Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ek waag my aan skryfwerk ...!
Re: Ek waag my aan skryfwerk ...! [boodskap #16392] Ma, 27 Julie 1998 00:00
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
> Dis seker nou maar ou Henri se voorbeeld wat hy stel my sy kampvuur
> vertellinge, of van die ander ous wat so lekker skryf, wat my nou ook
> so ver geinspireer het om my hand aan die pen te slaan en geboorte te
> skenk aan 'n groot poging ...!
>
> Goeie kritiek sal welkom wees, oor die taalgebruik en styl, maar nie
> oor die inhoud nie - dis te waar en te persoonlik. Tensy jy my oor
> die punte wat ek noem, wil aanvat - ons het al daarvan voorheen op die
> nuusgroep bespreek.
>
> Wel hier is dan my beskeie effort:
> ------------------------------------------------------
> Dis droog. Binne.
> Daar moet trane wees, dit moet ruk.
> Dis stil - nie eers verwyt nie.
> � soos ek my altyd voorgestel het Moeder Hanna was van buite �
> Maar sy moes 'n man en kind afstaan.
>
> "Verlang jy nie?"
> "Voel jy nie skuldig nie?"
> "Gaan jy terug?"
> "Is jy spyt?"
>
> Nee, nie een daarvan nie�
>
> Ek voel binne soos ek buite wys.
> En ek is tevrede �
>
> Ek sien baie van die ander �
> elk met 'n eie storie,
> baie praat hard - hy moet homself oortuig,
> baie praat groot - hy moet beindruk,
> baie wil nie praat nie - dalk spyt, of gelukkig, soos ek �
>
> Nou en dan kyk jy suid,
> so op die internet horison lê nog die buitelyne van Suid Afrika.
> Jy luister met bakhand agter die oor,
> Onverwagse familie en vriende se stemme is e-mail helder.
>
> En gou besef jy daar is nie genoeg verlang om jou langer suid te laat
> kyk nie. Mark Twain was reg - jy verlang nie na daardie ver land waar
> jy grootgeword het nie, maar na jou eie grootword-jare.
> En die familie e-mail net gereeld genoeg om te laat weet jou skrywe
> raak min, maar hulle eie stemme raak maar stil�
>
> Voor jy oor die groot oseaan gevlieg het, het jy 'n brief aan jou
> seuns begin - om te sê hoekom. Maar die woorde het so hol geklink.
> 'n Mens kan nie ses maande lank besluit en dan in 'n brief wil beskryf
> nie.
>
> "Ek gaan nou van julle Amerikanertjies maak -
> met 'n nuwe aksent en 'n nuwe taal.
> "Ek gaan julle van Ouma af wegneem -
> sodat julle haar baie min sal sien.
> "Ek gaan julle van julle troeteldiere af losmaak -
> dalk sê ek julle nie eers wat ek met Ore laat doen het nie.
>
> "Ek gaan julle vry maak -
> Ek kan nie dit in woorde sê nie.
> "Ek gaan julle 'n blinker toekoms gee -
> Julle moet die cliché glo.
> "Ek gaan 'n beter ouer kan wees -
> Daar in Amerika �
>
> Die woorde is maar hol, so min�
> Was julle maar jonger om nie van beter te weet nie.
> Was julle maar ouer om beter te kan verstaan.
> Was ek maar slimmer om beter te kon verduidelik.
>
> Dis droog. Binne.
> Daar moet trane wees, dit moet ruk.
> Hoe kan ek Suid Afrika dan nie hartstogtelik mis nie!
>
> Dis stil - nie eers verwyt nie.
> � soos ek my altyd voorgestel het Moeder Hanna was van buite �
> Maar sy moes 'n man en kind afstaan.
> Hoekom ervaar ek dit nie as hoogs dramaties nie!
>
> "Nee, ek Verlang nie!"
> "Nee, ek Voel jy nie skuldig nie!"
> "Nee, ek Gaan nie terug nie!"
> "Nee, ek Is nie spyt nie!"
>
> Johan Potgieter
> Julie 1998
> ------------------------------------------
>
pragtige woorde Johan !
Vyg

--
plant n boom

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Re: Mooi so "Madiba"
Volgende onderwerp: Ek waag my aan skryfwerk ...!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 10:28:44 MGT 2024