Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Rand en Soros
Die Rand en Soros [boodskap #16006] |
Fri, 03 July 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Londen. - Al die tekens is daar dat George Soros, internasionale
sakeman en triljoener, agter
die val van die rand sit.
Hoewel niemand seker is of Soros se Quantum-fonds inderdaad agter die
skielike val van die
rand is nie, word daar hier druk bespiegel dat dit na hom is wat dr.
Chris Stals, presidentstet
van die Reserwebank, verwys het toe hy moontlike oorsake uitgewys het.
Stals het ges Vrydag se skerp daling in die waarde van die rand kan
toegeskryf word aan 'n
groot Amerikaanse fonds. Hy wou nie die naam bekend maak nie, maar
hier word bespiegel
dat dit die Quantumfonds in New York was.
Indien die triljoener, wat miljoene dollars in Suid-Afrikaanse
behuising bel het, die sondaar
is, voorspel dit probleme vir Suid-Afrika omdat hy allerwe as iemand
beskou word wat lande
tot 'n val kan bring.
Hy het vroe r vanjaar in 'n openbare uitval met Maleisi byvoorbeeld
daarvoor gesorg dat die
ringgit - die land se geldeenheid - skerp gedevalueer het en is bekend
daarvoor dat hy onlangs
'n weddenskap van 'n miljardstet dollar oor die toekoms van die pond
aangegaan het.
Business News het Vrydag berig dat pres. Nelson Mandela in sy
toespraak in Desember by die
ANC-kongres juis Soros aangehaal het oor sakemanne wat groter
maatskaplike
verantwoordelikheid moet aanvaar en nie soos elders in Afrika deur
gierigheid gedryf moet
word nie.
''Te oordeel na die onlangse aanval op die rand het sy woorde op dowe
ore geval. Erger nog,
die belhamel blyk Soros self te wees, wat Mandela in sy laaste maande
as politieke leier 'n
laaste bitter smaak van Westerse kapitalisme gee,'' skryf Jon
Ashworth.
Toe die groot maatskappye soos Shell en Kodak hulle aan Suid-Afrika
onttrek het, is hul
belange deur blanke sakemanne vir 'n appel en 'n ei opgeraap wat
miljoene daaruit gemaak het.
''Die sanksies wat op disinvestering gevolg het, het bloot diegene in
die townships se haglike
toestande vererger. Die Weste wat sanksies aangegryp het, is weer
besig om die ergste skade
moontlik te doen aan die mense wat dit die minste kan bekostig,''
skryf hy.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die Rand en Soros [boodskap #16052 is 'n antwoord op boodskap #16006] |
Wed, 08 July 1998 00:00  |
karl-...
Boodskappe: 3 Geregistreer: March 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Mon, 6 Jul 1998 10:25:19 -0500, "Jean" wrote:
>
> > boeke - dit kan net mens se horisone verbreed - al stem mens nie saam nie.>>
>
> Vergeet om dit by te sit:
>
> Ek sal nie sy boek koop nie. Ek sal dit lees, maar NIE koop nie.
>
>
Stem saam! Sal in die Bib moet gaan soek ...
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 10:17:44 UTC 2025
|