Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mengele in Afrika
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15977 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>>> sal
>>>> Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.
>>>> Maar blykbaar verstaan jy dit nie?>>
>
> So, ou Lou, het hulle toe tweekeer gedink
> om teen die apartheidsvarke op te tree net
> omdat hulle BANG was vir wat SA kon doen?
> Waar, dink jy, sou hulle nou die atoombomme
> gedrop het om vir die buiteland skrik te
> maak? Tog seker nie in SA nie, want dan sou
> hulle self ondergaan. Op die Suidpool? Ek
> dink as 'n mens jou argument volg, dan dink
> jy die apartheidsvarke sou atoomterroriste
> word net om 'n punt te bewys. Jy het dus
> 'n laer opinie van die apartheidsvarke as
> selfs ek!
>
> Gloudina

Nee Gloudina, Waar val jy nou weer uit. Lees die thread man!
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15978 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 24 Jun 1998 10:33:27 +0200, lou wrote:
>
>
>
> Waar kry jy die idee vandaan dat ek met trash meng?

Nooit gesien nie! Daarvoor is jy duidelik van te edele inbors.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15979 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 29 Jun 1998 09:23:19 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Ai tog ... Sorry Johan - laat ek jou voorstel aan Ferdi. Berugde
> koerantman/joernalis/watookal van die Nasionale Pers. Hy's 'n bliksem wat ook
> maar sy idees het en wat 'n vlymskerp tong het. Moenie eens 'n ou gapingtjie
> so groot soos 'n (ou) vyfsentstuk los nie of hy sal daar deurkom. Maar uit my
> observasie van die afgelope paar jaar, sou ek sê dat hy nogal ingelig is, en
> met van die dinge wat nou aan die lig kom, verstaan ek wat hy sê, hoewel ek
> nie altd (of is dit nou meestal?) met hom saamstem nie. Ek skat enige
> joernalis moet sterk opinies hê anders sal niemand wil hoor wat hul te sê het
> nie.
>
> Hy herinner my nogal aan iemand wat ek ken (geken het?) wat vir 'n
> organisasie gewerk het wat so geheim was dat hy nie eens geweet het hy werk
> vir hulle nie. Hy het stellings gemaak wat mekaar weerspreek op verskillende
> tye, maar dit was alles maar net deel van die spel. Hy was nogal bekend
> daarvoor dat hy die inligting kry wat hy wou kry. Lees fyner ou maat. Speel
> so 'n bietjie skaak. partykeer maak iemand net 'n skuif om 'n ander skuif weg
> te steek. Ou Ferdi is nou die tipe ou wat die reis soveel as die vakansie
> geniet. Wat die doel soveel as die middele geniet.
>
> Aag nou ja, laat ek maar stilbly hier in die Laaglande - wat sal ek nou weet.

Sjuuu, nou's ek deurmekaar, praat ons van die selfde Ferdi? Ferdi, is
hier meer as een van jou...?

As jy net een is en dis vir jou wat Gideon hierbo beskryf, is ek
soveel te meer teleurgesteld in jou uitinge wat hierdie gesprekslyn
begin het. Ek haal aan:

"Presies. Hulle is fokken stupid. Hulle en Pakistan se ontwikkeling
van
kernwapens is die domste dinge wat ek in jare van gehoor het.

Net so was PW se ontwikkeling van kernwapens.
En die geskiedenis het dit bewys.

Miljarde is oor jare en jare daarin gesit. Geld wat bestee kon gewees
het om infrastruktuur te ontw. huise te bou, werk te skep, die
ekonomie te "boost" en sulke goed.

Nou is dit 20 jaar later en wat het ons?

Bomme wat volgens berigte afgetakel en weggegooi is, 'n gevoel van
verligting dat die stupid moere dit nooit actually probeer gebruik het
nie en 'n onontwikkelde infrastruktuur.

Die sg. aansien in wereldoe wat dit kastig aan ons sou besorg het, kon
ek nooit sien nie en ek sien dit nie nou ook nie.
Mense respekteer lande met goeie infrastrukture wat burgers het wat
tevrede is en hul lewens geniet. Nie lande met megolomane aan bewind
wat vingers waai en aande laat met hulle bomme in die agterkamer speel
nie.

Die geld is weggegooi agter 'n half mal president se bom aangedryfde
ego aan."
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15980 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 24 Jun 1998 10:32:04 +0200, lou wrote:
>
> net
>> nog van die NP regering se publisiteits foefies. DIe ondersteuning en
>> opleiding van ANC en PAC deur onder andere Rusland en Kuba is net nog 'n
>> liegstorie.>>
>
> > eise onthou?>>
>
> Albei kan saam geantwoord word.
> Ja.
> Eise vir stemreg wat uiting vind in die ANC PAC ens. as
> vryheidsbewegings wat onder meer "op-links" met dekolonialisaie in
> ander Afrika-lande.
>
> Dekolonialisasie beteken burgerregte vir die inheemse bevolking wat
> deur getalle mag oorneem.
>
> Die ANC en PAC ens se optrede en hulle teenwoordigheis in die
> buurstate en hulle aanjaag van sanksies vorm die bedreiging vir die NP
> regering.
>
> En die bedreiging lei tot die bou van die PW Prozacs.
>
> Van die ander kant gestel: As DF Malan Mandela-hulle ontvang het en
> hulle het die ANC se voorstelle destyds aanvaar van bv. n tydperk
> waarin swart verteenwoordigers in die parlement sit (toenemend
> verkose) terwyl die whiteys regeer tot die swartmense genoeg skills
> opgetel het ens.
> En as die NP regering die soort grondwet in die jare 60 ontwikkel het
> wat ons nou het.
> En as dit alles in konsultasie ens gedoen was.
> Dan was daar nie 'n MK nie. En nie sanksies nie. En nie steun vir
> Renamo nie. En nie biljoene in Unita gegiet nie.
> Want dit sou nie nodig gewees het nie.
>
> > wapens dreig? Of dit selfs teen hulle inspan? :) >>
>
> Nee.
> Ek se in REAKSIE op die langdurige bedreiging vir sy magsbasis het hy
> atoombomme gebou en ek se dit was stupid.
> Dit was die stupidste ding waarvan ek omtrent in my lewe gehoor het.
> Dis wat ek die hele tyd se.
>
> afskrik middel idien die buitewêreld toenemend na 'n militere opsie sou
>> geneig het. Wat jy nie verstaan nie (sug). Want PW het die bomme mos in
>> jou insiens gebou om Soweto te bombardeer. >>
>
> Nee. Dit het ek nie gese nie. En as jy dit beweer is jy of aspris of
> stupid.
> Afskrikmiddel? Stupid afskrikmiddel was dit nie? Want dit het nie
> gewerk nie.
> Dit kon van die begin af nie gewerk het nie.
> Dit was stupid.
> En 'n fokken duur stupidity wat ons nie kon bekostig het nie.
>
> om
>> onder andere soldate in Suid Wes te sit nie. Maar dat dinge in die land
>> uiters kak is sê ek lankal en dit word nie beter nie - jy het die shift
>> gemaak vanaf die Nuwe Utopiae SA tot die Kak Nuwe SA. :) Voel jy nie nou
>> al klaar beter nie? Nou vir die volgende stap ... agressie. Hmmm - moer
>> is 'n goeie uitdrukking daarvan. Werk daaraan :) >>
>
> Dit gaan dekades al kak met SA.
> Onder die vorige regering al.
>
> Dit gaan nou beter as in die jare tagtig toe ons ekonomie gekrimp het
> en ons ernstige chaos in die gesig gestaar het. En ons 'n diktator
> gehad het wat met mense kon maak soos hy wou en politieke opponente
> toegesluit het.
>
> As dit nie beter word nie, hoekom het ons dan die grondwet wat ons
> het, speel ons weer met die wereld sport en groei die ekonomie ten
> minste?

Umm wat was my punt oor by die punt bly nou weer? Kernwapens in reaksie
op swart eise vir stemreg? Bomme gooi op Soweto?

Maar bly praat - dit is altyd goed om te praat. Die probleem is net -
luister iemand?
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15981 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:

> Sjuuu, nou's ek deurmekaar, praat ons van die selfde Ferdi? Ferdi, is
> hier meer as een van jou...?
>
> As jy net een is en dis vir jou wat Gideon hierbo beskryf, is ek
> soveel te meer teleurgesteld in jou uitinge wat hierdie gesprekslyn
> begin het. Ek haal aan:
>
> "Presies. Hulle is fokken stupid. Hulle en Pakistan se ontwikkeling
> van
> kernwapens is die domste dinge wat ek in jare van gehoor het.
>
> Net so was PW se ontwikkeling van kernwapens.
> En die geskiedenis het dit bewys.

...het so 'n bietjie uitgeknip...

> Mense respekteer lande met goeie infrastrukture wat burgers het wat
> tevrede is en hul lewens geniet. Nie lande met megolomane aan bewind
> wat vingers waai en aande laat met hulle bomme in die agterkamer speel
> nie.
>
> Die geld is weggegooi agter 'n half mal president se bom aangedryfde
> ego aan."
>
>

Daar is natuurlik 'n ander moontlikheid, Johan. Dit is dar Ferdi dalk meer
weet en gesien het as jy en dalk is hy reg. As ek sien wat die ou regering
gedoen het, sal ek nie verbaas wees nie. Het jy gedink dat mense vermoor was
op die skaal en met die metodes wat die ou regering gevolg het? Gaan kyk na
die magspel wat PW, FW en die ander Botha�s gespeel het (ingesluit
Bothalezi), gesels met 'n paar van die koerantmanne wat jy genoem het. Die
gesegde dat: "power corrupts... absolute power corrupts absolutely" kry nogal
'n hele nuwe betekenis. Ek kan miskien dit so stel - op 'n ander tyd, op 'n
ander plek kon PW Hitler gewees het - die ooreenkonste is te groot om te
ignoreer. Sy volk het hom aanbid - die Jode het hom met reg gehaat. Daar is
tot vandag toe nog mense wat niks verkeerd wil hoor van Hitler nie. En so kan
ek aangaan

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15995 is 'n antwoord op boodskap #15772] Do, 02 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
lou wrote in message ...
> Nooit gesien nie! Daarvoor is jy duidelik van te edele inbors.

ROTFLMAO!!!! hahahahahahahahaha
Re: Mengele in Afrika [boodskap #16008 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 03 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 01 Jul 1998 11:48:13 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

koerantwese, >>[/color]

Moenie twak praat nie.
Waar kry jy ordentlike mense in die joernalistiek?!
Re: Mengele in Afrika [boodskap #16009 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 03 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Waar kry jy ordentlike mense in die joernalistiek?!

Ek ken minstens een van hulle - hy plaas ook partykeer bydraes op hierdie
nuusgroep en hy is van die mees ordentlike mense wat hier hul mening neerpen
( of moet ek 'intik' sê ?) !!! Hilda.
http://www.ping.be/hilda-gervaas en/of
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Mengele in Afrika [boodskap #16010 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 03 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 01 Jul 1998 15:50:07 +0200, lou wrote:

op swart eise vir stemreg? Bomme gooi op Soweto?[/color]
>
> Maar bly praat - dit is altyd goed om te praat. Die probleem is net -
> luister iemand?>>

Jy obviously nie, Lou.
Of dit of jy is te stupid om die konneksie te sien.
Vorige onderwerp: puns
Volgende onderwerp: Plakkers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:35:29 MGT 2024