Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat maak dit saak? (n.a.v. Independance Day)
Wat maak dit saak? (n.a.v. Independance Day) [boodskap #16063] Wo, 08 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Sprynet  is tans af-lyn  Sprynet
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Wat maak dit saak wie waar bly en hoe hulle bly? Elke persoon het sy eie ervaringe in die lewe, en ondervind ervaringe op sy eie unieke manier. Of 'n mens in Kanada, die VSA of Suid-Afrika woon, jou huis is waar jy hom maak, en jou geluk is waar jy dit wil hê. Hoekom mekaar aanval en beledig oor wie waar bly en wat die beste plek op aarde is? Daar is geen perfekte plek nie ... elke land het sy eie probleme. Party plekke is beter as ander, ander nie, maar dit is elke persoon se eie keuse waar hy/sy wil huismaak.

Hoekom nie elkeen eerder sy eie ervaringe in sy eie woorde vertel nie? Dit is baie interessant om te hoor waar ander is en hoe hulle hulle omstandighede onvervind, en dit is nog meer interessant om te hoor hoe elkeen aanpas waar hy/sy ookal is. Ek weet dit sal seker nie help om te vra dat ons meer beskaafd teenoor mekaar optree en elkeen se mening respekteer en soos ordentlike grootmense oor 'n onderwerp debateer nie, want dit sal in elk geval net ge-ignoreer word, maar nouja, ek probeer maar.

O ja, terloops, Johan, weet jy daar 'n groep Suid-Afrikaners in Orlando wat "get-togethers" het?

Julie
http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308
Re: Wat maak dit saak? (n.a.v. Independance Day) [boodskap #16064 is 'n antwoord op boodskap #16063] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
So bek moet jam kry!!!!!!
Re: Wat maak dit saak? (n.a.v. Independance Day) [boodskap #16094 is 'n antwoord op boodskap #16063] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 8 Jul 1998 18:05:06 -0400, "Julie Morgan"
wrote:

> O ja, terloops, Johan, weet jy daar 'n groep Suid-Afrikaners in Orlando =
> wat "get-togethers" het?
>
> Julie
Nie so op die oog af nie, maar ek sal soek en vir jou die URL aangee
van 'n paar web bladsye wat dalk kan help....

Tot later
Johan
Vorige onderwerp: Wie is moreel superieur?
Volgende onderwerp: Re: Engelse?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 15:42:14 MGT 2024