| Praat met my! [boodskap #158] |
Di., 10 Desember 2002 00:06  |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: Desember 2002
|
Senior Lid |
|
|
Komaan, Mense, kom ons hou dié groep aan die lewe! Gesels nou met my.
R.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Praat met my! [boodskap #163 is 'n antwoord op boodskap #162] |
Sa., 14 Desember 2002 10:16  |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: Desember 2002
|
Senior Lid |
|
|
> Haai R... Jy's hier...!!!
Hey Diedels - jy nou wakker geskrik, nê?
> Lekkerrr... ek het jou epos gekry dieselfde dag wat jy dit gepos het,
> maar soos jy weet het ek ietwat van 'n dol tyd denkende aan die
> ongeluk wat ek gehad het:-))).
Ja, ja, ja - verskonings, verskonings! Nogal goeies ook! Kan nie met hulle
argumenteer nie...
> Gister moes Hannetjie en ek laat X strale neem kompleet. Gelukkig niks
> gebreek nie. Ek kan nog nie lekker terugkyk wanneer ek terugry nie
> maar gebruik die spieël want die bors voel nog effe teer.
Bob kan nog steeds nie lekker terugkyk nie - was jarre gelede in 'n ongeluk
waarin hy ernstige nekbeserings opgedoen het. Nou bestuur ek en ry orals
met hom rond... Ek dink dis net 'n verskoning, want hy geniet dit om so
rondgekarwei te word.
> Ek het vandag weer wiele gekoop en wil môreoggend om ses die
> pad vat na durbs.
Ek hoop jou nuwe Toy kom goed te pas en laat jou nie in die steek nie.
Veilig ry, Ou Seun, veral as dit begin reën.
Sit net daar op die sypaadjie
> en wag vir my. As enige ander man (soos Thys of iemand:-) met jou
> 'n praatjie aanknoop, steek jy jou ken v���r vooruit, hou jouself 'n
> snob en praat nie met hom nie.
Maar jy't dan hoeka vir my gesê ek moet my neus laat sak en met julle praat.
Hoe dan nou? Ai, kan ook nie wen nie...
Ek sien jou in die eerste week van
> Januarie.
> Die aanhangsel wat jy vir my gestuur het, het ek gebêre want ek moet
> Power Point installeer daarvoor. Ek rapporteer terug daaroor:-)))
>
> Daar's 'n hallo in jou inbox:-)))
Het die Hallo gekry... jinne, ek hoop jou reaksies is bietjie vinniger
wanneer jy bestuur (oeps, ek sal nou vinnig moet koes hier). Jy't nie Power
Point nie? Praat van agter die klip... ek het dit darem al 'n jaar lank
nou.
> DD
Goed om hier met jou te gesels, weg van "prying eyes".
R.
(ek sal geduldig wag tot jy terug is - jy't nie gesê hoe lank nie?)
|
|
|
|