Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Nuttige Reseppe" deur C.W. JOUBERT
"Nuttige Reseppe" deur C.W. JOUBERT [boodskap #16477] Vr, 31 Julie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
NUTTIGE RESEPPE
C.W. Joubert

Vir hoofpyn:

Tinktinkiesbloed en kraai se aptyt;
Vier lepels hondeblaf;
Jakkals syn byt en wolf syn huid,
En 'n ystervark syn draf.

Vir tandpyn:

'n Emmer sonskyn in 'n sak gevang,
Van leeu syn brul sowat;
Die sleepsel van 'n waterslang,
En skaduwee van 'n kat.

Vir koliek:

Wat suikerbossiestroop gekook,
Met 'n pond verslaande wasem,
Die manier van 'n wyfiespook,
En 'n bobbejaan syn asem.

Vir skrik (spesiaal opgedra aan banggat-Frikkie)

Die heldre lig van vollemaan,
Van aasvoëlruik 'n duim,
'n Bottel kraai van 'n hoenderhaan
En een skilpad syn versuim.
Vorige onderwerp: "Dolosse" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Boffin" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:48:12 MGT 2024