Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
"Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #15996] Do, 02 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
STILLEWE MET TEE OM 'N TAFEL
Ferdi Greyling

Tyd ruk die gordyne
voor die venster.
Pak aan teen die mure
van die huis.
Roer in die grein van die tafel.
Glim in elke woord.
Dwing 'n sin
tot 'n daad.

Ek en jy.
Seisoene wat soos die see om ons breek.
Tyd dwing ons
tot 'n tafel in die tuin.
Woorde om tee.
Jare word voltooi
in los gedagtes.

Ver agter teen die hemel
ruk die lug steeds oop.

Donderwolke galop soos perde deur die lug.

Tyd vleg ons hegter deur mekaar.
Ons woorde en ons dade
word ons eie seisoene.

Tyd laat ons in mekaar verweer.

Laatmiddag in die somer op die Hoëveld.
Tee in die tuin.
Die wind ruk in die takke.

Swart tee in 'n koppie
soos water van die niet.
Soms hoor 'n mens dit in die nag
teen alles klots.

Ek en jy.
Alles wat ons gesê het.
Alles wat ons gedoen het.

Ek en jy om 'n tafel.


("Concept" - Junie 1998)
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16019 is 'n antwoord op boodskap #15996] Ma, 06 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jul 1998 12:56:34 GMT, wrote:

> Wag totdat hy vir jou probeer vertel dat
> jy te negatief is en tog positiewe dinge
> moet praat, en die hele tyd gebruik hy
> gekruide woorde teenoor jou en praat uiters
> negatief self.

Goeie raad, nê, Gloudina!

> Terloops, waar is sy
> sielsvriendin Jennifer? Hulle het nog vir
> mekaar liefdeswoordjies toegefluister laas-
> keer toe Jennifer op die nuusgroep geskryf
> het.

Klink of jy nodig het om bietjie vensters oop te maak en die muf uit
jou kop te laat, ou tante.

En nou moet jy kom kyk na al die mooi goed in my nuwe tuin: Baltimore
Orioles, Cardinals, Woodchucks, hase, chipmunks, takbokke, valke, en
nog baie voels wat ek nog nie ken nie. Mooi dinge Gloudina!

Was laas naweek Chicage toe en het toe soos belowe effe deur die
"south saaid" gaan ry. Jy wou so graag hê ek moet na die swak dele
gaan kyk né. Dit was maar baie sad. Hoe swakker die deel, hoe meer
swartes was sigbaar en hoe minder blankes, en hoe vuiler het dit
geword.
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16024 is 'n antwoord op boodskap #15996] Ma, 06 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Was laas naweek Chicage toe en het toe soos belowe effe deur die
> "south saaid" gaan ry. Jy wou so graag hê ek moet na die swak dele
> gaan kyk né. Dit was maar baie sad. Hoe swakker die deel, hoe meer
> swartes was sigbaar en hoe minder blankes, en hoe vuiler het dit
> geword.

So jou romantiese idee van "Amerika"
die perfekte plek om te bly begin nou
inkalwe! "Amerika" wat sus is en "Amerika"
wat so is. As jy 'n setlaar is wie se voorsate
uit Europa kom, is daar 'n groter kans dat jy
in 'n wit laer bly (net soos in SA). Onthou
ook net dat jy bly op lande gesteel deur die
setlaars uit Europa van die Shawnee en die
Algonquin en die Cree wat moedig geveg het
tot minder as twee honderd jaar gelede om
hierdie invalle te stuit. En om die ekologie
van hulle tuislande te beskerm teen die roofbou
van die setlaars uit Europa.

Gloudina
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16025 is 'n antwoord op boodskap #15996] Ma, 06 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 05 Jul 1998 11:13:21 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> Ek het laas gese PW het sy nege Przacs gebou as n reaksie op 'n
> interne krisis wat in wese was dat die meerderheid van die SA
> bevolking burgerregte gevra het.
>
> Jy het my toe vertel ek is stupid en dom en onervare en so so aan.

Ja, hoe swak jou kommentaar was - soos die Ingelse sê, Opinionated.
Asof jy alles weet, alwetend is. Asof jy nou weet wat in elke
politikus se kop aangegaan het. As jy so goed geweet het wat hulle
gedink het, dan sou jy baie meer by hulle opgekruip gewees het en dus
ook hulle sienings gedeel het en nie nou so gekritiseer het nie.

Is maar altyd makliker oim agterna te kritiseer, né!

> Maar nooit gese hoekom JY dink die Prozacs is gebou nie.
>
>
Ek het geen kommentaar daaroor nie en as ek nou lank moet stilsit en
iets daaroor uitdink, stem ek dalk nog met jou saam. Ek het geen
kommentaar op die inhoud van jou skrywe gemaak nie, net jou manier van
redeneer. So relax, jou opinie is veilig....!
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16034 is 'n antwoord op boodskap #15996] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Jul 1998 11:55:21 GMT, wrote:

> So jou romantiese idee van "Amerika"
> die perfekte plek om te bly begin nou
> inkalwe!

Geheel en al glad nie! Dit word net beter en beter. Hier is gelyke
geleenthede vir almal - hier hang dit af hoe hard jy werk. Amerika is
die perfekste van die drie lande waar ek al gebly het.

> "Amerika" wat sus is en "Amerika"
> wat so is.

Gaan lees maar al my vorige plasings - Amerika verander nie so vinnig
nie! Dis nog net so goed om hier te bly! En net om vir jou verder te
illustreer en om vir die ander mense hier iets interessant te gee, sal
ek netnou my nuus SA toe hier herhaal oor Independance day.

> As jy 'n setlaar is wie se voorsate
> uit Europa kom,

Ek is nie - ek is 'n immigrant .... Amerika is lank terug al gesettle
- jy moet kom kyk, lyk my jy ken die VSA nog nie goed genoeg nie.

> is daar 'n groter kans dat jy
> in 'n wit laer bly (net soos in SA).

Ja, jy is reg, hier in ons straat is geen swartes nie - en dis so
lekker. My seun het gisteraand baseball gepeel teen 'n span waarin
daar 'n swartetjie was en ek en die ma het lekker gesit en gesels!
Daarvoor gee ek ook nie om nie. Daar is net 4% anderskleuriges in
Minnesota.

>>>> Onthou
> ook net dat jy bly op lande gesteel deur die
> setlaars uit Europa van die Shawnee en die
> Algonquin en die Cree wat moedig geveg het
> tot minder as twee honderd jaar gelede om
> hierdie invalle te stuit. En om die ekologie
> van hulle tuislande te beskerm teen die roofbou
> van die setlaars uit Europa.

Piffel wat niks met my uit te waai het nie - jy is in presies
dieselfde bootjie - So, kyk na jou hande, Gloudina, o wee, vol
Indiaan bloed !!!!!!!!

Ek betaal eerlik vir die grond waarop ek bly en wat ek by 'n WIT dame
met selfverdiende geld gekoop het.

Ek hoor nie dat jy dieselfde kritiek uitspreek oor die swartes wat in
Suid Afrika die blankes beroof van 'n goeie, en nou al basiese,
lewenstyl nie! Maar dis mos nie meetbaar nie, nê, so dis nie
belangrik nie, né!!
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16035 is 'n antwoord op boodskap #15996] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Gaan lees maar En net om vir jou verder te
> illustreer en om vir die ander mense hier iets interessant te gee, sal
> ek netnou my nuus SA toe hier herhaal oor Independance day.

Nou, Johan, ek stel voor dat, omdat jy nou
permanent in die VSA gaan bly, jy leer hoe
om die woord "independence" reg te spel.

Daar is net 4% anderskleuriges in
> Minnesota.

Ja, dit kon ek verwag. Jy het al klaar
uitgevind hoeveel "anderskleuriges" daar
in Minnesota is. Sluit die 4 persent die
nakomelinge van die oorspronklike eerste
nasies wat deur die setlaars uit Europa

> Piffel wat niks met my uit te waai het nie

Dis 'n koelbloedige rassis wat so praat.En meer
belangrik, wat vertel jy vir jou kinders oor
hierdie dinge?

> Ek hoor nie dat jy dieselfde kritiek uitspreek oor die swartes wat in
> Suid Afrika die blankes beroof van 'n goeie, en nou al basiese,
> lewenstyl nie! Maar dis mos nie meetbaar nie, nê, so dis nie
> belangrik nie, né!!

Sover ek weet sit die wittes nog in die
beste dele van die stede en op meeste van
die vrugbare plase. So wie beroof wie van 'n
basiese lewensstyl?
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16036 is 'n antwoord op boodskap #15996] Di, 07 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Jul 1998 11:55:21 GMT, waffled:

>> Was laas naweek Chicage toe en het toe soos belowe effe deur die
>> "south saaid" gaan ry.
>
> So jou romantiese idee van "Amerika"
> die perfekte plek om te bly begin nou
> inkalwe! "Amerika" wat sus is en "Amerika"
> wat so is. As jy 'n setlaar is wie se voorsate
> uit Europa kom, is daar 'n groter kans dat jy
> in 'n wit laer bly (net soos in SA). Onthou
> ook net dat jy bly op lande gesteel deur die
> setlaars uit Europa van die Shawnee en die
> Algonquin en die Cree wat moedig geveg het
> tot minder as twee honderd jaar gelede om
> hierdie invalle te stuit. En om die ekologie
> van hulle tuislande te beskerm teen die roofbou
> van die setlaars uit Europa.

Ek sien hier 'n flaw in jou redenasie : As hy nou iets nuuts in
Amerika ontdek het, beteken dit nie 'n romantiese idee verander nie.
Romanties beteken nie blind vir minder aangename aspekte nie.
Romanties beteken eerder om iets te sien uit 'n ander perspektief.
Het Johan nie gedink daar is arm mense in Amerika nie?

...sommer net ek, Simon
Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #16062 is 'n antwoord op boodskap #15996] Wo, 08 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Jul 1998 17:20:08 GMT, wrote:

> Nou, Johan, ek stel voor dat, omdat jy nou
> permanent in die VSA gaan bly, jy leer hoe
> om die woord "independence" reg te spel.

Hoekom, het jy nie verstaan nie?? Maar dankie in elk geval vir die
hulp - ek spel baie sleg.

> Ja, dit kon ek verwag. Jy het al klaar
> uitgevind hoeveel "anderskleuriges" daar
> in Minnesota is. Sluit die 4 persent die
> nakomelinge van die oorspronklike eerste
> nasies wat deur die setlaars uit Europa

Ek stel baie belang in my omgewing en dit was maar een van die feite
wat ek teegekom het - ek hou nie daarvan om my selektief blind te hou
vir feite nie.
>
>
>> Piffel wat niks met my uit te waai het nie
>
> Dis 'n koelbloedige rassis wat so praat.

Ag nè!! Ek belowe jou ek het regtig niks met onregte teen die Indiane
te doen nie en ek neem geen verantwoordelikheid nie. Dis baie sotlik
en belaglik om so iets te verwag ... Ek hou van die status quo waar
ons almal gelyke geleenthede het!

> En meer
> belangrik, wat vertel jy vir jou kinders oor
> hierdie dinge?

Die waarheid sover dit aan my bekend is - dat daar in die verlede
groot onregte teen hulle gepleeg is - dat ons nie die geskiedenis kan
verander deur 'n swart tjalie van smart en skuld oor die skouers te
dra nie.
>
>
> Sover ek weet sit die wittes nog in die
> beste dele van die stede en op meeste van
> die vrugbare plase.
Agter hoë doringdraad met kwaai honde. Kan hulle saans lekker gaan
stap na 'n meer of park of plaasdam toe? Hoe is die diens wat hulle
in hulle hospitale kry? En wat van die wittes wat nie in SA die
voordeel van geld het nie, die meerderheid wittes ... Dan vra ek
steeds vir jou :

So wie beroof wie van 'n
basiese lewensstyl?
>
Vorige onderwerp: "Seer Hart Glimlag" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 03:57:11 MGT 2024