Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mooi so "Madiba"
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16498 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Sat, 01 August 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Henri Burger" writes: >
> My vraag is, nou dat almal wat wil weet, weet, wat maak ons daarmee. Gaan
> ons aanhou Nazi's jag soos die Jode, en vir hoe lank, of gaan ons probeer om
> Israel te maak werk. Ek stel belang in laasgenoemde, en op 'n manier was dit
> my raad aan die jongman.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
Nou praat jy, Henri. Maar om die woestyn te laat
blom moet sommige wittes ophou om op die dakke te
skreeu dat "hulle" nou al die werk kry, "hulle"
die regte ding in die 80's gedoen het deur die skole
af te brand, "hulle" nie hard werk nie en "ons" al
die belasting betaal en "hulle" op die skouers dra.
So 'n soort praat veroordeel 80 persent van die
bevolking van SA tot 'n permanente status van
skorremorrie en ek rebelleer teen sulke gepraat en
sal dit hand en tand beveg waar ek dit ook al sien.
Jy en ek ken hardwerkende en regop mense wat nie
die "regte" kleur is nie, en dit is vir mense soos
hulle dat ons moet waak teen die veralgemenings. As
daar korrupsie is, noem dit op die naam. Maar vertel
ook van die goeie dinge, en dan sal die woestyn blom.
Gloudina
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16499 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Sat, 01 August 1998 00:00   |
zero_int
Boodskappe: 17 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Fri, 31 Jul 1998 18:23:58 -0500, "Henri Burger"
whispered:
> Goeie raad, Gloudina, en ek is bly jy het dit gesê.
>
> Want sien, die Duitsers en Japannese kon ook op 'n hoop gaan sit het, en
> gesê het 'Kyk hoe is ons lande geruïneer, dis 'n hopelose situasie.' (Vgl.
> 'Dis apartheid se skuld.')
>
> Maar hulle het nie. Hulle het skouer aan die wiel gesit en begin werk. Werk,
> werk, werk. In Japan moes hulle 'n wet maak om mense te verplig om hul
> jaarlikse verlof te neem!
>
> En hulle het nie die res van die wêreld se politieke probleme op hul skouers
> geneem nie. Hulle het hul eie lande gemaak werk, en nie bakhand gestaan nie.
>
> Ek sien 'n les en oplossing vir SA daar in, en ek glo jy ook?
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
>
Soos Jim Carey(sp?) in Liar,Liar in die hof gesê het "And the truth
shal set you fffrrrreeeeeee!!!!!"
PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]
Remember: Only by sharing our pain can we .... make other people feel bad too.
If a "little" is good, "more" must be better, and "too much" is just about right.
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16500 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Sat, 01 August 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina skryf:
> Ek is teleurgestel in jou, Henri.
Jammer daaroor, Gloudina, maar gaan lees die stukkie maar weer in sy geheel,
dalk heg jy 'n ander betekenis daaraan as wat jy met die eerste oogopslag
gedink het, soos wat die geval met die haiku was.
Dalk kom jy agter dat daar meer as een manier was om verandering teweeg te
bring, maar dat die gevolge vir die verskillende operateurs nie dieselfde
was nie.
> En mag ek jou net
> herinner dat jy bly in 'n land waar tagtig
> persent van die bevolking baie min gesien
> het van die vleespotte waar om jy gesit het.
Henri Burger gaan nie aan jou hier verduidelik hoe die vleespotte gelyk het
waarom hy gesit het nie, maar jy sê mos jy ken sy voormalige skoolhoof. Vra
hom. Dan kom vertel jy die wêreld hoe lyk 'n man en Afrikaner. Asseblief.
> Oortuig mense, asseblief Henri, nie meer in
> die stilligheid nie maar nou op die dakke
> van die huise, dat daar onreg was
Wie weet nie, behalwe die wat nie wil weet nie?
My vraag is, nou dat almal wat wil weet, weet, wat maak ons daarmee. Gaan
ons aanhou Nazi's jag soos die Jode, en vir hoe lank, of gaan ons probeer om
Israel te maak werk. Ek stel belang in laasgenoemde, en op 'n manier was dit
my raad aan die jongman.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16503 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Sat, 01 August 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina skryf:
> Jy vergeet natuurlik die Amerikaanse dollars
> wat deur die Marshall-plan in Europa gespandeer
Presies, Gloudina. Ouens soos ek het gehoop dat dit
in SA se geval ook so sou wees, om die koek groter te maak. Aanvanklik na
'94 het dit gelyk asof dit gaan werk, maar weens 'n verskeidenheid van
faktore het daardie stroompie opgedroog. Een daarvan is arbeidswetgewing wat
so skeefgetrek is, dat potensiële beleggers daardeur afgeskrik word. Of 'n
Grondwet wat die reg tot staking waarborg, maar nie aan die werkgewer die
reg tot Uitsluiting gee nie.
Een van die uitvloeisels hiervan was dat Clinton onlangs op besoek vir Mnr.
Mandela gesê het 'Trade, but no Aid', en soos ek al vir jou gewys het, word
daardie 'Trade'so moeilik as moontlik gemaak, soos in die geval van Iscor se
vlekvrye staal.
> Maar vertel nou vir my, Henri, wie werk nou
> skielik nie meer so hard in SA soos hulle moet
Op 'n onlangse Suider-Afrikaanse Ontwikkelings Konferensie in Windhoek is 'n
verslag van Harvard Universiteit bekend gemaak wat aandui dat SA se
produktiwiteit die laagste van alle lande in Suidelike Afrika is. Miskien
antwoord dit jou vraag.
> Moenie vir my vertel die wittes het so hard
> gewerk nie. Ek het in Pretoria gebly vir 'n ruk
> en ek weet wat 'n grap die meestal Afrikaner-
> staatsdiens was.
Die verskil is dat ek nie in die verlede leef nie, Gloudina. Staatsamptenare
wat nie werk nie, irriteer my. Toe, en nou. Die een regverdig nie die ander
nie. Ek verwag van mense wat met my belastinggeld betaal word om te werk, en
'n diens te lewer. Toe, en nou.
> So asseblief, Henri,
> laat ons mekaar nou reg verstaan. Wittes in
> SA het in die verlede en seker nou nog nie hulle
> doodgewerk nie.
Ek is nie bewus van enige iemand wat hom al ooit doodgewerk het nie,
Gloudina. Hard, ja, maar nie dood nie.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16544 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Tue, 04 August 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Henri Burger" writes: >
>
>
>> My vraag is, nou dat almal wat wil weet, weet, wat maak ons daarmee. Gaan
>> ons aanhou Nazi's jag soos die Jode, en vir hoe lank, of gaan ons probeer om
>> Israel te maak werk. Ek stel belang in laasgenoemde, en op 'n manier was dit
>> my raad aan die jongman.
>>
>> Groete
>>
>> Henri Burger, Tzaneen. RSA
>> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
>
> Nou praat jy, Henri. Maar om die woestyn te laat
> blom moet sommige wittes ophou om op die dakke te
> skreeu dat "hulle" nou al die werk kry, "hulle"
> die regte ding in die 80's gedoen het deur die skole
> af te brand, "hulle" nie hard werk nie en "ons" al
> die belasting betaal en "hulle" op die skouers dra.
Ons gaan nêrens kom sonder om die feite in die oë te kyk nie. Maar dit weier
jy:
> So 'n soort praat veroordeel 80 persent van die
> bevolking van SA tot 'n permanente status van
> skorremorrie en ek rebelleer teen sulke gepraat en
> sal dit hand en tand beveg waar ek dit ook al sien.
> Jy en ek ken hardwerkende en regop mense wat nie
> die "regte" kleur is nie, en dit is vir mense soos
> hulle dat ons moet waak teen die veralgemenings.
Ah! Veralgenemings waarteen "ons" moet waak! Veralgemenings soos
"apartheidsvark" vir elkeen wat nie jou sienings deel nie.
> As
> daar korrupsie is, noem dit op die naam. Maar vertel
> ook van die goeie dinge, en dan sal die woestyn blom.
Inderdaad. Maar jy is die een wat mense die swye oplê as hulle daarop wys
dat alles in die verlede nie boos was nie. Wat weier om toe te gee dat daar
boos _en_ goed in elkeen mag wees.
Vir jou blue eyed boys eis jy dat daar erkenning gegee moet word aan "die
goeie dinge", maar al die res skel jy uit vir "apartheidsvarke" waarin daar
niks goeds kan skuil nie - bloot omdat hulle van jou sienings verskil.
_Dit_ is korrupsie in sy mees verderflike vorm.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16545 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Tue, 04 August 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Ek is teleurgestel in jou, Henri. So jy is
> ook maar siek met die siekte wat soos 'n
> kanker is.
En wat is hierdie siekte waarvan jy jou klaarblyklik rein beskou, Gloudina?
> Ek is baie teleurgestel in jou.
> Ek het gedink jy is 'n man. 'n Afrikaner
> en 'n man.
Oppas, Henri! Dis die vroë waarskuwings van 'n volskaalse Lorena Bobbit-
aanval hierdie.
> . Die feit dat sommiges van
>> ons in stilligheid mense probeer oortuig het, tel nie. Dit het ons net
>> vervreem van sommige van ons volksgenote. Vir hulle was ons te radikaal,
>> verraaiers en hanskakies. Maar eintlik was ons nie radikaal genoeg nie, en
>> ons betaal die prys daarvoor. Sommige van ons kan dit gelukkig vat, en maak
>> die beste van wat ons het.
> So nou dat dit nie meer nodig is om in die
> stilligheid mense te oortuig nie, hoekom
> skryf jy nog wat jy hierbo geskryf het, wat
> so naby is aan die snert wat Frikkie, die
> Ingelsman skryf, dat ek waarlik nie die
> verskil kan sien tussen wat hy sê en wat
> jy hierbo kwytraak nie. En mag ek jou net
> herinner dat jy bly in 'n land waar tagtig
> persent van die bevolking baie min gesien
> het van die vleespotte waar om jy gesit het.
> Oortuig mense, asseblief Henri, nie meer in
> die stilligheid nie maar nou op die dakke
> van die huise, dat daar onreg was, nog is
> en dat geen hoeveelheid van die snedige
> opmerkings teenoor die oorgrote meerderheid
> van die bevolking van SA vir enigiemand
> iets in die sak sal bring nie.
Ah. En mag hy hulle ook oortuig van "die goeie dinge" wat daar was?
Van die dakke af?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16547 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Tue, 04 August 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Ah. En mag hy hulle ook oortuig van "die goeie dinge" wat daar was?
>>
>> Van die dakke af?
>>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
>
> Ja, Leendert, ek sal dit verwelkom. En ek
> vra ook nou weer vir jou om vir my te
> verduidelik watter GOEIE dinge die apartheids-
> regime opgelewer het.
Wow! Is dit nou 'n verandering, of wat? Laas is ek uitgeskel dat ek Nazis
probeer regverdig.
> Nommer tog maar die
> puntjies een tot tien.
O, ek sien. Geen verandering nie. Dis net weer die rol van oujuffrou die
skoolmeesteres wat hier na vore kom.
Maar onthou die laaste keer wat jy aangedring het op tien punte? Toe jy
voorbeelde wou hê van tien leuens wat jy verkondig? Ek wag nou nog op 'n
antwoord (soos oor soveel ander sake).
Nee wat, juffrou, ek sal nie die rol van skoolseuntjie speel teenoor jou
juffrourol nie.
> Maar moet nou nie
> daarin dinge sit sodat die lewensverwagting
> van die deursnee kleurlingman aanmerklik
> gestyg het nie. Almal se lewensverwagting
> het in die laaste helfte van die twintigste
> eeu opgegaan.
Interessant. SA was dus in hierdie opsig nie so 'n smartlike put van ellende
nie?
Maar jy ignoreer vir die derde maal die kern van Gilliomee se argument
hieroor (of miskien snap jy dit maar net nie).
Die betekenisvolle aspek van die stelling was _nie_ dat die lewensverwagting
van kleurlingmans gestyg het _nie_ (saam met die lewensverwagting van al die
ander mense in die land, soos jy tereg beklemtoon). Die stelling was dat die
_verskil_ tussen die lewensverwagting van wit Afrikaanse mans (die
"begunstigdes van apartheid", onthou) en die lewensverwagting van
kleurlingmans met amper twee dekades gekrimp het in die dertig jaar van 1950
tot 1980.
As jy dit nou nog nie snap nie moet jy miskien daaroor praat met een van jou
gesinslede wat basiese getalbegrip bemeester het. Die gevolgtrekkings is
dieselfde in Engels as in Afrikaans.
> Moenie vertel dat daar meer
> swart kinders in skole was in die 80's as
> in die 50's nie. Dis 'n normale progressie
> oor die hele wereld.
Dit mag 'n "normale progressie" wees. Maar ek het ook daarop gewys dat daar
meer swart (en ander) onderwysers in die skole was. Tans verminder die
onderwysers terwyl die kinders vermeerder. Praat gisteraand met 'n
voormalige skoolhoof wat verlede jaar bedank het (nie pakket gevat het nie -
bedank het) toe die getal kinders per klas in sy skool 59 geword het.
Die kiesers is "compulsory education" beloof. Wat hulle gekry het is
"compulsory child care".
> So ek wag vir die lysie:
> nommer dit een tot tien. (Het ek jou nie al
> vantevore hierom gevra nie?)
O ja, jy het. Jy doen dit gereeld as jy "juffrou" begin speel.
Maar merk maar eers die vorige lysie wat ek jou gegee het en gee vir die
kinders terugvoer daaroor, dan kan ons (miskien) praat oor hierdie een.
>
> Hoekom praat jy so knaend van Lorena? Ek is
> bekommerd oor jou.
Nee, nee! Jy lees alweer half (iets wat 'n voormalige letterkundige miskien
tot kommer moet strek). Ek praat nie oor Lorena nie. Ek praat oor jou
neigings om haar na te boots. Jy behoort dus liewer bekommerd te wees oor
jou.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16746 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Wed, 12 August 1998 00:00   |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
wrote:
> Beweging teen Afrikaans. S^e my Frikkie,
> is Constant Viljoen in die AWB, of aan
> watter groep behoort hy? Tannie raak so
> deurmekaar met al die groepe wat julle
> manne daar in die liewe RSA vorm.
>
Sorry Ant Miena (O ja vir die taalpuriste - sorry is 'n algemene term gebruik
in Nederlands om te sê "verskoon my". Die term "Verskoon my" is hier nie 'n
aanvaarbare vorm nie, aangesien dit die term is wat gebruik word om te sê dat
jy 'n babatjie se boudjies skoonvee. Dus as ek in goeie Afrikaans sê "sorry",
kyk die Nederlanders jou so snaaks aan. Die alternatief is die Frans
"pardon", maar soos julle agterkom is dit nou redelik chaos en vermy mens
maar oor die algemeen terme wat aanstoot kan gee. Oops - ek het so 'n bietjie
op afgedwaal van wat ek wou sê), maar laat ek net gou verduidelik - Frikkie
sal seker ook, maar goed - Die Generaal is die leier van die Vryheidsfront.
Dit is die enigste beweging wat binne die huidige politieke die meer
konserwatiewe blanke Afrikaners verteenwoordig. Hy gesels so kort-kort nog
oor 'n volkstaat (sien die draad oor die NP in die sewentigs - daar is nogal
iets daaroor daarin.), en het oor die algemeen heelwat respek van alle kante
van die politieke spektrum as iemand met integriteit. Tot my Ouma is bereid
om vir hom te stem (en my Pa wat 'n stoere PW man was). Ek dink die ouer
generasie voel veilig daarmee dat hy tog daar is en blykbaar positiewe werk
doen. Ek sal nie verbaas wees as hy in 'n volgende regering van Nasionale
Eenheid nog iewers 'n pos kry binne die regering self nie. 'n Persoonlike
opinie - ek het met die Generaal te doen gekry as 'n troep in die Weermag en
moet met reg sê dat hy my beindruk het as mens en as leier. Ek stem nie met
sy politieke sieninge saam nie, maar ek kan verstaan dat mense hom vertrou.
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16748 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Wed, 12 August 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Frikkie Potgieter" writes: >
>> SA, Neem nou sommer aan ek was nie tussen
>> 1992-1994 in SA nie. Wil jy my paspoort
>> sien? Ha, ha, ha.
>
>
> Toemaar Simon...
> Sal ook in elk geval `n gesteeld paspoort wees...
> Frikkie
Frikkie, my ou dier. Jy weet natuurlik
dat ek met 'n Kanadese paspoort reis.
Ons hoef nie hier paspoorte te steel
nie. Dis wat mense moes doen in die
apartheidsvark-dae, toe mense verhoed
is om uit die land uit te gaan, onder
huis-arres geplaas is, en dies meer
en dies meer. Maar ou Frikkie, daardie
dae is nou verby. Julle mense daar moet
nou werk vir die voortbestaan van
Afrikaans. Neem Afrikaanse lesse. Anders
gaan doop ek die AWB nog die BTA: die
Beweging teen Afrikaans. S^e my Frikkie,
is Constant Viljoen in die AWB, of aan
watter groep behoort hy? Tannie raak so
deurmekaar met al die groepe wat julle
manne daar in die liewe RSA vorm.
Tant Miena (ek kook goeie stroop van die
meboskonfyt)
|
|
|
Re: Mooi so "Madiba" [boodskap #16776 is 'n antwoord op boodskap #16383] |
Thu, 13 August 1998 00:00  |
Doos[1]
Boodskappe: 143 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
uit gaan jou uitvang,tannie...
@igs.net wrote in article ...
> "Frikkie Potgieter" writes: >
>
>
>>> SA, Neem nou sommer aan ek was nie tussen
>>> 1992-1994 in SA nie. Wil jy my paspoort
>>> sien? Ha, ha, ha.
>>
>>
>> Toemaar Simon...
>> Sal ook in elk geval `n gesteeld paspoort wees...
>> Frikkie
>
>
> Frikkie, my ou dier. Jy weet natuurlik
> dat ek met 'n Kanadese paspoort reis.
> Ons hoef nie hier paspoorte te steel
> nie. Dis wat mense moes doen in die
> apartheidsvark-dae, toe mense verhoed
> is om uit die land uit te gaan, onder
> huis-arres geplaas is, en dies meer
> en dies meer. Maar ou Frikkie, daardie
> dae is nou verby. Julle mense daar moet
> nou werk vir die voortbestaan van
> Afrikaans. Neem Afrikaanse lesse. Anders
> gaan doop ek die AWB nog die BTA: die
> Beweging teen Afrikaans. S^e my Frikkie,
> is Constant Viljoen in die AWB, of aan
> watter groep behoort hy? Tannie raak so
> deurmekaar met al die groepe wat julle
> manne daar in die liewe RSA vorm.
>
> Tant Miena (ek kook goeie stroop van die
> meboskonfyt)
>
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:35:40 UTC 2025
|