Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ek is 'n Volstruis" deur MATTHEWS PHOSA
"Ek is 'n Volstruis" deur MATTHEWS PHOSA [boodskap #16135] So, 12 Julie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
EK IS 'N VOLSTRUIS
Matthews Phosa

die volstruis
'n voël na my hart
ek het haaar bestudeer en begryp
nou wil ek haar naboots

die volstruis weet waarom sy border toe gaan
sy doen dit as sy haarself moet verdedig
haar eiers en kleintjies moet beskerm
teen die aankomende gevaar

wie verdedig julle, die swart "border-gangers"?
wie se nes verdedig julle
wie se kleintjies?
ek wens julle was volstruise
en het geweet wat goed is vir julle

ek sal nooit 'n berg bou
voor die rivier wat in my rigting vloei nie
ek is mos 'n volstruis
daardie water is nodig
om my droë land te benat
om die vuur van my brand te blus

ek is 'n volstruis
voël van my hart
Vorige onderwerp: "Vragmotorkaping" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "laaste herhinneringe aan magdaleen" deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 02:53:16 MGT 2024