Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Engelse?
Engelse? [boodskap #16086] Do, 09 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil vra of hier ander dubbletaliges is wat hier op die NG
teenwoordig is? Ek weet nou van die Nederlandse mense en die uit
Belgium.
...sommer net ek, Simon
Re: Engelse? [boodskap #16108 is 'n antwoord op boodskap #16086] Vr, 10 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes:

> Wat van 'n Duitser wat in die Afrikaanse taal en kultuur belang stel? Ek het
> maar nog geen bydraes afgelewer, maar ek lees gewoonlik hierdie nuusgroep om
> my kennis van Afrikaans 'n bietjie te verbeter. Hier in Duitsland is dit nogal
> moeilik om iets in/oor Afrikaans in die hande te kry... :(
>
> Groetnis,
>
> Thorsten Müller
>
> (Wiesbaden, Duitsland)

Baie welkom. Sal u vir ons vertel
hoekom u Afrikaans bestudeer? Die
Afrikaner se kultuur word sterk deur
Duits beinvloed. Meeste Afrikaners
neem Duits in skool as hulle 'n derde
taal wil leer. Daar was belangrike
instromings van Duitsers in die land
in. Veral in die Oostelike Provinsie,
waar daar nog baie mense is wat in SA
gebore is maar nog altyd Duits praat.
Een van my skoonsusters praat Duits
met haar ouers, en ek dink dat selfs
haar ouers in SA gebore is.

Gloudina Bouwer
Re: Engelse? [boodskap #16124 is 'n antwoord op boodskap #16086] Sa, 11 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 09 Jul 1998 18:11:10 +0200, "Thorsten Müller"
wrote:

> Wat van 'n Duitser wat in die Afrikaanse taal en kultuur belang stel? Ek het
> maar nog geen bydraes afgelewer, maar ek lees gewoonlik hierdie nuusgroep om
> my kennis van Afrikaans 'n bietjie te verbeter. Hier in Duitsland is dit nogal
> moeilik om iets in/oor Afrikaans in die hande te kry... :(
>
> Groetnis,
>
> Thorsten Müller
>
> (Wiesbaden, Duitsland)
>
>
Guten Abend Thorsten, wie gehts? Du bist sehr willkommen! .... en
net daar droog my Duits op. Ek kon darem nou die aand met iemand by
die kerk 'n paar woorde wissel, maar dis gesproke Duits en dan kan jy
maar verneuk met die baie tye en agtervoegsels. Maar om te skryf is
iets anders. Hier is baie mense van Duitse afkoms in Minnesota -
meeste tweede, derde of later geslagte al in die land - so min van
hulle is nog Duits magtig.

Dit is baie interesant om van jou te hoor!
Re: Engelse? [boodskap #16137 is 'n antwoord op boodskap #16086] So, 12 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin Beazley  is tans af-lyn  Colin Beazley
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote in message ...
> Ek wil vra of hier ander dubbletaliges is wat hier op die NG
> teenwoordig is? Ek weet nou van die Nederlandse mense en die uit
> Belgium.
> ...sommer net ek, Simon

Ja, Engelses ook. Ek kyk so af en toe na die NG om te kyk of Tanie Gloudina
nog skryf. (Gelukkig ja - ek stem nie altyd saam nie, maar daar is darem 'n
debat aan die gang.)
Hier in Engeland, lyk dit asof somer nooit sal begin nie. Ons het 'n paar
weke van sonskyn in Mei gehad maar die reen nog steeds.

Groete

Colin
Re: Engelse? [boodskap #16138 is 'n antwoord op boodskap #16086] So, 12 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: >
> Simon wrote in message ...
>> Ek wil vra of hier ander dubbletaliges is wat hier op die NG
>> teenwoordig is? Ek weet nou van die Nederlandse mense en die uit
>> Belgium.
>> ...sommer net ek, Simon
>
> Ja, Engelses ook. Ek kyk so af en toe na die NG om te kyk of Tanie Gloudina
> nog skryf. (Gelukkig ja - ek stem nie altyd saam nie, maar daar is darem 'n
> debat aan die gang.)
> Hier in Engeland, lyk dit asof somer nooit sal begin nie. Ons het 'n paar
> weke van sonskyn in Mei gehad maar die reen nog steeds.
>
> Groete
>
> Colin


Dankie, Colin, vir die woorde van aanmoediging.
Tannie Gloudina se hoofdoel is om hierdie nuus-
groep so op en wakker te hou as dit kan. Dan
kry die ouens oefening met die taal, veral in
die buiteland waar 'n mens moeilik "die taal
praat." Tannie moet egter daarop dui dat Tannie
eintlik ook as 'n "anderstalige" beskou moet
word. Vir meer as twintig jaar is Engels haar
huistaal.

Ja. julle kry reen! Sien hulle het vanoggend
die Grand Prix Formula Een daar in die reen
gehad.

Tannie-wat-ook-genoem-word-Rissiepit.
Re: Engelse? [boodskap #16173 is 'n antwoord op boodskap #16086] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes:

> Dagsê Gloudina & Johan!

>
> Ek hoop julle kon alles verstaan. Dit is lank gelede dat ek iets in Afrikaans
> geskryf het.
>
> Groetnis,
>
> Thorsten


Jou Afrikaans is beter as sommige van die
Afrikaners op hierdie nuusgroep s'n, en dit
sluit my in. Hoop om jou gereeld op die
nuusgroep te sien. Was jy al in Suid-Afrika?

Gloudina Bouwer
Re: Engelse? [boodskap #16174 is 'n antwoord op boodskap #16086] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagsê Gloudina & Johan!

Ek kon julle briewe eers nou beantwoord, omdat ek vir 'n eksamen moes studeer
wat ek vandag geskryf het.

Dankie vir die vriendelike uitnodiging om meer aan hierdie nuusgroep te skryf.
Ja, ek het al baie jare gelede begin met Afrikaans leer. Miskien het dit alles
begin toe ek 'n berig oor SA op TV gekyk het, en die mense in die berig het 'n
taal gepraat wat amper soos Nederlands of Duits klink. Nadat ek uitgevind het
dat dié taal se naam "Afrikaans" was, en dat dit eens 'n amptelike taal in die
RSA is, het ek besluit om die taal te leer.

Gelukkig bied die Internet genoeg moontlikhede om Afrikaans te lees of te hoor
(bv. die klanke wat mens van die SABC-tuisblad kan aflaai). Anders sou ek net
selde 'n kans kry om die taal te oefen. Maar wanneer ek 'n kans kry, dan is
die mense gewoonlik baie verbaas. Ek het bv. onlangs die Suid-Afrikaanse
konsul in Frankfurt ontmoet, Mnr. Pieter Bouwer. Dit was 'n heerlike
verrassing vir hom om 'n Duitser raak te loop wat 'n bietjie Afrikaans kan praat.

Ek hoop julle kon alles verstaan. Dit is lank gelede dat ek iets in Afrikaans
geskryf het.

Groetnis,

Thorsten

P.S.: Johan, Dein Deutsch ist hervorragend!
Re: Engelse? [boodskap #16209 is 'n antwoord op boodskap #16086] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mees Roelofs[1]  is tans af-lyn  Mees Roelofs[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 21:03:11 +0200, "Thorsten Müller"
felt the incredible need to post into
soc.culture.south-africa.afrikaans:

> Gelukkig bied die Internet genoeg moontlikhede om Afrikaans te lees of te hoor
> (bv. die klanke wat mens van die SABC-tuisblad kan aflaai). Anders sou ek net
> selde 'n kans kry om die taal te oefen.

Als Nederlander ben ik al jaren gefascineerd voor het Afrikaans en na
een jaartje in deze nieuwsgroep kan ik het redelijk lezen en verstaan
(dankzij de 'klankbijdrae' van de SABC).

Ik zou het nu leuk vinden ook een beetje aan de actieve kant (zelf
spreken en schrijven) me met het Afrikaans bezig te houden en vraag me
af of dat ook via internet kan.

Heeft iemand tips voor internetpagina's waar ik met name iets van
grammatica kan vinden?

Bij voorbaat dank en baie groete,

Mees
Mees Roelofs (roe...@geocities.com - when replying remove 'LASCIVUS')
"My Drinking Team has a Rugby Problem"

Editor - Five Nations section at http://www.OneRugbyPlace.com
http://www.OneRugbyPlace.com/5nations
Re: Engelse? [boodskap #16210 is 'n antwoord op boodskap #16086] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Ja, ek het al baie jare gelede begin met Afrikaans leer. Miskien het dit alles
> begin toe ek 'n berig oor SA op TV gekyk het, en die mense in die berig het 'n
> taal gepraat wat amper soos Nederlands of Duits klink. Nadat ek uitgevind het
> dat dié taal se naam "Afrikaans" was, en dat dit eens 'n amptelike taal in die
> RSA is, het ek besluit om die taal te leer.

> Ek hoop julle kon alles verstaan. Dit is lank gelede dat ek iets in Afrikaans
> geskryf het.

Goeie hemel, dit is nou indrukwekkend !
(En ja, ons verstaan 100%, baie goed !)

Waar het jy toe Afrikaans geleer, en hoeveel ander tale kan jy praat ?

> Groetnis,
>
> Thorsten

Groete
Etienne Marais
Re: Engelse? [boodskap #16234 is 'n antwoord op boodskap #16086] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
roe...@LASCIVUSgeocities.com (Mees Roelofs) wrote:
>
> Ik zou het nu leuk vinden ook een beetje aan de actieve kant (zelf
> spreken en schrijven) me met het Afrikaans bezig te houden en vraag me
> af of dat ook via internet kan.
>

Daar woon heelwat Suid-Afrikaners in Nederland, en die getalle groei dageliks
aan. Op die ou einde is die beste manier om 'n taal aan te leer, om dity te
praat. Die firma vir wie ek werk het reeds ongeveer 150 Suid-Afrikaners wat
vir hulle werk in Nederland, en dit is versprei oor die hele Nederland.

> Heeft iemand tips voor internetpagina's waar ik met name iets van
> grammatica kan vinden?
My seun se Afrikaanse skoolhandboeke is hier (hy is nou 10) en ek dink dit het
van die basiese grammatika in, Ek is seker dat dit behoort te kan help. Ek het
ook vele Afrikaanse leesboeke wat sal kan help.

>

> Mees Roelofs (roe...@geocities.com - when replying remove 'LASCIVUS')
> "My Drinking Team has a Rugby Problem"
>
> Editor - Five Nations section at http://www.OneRugbyPlace.com
> http://www.OneRugbyPlace.com/5nations

Mees, ek kry die idee dat jy 'n man is so na my hert :) Enige idee waar ek
hier in Nederland die drie nasie wedstryd op Saterdag kan kyk tussen
Suid-Afrik en Australië?

Groete

-Gideon-

>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Engelse? [boodskap #16268 is 'n antwoord op boodskap #16086] Vr, 17 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> Jou Afrikaans is beter as sommige van die
> Afrikaners op hierdie nuusgroep s'n, en dit
> sluit my in. Hoop om jou gereeld op die
> nuusgroep te sien. Was jy al in Suid-Afrika?
>
> Gloudina Bouwer

Sowat twee jaar gelede het ek saam met 'n vriend van die uni na Kaapstad toe
gegaan. Ons het langs die Tuinroete tot na P.E. gery en weer terug. Ongelukkig
was my Afrikaans baie sleg (ek het destyds nog geen Internet-toegang gehad
nie, my Afrikaans het eers daarna 'n bietjie verbeter).

Ek onthou presies my eerste Afrikaanse woorde wat ek in my lewe gesê het. Dit
was in die Museum in Stellenbosch, en ek het gesê "Pardon, ek is 'n Duitse
student, en ek het nog nooit Afrikaans gepraat nie..." :-)

Die vrou was só verbaas, sy het die vrou in die Museum se boekwinkel opgeroep
"daar is 'n Duitser wat Afrikaans praat!", en toe het hulle 'n boek oor die
geskiedenis van Stellenbosch vir my geskenk.

Toe het my vriend vir my gesê "jy moet dit weer probeer as ons 'wine-tasting'
gaan. Miskien sal hulle dan 'n paar bottels vir ons skenk..." ;-)

Groete,

Thorsten
Re: Engelse? [boodskap #16269 is 'n antwoord op boodskap #16086] Vr, 17 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Etienne Marais wrote:

> Goeie hemel, dit is nou indrukwekkend !
> (En ja, ons verstaan 100%, baie goed !)

Dankie. Ek kan dit maar nie glo nie, maar in elkgeval is dit baie gaaf!

> Waar het jy toe Afrikaans geleer, en hoeveel ander tale kan jy praat ?

Ek het my hele Afrikaans hier in Duitsland geleer. Een van my vriende het 'n
Afrikaans-boek en sommige kassette vir my gekoop toe hy in Suid-Afrika was. Op
dié manier het ek die "basics" (verskoon... ek moet nou en dan na Engels
oorskakel) en die uitspraak geleer. Ek vermoed dit is my liefde vir die taal
waarom ek nog nie opgehou het, alhoewel daar niemand is met wie ek kan gesels
nie (afgesien van e-pos, nuusgroepe ens.).

Groete,

Thorsten
Re: Engelse? [boodskap #16356 is 'n antwoord op boodskap #16086] Sa, 25 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote:

> Ek sê jou wat. As jy Tzaneen toe kom, reël ek vir jou 'n wynproe op 'n baie
> spesiale plek, saam met spesiale ouens, en ons vertel vir jou spesiale
> Afrikaanse stories!

Baie dankie! Ek sal beslis weer na Suid-Afrika kom, en jou uitnodiging klink
belowend! Ek woon ook in 'n bekende duitse wynbougebied - die "Rheingau".
Terloops, die duitse woord vir "wingerd" is eintlik "Weinberg", maar in ons
omgewing noem ons dit ook "wingerd". Interessant, nè?

Wanneer het jy hierdie pos vir die NG weggestuur? Ek kon dit eers Saterdagaand
lees, dit verskyn vir my asof daar probleme met my NG-server is.

> As jy intussen 'n voorsmakie wil kry, verwys ek jou na hierdie baie spesiale
> plek op die Web:
>
> http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Dankie, ek sal daai web-blad gou "aan-kliek".

Alles van die beste,

Thorsten
Re: Engelse? [boodskap #16386 is 'n antwoord op boodskap #16086] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller skryf:

> Wanneer het jy hierdie pos vir die NG weggestuur? Ek kon dit eers Saterdagaand
> lees, dit verskyn vir my asof daar probleme met my NG-server is.

Thorsten,

Moenie jou bekommer oor jou diensverskaffer nie, die probleem lê hier by
MWeb, die grootste (on)diensverskaffer in SA.

Hopelik sien jy hierdie nog vanjaar.

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Engelse? [boodskap #16387 is 'n antwoord op boodskap #16086] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen:

> Wag nou Henri, jy blameer die boodskapper vir sy baas se (on)besonnenheid.
> Soek die antwoorde hêer op by SAIX en Telkom.

Mag so wees, Kobus, maar hulle het nog nie op een van my skrywes geantwoord
nie - goeie PR, né.

Ek neem aan dit verklaar hoekom MWeb gister die hele dag van die aardbol af
was, en dus toetaal ontoeganklik? Die seine, moet ek aanvaar, sweef daar bo
tussen die sattelliete rond?

As ek, danksy Hannes Cilliers se hulp, toegang tot die ng. kan kry via
Stuttgart, dan kan MWeb wragtig 'n plan maak. En hoekom kla die ouens wat by
Icon en Iafrica is dan nie ook nie?

Ek sal jou sê wat die probleem is. MWeb het reg van die begin verklaar hy
stel hom dit ten doel om die grootste diensverskaffer in SA te word. Hy het
dit reggekry danksy 'n baie aggressiewe bemarkings veldtog, en deur 'n klomp
kleiner diensverskaffers uit te koop, soos PiX.

So, 'n helse klomp geld is spandeer aan bemarking, en bitter min aandag is
aan tegniese bystand gegee. Al my probleme het begin na die oorname deur
MWeb. En ek betaal daarvoor.

Groete

Henri (effens vies)
Re: Engelse? [boodskap #16388 is 'n antwoord op boodskap #16086] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 27 Jul 1998 20:41:46 +0200, "Kobus Pietersen"
whispered:
> 'n teugie uit 'n brankraan kan drink. Het jy geweet dat, al stuur jy 'n
> boodskap na jou buurman, gaan maak dit eers 'n draai in Amerika voor dit by
> hom uitkom?

Uhhhm ... nee wat kobus. Dit is nie waar nie. In sommige rare
gevalle kan dit wel gebeur as daar 'n probleem in jou isp se router
tables is. Die kans is maar bra skraal daarvoor.

Groete
Neels

PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

Remember: Only by sharing our pain can we .... make other people feel bad too.

If a "little" is good, "more" must be better, and "too much" is just about right.
Re: Engelse? [boodskap #16389 is 'n antwoord op boodskap #16086] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller skryf:
dit lyk vir my asof daar probleme met my NG-server is.

Thorsten,
Moenie jou bekommer oor jou diensverskaffer nie, die probleem lê hier by
MWeb, die grootste (on)diensverskaffer in SA.
Henri Burger

Wag nou Henri, jy blameer die boodskapper vir sy baas se (on)besonnenheid.
Soek die antwoorde hêer op by SAIX en Telkom. Die manne wat aangedring het
op internet-monopolie.
Die manne wat aan die voorpunt is van die Afrika
Telekommunikasie-Renaisance. Die manne wat die krane in 'n oogwink kan
toedraai.

MWeb is die manne wat internet toegang beskikbaar gaan maak deur hul
satelietstelsels. Op jou TV. So sal die AT-R omseil word. Of wag tot die
jaar 2003 wanneer Telkom se kommunikasie-monopolie verval.

Op die oomblik word vure met 'n tuinslang doodgespuit. Later sal ons almal
'n teugie uit 'n brankraan kan drink. Het jy geweet dat, al stuur jy 'n
boodskap na jou buurman, gaan maak dit eers 'n draai in Amerika voor dit by
hom uitkom?

Groete
Kobus
Re: Engelse? [boodskap #16417 is 'n antwoord op boodskap #16086] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote:

> Moenie jou bekommer oor jou diensverskaffer nie, die probleem lê hier by
> MWeb, die grootste (on)diensverskaffer in SA.
>
> Hopelik sien jy hierdie nog vanjaar.

Ja, hierdie het ek vinnig ontvang. Die probleem lê waarskynlik by albei kante
- ek het toegang deur die universiteit waar ek studeer, dis maar baie goedkoop
vir my, maar nou en dan werk is toegang nie so goed nie.

Nadat ek sommige van die "Hardekoolvuur"-stories afgelaai het, het ek in my SA
boeke nageslaan om meer inligting oor Tzaneen te vind (ek het absoluut geen
idee gehad waar dié stad lê nie). Ek moet sê die foto's van Tzaneen en
omgewing lyk werklik mooi!

Net een kwessie: Daar is 'n Suid-Afrikaanse boom wat ons "Baobab" noem. Is dit
dalk die duitse woord vir "Hardekool"? Ek het gelees dat daar 'n ou Bantoe (?)
storie oor die "Baobab"-boom is, naamlik dat die gode hierdie boom onderstebo
in die aard gesteek het. Ek moet maar erken ek het baie min kennis oor die
Suid-Afrikaanse flora.

Groetnis,

Thorsten
Re: Engelse? [boodskap #16418 is 'n antwoord op boodskap #16086] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Het jy geweet dat 'n boodskap na jou buurman, gaan maak eers 'n draai in
Amerika ?
>
> Uhhhm ... nee wat kobus. Dit is nie waar nie
> Groete
> Neels

Is so Neels. Darem nou minder as altyd, want SAIX het toegewings gemaak.
Vra maar vir Errol Back-Cunningham vir 'n verduideliking?

Groete
Kobus
Re: Engelse? [boodskap #16444 is 'n antwoord op boodskap #16086] Wo, 29 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller:

> boeke nageslaan om meer inligting oor Tzaneen te vind (ek het absoluut geen
> idee gehad waar dié stad lê nie).

Thorsten, ek het met die burgemeester gepraat - hulle oorweeg ere-burgerskap
vir jou, omdat jy Tzaneen 'n 'stad' noem! Ek kan hoor hoe lag ouens soos
Ferdi, en so.

Nee, ons het maar so 13 000 inwoners, met so 250 000 in 'n 50 km radius,
maar niemand is seker daaroor nie.

> Ek moet sê die foto's van Tzaneen en
> omgewing lyk werklik mooi!

Min of meer soos die paradys gelyk het, hoewel baie ouens van mening is dat
dit hier was. Ek ook.

> Net een kwessie: Daar is 'n Suid-Afrikaanse boom wat ons "Baobab" noem. Is dit
> dalk die duitse woord vir "Hardekool"?

Nee 'Baobab' is Kremetart (Adansonia digitata) . As jy weer 'n storie gaan
lees, sal jy die Hardekool op die hoof storieblad sien. By die individuele
stories is wel 'n foto van 'n Kremetart. Oor die Duitse terminologie sal ek
my nie uitlaat nie, maar ek kan uitvind, as jy wil.

Die Kremetart is 'n wonderlike, groot boom, maar sy hout is baie veselagtig,
en deug glad nie vir vuurmaak nie.

Ek het gelees dat daar 'n ou Bantoe (?)
> storie oor die "Baobab"-boom is, naamlik dat die gode hierdie boom onderstebo
> in die aard gesteek het.

Ja, as hy nie blare aan het nie, lyk dit of hy met sy wortels in die lug
staan.

> Ek moet maar erken ek het baie min kennis oor die
> Suid-Afrikaanse flora.

Dis 'n wonderlike wêreld op sy eie, met 'n ryke verskeidenheid. Ons het 'n
Dendrologiese vereniging hier op Tzaneen, wat maandeliks op uitstappies gaan
en meer gaan leer oor die bome. Die meeste buitelanders (en SA's!) wat hier
kom, wil die Groot 5 sien, maar as 'n ou vir die bome, voëls, reptiele en so
aan begin kyk, word jou ervaring soveel dieper.

Groete,

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Engelse? [boodskap #16452 is 'n antwoord op boodskap #16086] Do, 30 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Darrin Speegle  is tans af-lyn  Darrin Speegle
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Henri Burger wrote:

> Nee 'Baobab' is Kremetart (Adansonia digitata) . As jy weer 'n storie gaan
> lees, sal jy die Hardekool op die hoof storieblad sien. By die individuele
> stories is wel 'n foto van 'n Kremetart. Oor die Duitse terminologie sal ek
> my nie uitlaat nie, maar ek kan uitvind, as jy wil.
>
> Die Kremetart is 'n wonderlike, groot boom, maar sy hout is baie veselagtig,
> en deug glad nie vir vuurmaak nie.
>

Ek het nou die dag Andre Brink se vertaling van Le Petit Prince, Die
Klein Prinsie, gelees. Dit is vir my so mooi soos dit kom. Daarin is
nog 'n storie (en prentjies deur die skrywer geteken) oor die kremetart
bome.

Darrin
Vorige onderwerp: Help with a question
Volgende onderwerp: Parodie en Akademie (was:Independance day)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 20:12:02 MGT 2024