Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons is hier!
Ons is hier! [boodskap #15928] |
Fri, 26 June 1998 00:00  |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Haai al julle Suid-Afrikaanse Afrikaners verstrooid oor die wêreld.
Ons is nou hier in die Nederlande (al so drie weke).
Antie Gloudina het gevra dat ek moet laat weet as ek weer in kommunikasie is,
so daar is dit nou. Ek is besig om 'n kondensasie van my indrukke en
ervaringe op te stel, maar intussen het ek 'n elektroniese weergawe van my
dagboek as julle geïnteresseerd is in my persepsies van die land en hoe ek
die verkille en aanpassings ervaar. Stuur maar so 'n e-possie dan stuur ek
dit vir julle aan. Die een ding wat ek vir julle kan sê, is dat dit anders is
om hier te woon as om hier vakansie te hou. Toe laat dit my nogal nadink -
miskien is dit dieselfde vir Suid-Afrika. Julle ouens en oueninne daar buite
wat al van die "buiteland" af al gaan vakansie hou het in Suid-Afrika, vertel
so 'n bietjie hoe dit was om as 'n "outsider" weer te gaan kuier. Vertel ons
so 'n bietjie hoe julle die veranderinge ervaar ensovoorts. (miskien is dit
nogal tipies - ek is nou eers drie weke hier en ek dink al klaar aan vakansie
gaan hou in SA)
Net so 'n bietjie vinnige inligting ('n spoedberig?). Ons is nou tydelik
gevestig in Utrecht, maar sal hopelik binne die volgende week ons eie plek
kry. Ek werk in Amsterdam, maar eiendom is hier geweldig duur. Nou kyk ek
maar na Lelystad se kant of miskien Amersfoort - huureiendom is byne
aonbekombaar in Utrecht. My gesin het saam met my gekom, maar ons moes weens
die wisselvalligheid van 'n ou kombi ons hond vereers in SA laat. Ons sal
haar probeer hiernatoe uitvlieg sodra ons in ons nuwe plek is.
In elk geval
Groete uit Nederland
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
|
|
|
Re: Ons is hier! [boodskap #15929 is 'n antwoord op boodskap #15928] |
Fri, 26 June 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jis Gideon,
> Ons is nou hier in die Nederlande (al so drie weke).
Bly julle het veilig aangeland, en welkom terug.
Dit was hoeka 'n bietjie stil hier die afgelope tyd.
(Terloops, ek het nou uitgewerk dat Sizwe, Leendert, en Jenifer dieselfde
persoon is - toe Sizwe sê hy loop, toe verdwyn die ander twee ook. Praat van
met jouself redeneer!)
> Nou kyk ek
> maar na Lelystad se kant of miskien Amersfoort
Hel, Gideon, jy gaan pendel dat dit bars elke dag van Mpumalanga af Holland
toe!
Eintlik jammer jy is weg, want ek wou jou so graag van Beaufort-Wes af gebel
het. As jy dalk die relevansie vergeet het, gaan kyk na my volgende
Hardekoolvuur storie (behoort Maandag op te wees), by:
http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ons is hier! [boodskap #16014 is 'n antwoord op boodskap #15928] |
Fri, 03 July 1998 00:00  |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
KM wrote:
>
>
> Amsterdam, Utrecht en Rotterdam op 1,2 en 3.
Hehehe Kees, daar het jy nou die helfte van Nederland beet ;^) As jy in
Amsterdam werk is jou keuse beperk tot die drie, met miskien Almere as nog
�nopsie. Maar ek het ook verneem dat Almere se misdaadsyfer heelwat hoër is
as die van Lelystad. Dit is die plek waar mense met 'n laer inkomste wat in
Amsterdam werk maar nie die huur in Amsterdag of die reiskoste vanaf Lelystad
kan bekostig nie woon - en dan ook 'n subsidie van die regering kry wat help
om dinge aan die gang te kry. Almere is ook hoëdigtheidsbehuising, waar
Lelystad heel oop is met heelwat spasie. Om soortgelyke woontoestande te kry
moet jy na die platteland in die Ooste gaan. 'n Ander aspek om in berekening
te bring, is dat jy maar ongeveer 5 tot 10 km verder reis as jy van Lelystad
eerder as van Utrecht reis. Om dan fl 1000 minder te betaal vir huur is erg
aantreklik.
>
> Je hebt gelijkt met de veel goedkopere woningen. Zelf zou ik liever in
> Z-A wonen b.v. in de Noord Kaap of Oost
> Transvaal.
Pragtige plekke, maar 'n mens moet ook werk om aan die lewe te bly. Onthou, in
SA as jy nie werk nie, word jy nie betaal nie. In die Oos Transvaal is die
enigste plekke waar noemenswaardige industrieë is Middelburg, Witbank of
Nelspruit. DIe eerste twee is al reeds erger as enige stad in Nederland, en
Nelspruit is nie veel beter nie. In die Noord-Kaap kan jy miskien by Kimberley
iets te doen hê, maar jy is blank, jy is manlik. Jou kans op werk in enige van
daardie gebiede is maar skraal, en waarmee gaan jy die klein Kesies voer as
hulle hier is?
> Wel ver weg van grote steden. Het probleem is dat sommige plattelands gebieden
> levensgevaarlijk zijn, maar de grote steden met uitzondering van Pretoria is een
> hel.
> Johannesburg heeft de twijfelachtige eer om op de 4e plaats van de gevaarlijkste
>
> plaatsen ter wereld te zijn, nagenoeg gelijk aan Caracas.
Daar het jy dit nou. Utopia exposed.
Groete
-Gideon
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 10:19:32 UTC 2025
|