Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Glory to the dead and life to the living" deur HENRI LAURIE
"Glory to the dead and life to the living" deur HENRI LAURIE [boodskap #16344] Do, 23 Julie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
GLORY TO THE DEAD AND LIFE TO THE LIVING
Henri Laurie

Vryspringers, ons, maar nie jammer nie
verskoningloos en asemblank
ons vingers soek na slym
ons yl gedagtes vroetel in holtes en skrewe ....
blameer die moeë murg en kwynende bloedselle.
Ons is lankal pap in die pype.
Die ander, die wat aas en bemesting geword het,
geleerd in die wetenskap van eindigheid,
nederig soos stof
hulle verdwyn agter die jubel van ons skaamte.
Hulle klets onverstaanbaar in die nag, om hoeke,
op herfsblare, onleesbaar, skryf hulle ons
halfvergete misdade neer,
klik soos polieste in ons hakke,
spot soos die laaitie oorkant in hyserknoppies en pryse in winkels.

Om te dink dat hulle ook daar was destyds
in die helder gierigheid en bitter belemmering
en dat hulle nou verdwaal in ons gedagtes
terwyl ons verdwaal op straat
mistig tussen die gespierde vendusie en
meedoënlose ellende.
Vorige onderwerp: "Ons is opgemix" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: "Teen drie het ek opgehou huil" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 02:52:12 MGT 2024