Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » MWeb loop soos Harmandrup
MWeb loop soos Harmandrup [boodskap #16262] |
Fri, 17 July 1998 00:00  |
Hannes Cilliers
Boodskappe: 16 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek sukkel nou al 'n week dat my diensverskaffer, MWeb, die Afrikaanse
nuusgroep moet bybring. Iewers is iets groot fout. Ek moet gedurig
berigte aflaai van die Universiteit van Stuttgard of hulle lees op
Deja-News.
Ek plaas hieronder die boodskappe wat ek na MWeb gestuur het oor die
saak (let op die datums).
Ek beweer nie dit is MWeb se skuld nie. Ek het trouens al probeer om
direk van SAIX af te laai -- sonder sukses. Ek dink Telkom laat ons
ernstig in die steek.
Maar iewers moet iemand tog iets aan die saak probeer doen. (Terloops,
dit geld nie net die Afrikaanse nuusgroep nie. Ek het dieselfde
probleem met al die nuusgroepe waarop ek inskryf.
Afrika-groete
Hannes
-----Original Message-----
From: Hannes Cilliers
To: g...@mweb.co.za
Date: 14 July 1998 21:30
Subject: HARMANSDRUP
> Meneer,
> Iewers skort iets groots met julle nuusbediener. Hy loop so
> stadig soos Harmansdrup.
> Op die Afrikaanse nuusgroep is daar nou drie dae stilte. Dis nie
> omdat daar niks op die nuusgroep gebeur nie. Ek trek elke dag
> twintig tot dertig berigte van die Universiteit van Stuttgard se
> nuusbediener af. Hoekom verskyn dit nie op my eie diensverskaffer
> se nuusbediener nie?
> En dis nie van vandag af dat dit so gaan nie...
> Met al die internasionale nuusgroepe is dit diedelfde storie. Van
> Stuttgard af kry ek alles feitlik oombliklik. Van MWeb af kom
> dit - dalk - oor twee, drie dae.
> Dis mos nie soos dit behoort te werk nie!
> Groete
> Hannes
----Original Message-----
From: Hannes Cilliers
To: g...@mweb.co.za
Date: 16 July 1998 22:11
Subject: Harmandrup
> Meneer(vrou)
> Die Afrikaanse nuusgroep (soc.culture.south-africa.afrikaans) is
> nou erger as Harmansdrup. Daar was meer as twee dae laas iets
> (terwyl ek elke dag klompe berigte van Stuttgard aflaai).
> Die laaste berig was van ene ckr...@mweb.co.za op 14 Julie onder
> die hofie "test".
> Ek hoop nie iemand het Afrikaans ge-"test" op Bastilledag nie...
> Groete
> Hannes
-----Original Message-----
From: Hannes Cilliers
To: tec...@mweb.co.za
Date: 17 July 1998 22:41
Subject: Harmansdrup
> Menere
> Ek kla nou al 'n week omdat die nuusgroep
> soc.culture.south-africa.afrikaans nie ge'update' word nie. Hy is
> soos Harmansdrup.
> Iewers is 'n groot skroef los by julle!
> As ek niks op MWeb kry nie, laai ek dag die afgelope week
> nuus op dié nuusgroep af by die Universiteit van Stuttgard of ek
> lees dit op Deja-news.
> Op MWeb gebeur daar niks.
> Ek betáál minstens vir die diens van MWeb af.
> Om julle hulplyn te bel, help niks.
> Ek het boodskappe (soos dié een) gestuur na 'n e-posadres wat ek
> by julle hulplyn gekry het. Hulle is nié teruggestuur nie, dus
> het iémand hulle gekry. Maar niemand antwoord nie. Niemand doen
> die moeite om te antwoord nie.
> Dit is nou Saterdagaand 17 Julie 1998. Die laaste boodskap op die
> nuusgroep is op 14 Julie deur ene charles. Ek
> aanvaar dis die man met wie ek op daardie dag oor dié kwessie
> gepraat het.
> Intussen het ek omtrent vyftig boodskappe van Stuttgard af
> afgelaai.
> Antwoord my net, asseblief!
> Ek gaan die boodskappe wat ek na MWeb gestuur het oor die saak op
> die nuusgroep gooi sodat ek ander se mening ook kan kry.
> Dit werk mos nie so nie!
> Groete
> Hannes
> E-pos: han...@mweb.co.za
|
|
|
|
|
|
Re: MWeb loop soos Harmandrup [boodskap #16293 is 'n antwoord op boodskap #16262] |
Sun, 19 July 1998 00:00  |
chohne
Boodskappe: 19 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hannes Cilliers wrote in message ...
> Op Sat, 18 Jul 1998 21:26:51 +0200 skryf "chohne"
> :
>
>>
>> Hannes Cilliers wrote in message ...
>>> Ek sukkel nou al 'n week dat my diensverskaffer, MWeb, die Afrikaanse
>>> nuusgroep moet bybring. Iewers is iets groot fout. Ek moet gedurig
>>> berigte aflaai van die Universiteit van Stuttgard of hulle lees op
>>> Deja-News.
>>>
> Ek kan jou help met 'n paar internasionale nuusbedieners, maar dit los
> nog nie die basiese probleem op nie. Ons BETAAL vir MWeb se diens.
> Hoekom is dit nie goed genoeg nie?
Patetiese diens in SA is normaal. Die publiek word mos altyd 'n guns bewys.
Sal nou by een van die nuusbedieners hieronder probeer inskakel. Dankie vir
die adresse.
Groete
C Hohne
>
> Hier is 'n paar internasionale nuusbedieners:
> news.uidaho.edu
> news.uni-stuttgart.de
> newshost.uwo.ca
> usenet.seri.re.kr
> voyager.iii.org.tw
> Demonews.mindspring.com
> news.savis.com
> stallion.mikuni.com
> no2.i-way.net
> news.doha.net
> news.nesbittburns.ca
>
>
> Afrika-groete
> Hannes
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:02 UTC 2025
|