Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Nuwe Patriot.
Die Nuwe Patriot. [boodskap #15953] Ma, 29 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Davies Comte-Vengu  is tans af-lyn  M.Davies Comte-Vengu
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hede 30 junie 1998 lees u die eerste uitgawe van die Nuwe Patriot.

Net soos in die ou dae was ons taal onder drukte gestel. Nou roep ek
alle Afrikaanstaliges wat belang in hul' eie taal stel om iets te skrywe
onder die titel Patriot. Hiermee kan ons ten minste verenig word teen
alles wat ons verset.

Om te beginne:-

Kaapse woorde wat nie so goed bekend is nie:

djentu/sjentu = hoer (belediging)
gattas = polisie (soos zarps of cops ook Die Boere)
minut'a? = minute (let.) hoe laat is dit?
kroon = geld
dyd'lik = duidelik dit beteken iets soos ons olraait of okai
yster = vuurwapen
watter nommer's djy? = van watter bende is jy 'n lid?

Net 'n paar taalkundige dinge wat ek oppie strate gehoor het,

Bly maar-Alles sal reg kom.
Re: Die Nuwe Patriot. [boodskap #15994 is 'n antwoord op boodskap #15953] Do, 02 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"M.Davies-Vengu" writes: > Hede 30 junie 1998 lees u die eerste uitgawe van die Nuwe Patriot.
>
> Net soos in die ou dae was ons taal onder drukte gestel. Nou roep ek
> alle Afrikaanstaliges wat belang in hul' eie taal stel om iets te skrywe
> onder die titel Patriot. Hiermee kan ons ten minste verenig word teen
> alles wat ons verset.

Ek is altyd so verbaas hoe die Afrikaanse woord
"trek" so 'n lewe van sy eie gekry het, sodat dit
nou in Engels en veral in Noord-Amerika op maniere
gebruik word wat die deursnee Afrikaans-sprekende
nie sal herken nie. Veral in die groot aantal
sport- en avontuur-programme wat hulle nou produseer.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Vir Jennifer: Afrikaanse leestekens
Volgende onderwerp: Tipies ????
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 11:17:20 MGT 2024