gloudina. Ek is bly om te kan se dan Riana nie verkrag
is nie. Die nadoodse ondersoek het dit bewys.

> Jy praat van Kanada met 'n "blanke regering." Weet
> jy dat die kanse goed is dat die hele British
> Columbia as die besitting van die Eerste Nasies
> van Kanada verklaar kan word? Hou op om in jou

Maar dit is nog nie. So daar is 'n wit regering.

> fantastiese wereld te leef. Ten minste word jy
> nou nie meer opgeroep om op grense te gaan veg
> nie. Tenminste kan jy nou weer geld oorsee neem,

En niks daarvoor kry nie.

> en nie soos in die ou bedeling waar hulle mense
> wou verhoed om die land te verlaat nie. Tel jou
> seeninge dat jy nie in Kosovo bly waar 'n "wit"
> regering regeer nie.

Tel jou seeninge dat jy in Kanada is sonder 'n swart regering.
>
>

PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

It's not hard to meet expenses, they're everywhere.

It's easy to mistake a poor memory for a clear conscience.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16640 is 'n antwoord op boodskap #16564] Vr, 07 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Aug 1998 22:13:01 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

iemand moet iets skeef teen die swartes of die huidige regering sê[/color]
> nie.>>

Eintlik hou ek nie van rassisme nie, ou Simon. Al is dit versteekte
rassisme. En dit maak nie saak teen wie dit is nie.

As ek dit nie duld teen ander mense nie, dan kan ek eis dat dit nie
teen my geduld moet word nie. Hulle noem dit volgens jou beginsels
leef, Simon.

En ek hou ook nie daarvan dat leuns aangevoer word om vooroordele te
regverdig nie.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16641 is 'n antwoord op boodskap #16564] Vr, 07 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Aug 1998 07:47:00 GMT, gide...@usa.net wrote:

Ek aanvaar jy vra die vrae werklik.



Social democracy wat toenemend oorhel na die vrye mark toe.
Gaan check GEAR uit. Dis die ekonomiese visie en beleid van die
regering.
Die regering het ook staatsbesteding besnoei om inflasie af te bring
en is besig om staatsnywerhede te privatiseer.

sosiale beleid van SA as in gedagte gehou word dat sleutelspelers in die[/color]
> regering en in die ekonomie (van regeringskant)aktiewe lede van die SAKP is?>>

Ek is bevrees ek moet hand aan hand hiermee 'n teenvraag vra: Watter
sleutelspelers is kommuniste?
Weet jy?
Vermoed jy?
Eggo jy vrese?
Spreek jy voor-94 propaganda uit?

Daar word gese Alec Irwin is n kommunis. Maar kyk na die beleid wat hy
uitvoer en aandryf - so vrye mark soos jy kan kry. Hy was ook afwesig
by die SAKP-kongres onlangs sover ek weet.
Essop Pahad en Blade Nzimande was daar as kommuniste - openlik. Essop
is Thabo se woordvoerder en Blade is adjunk-minister van onderwys dink
ek.
n Mens moet hier natuurlik ook uitwys dat Italie 'n kommunistiese
regering het. Hoe takseer jy hulle?

inklusiewe begrippe?>>[/color]

Ek het gesprekke met Jeremy Cronin gehad - min of meer 2 I/C van die
SAKP.
Hy se (en Joe Slovo het dit ook gese): Die fout van die kommuniste
voor 1990 was dat dit nie demokraties was nie.
Die SAKP reken dat verteenwoordiging tot op laagste vlak uitgebou moet
word en dat gemeenskapsraadpleging die fondament van alle dinge moet
wees.
Of dit op die duur sinryk gemeng kan word, sal ons moet sien.
Sosialisme sal egter altyd deel van gemeenskappe se voorgestelde
oplossings vir probleme wees.
En dan is daar natuurlik Italie. Dink jy die begrippe in inklusief in
daardie gemeenskap en regering?
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16659 is 'n antwoord op boodskap #16564] Sa, 08 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 07 Aug 1998 22:30:54 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> Is dit jy wat laas so weggehardloop het van die Afrika-postings? Is
> dit dieselfde Pottie?
>
Weggehardloop? Ek dink ek het jou laas geantwoord en nog onlangs weer
iets aangelas toe ek self eerstehands die kans gekry het om met 'n
Ethiopier te gesels. Nie een van jou redenasies het juis water gehou
nie - jy het net so verlangs geskimp dat jy onlangs in die hele Afrika
getoer het en presies weet wat in elkeen aangaan en wat elke Afrika
leier doen en dink.

Ek het lankal vir jou gesê, jy het met intelegente mense hier op die
nuusgroep te doen en nie 'n klomp stom koerantlesers nie. Jy skryf
nie hier bullshit koerantstories nie. As jy wil beindruk, hou jou by
die waarheid en probeer om dit van albei kante af te sien.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16671 is 'n antwoord op boodskap #16564] So, 09 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 08 Aug 1998 06:21:14 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

iets aangelas toe ek self eerstehands die kans gekry het om met 'n[/color]
> Ethiopier te gesels. Nie een van jou redenasies het juis water gehou
> nie - jy het net so verlangs geskimp dat jy onlangs in die hele Afrika
> getoer het en presies weet wat in elkeen aangaan en wat elke Afrika
> leier doen en dink.>>

In dieselfde trant as jou ander antwoorde, sien ek. Raas en skel.

So jy het toe met n Ethiopier gesels. En nou weet jy wat presies in sy
land en sommer in die hele kontinent aangaan. Dis soos om net met jou
te gesels en dan "presies" die waarheid te weet van wat toestande in
die hele Suid-Afrika en sommer in die hele kontinent is.

Wel, ou Pottie, ek is bereid om geld daarop te wed dat wat jy vir so
iemand se oor my straat en my voorstad sal radikaal verskil van wat ek
sien as ek oggende by my hekkie uitstap.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16693 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> En dan is daar natuurlik Italie.

Ja, Italië, in my oë die perfekte demokrasie. Nee, moenie lag nie! 'n Land
wat meer regerings gehad het as wat daar jare was sedert die 2de WO, en
steeds 'n ekonomiese sukses is, móét perfek wees, want hy wys 'n land kan
suksesvol funksioneer sonder politici. Miskien is dit danksy, ek weet nie.

'n Vriend van my moet baie oorsee reis vir sy werk. Hy was onlangs in
Italië, en 'n klompie SA regerings amptenare het in dieselfde hotel as hy
gebly. Hulle het hom meegedeel dat hulle op 'n studiebesoek is - blykbaar
effektiewe regering, of so iets. Mits hulle hom nie doelbewus om die bos
probeer lei het nie, sien ek hoop!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16694 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 07 Aug 1998 22:30:48 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi )
waffled:

> Social democracy wat toenemend oorhel na die vrye mark toe.
> Gaan check GEAR uit. Dis die ekonomiese visie en beleid van die
> regering.
Kan net sukses behaal as dit toegepas word. Wanneer ???
...sommer net ek, Simon
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16695 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 17:01:10 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:



Gaan kyk.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16696 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 09 Aug 1998 21:10:24 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> So jy het toe met n Ethiopier gesels. En nou weet jy wat presies in sy
> land en sommer in die hele kontinent aangaan.

Moenie soos 'n laerskoolkind redeneer nie, Ferdi, dis waar jy 'n gat
van jouself maak. Ek het bloot nou maar effe van 'n beter prentjie
van Ethiopie as wat ek kon kry uit jou gedribbel.

>
> Wel, ou Pottie, ek is bereid om geld daarop te wed dat wat jy vir so
> iemand se oor my straat en my voorstad sal radikaal verskil van wat ek
> sien as ek oggende by my hekkie uitstap.

Spaar dit, jy gaan dit nodig kry vir petrol koop (11c duurder?) as jy
dit weer kan kry (staking?).

>
> n Mens spel dit nie "intelegent" nie.

Vra as jy nie verstaan nie...
>
> P.S. Dit laat my goed voel dat jy nie meer in SA bly nie.
>
>
Ek is so bly! Met alle respek teenoor Lou wat nou maar moet ore
toedruk: Jy weet net nie hoe lekker ek voel nie!!!!!
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16697 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 04:43:58 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

van jouself maak. Ek het bloot nou maar effe van 'n beter prentjie[/color]
> van Ethiopie as wat ek kon kry uit jou gedribbel.>>

Jy maak sweeping statements - nie veel meer as rassistiese cliches nie
- oor Afrika.
Ek vertel jou wat ek self in die plekke gesien het wat jy so maklik
noem en vertel jou wat meer as een mens my vertel het van die ander
plekke wat jy ook so cliche-agtig hanteer.
Toe se jy jy het met een Ethiopier gepraat en jy glo nou weer jou
rassistiese cliches.

En dan maak jy die opmerking hierbo!

(Miskien scan ek nog n foto of wat vir jou in en pos dit op die groep
net om jou gesig daarin te vryf.)

>[/color]

Sien. Daar is dit.

Nie een petrolstasie in die hele voorstad waar ek woon was een keer
sonder petrol nie. Al die pompe is deurentyd oop met alle soorte en
geure petrol wat jy wil he.

Maar jy sal dit natuurlik nie glo nie. Jy kan dit waarskynlik
sielkundig nie bekostig om dit te glo nie.

(Besides, jou Ethiopier het jou seker vertel die petrol was op.)

[/color]
> Vra as jy nie verstaan nie...>>

Jou arme fool, dis JY wat dit so gespel het.

[/color]
>>
> Ek is so bly! Met alle respek teenoor Lou wat nou maar moet ore
> toedruk: Jy weet net nie hoe lekker ek voel nie!!!!!>>

Nou hoekom raak jy nie n Amerikaner nie?
Hoekom omarm jy nie nou jou nuwe land nie?
Hoekom ondervind jy nog die vreemde noodsaaklikheid om op die groep
in Afrikaans - nie meer jou taal nie - Suid-Afrika te beledig?
Hoekom kan jy nie die bande sny met die land wat jy so haat nie,
Pottie?
Loop kry vir jou n Amerikaanse sielkundige om jou te help vrede maak
met die feit dat jy weg is uit Suid-Afrika. Moenie die oneerbare weg
loop van Suid-Afrika genoeg swart smeer sodat jy jouself later glo dat
jy "nie anders kon nie".
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16698 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 17:02:35 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

regverdig nie.[/color]
>>
> Dis maar wat jyself doen - is dit nie? >>

Nee dis wat jy se omdat jy klaarblyklik nie ver verby beledigende one
liners kan kom nie.



Ek is seker baie dinge kom vir jou voor as wat dit nie rerig is nie.



By the way, wat beteken die simpel frase? Het jy te veel na Heidi op
TV gekyk of wat?
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16699 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 10 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 07 Aug 1998 22:30:51 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi )
waffled:

> En ek hou ook nie daarvan dat leuns aangevoer word om vooroordele te
> regverdig nie.
>
Dis maar wat jyself doen - is dit nie? Dit kom altans so voor.
...sommer net ek, Simon
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16723 is 'n antwoord op boodskap #16564] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 05 Aug 1998 07:47:00 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
> Ek aanvaar jy vra die vrae werklik.
>
Dankie Ferdie ;^)

> >
>
> Social democracy wat toenemend oorhel na die vrye mark toe.
> Gaan check GEAR uit. Dis die ekonomiese visie en beleid van die
> regering.

Maar tog ook 'n program wat in konflik is met die beginsels van oa die
Arbeidsbeweging. Ek dink ek hoef jou nie te herinner aan die groot geraas wat
COSATO gemaak het oor hul onteveredenheid oor GEAR nie. Daar was selfs op 'n
stadium sprake van "rolling mass-action" daaroor van Cosato se kant af. Dit
lyk of die gematigdes in die alliansie die ergste van die ontsteltenis
tydelik besweer het, maar die vraag bly staan - hoe lank kan jy die wense van
'n redelike groot persentasie kiesers (in die geval seker maar onbekend, maar
mens kan 'n aanname maak dat jy kan begin by die ledetal van COSATO) ignoreer
sonder dat jy jou eie posisie verswak?.

> Die regering het ook staatsbesteding besnoei om inflasie af te bring
> en is besig om staatsnywerhede te privatiseer.
>

Dit is 'n goeie stap as dit oorweeg word vanuit die kapitalistiese oogpunt.
Die vrae wat my bekommer is: * Wat motiveer die regering om hierdie stap te
neem, wat essensieel in stryd is met die basisideologie van 'n groot
persentasie van die kiesers wat deur die alliansie verteenwoordig word? *
Beteken dit dat die ANC die moontlikheid van 'n breuk met die SAKP/COSATO
gedeelte van die Alliansie ignoreer en hoop dat die aansien wat hul
bewerkstellig het as die leidende bevrydingsbeweging? * Beteken dit dat die
Alliansie strategiese besluite maak om die ekonomieë van die wêreld te
probeer beindruk, en hoop dat die kieserskorps betyds resultate sal sien voor
die volgende verkiesing?

Ek weet nie wat die antwoorde is nie, en kan maar net spekuleer. Die feit bly
staan dat daar sekere konflikte van belange is wat hier ter sprake kom, en dat
die ding op een of ander stadium tot kookpunt sal moet kom.

> ekonomiese en
>> sosiale beleid van SA as in gedagte gehou word dat sleutelspelers in die
>> regering en in die ekonomie (van regeringskant)aktiewe lede van die SAKP
is?>>
>
> Ek is bevrees ek moet hand aan hand hiermee 'n teenvraag vra: Watter
> sleutelspelers is kommuniste?
> Weet jy?
Nee

> Vermoed jy?
Ja

> Eggo jy vrese?
Nee, ek sien net die skade wat die kommunistiese ideologie veroorsaak het in
groot dele van die wêreld.

> Spreek jy voor-94 propaganda uit?

Nee. Ek was nog nooit groot op die ou regering se propagandamasjien nie. Ek
vertrou wel wat ek sien gebeur. Ek sien wel hoe die ekonomie van Rusland en
heelwat van die ander voormalige Oosbloklande nou daar uitsien. Ek besef dat
die ideologiese kommuniste (onder andere wyle Joe Slovo) sê dat kommunisme
eenvoudig nie reg aangepak was nie, en dat daar 'n ander manier is om dit te
doen. Ek sou egter sê dan die aanklewing van die term "kommunisme" dan nie
meer sin maak nie. Net soos die term "Nasionalisme" 'n stank gekry het as
gevolg van die toepassing daarvan. Beide terme in enige vorm beteken die
verkragting van regte. In die een geval vir die voordeel van 'n spesifieke
groep - in die ander vir 'n groter groep. Punt is - daar is genoegsame bewyse
dat kommunisme as ideologie nie in die praktyk kon werk nie (vir watter redes
ookal). Ek sou nie nou 'n kommunistiese party wou begin nie - dit is uit tyd
en uit plek, hoewel my ideologiese standpunte dalk heelwat komponente van 'n
kommunistiese staatsbestel sou mag bevat het. Net so sou ek beswaarlik 'n
meer inklusiewe Nazi-party wou begin. Hoewel daar dalk van die ideologiese
oogmerke van Nazisme onder sekere omstandighede aantreklik mag lyk sou jy jou
nie wou assosieer met die term nie, want dan assosieer jy met die vergrype.

>
> Daar word gese Alec Irwin is n kommunis. Maar kyk na die beleid wat hy
> uitvoer en aandryf - so vrye mark soos jy kan kry. Hy was ook afwesig
> by die SAKP-kongres onlangs sover ek weet.
> Essop Pahad en Blade Nzimande was daar as kommuniste - openlik. Essop
> is Thabo se woordvoerder en Blade is adjunk-minister van onderwys dink
> ek.
> n Mens moet hier natuurlik ook uitwys dat Italie 'n kommunistiese
> regering het. Hoe takseer jy hulle?
>

Dit is 'n interessante punt wat jy hier noem. Hoewel die konteks verskillend
is. As ek reg kan onthou is van die kantonne in Switzerland ook Kommunisties.
Dan is daar natuurlik die interessante feit dat die Nederlandse regering (een
van die mees liberale regerings in die wêreld) bestaan uit 'n koalisie waarin
die meerderheid essensieel kommunisties is (hul noem dit 'n Pers Koalisie -
'n vermenging van rooi en blou). Die konteks en geskiedenis is tog wel
sodanig verskillend dat dit die uitkyk en moontlik die uitkoms geweldig kan
beïnvloed. 'n Paar dinge om in gedagte te hou is: 1. Nie een van die rooi
partye (miskien is dit meer ligpienk in praktyk?) is gebore uit 'n
"rewolusie" of 'n "stryd teen oorheersing" nie. Dus is daar nie 'n opgeboude
wrok of behoefte aan vergelding nie. 2. Die lande in al die gevalle genoem
is eerstewêreldlande met redelike vlakke van welvaart. Die gaping tussen die
wat het en die wat nie het nie is heelwat kleiner as in byvoorbeeld SA of
Rusland voor die rewolusie. Konsepte soos die herverdeling van rykdom (deur
hoë belastings of watookal) is nie so fataal vir die ekonomie in geheel nie.
3. In al die lande genoem is daar 'n gesofistikeerde politieke bewustheid
wat die implimentering van komplekse politieke sisteme moontlik maak. Die
politieke bestel in Switzerland kom byvoorbeeld al van die 1200�s af. Dit
plaas 'n demper op ekstreme politieke sieninge omdat die massa mense goed
ingelig is en nie net besluite maak op "sagte" issues nie maar op meer
meetbare issues.

[color=blue]>
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16724 is 'n antwoord op boodskap #16564] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 23:49:15 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi )
waffled:

>
>
> By the way, wat beteken die simpel frase? Het jy te veel na Heidi op
> TV gekyk of wat?
>
Jy is of nie ernstig nie of jy is 'n volslae idioot - in ieder geval
is dit nie sinvol om jou te antwoord nie.

Ek het obviously nie so baie Heidi gekyk soos jy nie want ek weet nie
wat die verbintenis daarmee is nie.
...sommer net ek, Simon
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16725 is 'n antwoord op boodskap #16564] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 23:49:15 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi )
waffled:

> On Mon, 10 Aug 1998 17:02:35 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>
> > regverdig nie.
>>>
>> Dis maar wat jyself doen - is dit nie? >>
>
> Nee dis wat jy se omdat jy klaarblyklik nie ver verby beledigende one
> liners kan kom nie.
>
>
>
> Ek is seker baie dinge kom vir jou voor as wat dit nie rerig is nie.
>
>
>
> By the way, wat beteken die simpel frase? Het jy te veel na Heidi op
> TV gekyk of wat?
>
En dan is jy die arme drommel wat my van belediginde oneliners wil
beskuldig?!?
Is hierdie 'n geval van die spreekwoord: "die pot roep die ketel
swart?" of so iets...?
...sommer net ek, Simon
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16726 is 'n antwoord op boodskap #16564] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 23:49:18 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

Jou redenasies het nogal baie met Gloudina s'n in gemeen: ewe
niksseggend, of dan beledigend as jy nie 'n redenasie het nie.
Nee wat vergeet dit - ek gaan nie verder met jou probeer stry nie - ek
het nie die geduld om soos Leendert vir jou elle lange hoofstukke te
skryf netsodat jy moet verstaan wat 'n mens sê nie.

Uit al jou antwoorde sover is dit duidelik dat jy nie een keer gevang
het wat ek probeer oorbring nie, so kom ons sê maar ek is die swak
kommunikeerder en laat dit daar.
>
> Nou hoekom raak jy nie n Amerikaner nie?
Ek is besig en geniet elke oomblik daarvan - jy moet hoor hoe mooi is
my kinders se middeweste aksent! En jy moet hoor hoe mooi praat hulle
Afrikaans! Pragtig!

> Hoekom omarm jy nie nou jou nuwe land nie?
Met alle oorgawe - en die mense hier doen dieselfde met ons - ons word
orals warm en ook met oorgawe aanvaar! Ons is deel van 'n gemeenskap
wat ons onder anderre in die kerk mee kennis gemaak het en waarin ons
geheel en al opgeneem is. Ek moet nou nog net geduldig sit en wg
totdat ek ook hier kan begin stem. Nie dat ek juis deelname aan
politiek mis nie. Politiek hier is nie so stressvol ook nie.

> Hoekom ondervind jy nog die vreemde noodsaaklikheid om op die groep
> in Afrikaans - nie meer jou taal nie - Suid-Afrika te beledig?
Sal altyd my taal bly - dieselfde hoor ek van Arikaners wat al meer as
twintig jaar hier is. My kinders sal ook tweetalig bly, lyk dit my,
maar my kleinkinders sal seker net eendag Amerikaans praat.

Ek ondervind geen sulke noodsaaklikhede nie - dis jy wat elke bietjie
kritiek so sien. Moenie so liggeraak wees nie man - ek is seker jy is
nie self verantwoordelik vir al die probleme van SA nie.

> Hoekom kan jy nie die bande sny met die land wat jy so haat nie,
> Pottie?
Ek haat gelukkig geen land nie - as jy dit so sien is dit jou bril wat
vuil is. Dis eerder jy wat my plasings miskien met 'n ander
perspektief moet lees.

En moenie worry nie - ek het alle bande met SA gesny - ek is tans
besig om op my rekenaar te sit en met 'n "denkbeeldige" persoon te
praat. SA is baie ver van my af. Ek het nie meer geld daar nie -
betaal nie meer belasting daar nie. Is nog net my ma en skoonma en so
bietjie ander skoon-familie wat daar is, maar vir my part kon hulle in
enige deel van die wereld gebly het.

> Loop kry vir jou n Amerikaanse sielkundige om jou te help vrede maak
> met die feit dat jy weg is uit Suid-Afrika.
Moenie stress nie, Ferdi - ek het heeltemaal vrede. Totale vrede. Jy
kan net nie dink hoe vredevol die lewe hier is nie. Die burokrasie
werk goed - hier is nie inhaligheid in die algemeen nie - hier word
dit roadrage genoem as 'n ou net sy toeter blaas (ek het nog net twee
maal in een jaar iemand in sy kar hoor toeter blaas) - almal ry nie
juis meer as 5 myl per uur vinniger as die spoedgrens nie - my huis
deure staan 90% van die tyd ongesluit - nee wat, meer vrede as dit het
ek nie nodig nie.

Ek het gisteraand my ma afgesien op die lughawe op pad terug SA toe -
en daar was by my nie die minste sweempie van begeerte om self eers
daar besoek af te lê nie - ek het niks in SA wat my trek nie.

> Moenie die oneerbare weg
> loop van Suid-Afrika genoeg swart smeer sodat jy jouself later glo dat
> jy "nie anders kon nie".
>
Ek kon anders - ek kon nou nog daar gesit het, maar ek is die Vader
baie dankbaar dat ek nie daardie keuse geneem het nie - ek is baie
spyt ek het nie al jare terug gekom nie.

Net gou 'n "disclaimer": ek is nie besig om my move hierheen te
regverdig nie Lou, ek is net besig om Ferdi te antwoord - vra
asseblief die ou om hulp te kry vir sy obsessie met my besluit om my
nuwe huis in die VSA te maak. Ek raak nou al self gatvol daarvoor om
dit oor en oor aan hom te moet vertel. As jy dit nou nog nie glo nie,
sal jy seker nooit (PS ek wil nie hê jy moet glo Amerika is beter nie,
Ferdi, ek wil net hê jy moet glo dat dit my eerlike opinie en
standpunt is).
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16727 is 'n antwoord op boodskap #16564] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Aug 1998 23:49:09 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi )
waffled:

> On Mon, 10 Aug 1998 17:01:10 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>
>
>
> Gaan kyk.
>
Waar ...?

...sommer net ek, Simon
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16782 is 'n antwoord op boodskap #16564] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Hoekom kan jy nie die bande sny met die land wat jy so haat nie,
> Pottie?
> Loop kry vir jou n Amerikaanse sielkundige om jou te help vrede maak
> met die feit dat jy weg is uit Suid-Afrika. Moenie die oneerbare weg
> loop van Suid-Afrika genoeg swart smeer sodat jy jouself later glo dat
> jy "nie anders kon nie".

Raad wat jy gerus aan Gloudina se adres kan rig. Want sy het reeds daardie
oneerbare weg gevolg en verkondig inderdaad dat sy "nie anders kon nie". Nou
het sy vasgehaak by die swart smeer.

En daarmee het ons die sirkel voltooi om terug te kom by die onderwerp van
die string.

Virendelike groete, Leendert
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16783 is 'n antwoord op boodskap #16564] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> En ek hou ook nie daarvan dat leuns aangevoer word om vooroordele te
> regverdig nie.
>

Wow!

Hoor wie praat!

Dieselfde ou wat sy vooroordele troetel as die onuitputlike bron van sy
leuens.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16784 is 'n antwoord op boodskap #16564] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Daar word gese Alec Irwin is n kommunis. Maar kyk na die beleid wat hy
> uitvoer en aandryf - so vrye mark soos jy kan kry. Hy was ook afwesig
> by die SAKP-kongres onlangs sover ek weet.
> Essop Pahad en Blade Nzimande was daar as kommuniste - openlik. Essop
> is Thabo se woordvoerder en Blade is adjunk-minister van onderwys dink
> ek.

Hmmm..... Nee. Blade is voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee
oor onderwys. Die adjunk-minister is 'n Roomse priester, en die minister 'n
Lutherse kerkamptenaar.

Die dae van die "political predikants" is weer terug.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16864 is 'n antwoord op boodskap #16564] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 Aug 1998 02:01:00 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>[/color]

Leundert is terug. Jy het mos n tyd lank geduck. Was dit oor jy te
veel uitgevang is dat jy so lieg, selektief onthou en aanhaal en nie
vrae beantwoord nie.

Sien jy gebruik nou geocities? Hoekom? Het jy nie meer n nuusdiens nie
of wat?
Darem seker nog e-mail of hoe?
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16865 is 'n antwoord op boodskap #16723] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Aug 1998 08:13:13 GMT, gide...@usa.net wrote:

Arbeidsbeweging. >>[/color]

Hoe?

stadium sprake van "rolling mass-action" daaroor van Cosato se kant af. Dit[/color]
> lyk of die gematigdes in die alliansie die ergste van die ontsteltenis
> tydelik besweer het, maar die vraag bly staan - hoe lank kan jy die wense van
> 'n redelike groot persentasie kiesers (in die geval seker maar onbekend, maar
> mens kan 'n aanname maak dat jy kan begin by die ledetal van COSATO) ignoreer
> sonder dat jy jou eie posisie verswak?.>>>

Wat is die ledetal van Cosatu?

In die stadium reken ek het albei "kante" nog baie meer te wen as te
verloor deur die alliansie aan die gang te hou.
Daar word wyd verwag dat hulle wee egter in die volgende 5 of 6 jaar
uiteen sal vloei met die ANC wat bly wat hy is en die
Cosatu/SAKP-faksie wat n arbeidersparty in die ou Britse tradisie sal
vorm.
Sal die gebeur? Wie weet?

en is besig om staatsnywerhede te privatiseer.[/color]
>>
>
> Dit is 'n goeie stap as dit oorweeg word vanuit die kapitalistiese oogpunt.
> Die vrae wat my bekommer is: * Wat motiveer die regering om hierdie stap te
> neem, wat essensieel in stryd is met die basisideologie van 'n groot
> persentasie van die kiesers wat deur die alliansie verteenwoordig word? *>>

Dis waarskynlik OK met die meerderheid van die ANC se kiesers.

gedeelte van die Alliansie ignoreer en hoop dat die aansien wat hul[/color]
> bewerkstellig het as die leidende bevrydingsbeweging? >>>

Die politiek is vloebaar. My eerste antw hier bo is seker van
toepassing. Dan moet jy natuurlik ook in aanmerking neem dat Thabo
Mbeki en sy ondersteuners werklik glo dat iets soos GEAR in vandag se
werklikheid die beste kans is om ekonomiese mag aan die meeste
Suid-Afrikaners te lewer.
Dis wat hulle dink kan werk. En dis wat hulle doen.

probeer beindruk, en hoop dat die kieserskorps betyds resultate sal sien voor[/color]
> die volgende verkiesing?>>

Dis eeder n langtermyn-plan sou ek reken.
Met nie baie wat voor die verkiesing gaan gebeur nie. Na die
verkiesing sal die groot privatiserings waarskynlik bv. gedoen word.
Dit kan ongewild wees onder alliansie-vennote. En dit kan eers harde
aanpassing vereis voor die resultate lewer.
Die ANC sal die volgende verkiesing kan binnegaan met steun gegrond op
die bevryding wat hy gebring het. Mense is bloed-ANC's soos ons ouers
bloed-Sappe of bloed-Natte was.

groot dele van die wêreld.>>>[/color]

Net soos die NP van vandag nie die NP van 1970 is nie, is die kommies
van vandag ook nie die kommies van 1970 nie.
Daar is baie gedink en verander in die jare na 1989. Sover ek weet is
werklike demokratiese verteenwoordiging deesdae sentraal aan van die
gedagtes onder hulle.
Hoe goed die moderne sosialisme vorentoe gaan wees, weet ek nie.
Lyk my hulle doen OK in die lande waar hulle weer n come back gemaak
het?
n Mens kan natuurlik ook begin praat oor die vernietiging wat
kapitalisme aangerig het. En steeds aanrig. Is die probleme van die
wereld vandag nie hoofsaaklik die maaksel van vrye kapitalisme nie -
die crash van die Ooste?

vertrou wel wat ek sien gebeur. Ek sien wel hoe die ekonomie van Rusland en[/color]
> heelwat van die ander voormalige Oosbloklande nou daar uitsien. Ek besef dat
> die ideologiese kommuniste (onder andere wyle Joe Slovo) sê dat kommunisme
> eenvoudig nie reg aangepak was nie, en dat daar 'n ander manier is om dit te
> doen. Ek sou egter sê dan die aanklewing van die term "kommunisme" dan nie
> meer sin maak nie. Net soos die term "Nasionalisme" 'n stank gekry het as
> gevolg van die toepassing daarvan. Beide terme in enige vorm beteken die
> verkragting van regte. In die een geval vir die voordeel van 'n spesifieke
> groep - in die ander vir 'n groter groep. Punt is - daar is genoegsame bewyse
> dat kommunisme as ideologie nie in die praktyk kon werk nie (vir watter redes
> ookal). Ek sou nie nou 'n kommunistiese party wou begin nie - dit is uit tyd
> en uit plek, hoewel my ideologiese standpunte dalk heelwat komponente van ´n
> kommunistiese staatsbestel sou mag bevat het. Net so sou ek beswaarlik ´n
> meer inklusiewe Nazi-party wou begin. Hoewel daar dalk van die ideologiese
> oogmerke van Nazisme onder sekere omstandighede aantreklik mag lyk sou jy jou
> nie wou assosieer met die term nie, want dan assosieer jy met die vergrype.>>

Soos ek dit sien is sosialisme fundamenteel deel van ons samelewings.
Ons gee om oor die armes. Die meeste mense stem saam dat die "staat"
sypaadjies moet bou en in stand hou. En so aan. En dit is die kern van
kommunisme. Lyk my die verskil kom hoe jy dit reel. Dis soos die hond
se gat in Oos-Europa gereel en reuse lugleegtes het onstaan waarin
magspelers kon "jol" - met destruktiewe gevolge.
Maar die sosialistiese fondament is steeds daar.
Dit gaan onvermydelik herorganiseer word.
Miskien moet die geslag ou kommuniste eers uitsterf.
Ek het al gewonder of n nuwe sosialisme nie om ekologiese
bekommernisse gaan ontwikkel nie. Die ekologie word opgedonder -
hoofsaaklik deur groot korporasies - en dit is moerse gevaar vir ons
voortbestaan. Teen wie in Greenpeace "opgeline"? Is dit nie
hoofsaaklik groot korporasies wat "big business" doen nie? Privaat
sowel as staat.
George Soros is seker n goeie ikoon om te gebruik. Mense soos hy tree
oor nasionale grense op en niemand het beheer oor hulle nie. Iemand
soos Jeremy Croinin het reeds daarop gewys dat "multinationals"
deesdae meer mag as die meeste klein landjies het. Hulle neem besluite
wat samelewings se lewens radikaal kan beinvloed. Hulle verkry hulle
mag tot groot mate uit die feit dat demokrasie en die vrye mark hulle
toelaat om te ontwikkel. Tog het samelewings geen seggenskap in hul
optredes nie.
As mens hom sou wys dat daar aandeelhouers is, sal hy waarskynlik
antwoord dat die aandeelhouers wat die besluite kan verander 999 uit n
1000 kere n paar ryk en magtiges is.

partye (miskien is dit meer ligpienk in praktyk?) is gebore uit ´n[/color]
> "rewolusie" of 'n "stryd teen oorheersing" nie. Dus is daar nie 'n opgeboude
> wrok of behoefte aan vergelding nie. >>>

Ek sou se in SA is daar nie soseer n neiging na vergelding nie as wat
daar n wens is om rykdom te herverdeel. En soos jy weet is die kloof
tussen arm en ryk in SA reusagtig. Ek verneem dat die kloof in
Nederland baie kleiner is.
En hier moet jy ook in ag neem dat die SAKP - soos ander kommuniste en
sosialiste - n moerse shot aan die dink gegaan het na 1989.
Miskien is die gevaar dat die oplossings wat klaarblyklik goed werk in
Nederland (social welfare of wat ookal) net rerig kan werk as n land
se ekonomie sterk is. En miskien is SA se ekonomie nie werklik sterk
genoeg daarvoor nie.

wat het en die wat nie het nie is heelwat kleiner as in byvoorbeeld SA of[/color]
> Rusland voor die rewolusie. Konsepte soos die herverdeling van rykdom (deur
> hoë belastings of watookal) is nie so fataal vir die ekonomie in geheel nie.>>

Net toe ek dit noem, toe se jy dit ook. Ek antw sover ek lees.
Ek het in die tydskrif New Scientist (vreemd, maar hulle het in n
hoofartikel daarna verwys!) gelees dat toe die Amerikaners Japan na
WW2 beheer het, het hulle die grond en besittings herverdeel en so die
heersersklas se mag verbreek. Daar is geargumenteer dat die
herverdeling die Japanese heropbou en ekonomiese groei moontlik gemaak
het (werkbefoktheid natuurlik ook).
Hoewel n mens deesdae seker half wonder as jy na die Jappanse
suksesverhaal dink!!

wat die implimentering van komplekse politieke sisteme moontlik maak. Die[/color]
> politieke bestel in Switzerland kom byvoorbeeld al van die 1200´s af. Dit
> plaas 'n demper op ekstreme politieke sieninge omdat die massa mense goed
> ingelig is en nie net besluite maak op "sagte" issues nie maar op meer
> meetbare issues.>>

Die een ding wat jy dalk nie moet onderskat nie, is die politieke
"savvy" van moer baie swartmense in SA.

'n evolusionêre proses. Wat wel interessant is om te merk in Nederland sowel[/color]
> as Engeland, is dat die Sosialisme met tyd verskuif word om die "bugs" uit te
> haal. So byvoorbeeld was Nedeland tot onlangs 'n "Welfare State". Dit het
> uiteindelik tot massiewe werkloosheid gelei. Deur 'n slim herposisionering
> van hul beleid, het Nederland nou een van die laagste werkloosheidsyfers in
> die wêreld. Sosialisme word nie ideologies suiwer toegepas nie, maar wel
> aangepas met tyd. Een van die dinge wat ek heel interessant vind is dat daar
> geen van die sosialistiese "buzzwords" te hoor is by kongresse nie. Geen
> rewolusies. Geen ideologiese dreunsang en indoktrinasies nie.>>>

Tye verander. Cliches verander.

n Ander faktor is natuurlik die global village. Isolasie (van ekonomie
of denke) gaan vorentoe al minder moontlik wees. En anders as baie
ander lande in Afrika is SA wat die top-strukture betref in die
inligtingsstroom en gear hy op (pun intended) om meer so te word.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16866 is 'n antwoord op boodskap #16564] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Aug 1998 16:49:28 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

waffled:[/color]
>
>>
>>
>> By the way, wat beteken die simpel frase? Het jy te veel na Heidi op
>> TV gekyk of wat?
>>
> Jy is of nie ernstig nie of jy is 'n volslae idioot - in ieder geval
> is dit nie sinvol om jou te antwoord nie.
>
> Ek het obviously nie so baie Heidi gekyk soos jy nie want ek weet nie
> wat die verbintenis daarmee is nie.
> ...sommer net ek, Simon>>

Jy het my so pas twee keer genatwoord.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16867 is 'n antwoord op boodskap #16564] So, 16 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Aug 1998 11:48:46 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16890 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 17 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Aug 1998 21:28:25 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) had
the following to say:

|
|Jy het my so pas twee keer genatwoord.
|
Dié keer gaan ek jou nie natwoord nie!

...steeds net ek, Simon
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16917 is 'n antwoord op boodskap #16865] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Tue, 11 Aug 1998 08:13:13 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
> > sonder dat jy jou eie posisie verswak?.>>>
>
> Wat is die ledetal van Cosatu?
>

Ek weet nie, maar is seker dit kan vasgestel word. Sover ek verstaan is
meeste vakbonde in SA affilieer aan COSATO en daardeur hul lede ook. Hoe dit
ookal sy, is dit 'n redelike groot persentasie van die finansieel aktiewe
Suid-Afrikaners.

> In die stadium reken ek het albei "kante" nog baie meer te wen as te
> verloor deur die alliansie aan die gang te hou.

Ek sou jou hier gelyk gee. Ten spyte van die oënskynlike verskille tussen die
ideologie van die verskillende partye, is daar nog steeds nie soveel
verskille dat 'n skeuring voor die volgende verkiesing sal plaasvind nie. Dit
koop nog tyd om die kieserskorps te oortuig dat 'n sosialisties-vryemark
mengsel dalk kan werk. Dit is net dat as breekpunt tog bereik word (sien die
ander pos oor die spanning tussen die SAKP en ANC) kan dit 'n relatiewe groot
verskil maak. Tog glo ek dat eiebelang aan die kant van die loopbaanpolitici
die skeuring sal afweer vir die afsienbare toekoms. Hulle kan persoonlik meer
verloor as wen.

> Daar word wyd verwag dat hulle wee egter in die volgende 5 of 6 jaar
> uiteen sal vloei met die ANC wat bly wat hy is en die
> Cosatu/SAKP-faksie wat n arbeidersparty in die ou Britse tradisie sal
> vorm.
> Sal die gebeur? Wie weet?
>
Oops - daar sê jy dit toe ook

> > en is besig om staatsnywerhede te privatiseer.
>>>
>>
>> Dit is 'n goeie stap as dit oorweeg word vanuit die kapitalistiese oogpunt.
>> Die vrae wat my bekommer is: * Wat motiveer die regering om hierdie stap te
>> neem, wat essensieel in stryd is met die basisideologie van 'n groot
>> persentasie van die kiesers wat deur die alliansie verteenwoordig word? *>>
>
> Dis waarskynlik OK met die meerderheid van die ANC se kiesers.
>

Waarop baseer jy die aanname? Ek gee toe dat die persentasie ANC wat eerder
vir 'n Arbeidsfaksie sal stem nie by die stembus getoets is nie, maar voel
tog dat die gemiddelde ingeligde kieser nader is aan die shopsteward as aan
die politikus en daarvoor sal sy opinie meer deur die shopsteward as die
politikus gevorm word.

> Dan moet jy natuurlik ook in aanmerking neem dat Thabo
> Mbeki en sy ondersteuners werklik glo dat iets soos GEAR in vandag se
> werklikheid die beste kans is om ekonomiese mag aan die meeste
> Suid-Afrikaners te lewer.
> Dis wat hulle dink kan werk. En dis wat hulle doen.
>

Ek staan nie naby genoeg aan die situasie om 'n gekwalifiseerde opinie
hieroor te kan uitspreek nie, maar dit lyk tog op die oppervlakte of jy reg
mag wees met hierdie stelling. Maar ek dink ons is albei bewus dat die ANC
politici besig is om uit die weerstandspolitiek van die verlede te beweeg en
dat die aanwysing van Thabo Mbeki as President moontlik heelwat te doen het
met die feit dat hy 'n skerp strateeg is. Dit lei my om te dink dat die ANC
besig is om nou aan die situasie gewoond begin raak dat die land nou bevry is
en hul nou hul posisie as die regerende party moet konsolideer. Dit sou naief
wees om sonder voorbehoud te glo dat so 'n slim aanstelling gaan oor sy
charisma en dat alles wat hy op die TV en in persoonlike onderhoude met die
media sê letterlik opgeneem moet word.

> Dis eeder n langtermyn-plan sou ek reken.
> Met nie baie wat voor die verkiesing gaan gebeur nie. Na die
> verkiesing sal die groot privatiserings waarskynlik bv. gedoen word.
> Dit kan ongewild wees onder alliansie-vennote. En dit kan eers harde
> aanpassing vereis voor die resultate lewer.
> Die ANC sal die volgende verkiesing kan binnegaan met steun gegrond op
> die bevryding wat hy gebring het. Mense is bloed-ANC's soos ons ouers
> bloed-Sappe of bloed-Natte was.
>

Dit is die onmiddelike toekoms ja - maar met die ondersteuning van Arbeid. 'n
Groot gedeelte van die struggle was gesetel in die aktiwiteite van Cosato en
self 'n groot gedeelte van die aktiwiteite en resultate van die UDF was
arbeid-baseer. Die mense sal dit ook onthou. As die ANC se toekomstige beleid
ongewild is by 'n groot hoeveelheid mense, sou ek my geld sit op 'n sterker
steun vir die Arbeidsfaksie (COSATO en SAKP) binne 'n relatiewe kort
tydsbestek.

>
> Net soos die NP van vandag nie die NP van 1970 is nie, is die kommies
> van vandag ook nie die kommies van 1970 nie.
> Daar is baie gedink en verander in die jare na 1989. Sover ek weet is
> werklike demokratiese verteenwoordiging deesdae sentraal aan van die
> gedagtes onder hulle.
> Hoe goed die moderne sosialisme vorentoe gaan wees, weet ek nie.
> Lyk my hulle doen OK in die lande waar hulle weer n come back gemaak
> het?
> n Mens kan natuurlik ook begin praat oor die vernietiging wat
> kapitalisme aangerig het. En steeds aanrig. Is die probleme van die
> wereld vandag nie hoofsaaklik die maaksel van vrye kapitalisme nie -
> die crash van die Ooste?
>

Ek dink die argument begin miskine verby die punt beweeg waar 'n mens moet
vra of kommunisme of kapitalisme die beste beleid is. Die vraag moet miskien
begin word - Wat is die beste ekonomiese beleid vir die land? As ek kyk na
die reaksie van die Arbeidsfaksie op GEAR (wat by stuk van sake 'n
intelligente beleid is met wat die beste van beide wêrelde kan
verteenwoordig) bevraagteken ek egter hoe verlig die Arbeidsfaksie in
werklikheid is.

>
> Soos ek dit sien is sosialisme fundamenteel deel van ons samelewings.
> Ons gee om oor die armes. Die meeste mense stem saam dat die "staat"
> sypaadjies moet bou en in stand hou. En so aan. En dit is die kern van
> kommunisme. Lyk my die verskil kom hoe jy dit reel. Dis soos die hond
> se gat in Oos-Europa gereel en reuse lugleegtes het onstaan waarin
> magspelers kon "jol" - met destruktiewe gevolge.
> Maar die sosialistiese fondament is steeds daar.
> Dit gaan onvermydelik herorganiseer word.
> Miskien moet die geslag ou kommuniste eers uitsterf.
> Ek het al gewonder of n nuwe sosialisme nie om ekologiese
> bekommernisse gaan ontwikkel nie. Die ekologie word opgedonder -
> hoofsaaklik deur groot korporasies - en dit is moerse gevaar vir ons
> voortbestaan. Teen wie in Greenpeace "opgeline"? Is dit nie
> hoofsaaklik groot korporasies wat "big business" doen nie? Privaat
> sowel as staat.

Dit is moontlik. In Nederland is die party "Groen Links" besig om veld te
wen. Dit is ekologies baseer. En Greenpeace is besig om meer respek te kry
soos die tyd aangaan. Die kernswakheid wat ek sien enige weerstandspolitiek
is egter dat dit op destruktiewe beginsels gebou is instede van kreatiewe
beginsels. Beide kommunisme en die groen beweging is in kern
weerstandspolitiek. Dit kan op die kort termyn die emosies van mense opsweep
en miskien 'n paar punte wen, maar is gedoem op die lang termyn. Dieselfde
met demokrasie. Waar demokrasie weerstandspolitiek is, is dit destruktief
waar die rekonsilierend van aard is is dit iets waarop 'n toekoms gebou kan
word. Dit is die hoop wat ek wel het vir SA - dat die rekonsilierende aspek
van die ontwikkelende demokrasie vinniger sal ontwikkel as die
weerstandspolitiek van selfsugtige ideologiese beskouinge.

> George Soros is seker n goeie ikoon om te gebruik. Mense soos hy tree
> oor nasionale grense op en niemand het beheer oor hulle nie. Iemand
> soos Jeremy Croinin het reeds daarop gewys dat "multinationals"
> deesdae meer mag as die meeste klein landjies het. Hulle neem besluite
> wat samelewings se lewens radikaal kan beinvloed. Hulle verkry hulle
> mag tot groot mate uit die feit dat demokrasie en die vrye mark hulle
> toelaat om te ontwikkel. Tog het samelewings geen seggenskap in hul
> optredes nie.
> As mens hom sou wys dat daar aandeelhouers is, sal hy waarskynlik
> antwoord dat die aandeelhouers wat die besluite kan verander 999 uit n
> 1000 kere n paar ryk en magtiges is.
>

Ja - dit is waar - jy sal dit egter nie aan bande kan lê deur wetgewing nie,
die wêreld is nou 'n global village, en as jy een manier stop sal sy tipe net
'n ander manier uitvind om dit te doen. Kommunisme het nie die grypsug en
magsug van mense gestop nie. Hul sê dat die beste manier om iemand van
kommunisme te genees is deur hom geld en mag te gee. Dit is nou eenmaal in
die geaardheid van mense. Die geheim gaan wel wees om 'n bestel te ontwikkel
waar daar genoeg is sodat die massa kan goed leef en as die rykes ryker word
- so what - dit beinvloed niemand nie. Dit klink miskien nou na kapitalisme
op sy suiwerste, maar dit is essensieel wat in van die Europese lande (soos
Duitsland) en die VSA gebeur het.

> Ek sou se in SA is daar nie soseer n neiging na vergelding nie as wat
> daar n wens is om rykdom te herverdeel. En soos jy weet is die kloof
> tussen arm en ryk in SA reusagtig. Ek verneem dat die kloof in
> Nederland baie kleiner is.

Jy is korrek - oor die grootte van die kloof. Daar is egter nog steeds 'n
element wat ten spyte van die positiewe veranderinge 'n
vergeldingsmentaliteit het. Kyk maar op soc.culture.south-africa. DIt is
miskien nie verteenwoordigend van SA se mense nie, maar wel van 'n groepie
meer intellektuele mense.

> En hier moet jy ook in ag neem dat die SAKP - soos ander kommuniste en
> sosialiste - n moerse shot aan die dink gegaan het na 1989.
> Miskien is die gevaar dat die oplossings wat klaarblyklik goed werk in
> Nederland (social welfare of wat ookal) net rerig kan werk as n land
> se ekonomie sterk is. En miskien is SA se ekonomie nie werklik sterk
> genoeg daarvoor nie.
>

Ek dink dit is dalk die punt waar alles kan platval. Ek dink daar is op
hierdie stadium eenvoudig te min welvaart om alles te kan doen. As SA 'n
werklike groeikoers van 4 of 5 % kan handhaaf, 'n positiewe betalingsbalans
kan handhaaf, inflasie onder 5% kan hou en gesonde rentekoerse kan handhaaf,
kan dit in teorie in 'n relatiewe kort bestek van sê 15 tot 20 jaar bereik
word, maar dan gaan dit "buy-in" kos van almal. Die faktore wat daarteen tel
soos vlakke van kriminaliteit, sigbare korrupsie in regeringskringe en
groeiende ontevredenheid en negatiewiteit by 'n groot groep van die bevolking
sal dit egter op die medium termyn onmoontlik maak om dit wel te bereik.
Verder laat SA se internasionale beleid ook nie die meer konserwatiewe
beleggers vanaf die VSA en Europa stroom nie.

> Die een ding wat jy dalk nie moet onderskat nie, is die politieke
> "savvy" van moer baie swartmense in SA.
>

Dit is moontlik dat ek dit doen, hoewel die groot hoeveelheid mense wat
grootgeword het op 'n dieet van weerstandspolitiek my beswaarlik laat rustig
raak oor die balans wat daar is. Soos jy vroeër gesê het, sal mense bly by
wat hulle gewoond is. Die ANC het bewys dat die sprong van weerstandspolitiek
na deelnemende, konstruktiewe politiek selfs vir die leierskorps moeilik was
en nog steeds is om te maak.

> Tye verander. Cliches verander.
>

Maar die cliches soos "one settler one bullet" is nog steeds in die mitologie
ingeweef ;^) Miskien is dit nie meer in die toesprake nie, maar steeds in die
volksmond. Ernstig - dit gaan oor meer as net cliches - miskien moet die
ouer garde (soos jy vroeër gsesê het oor Oos-Europa) eers uitsterf voordat
die eggo's van hul cliche�s sal wegsterf

> n Ander faktor is natuurlik die global village. Isolasie (van ekonomie
> of denke) gaan vorentoe al minder moontlik wees. En anders as baie
> ander lande in Afrika is SA wat die top-strukture betref in die
> inligtingsstroom en gear hy op (pun intended) om meer so te word.
>
Dit is een van die sterkste faktore wat 'n positiewe uitkoms kan bring.

Dankie vir puik terugvoer - ek moet sê dat dit vir my een van die mees
konstruktiewe threads nog begin word op die ng.

Groete

-Gideon-

>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16918 is 'n antwoord op boodskap #16564] Di, 18 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 13 Aug 1998 02:01:00 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > leuens.>>
>
> Leundert is terug. Jy het mos n tyd lank geduck.

> Was dit oor jy te
> veel uitgevang is dat jy so lieg, selektief onthou en aanhaal en nie
> vrae beantwoord nie.

Nee. Ek is nie "te veel" uitgevang dat dat ek "so lieg, selektief onthou en
aanhaal en nie vrae beantwoord nie".

Of kan jy toon dat ek dit wel gedoen het?

Maar jy sal nie probeer nie, sal jy? Want wat jy eintlik wil hê is net om
die bewering te maak. Of dit enige substansie het is nie vir jou ter sake
nie, is dit?

Die "beledigende one-liner" bly maar die toppunt van jou vermoëns, nie waar
nie?

>
> Sien jy gebruik nou geocities? Hoekom? Het jy nie meer n nuusdiens nie
> of wat?
> Darem seker nog e-mail of hoe?

Wel, as jy so oplettend was as wat jy hier wil suggereer, sou jy geweet het
dat ek al 'n hele tyd lank geocities gebruik, en nie net "nou" nie.

En as jy so bekend was met geocities as wat jy hier voorgee, sou jy ook
geweet het dat hulle nie 'n nuusdiens voorsien nie. Hulle rig wel enige
response wat ek kry na die rekening waar ek dit wil ontvang, ongeag uit
watter rekening ek dit stuur.

Maar wat sou die betekenis vir jou wees as ek nie meer 'n nuusdiens gehad
het nie. Is mense wat nie 'n nuusdiens het nie /infra dig/ in die kringe
waar jy beweeg?

As jy nie kan byt nie, ferdi, moenie kef nie. Hondjies sonder tande kan hul
waardigheid behou deur stil te bly.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16997 is 'n antwoord op boodskap #16917] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Aug 1998 08:14:00 GMT, gide...@usa.net wrote:

>> Die vrae wat my bekommer is: * Wat motiveer die regering om hierdie stap te[/color]
>>> neem, wat essensieel in stryd is met die basisideologie van 'n groot
>>> persentasie van die kiesers wat deur die alliansie verteenwoordig word? *>>
>>
>> Dis waarskynlik OK met die meerderheid van die ANC se kiesers.
>>
>
> Waarop baseer jy die aanname? Ek gee toe dat die persentasie ANC wat eerder
> vir 'n Arbeidsfaksie sal stem nie by die stembus getoets is nie, maar voel
> tog dat die gemiddelde ingeligde kieser nader is aan die shopsteward as aan
> die politikus en daarvoor sal sy opinie meer deur die shopsteward as die
> politikus gevorm word.>>>

My mening hieroor: Ek dink mens sal n fout maak om alle sosialiste oor
een kam te skeer.

Die meeste kommuniste met wie ek te doene gekry het hier in SA na 1990
was mense wat 1. Van apartheid ontslae wou raak en 2. Rykdom beter wou
verdeel.

Kommunisme het die beste metode gelyk om dit te doen in SA in die Koue
Oorlog-jare. Dit was waarskynlik onder meer omdat die eerste doelwit
(apartheid) die ander een totaal oordonder het.

Baie van hulle het kommunisme in die 90's laat vaar omdat ander
oplossings eenvoudig beter begin lyk het. Daar was in die vroee 90's n
groot gespottery onder die SAKP/ANC-mense oor die frase "lapsed".
Daar was van party mense gese: "Oh, he's lapsed..."
Dit het beteken die ou het stil-stil sy kommunisme laat vaar.
n Paar het openlik te werk gegaan en aangekondig hulle bedank uit die
SAKP - een so een was Mac Maharaj - nou minister van Vervoer.
Die meeste is net nie meer by SAKP-byeenkomste gesien nie.

Dus was hulle nie "ideologiese kommuniste" nie, maar eerder mense wat
apartheid wou uitskop en rykdom wou verdeel.

Ek dink dit is waarskynlik tiperend van die meeste Suid-Afrkaners.
Afrikaners ingesluit. Met die lees van die Stephen Clingman se
biografie oor Bram Fischer was ek getref deur die Afrikaners - mans en
vrouens - wat ampsdraers in die SAKP (en sy voorganger en ook die
vakbonde) was. Dit was toe die Afrikaners opgedonder en arm was.
In die jare van Afrikaner Affirmative Action was die kommunisme nie
meer so gewild vir die Boere nie!

Die meeste swartmense wat ek sien en mee praat wil n goeie werk he, n
lekker kar koop, n mooi huis he en hulle kinders na die beste skool
moontlik stuur.

As Kommunisme dit vir hulle gaan bied, raak hulle kommuniste. As
kapitalisme dit vir hulle gaan bied, raak hulle kapitaliste. In fact
dieselfde vir my (met n paar voorbehoude soos dat en nie die army en
die polisie en so aan geprivatiseer wil sien nie en dat ek reken daar
is n besliste rol vir "welfare").
En in die stadium is dit kapitalisme wat loshande die beste antwoord
bied vir welvaart. That's the way the cookie is crumbling right now.

Ek reken vandag is daar geweldig meer swartmense aan die woel in "die
mark" as wat van hulle aan die organiseer vir sosialisme is.
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #16998 is 'n antwoord op boodskap #16564] Vr, 21 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Aug 1998 02:43:45 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>[/color]

Ja jy het moontlik n bietjie waardigheid herwin toe jy so lank stil
was.

(Nogal funny om jou so te sien gryp na die macho-vergelykings van
honde en tande!!

Hoekom Leundert?!

He^, Leundert?

Gaan jy my "waardigheid kom wegneem" Leundert?

He^, Leundert?

Toe! Kom doen dit asseblief!!! Leundert!!!)
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #17038 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 24 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter wrote:
>
> Net gou 'n "disclaimer": ek is nie besig om my move hierheen te
> regverdig nie Lou, ek is net besig om Ferdi te antwoord - vra
> asseblief die ou om hulp te kry vir sy obsessie met my besluit om my
> nuwe huis in die VSA te maak.

Sorry Johan - ek het jou en Ferdi se hele diskoers gemis- was so vir
twee weke in die Kruger Wildtuin. Lekker man - Afrika bosveld, diere,
voe"ls, naggeluide en hardekool braaivleis vure. Nie eers radio
geluister nie! Nou voel ek soos een van julle - geen idee wat die
afgelope twee weke in SA aangegaan het nie :).

Maar soos ek voorheen aan jou gesê het - jy het nie nodig om jou move
aan my te regverdig nie, jy moet jouself oortuig! En lyk my al jy sukkel
so 'n bietjie.

Cheers
Lourens

PS: Ek het darem die rugby gesien. Oppie Bokke!
Re: Ek beny Gloudina [boodskap #17039 is 'n antwoord op boodskap #16564] Ma, 24 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Aug 1998 14:34:04 +0200, lou wrote:

|Sorry Johan - ek het jou en Ferdi se hele diskoers gemis- was so vir
|twee weke in die Kruger Wildtuin. Lekker man - Afrika bosveld, diere,
|voe"ls, naggeluide en hardekool braaivleis vure. Nie eers radio
|geluister nie!

So lekker! Ek het gisteraand 'n TV program oor die fotograaf John
Varty gesien en dit was baie lekker om weer al die bosveld geluide te
hoor.

| Nou voel ek soos een van julle - geen idee wat die
|afgelope twee weke in SA aangegaan het nie :).

Ons is jou een voor! Ons het darem nuus oor die radio geluister
(Radio Hoogland).

|
|Maar soos ek voorheen aan jou gesê het - jy het nie nodig om jou move
|aan my te regverdig nie, jy moet jouself oortuig!

Is jy "doof" - ek het jou al baie gesê ek het nie nodig nie.

| En lyk my al jy sukkel
|so 'n bietjie.

Met ....?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Re: Would you like to be financially independent?
Volgende onderwerp: Ons heremeesters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 02:58:15 MGT 2024