Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Immigreer na die VSA
| Immigreer na die VSA [boodskap #16145] |
So., 12 Julie 1998 00:00  |
PS
Boodskappe: 1 Geregistreer: Julie 1998
|
Junior Lid |
|
|
Hi daar,
Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
Ek oorweeg dit om SA te
verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
dokter. Enige raad?
Philip
|
|
|
|
| Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16163 is 'n antwoord op boodskap #16145] |
Ma., 13 Julie 1998 00:00   |
Darin Speegle
Boodskappe: 5 Geregistreer: Julie 1998
|
Junior Lid |
|
|
Julie Morgan wrote:
> Alhoewel ek 'n aksent het en ek gedurig daaroor uitgevra word, word ek
> andersins behandel presies dieselfde as enige ander Amerikaner. Dit het vir
> my probleme geskep in die begin, want hulle vergeet dat daar baie is vir 'n
> vreemdeling om te leer.
>
> En soos Carel sê - dit hang af van jou as persoon. Of jy kan aanpas of nie,
> want veral die VSA is baie baie anders as SA. Kulture hier verskil
> hemelsbreed. Alles is 'n aanpassing, van taal to kos, ens. Ek weet van
> Suid-Afrikaners wat nie kon aanpas nie, en terug is SA toe, en dan weet ek
> ook van ander wat baie gelukkig hier is en nooit sal terugkeer na SA nie.
Hi Julie,
Waar woon jy in Amerika? Ek dink nie die kulture in Texas is so anders
as die in Suid Afrika nie, solank jy met bofbal en Amerikaanse voetbal
in plek van krieket en rugby tevrede kan wees. Maar, jy is beslis reg
oor die behandeling van vreemdelinge - ons het selfs moeilikheid gehad
om van Texas na Missouri te trek! Daar is 'n groot verskil in die
manier van doen, en niemand wou verduidelik nie...
Baai,
Darrin Speegle
|
|
|
|
| Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16164 is 'n antwoord op boodskap #16145] |
Ma., 13 Julie 1998 00:00   |
Sprynet
Boodskappe: 9 Geregistreer: Mei 1998
|
Junior Lid |
|
|
Carel wrote in message ...
> PS wrote:
>>
>> Hi daar,
>>
>> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
>> Ek oorweeg dit om SA te
>> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
>> dokter. Enige raad?
>>
>> Philip
>
> Die buiteland (ek bedoel 1ste wereld lande) is fantasties, jy sal nie kan
> dink hoe mens anders kan leef nie, MAAR, wees bereid om dinge na aan jou
> hart prys te gee. As julle maklik aanpas, go for it, andersins, dink 2, 3
> keer. Ek self gaan beslis terug SA toe.
Ek stem met Carel saam. Ek woon in die VSA, en ek kan glad nie kla oor my
lewe nie. Baie dinge is beter as in SA, maar as ek kon, sou ek terugkeer na
SA - probleme en al.
>
> Kan nie vir die VSA praat nie, maar die VK is 'n wonderlike plek, die
> mense verdraagsaam (want onthou, JY is dan die foreigner) en maklik om
[color=blue]> mee in te skakel.
|
|
|
|
| Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16165 is 'n antwoord op boodskap #16145] |
Ma., 13 Julie 1998 00:00   |
Carel
Boodskappe: 11 Geregistreer: Junie 1998
|
Junior Lid |
|
|
PS wrote:
>
> Hi daar,
>
> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
> Ek oorweeg dit om SA te
> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
> dokter. Enige raad?
>
> Philip
Die buiteland (ek bedoel 1ste wereld lande) is fantasties, jy sal nie kan
dink hoe mens anders kan leef nie, MAAR, wees bereid om dinge na aan jou
hart prys te gee. As julle maklik aanpas, go for it, andersins, dink 2, 3
keer. Ek self gaan beslis terug SA toe.
Kan nie vir die VSA praat nie, maar die VK is 'n wonderlike plek, die
mense verdraagsaam (want onthou, JY is dan die foreigner) en maklik om
mee in te skakel. Die paralelle tussen die kulture is verbasend. Ek was
onlangs na 'n Britse troue toe uitgenooi, en behalwe vir die Engels
voertaal en BBQ vir braaivleis, was dit 'n naweek wat ek mee kan vergelyk
by my Ma-hulle op die plaas! Toegegee, dit was in Kingston-upon-Hull, en
nie Londen nie.
Geniet SA terwyl julle nog kan!
Carel
|
|
|
|
| Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16166 is 'n antwoord op boodskap #16145] |
Ma., 13 Julie 1998 00:00   |
Sprynet
Boodskappe: 9 Geregistreer: Mei 1998
|
Junior Lid |
|
|
Darin Speegle wrote in message ...
Hi Julie,
Waar woon jy in Amerika? Ek dink nie die kulture in Texas is so anders
as die in Suid Afrika nie, solank jy met bofbal en Amerikaanse voetbal
in plek van krieket en rugby tevrede kan wees. Maar, jy is beslis reg
oor die behandeling van vreemdelinge - ons het selfs moeilikheid gehad
om van Texas na Missouri te trek! Daar is 'n groot verskil in die
manier van doen, en niemand wou verduidelik nie...
Baai,
Darrin Speegle
Hallo Darrin
Ek woon in Kissimmee, Florida. Dit is wel moontlik dat dit van staat tot
staat verskil - my man, 'n Amerikaner, vertel Amerika van staat tot staat
verskil. Byvoorbeeld noem ek een dag hoe hard ek gewerk het by 'n
maatskappy in SA, en van tyd tot tyd het ons na werk in die maatskappy se
"pub" gekuier. Almal was baie verbaas want hulle het nog nooit gehoor van
'n maatskappy wat 'n "pub" of soos hulle sê 'n "bar" op kantoor het nie.
Selfs toe ons by 'n paar Amerikaners gaan kuier het, het ek heel ontuis
gevoel. Nie dat hulle my ontuis laat voel het nie, hulle was heel gaaf,
maar hulle manier van dinge doen is heeltemal anders. Ek mis totaal en al
'n lekker gekuiery om 'n braai. So twee jaar terug was ek en my man genooi
vir ete by Suid-Afrikaners, en dit was die eerste keer wat my man die
enigste Amerikaner tussen 'n spul Suid-Afrikaners was. Na die tyd het hy
vir my gesê dat hy uiteindelik verstaan hoe ek partykeer moet voel, want
alhoewel hy baie goed behandel is, het hy ontuis gevoel en nie gewoond is
aan ons manier van dinge doen nie.
Ons is in die proses om 'n huis te koop, en kan jy glo dat dit 90 dae neem
voor ons kan intrek. Die meeste van die dokumente wat ek moes teken het ek
nie verstaan nie, en selfs toe ek vir verduideliking vra, het dit geen sin
gemaak nie. Hulle neem totaal en al aan dat ek presies weet waarvan hulle
praat.
Boonop glo hulle nie daaraan dat jy net by iemand se huis opdaag vir 'n
kuiertjie nie. My man sê 'n mens gaan kuier slegs op uitnodiging.
Die een ding wat ek persoonlik van mening is, is dat Amerikaners meer
familie-vas is. Ek dink ook Amerikaners is baie meer veiligheidsbewus,
veral teenoor kinders. My kind was in groot moeilikheid by die skool omdat
hy 'n paar klasse gemis het as 'n gevolg van 'n misverstand, en alles het
daarom gedraai dat die onderwysers nie geweet het waar die kind is nie en
bekommerd was dat hy nie op skoolgronde was nie, en moontlik in gevaar was.
Ek en my man se idee van kinders grootmaak verskil hemelsbreed (my kinders
is van 'n vorige huwelik). My man het amper 'n oorval gekry toe ek my
kinders begin sakgeld gee. Ek is meegedeel dat kinders nie sakgeld kry
tensy hulle daarvoor werk nie. 'n Vriend van ons byvoorbeeld het die seuns
by sy huis gehad eendag om hom te help met tuinwerk, en in ruil daarvoor het
hy vir hulle toegang by Disney gereël - Alhoewel hy een van ons beste
vriende was, was hy nie bereid om die kinders by Disney in te kry tensy
hulle dit verdien het nie. Selfs by die skool word ek gedurig daaraan
herinner dat kinders elke voorreg moet verdien, en dat selfs TV-kyk 'n
voorreg en nie 'n reg is nie.
Verder is dit my persoonlike opinie dat as julle 'n Suid-Afrikaanse familie
is wat in die VSA woon, en Suid-Afrikaanse vriende het, julle van die
verskille nie raaksien nie. Byvoorbeeld kon my man nie sy oë glo toe ek vir
hom eiers, "bacon", tamatie en "mushrooms" vir ontbyt maak nie. Volgens hom
het hy nog nooit gehoor 'n mens eet tamaties, uie, ens. vir ontbyt nie. Hy
weier om dit te eet - soek net pannekoek. Baie van die Suid-Afrikaanse
disse wat ek probeer maak het, het nie geslaag nie. Sy kommentaar meeste
van die tyd was "it's different". Baie dinge aan my as persoon moes ek
verander - my eetgewoontes, uitspraak en manier van praat. Dit is
ongelooflik hoeveel keer hy my nie kon verstaan nie.
Boonop werk ek in 'n hotel en my SA-aksent is by die agterdeur uit omdat
gaste my glad nie kon verstaan nie, en ek dinge moes herhaal. Ek het so
ge-irriteerd geraak by tye dat ek maar my woordkeuse en uitspraak van woorde
verander het. Die gevolg is as ek met ander Suid-Afrikaners en/of vriende
in SA praat, die eerste reaksie is "you got an American accent". Dit maak
my vies want ek wou nie my SA aksent verloor nie, ek wou dit behou, maar ek
het begin vergeet hoe woorde uitgespreek word omdat ek so selde met
Suid-Afrikaners praat. Ek het selfs begin vergeet hoe om in Afrikaans te
kommunikeer, toe begin ek maar Afrikaners op die Internet soek en
kommunikeer met hulle sodat ek darem nie my Afrikaans verloor nie.
Groetnis
Julie
gotr...@bigfoot.com
http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16200 is 'n antwoord op boodskap #16145] |
Di., 14 Julie 1998 00:00   |
Darin Speegle
Boodskappe: 5 Geregistreer: Julie 1998
|
Junior Lid |
|
|
Julie Morgan wrote:
> Hallo Darrin
>
> Ek woon in Kissimmee, Florida. Dit is wel moontlik dat dit van staat tot
> staat verskil - my man, 'n Amerikaner, vertel Amerika van staat tot staat
> verskil. Byvoorbeeld noem ek een dag hoe hard ek gewerk het by 'n
> maatskappy in SA, en van tyd tot tyd het ons na werk in die maatskappy se
> "pub" gekuier. Almal was baie verbaas want hulle het nog nooit gehoor van
> 'n maatskappy wat 'n "pub" of soos hulle sê 'n "bar" op kantoor het nie.
>
> Selfs toe ons by 'n paar Amerikaners gaan kuier het, het ek heel ontuis
> gevoel. Nie dat hulle my ontuis laat voel het nie, hulle was heel gaaf,
> maar hulle manier van dinge doen is heeltemal anders. Ek mis totaal en al
> 'n lekker gekuiery om 'n braai. So twee jaar terug was ek en my man genooi
> vir ete by Suid-Afrikaners, en dit was die eerste keer wat my man die
> enigste Amerikaner tussen 'n spul Suid-Afrikaners was. Na die tyd het hy
> vir my gesê dat hy uiteindelik verstaan hoe ek partykeer moet voel, want
> alhoewel hy baie goed behandel is, het hy ontuis gevoel en nie gewoond is
> aan ons manier van dinge doen nie.
>
Hallo weer:
Dis verskriklik interessant om jou menings te hoor! Ek was nog nooit in
Florida nie, maar dit klink of dit heelwat anders is as Texas en
Missouri (die plekke waar ek gewoon het). Ek ken mense wat hou daarvan
om 'n lekker "cook-out" te he. Daar is verskille - beesvleis in plek
van skaap, charcoal in plek van hout, en bier in plek van wyn, maar ek
vind dit nogal dieselfde as 'n lekker Suid Afrikaanse braai. Ek dink in
Amerika is dit partykeer "lower class" beskou om om 'n braai te sit,
maar my vriende stuur hulle nie daaraan nie! Waar kom jou man vandaan,
as ek mag vra?
> Ons is in die proses om 'n huis te koop, en kan jy glo dat dit 90 dae neem
> voor ons kan intrek. Die meeste van die dokumente wat ek moes teken het ek
> nie verstaan nie, en selfs toe ek vir verduideliking vra, het dit geen sin
> gemaak nie. Hulle neem totaal en al aan dat ek presies weet waarvan hulle
> praat.
>
Ja-nee, huiskoop is 'n mislukke saak.
> Boonop glo hulle nie daaraan dat jy net by iemand se huis opdaag vir 'n
> kuiertjie nie. My man sê 'n mens gaan kuier slegs op uitnodiging.
>
> Die een ding wat ek persoonlik van mening is, is dat Amerikaners meer
> familie-vas is. Ek dink ook Amerikaners is baie meer veiligheidsbewus,
> veral teenoor kinders. My kind was in groot moeilikheid by die skool omdat
> hy 'n paar klasse gemis het as 'n gevolg van 'n misverstand, en alles het
> daarom gedraai dat die onderwysers nie geweet het waar die kind is nie en
> bekommerd was dat hy nie op skoolgronde was nie, en moontlik in gevaar was.
> Ek en my man se idee van kinders grootmaak verskil hemelsbreed (my kinders
> is van 'n vorige huwelik). My man het amper 'n oorval gekry toe ek my
> kinders begin sakgeld gee. Ek is meegedeel dat kinders nie sakgeld kry
> tensy hulle daarvoor werk nie. 'n Vriend van ons byvoorbeeld het die seuns
> by sy huis gehad eendag om hom te help met tuinwerk, en in ruil daarvoor het
> hy vir hulle toegang by Disney gereël - Alhoewel hy een van ons beste
> vriende was, was hy nie bereid om die kinders by Disney in te kry tensy
> hulle dit verdien het nie.
Ek glo dit amper nie! As ek so 'n ervaring gehad het sou ek ook dink
die Amerikaner is 'n anderste mens. Ek sê vir jou nie alle Amerikaners
is so met geld en kinders nie.
> Verder is dit my persoonlike opinie dat as julle 'n Suid-Afrikaanse familie
> is wat in die VSA woon, en Suid-Afrikaanse vriende het, julle van die
> verskille nie raaksien nie.
Ek moes seker van die begin af gesê - ek is 'n Amerikaner (Texan) wat
met 'n Afrikaner vrou getroud is. Ek pas nogal maklik aan met my vrou
se familie al is daar partykeer probleempies. Veral ek en my vrou het
bitter min aanpassing probleme gehad, en dis die dat ek so oortuig is
dat Texans en Afrikaners soortgelyk is. My Afrikaanse vriende sê ook
so, maar 'n mens weet nooit of hulle wil net ordentelik wees nie, maar
ek is seker my vrou pas maklik by my en my familie aan. Snaaks genoeg,
een van haar eerste opmerkings was ook dat Amerikaners baie familie-vas
is.
> Byvoorbeeld kon my man nie sy oë glo toe ek vir
> hom eiers, "bacon", tamatie en "mushrooms" vir ontbyt maak nie. Volgens hom
> het hy nog nooit gehoor 'n mens eet tamaties, uie, ens. vir ontbyt nie. Hy
> weier om dit te eet - soek net pannekoek. Baie van die Suid-Afrikaanse
> disse wat ek probeer maak het, het nie geslaag nie. Sy kommentaar meeste
> van die tyd was "it's different". Baie dinge aan my as persoon moes ek
> verander - my eetgewoontes, uitspraak en manier van praat. Dit is
> ongelooflik hoeveel keer hy my nie kon verstaan nie.
>
Dis snaaks. Ek sal dink 'n tipiese Texan sal gelukkig wees met so 'n
ontbyt - veral as daar 'n bietjie "Picante sauce" en 'n tortilla by is!
(Ek weet ek sal). Dan is dit 'n tipiese Texas "breakfast burrito." Dis
nie te sê dat die eetgewoontes dieselfde is nie - glad nie. My vrou se
nagereg is 'n groot probleem omdat Amerikaners ken nie poeding nie. Die
aksent is ook 'n probleem want Amerikaners glad nie "water" verstaan nie
- dit moet "wadderrr" wees. Maar, al dink my vrou se Suid-Afrikaanse
vriende dat sy met 'n Amerikaanse aksent praat, sal die Amerikaners
nooit so dink nie. Sy is 'n vrou sonder 'n land as dit by taal kom.
Ten minste is Julie Morgan 'n maklike naam vir Amerikaners - Amerikaners
wil nie eens "de Bruyn" 'n probeerslag gee nie, en de Bruyn is ook nie
so moeilik nie...
Ek is ongelukkig die volgende paar dae weg van my rekenaar, so ek weet
nie of ek sal kan "inlog" nie, maar ek sien uit daarna om verder te
gesels...
Groete,
Darrin
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16298 is 'n antwoord op boodskap #16145] |
Ma., 20 Julie 1998 00:00   |
Darin Speegle
Boodskappe: 5 Geregistreer: Julie 1998
|
Junior Lid |
|
|
Carel wrote:
>
> Darin Speegle wrote:
>>
>> Ek moes seker van die begin af gesê - ek is 'n Amerikaner (Texan) wat
>> met 'n Afrikaner vrou getroud is.
>>
>> Groete,
>> Darrin
>
> Darrin
>
> Gits, ek is nou baie verward, as jy dan Amerikaans is, hoe kan jy in
> afrikaans skryf? Ek het vandag probeer om 'n Australiese meisie 'n
> sinsnede te leer lees in afrikaans, saak van gebed. Wel, indien jy wel
> jou afrikaans van scratch af opgetel het, dan is jy seer sekerlik die
> persoon vir wie ek die meeste respek op hierdie ng het.
>
> Carel
Carel,
Nou-ja, nou is my kop so groot dat ek nie uit my kantoor deur kan
uitstap nie! Ek het niks van afrikaans geweet voordat ek my vrou
ontmoet het nie, maar nou praat ons so vyftig persent afrikaans. (As
iets in Engels gebeur is dit moeilik om dit in afrikaans te vertel en
andersom. Ek het ook probleme om tegniese goed in afrikaans te
verduidelik.) Maar, ek moet se dat Thorsten se storie baie meer
indrukwekkend is; ek het 'n goeie rede en 'n goeie bron gehad, maar
Thorsten het niks gehad nie!
Terloops, die' van julle wat oud Maties is kan ons foto (van vyf jaar
gelede) in 'n onlangse Matieland sien, maar moenie alles glo wat jy daar
lees nie!
-Darrin
|
|
|
|
|
|
| Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16322 is 'n antwoord op boodskap #16145] |
Wo., 22 Julie 1998 00:00  |
Darin Speegle
Boodskappe: 5 Geregistreer: Julie 1998
|
Junior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> Darin Speegle writes:
>
>> Terloops, die' van julle wat oud Maties is kan ons foto (van vyf jaar
>> gelede) in 'n onlangse Matieland sien, maar moenie alles glo wat jy daar
>> lees nie!
>>
>> -Darrin
>
> Vir sommige oud-Maties is dit onmoontlik
> om 'n onlangse "Matieland" in die hande
> te kry. Sal jy ons nie maar nou vertel wat
> 'n mens daar te lese kry nie, selfs al
> wil jy nie hê ons moet dit glo nie.
>
> Gloudina
Ai-tog Gloudina, regtig waar al wat ek kan onthou is die foute! (Gaan
dit dan nie altyd so nie?) Dis net te veel gevra om dit te herhaal - ek
is al klaar spyt dat ek dit eens genoem het!
> Is jy 'n oud-Matie. Het 'n akker ooit op jou kop
> geval?
Ek is nie 'n oud-Matie nie al het ek op my kop in 'n Akker geval. Ek is
'n Longhorn tot my dood. (Bonus vraag: watter universiteit is die
Longhorns?) My vrou is 'n oud-Matie van omtrent 1985-1989.
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Aug. 01 00:51:27 UTC 2026
|