Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hygromans en alkohol
Hygromans en alkohol [boodskap #15337] Vr, 29 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:
>
> Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
> outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
> ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
> gegiggel het oor die tannie in Kanada.

En waarom wil jou vriendinne (die
hygroman-skryfsters) vir Gloudina
slaan? Omdat sy sê dat om 'n goeie
hygroman te skryf, jy nie maar sommer
net die pen kan optel en oor fornikasie
skryf en dink jou lesers is dom genoeg
om te dink dat alle gepraat oor seks
interessant is nie? Of omdat G, sê
Kanada is een van die grootste produ-
seerders van hygromans? En ek sê nog -
goeie seks en die baie intense gebruik
van die drankies by die hygroman-
ambisies gaan nie saam nie.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15401 is 'n antwoord op boodskap #15337] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Griet" writes:
>>
>> Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
>> outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
>> ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
>> gegiggel het oor die tannie in Kanada.
>
> En waarom wil jou vriendinne (die
> hygroman-skryfsters) vir Gloudina
> slaan? Omdat sy sê dat om 'n goeie
> hygroman te skryf, jy nie maar sommer
> net die pen kan optel en oor fornikasie
> skryf en dink jou lesers is dom genoeg
> om te dink dat alle gepraat oor seks
> interessant is nie? Of omdat G, sê
> Kanada is een van die grootste produ-
> seerders van hygromans? En ek sê nog -
> goeie seks en die baie intense gebruik
> van die drankies by die hygroman-
> ambisies gaan nie saam nie.
>
>

Omdat Gloudina nie weet wat die term hygroman beteken nie?
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15441 is 'n antwoord op boodskap #15337] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,
Ek sal my van verdere kommentaar weerhou en distansieer myself vrywilliglik
van hierdie tipe platvoersheid wat jy in jou interpretasies openbaar.

Dis nie nodig dat ek iets meer sê nie. Jy doen dit sommer self.

"'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree."
Gaan toets maar jou optrede in hierdie NG hieraan.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15442 is 'n antwoord op boodskap #15337] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:
>> Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
>> outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
>> ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
>> gegiggel het oor die tannie in Kanada.
> En waarom wil jou vriendinne (die
> hygroman-skryfsters) vir Gloudina
> slaan? Omdat sy sê dat om 'n goeie
> hygroman te skryf, jy nie maar sommer
> net die pen kan optel en oor fornikasie
> skryf en dink jou lesers is dom genoeg
> om te dink dat alle gepraat oor seks
> interessant is nie? Of omdat G, sê
> Kanada is een van die grootste produ-
> seerders van hygromans? En ek sê nog -
> goeie seks en die baie intense gebruik
> van die drankies by die hygroman-
> ambisies gaan nie saam nie. @igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:
Liew Glodina,

Ek betreur die feit dat jy so 'n wanpersepsie van humor in kultuurverband
openbaar.
Ook vind ek dit skokkend dat jy 'n onskuldige humoristiese beskrywing van
'n dorp se stoute Afrikaner kultuur tot 'n vulgêre fornikering reduseer.
Die grillerige aantyging wat jy teenoor my as persoon maak, is werklik
skokkend en ontbloot jou persoonlikheid meer, as wat jy ooit gedink het.

Jy wil jou slim hou en die nie-Afrikaner deelnemers van hierdie NG beindruk
met jou sogenaamde kennis van SA.

Terwille van die oningeligtes, moet ek dus inderhaas hier 'n regstelling
maak:
Hygromans word deur die boonste sfeer van die Afrikaner intellektuele groep
geskryf ( Dit sluit baie bekende letterkundige outeurs in, wat onder 'n
skuilnaam genoeg geld verdien om baie gemaklik te kan lewe);
is blitverkopers, en is direk eweredig aan die Harlequins en Mills en
Boons;
het op die aarde niks met pornografie te doen nie;
en word deur 'n magtige klomp Afrikaner vroue gelees.
Dit is 'n stylvolle Afrikaanse omgang met die moderne leefstyl van die
moderne vrou;

Die drank kultuur: Die wyn verbouingskultuur was nog van die begin van
hierdie beskawing aan die voet van Afrika, 'n trotse een ,en word nog al
die jare deur die inwoners geniet en besing. Ons is nie van plan om dit te
laat verkleineer deur buitestaanders nie, en sal jou belediging, dat ons 'n
klomp suiplappe is, hoflik ignoreer. Ons behandel jou wanpersepsie met die
nodige minagting wat dit verdien.

Ek sal my weerhou om op jou beledigings te reageer, dis benede my, en baie
van hierdie NG se deelnemers. Ek sal wel dit byvoeg:

" 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"

Oordeel maar self jou optrede op hierdie NG. Ek hoef dit nie vir jou te
doen nie.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15443 is 'n antwoord op boodskap #15337] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
> "Griet" writes:
>>
>> Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
>> outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
>> ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
>> gegiggel het oor die tannie in Kanada.
> En waarom wil jou vriendinne (die
> hygroman-skryfsters) vir Gloudina
> slaan? Omdat sy sê dat om 'n goeie
> hygroman te skryf, jy nie maar sommer
> net die pen kan optel en oor fornikasie
> skryf en dink jou lesers is dom genoeg
> om te dink dat alle gepraat oor seks
> interessant is nie? Of omdat G, sê
> Kanada is een van die grootste produ-
> seerders van hygromans? En ek sê nog -
> goeie seks en die baie intense gebruik
> van die drankies by die hygroman-
> ambisies gaan nie saam nie.
Liew Glodina,

Ek betreur die feit dat jy so 'n wanpersepsie van humor in kultuurverband
openbaar.
Ook vind ek dit skokkend dat jy 'n onskuldige humoristiese beskrywing van
'n dorp se stoute Afrikaner kultuur tot 'n vulgêre fornikering reduseer.
Die grillerige aantyging wat jy teenoor my as persoon maak, is werklik
skokkend en ontbloot jou persoonlikheid meer, as wat jy ooit gedink het.

Jy wil jou slim hou en die nie-Afrikaner deelnemers van hierdie NG beindruk
met jou sogenaamde kennis van SA.

Terwille van die oningeligtes, moet ek dus inderhaas hier 'n regstelling
maak:
Hygromans word deur die boonste sfeer van die Afrikaner intellektuele groep
geskryf ( Dit sluit baie bekende letterkundige outeurs in, wat onder 'n
skuilnaam genoeg geld verdien om baie gemaklik te kan lewe);
is blitverkopers, en is direk eweredig aan die Harlequins en Mills en
Boons;
het op die aarde niks met pornografie te doen nie;
en word deur 'n magtige klomp Afrikaner vroue gelees.
Dit is 'n stylvolle Afrikaanse omgang met die moderne leefstyl van die
moderne vrou;

Die drank kultuur: Die wyn verbouingskultuur was nog van die begin van
hierdie beskawing aan die voet van Afrika, 'n trotse een ,en word nog al
die jare deur die inwoners geniet en besing. Ons is nie van plan om dit te
laat verkleineer deur buitestaanders nie, en sal jou belediging, dat ons 'n
klomp suiplappe is, hoflik ignoreer. Ons behandel jou wanpersepsie met die
nodige minagting wat dit verdien.

Ek sal my weerhou om op jou beledigings te reageer, dis benede my, en baie
van hierdie NG se deelnemers. Ek sal wel dit byvoeg:

" 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"

Oordeel maar self jou optrede op hierdie NG. Ek hoef dit nie vir jou te
doen nie.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15444 is 'n antwoord op boodskap #15337] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:
>> Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
>> outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
>> ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
>> gegiggel het oor die tannie in Kanada.
> En waarom wil jou vriendinne (die
> hygroman-skryfsters) vir Gloudina
> slaan? Omdat sy sê dat om 'n goeie
> hygroman te skryf, jy nie maar sommer
> net die pen kan optel en oor fornikasie
> skryf en dink jou lesers is dom genoeg
> om te dink dat alle gepraat oor seks
> interessant is nie? Of omdat G, sê
> Kanada is een van die grootste produ-
> seerders van hygromans? En ek sê nog -
> goeie seks en die baie intense gebruik
> van die drankies by die hygroman-
> ambisies gaan nie saam nie. @igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:

Liew Glodina,

Ek betreur die feit dat jy so 'n wanpersepsie van humor in kultuurverband
openbaar. Ook vind ek dit skokkend dat jy 'n onskuldige humoristiese
beskrywing van 'n dorp se stoute Afrikaner kultuur tot 'n vulgêre
fornikering reduseer.
Die grillerige aantyging wat jy teenoor my as persoon maak, is werklik
skokkend en ontbloot jou persoonlikheid meer, as wat jy ooit gedink het.

Jy wil jou slim hou en die nie-Afrikaner deelnemers van hierdie NG beindruk
met jou sogenaamde kennis van SA.

Terwille van die oningeligtes, moet ek dus inderhaas hier 'n regstelling
maak:
Hygromans word deur die boonste sfeer van die Afrikaner intellektuele groep
geskryf ( Dit sluit baie bekende letterkundige outeurs in, wat onder 'n
skuilnaam genoeg geld verdien om baie gemaklik te kan lewe);
is blitverkopers, en is direk eweredig aan die Harlequins en Mills en
Boons;
het op die aarde niks met pornografie te doen nie;
en word deur 'n magtige klomp Afrikaner vroue gelees.
Dit is 'n stylvolle Afrikaanse omgang met die moderne leefstyl van die
moderne vrou;

Die drank kultuur: Die wyn verbouingskultuur was nog van die begin van
hierdie beskawing aan die voet van Afrika, 'n trotse een ,en word nog al
die jare deur die inwoners geniet en besing. Ons is nie van plan om dit te
laat verkleineer deur buitestaanders nie, en sal jou belediging, dat ons 'n
klomp suiplappe is, hoflik ignoreer. Ons behandel jou wanpersepsie met die
nodige minagting wat dit verdien.

Ek sal my weerhou om op jou beledigings te reageer, dis benede my, en baie
van hierdie NG se deelnemers. Ek het nie geweet dat jy tot platvoerse
interpretasies in staat is nie.

Ek sal wel dit byvoeg:

" 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"

Oordeel maar self jou optrede op hierdie NG. Ek hoef dit nie vir jou te
doen nie.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15445 is 'n antwoord op boodskap #15337] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:
>> Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
>> outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
>> ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
>> gegiggel het oor die tannie in Kanada.
> En waarom wil jou vriendinne (die
> hygroman-skryfsters) vir Gloudina
> slaan? Omdat sy sê dat om 'n goeie
> hygroman te skryf, jy nie maar sommer
> net die pen kan optel en oor fornikasie
> skryf en dink jou lesers is dom genoeg
> om te dink dat alle gepraat oor seks
> interessant is nie? Of omdat G, sê
> Kanada is een van die grootste produ-
> seerders van hygromans? En ek sê nog -
> goeie seks en die baie intense gebruik
> van die drankies by die hygroman-
> ambisies gaan nie saam nie. @igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:

Liew Glodina,

Ek betreur die feit dat jy so 'n wanpersepsie van humor in kultuurverband
openbaar. Ook vind ek dit skokkend dat jy 'n onskuldige humoristiese
beskrywing van 'n dorp se stoute Afrikaner kultuur tot 'n vulgêre
fornikering reduseer.
Die grillerige aantyging wat jy teenoor my as persoon maak, is werklik
skokkend en ontbloot jou persoonlikheid meer, as wat jy ooit gedink het.

Jy wil jou slim hou en die nie-Afrikaner deelnemers van hierdie NG beindruk
met jou sogenaamde kennis van SA.

Terwille van die oningeligtes, moet ek dus inderhaas hier 'n regstelling
maak:
Hygromans word deur die boonste sfeer van die Afrikaner intellektuele groep
geskryf ( Dit sluit baie bekende letterkundige outeurs in, wat onder 'n
skuilnaam genoeg geld verdien om baie gemaklik te kan lewe);
is blitverkopers, en is direk eweredig aan die Harlequins en Mills en
Boons;
het op die aarde niks met pornografie te doen nie;
en word deur 'n magtige klomp Afrikaner vroue gelees.
Dit is 'n stylvolle Afrikaanse omgang met die moderne leefstyl van die
moderne vrou;

Die drank kultuur: Die wyn verbouingskultuur was nog van die begin van
hierdie beskawing aan die voet van Afrika, 'n trotse een ,en word nog al
die jare deur die inwoners geniet en besing. Ons is nie van plan om dit te
laat verkleineer deur buitestaanders nie, en sal jou belediging, dat ons 'n
klomp suiplappe is, hoflik ignoreer. Ons behandel jou wanpersepsie met die
nodige minagting wat dit verdien.

Ek sal my weerhou om op jou beledigings te reageer, dis benede my, en baie
van hierdie NG se deelnemers. Ek het nie geweet dat jy tot platvoerse
interpretasies in staat is nie.

Ek sal wel dit byvoeg:

" 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"

Oordeel maar self jou optrede op hierdie NG. Ek hoef dit nie vir jou te
doen nie.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15486 is 'n antwoord op boodskap #15337] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Sun, 31 May 1998 09:35:44 +0200, lou wrote:
>
> >
>
> Ja Lou, jy dink seker dis n soort vis wat n mens vang. As hy op die
> land le dan hyg hy so.

O is dit nie? Sjoe, ek sal Galjoen moet vra wat vir 'n ding is dit dan.
Dan kan hy sommer vir Antie Kanaal Aap verduidelik wat dit dan nou
eintlik is. Maar jy is mos so alwetend - hoekom vertel jy ons nie?

Miskien kan Griet nog 'n storie skryf, iets soos "Griet vertel van 'n
skroppie"?.

Cheers
Lou
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15487 is 'n antwoord op boodskap #15337] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 31 May 1998 09:35:44 +0200, lou wrote:

>

Ja Lou, jy dink seker dis n soort vis wat n mens vang. As hy op die
land le dan hyg hy so.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15488 is 'n antwoord op boodskap #15337] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 29 May 1998 19:38:09 GMT, <@igs.net> wrote:

<< Omdat sy s^e dat om 'n goeie
> hygroman te skryf, jy nie maar sommer
> net die pen kan optel en oor fornikasie
> skryf en dink jou lesers is dom genoeg
> om te dink dat alle gepraat oor seks
> interessant is nie? >>>

Vir mense met 'n sekere mentaliteit is dit. Dis die mense wat die
foto-romans van destyds in SA so n winsgewende bedryf gemaak het.
Miskien was dit n vergadering van sulke mense.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15522 is 'n antwoord op boodskap #15337] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in article ...
>
> Maar dit nou daargelaat. My man sê toe vir my hy
> dink ek maak 'n fout om te dink dat Harlequins "hyg-
> romans" is. Hy dink dat as hulle van hygromans praat
> in Suid-Afrika, dan bedoel hulle baie meer eksplisiet-
> seksuele geskrywery wat aan pornografie grens liewer
> as bloot erotiese letterkunde. Ek het gedink oor wat hy
> sê en hom uiteindelik gesê ek dink hy is reg.

Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
Harlequin.

> Ek kan egter nie glo dat 'n mens soos Griet, wat sê
> sy is 'n sosioloog, pornografiese geskrywery bedryf nie.

Ek het voorheen al vir jou verduidelik dat die lewe in kompartemente
ingedeel is. So is Henri nie 'n leeglêer wat heeldag net by hardekool vure
sit
nie; so was Thomas Baines nie net ingenieur nie maar ook skilder, ens. Ek
beskou myself nie as 'n bekroonde skrywer nie. Hou net van goeie stories
en skryf dit als neer as kontrei/streek vertellinge.

> Miskien is die term "hygroman" iets vreemds vir my?
> Wil iemand vir my verduidelik wat 'n hygroman is?

Dit is tans die top-verkoper boeke in Afrikaans, soos Henri tereg vermeld
het.

> Ek kan ook nie glo dat wat Griet op die nuusgroep
> gepos het, enigsins bedoel was om mense seksueel opge-
> wonde te maak nie. Vind mense hierdie soort geskryf
> seksueel stimulerend? Vir my was dit nie eens baie snaaks
> nie.

Die stoepstories is inderdaad nie as pornografie, hygroman, formikering, of
seksuele stimulis bedoel nie. Dit kan beskou word as " streek vertelling
wat telkens uit die plattelandse wereld spring....en in die verlede selfs
aangesluit het by eksistensiële filosofie. Binne die partikulêre
streeksmilieu" - ontleen aan 'n resensie van Abraham H de Vries se boek:
"Skaduwee tussen skaduwees"

In hierdie genre word nog skrywers soos Jan Spies, Kerneels Breytenbach,
Sue van Waart en vele meer aangetref. Ek kan nie nou almal onthou nie.
Onlangs het baie sulke vertellinge verskyn oor Hentiesbaai en sy mense,
ens. Tolla se stories wat aansluit by die Spies en Plessis-tv program,
asook die meer onlangse program "Maak 'n las" val almal binne hierdie
genre. Antjie Krog se ma, Dot Serfontein, het graag oor haar wêreld (
Kroonstad) en sy mense geskryf.

Die Stoepstorie vertelling demonstreer ook 'n ander nuwe verskynsel in
Afrikaans, en ek haal hier vir jou aan uit 'n resensie oor Kaapse
Straatpraatjies", waarvan Mohammed Adhikari die redakteur is:

"Afgesien van die sosio-poltieke kommentaar is dit eintlik die
Praatafrikaans van die rubriek wat 'n mens boei. Dit weerspieël 'n
taal-atmosfeer wat juis nou vir die leser van belang is, dit gee iets weer
van 'n stuk Afrikaans wat alte gemaklik in die verlede afgemaak is of
Afrikaans wat as nie-standaard geïgnoreer kon word."

Ander aspekte wat met Stoepstories bedoel is, is dat daar 'n magtige klomp
vroue nou in Afrikaans skryf oor *alle norme en waardes van die
samelewing.*
Voorbeelde:
1)Dalene Mathee: Susters van Eva, die Bos-trilogie ( Kringe in 'n bos,
Moerbeibos; Fiela se kind)
2)Maritha van der Vyver: Griet skryf 'n Sprokie, Die dinge van 'n Kind;
3)Marlene van Niekerk: Triomf;
4)Maretha Maartens: Ruitevrou;
5)E.K.M.Dido: Rugdraai en Stilbly, ( eerste bruinvroue skryfster in
Afrikaans. baie opwindend.) Haar tweede roman verskyn nou binnekort.
6)Rachelle Greeff: Al die windrigtings van my wêreld; sy het ook die
bundel" Dogters van Afrika" saamgestel.
7)Rika Celliers: Spirakel;
8)Lettie Viljoen: Landskap met vroue en slang;
9)Hannie Maritz: Tien blou krale en drie lemoene;
10) Jeanne Goosen;

Ek wens ek kon vir jou meer opnoem. Daar is 'n opwindende klomp boeke
beskikbaar, maar ek kan nie almal onthou nie, en het ook nie almal gelees
nie.

Ten slotte: Moenie vir my stout dinge leer nie ( jou en Bill Clinton se
dinge) ek was onder die ondruk 'n blowjob is 'n drankie. Gloudina, en nou
wil jy voorgee ek is die stoute een : - )

Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
> Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
> 'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
> ook al is.
Ja ek stem saam, ek lees liewer die bostaande as 'n hygroman. Terloops, 'n
verstommende aantal letterkunde skrywers skryf hygromans onder skuilname.
Madame de Bovary ( die Franse weergawe) is die naaste wat ek aan Flaubert
gekom het.
Groetnis hoor.

--
sand...@global.co.za
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15548 is 'n antwoord op boodskap #15337] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Jun 1998 09:13:35 GMT, "Griet" wrote:

> " 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"

Mooi gesê !!!!
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15549 is 'n antwoord op boodskap #15337] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> En daar is darem niks so seksie soos so 'n dame nie! Iemand wat in
> haar diepste wese 'n vrou is.
> Hierdie is wat ek altyd wil uitskree wanneer mans en vroue stry oor
> "woman's lib".

Die hygroman van die male chauvinist pig
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15550 is 'n antwoord op boodskap #15337] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Jun 1998 11:05:43 GMT, wrote:

--------------------------------snip-snip------------------- -----------------------
> Gloudina
>
Geen kontak met die werklikheid nie....... Vra jou man om jou bietjie
uit te neem in die samelewing in. Gaan kyk bietjie hoe leef ander
mense (nie die hole wat jy gewoionlik besoek nie). Work wakker - vra
jou man om te kyk of jy by is voor jy op die nuusgroep skryf....
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15551 is 'n antwoord op boodskap #15337] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Jun 1998 09:13:35 GMT, "Griet" wrote:

> " 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"
>
En daar is darem niks so seksie soos so 'n dame nie! Iemand wat in
haar diepste wese 'n vrou is.
Hierdie is wat ek altyd wil uitskree wanneer mans en vroue stry oor
"woman's lib".
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15552 is 'n antwoord op boodskap #15337] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina kraai...

> Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
> kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.

Heeltemal reg. Die "First Nations" van Kanada is 'n
uitstekende voorbeeld. Wenk: Hulle is beslis nie
'n wynverbouingskultuur nie. ;-)

Die meeste "First Nations" van Noord-Amerika is nie met
geweld onderdruk nie. Die voggies in die flessies was
veel meer effektief. Dit was, o.a., die hoofrede vir
die Tippecanoe-opstand se volslae mislukking. Die wyn-
verbouingskultuur het geseëvier.

Hjalmar
________
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15553 is 'n antwoord op boodskap #15337] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes: ebruik

> Hygromans word deur die boonste sfeer van die Afrikaner intellektuele groep
> geskryf ( Dit sluit baie bekende letterkundige outeurs in, wat onder 'n
> skuilnaam genoeg geld verdien om baie gemaklik te kan lewe);
> is blitverkopers, en is direk eweredig aan die Harlequins en Mills en
> Boons;
> het op die aarde niks met pornografie te doen nie;
> en word deur 'n magtige klomp Afrikaner vroue gelees.
> Dit is 'n stylvolle Afrikaanse omgang met die moderne leefstyl van die
> moderne vrou;

Cry the beloved Afrikanerdom, as hygromans
(wat direk eweredig aan Mills en Boons is
volgens jou) nou die stylvolle Afrikaanse
omgang met die leefstyl van die moderne vrou
is. Hier in Kanada word die lesers van Mills
en Boon-boeke beskou as ongekultiveerd en
agteraf. Jy tipeer jouself as laer-middelklas
as jy Mills en Boon boeke lees.
>
> Die drank kultuur: Die wyn verbouingskultuur was nog van die begin van
> hierdie beskawing aan die voet van Afrika, 'n trotse een ,en word nog al
> die jare deur die inwoners geniet en besing.

Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.

> " 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"

'n Heer is 'n heer die hele tyd. Hy wag nie vir
die vrou om vir hom te laat weet of hy nou soos
'n heer moet optree of soos 'n bullebak nie. Ek
wonder ook watter soort indruk jy dink jy laat
van Afrikaner-mans in die stukkie hygroman wat jy
op die nuusgroep gepos het. Ek onthou hulle nogal
meestal as gentleman en gesofistikeerd, nie die
agteraf ploeteraars wat in jou geskryf deurkom
nie. Terloops, die Mills en Boons word volgens
streng resepte hier in Kanada geskryf (deur
skrywers van oor die hele wereld) en een van die
voorvereistes is 'n baie romantiese mansfiguur.
Die lesers is gewoonlik verveelde huisvroue, die
soort wat na die soap operas kyk.

Gloudina
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15571 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >
Gloudina kraai...
>
>> Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
>> kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.
>
> Heeltemal reg. Die "First Nations" van Kanada is 'n
> uitstekende voorbeeld. Wenk: Hulle is beslis nie
> 'n wynverbouingskultuur nie. ;-)

Wel, Hjalmar, ek voel so aan my
bas dat hierdie die gepraat van
'n witvel is wat so, met 'n oog-
knip hier en 'n oogknip daar,
wil sê; die Eerste Nasies is 'n
klomp dronkaards. Dis benede my
om hierdie gesprek eers te begin.
Gloudina
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15572 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Griet" writes: ebruik
>
>> " 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"
>
>
> 'n Heer is 'n heer die hele tyd. Hy wag nie vir
> die vrou om vir hom te laat weet of hy nou soos
> 'n heer moet optree of soos 'n bullebak nie.

Hmmm..... My ma het nie veel gehou van Evelyn Waugh nie, maar daar was een
opsig waarin sy met hom (en Emily Post) saamgestem het: "A woman is a lady
until her behaviour proves otherwise".

En in die twee jaar wat ek Gloudina se geskel in die kuberruimte waargeneem
en ondervind het, het ek tot dieselfde gevolgtrekking gekom as George
Sanders: "This is no time to act like a gentleman." Mense wat vir varke
uitgeskel word het, per slot van rekening, een of twee voorregte. Een van
hulle is om nie gemeet te word aan die norme vir 'n gentleman nie.

En, soos Margeret Thatcher gesê het: "Being powerful is like being a lady.
If you have to tell people you are, you aren't."

Hoflike groete, Leendert :-)
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15573 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jun 1998 01:10:15 GMT, wrote:
> Wel, Hjalmar, ek voel so aan my
> bas dat hierdie die gepraat van
> 'n witvel is wat so, met 'n oog-
> knip hier en 'n oogknip daar,
> wil sê; die Eerste Nasies is 'n
> klomp dronkaards. Dis benede my
> om hierdie gesprek eers te begin.
> Gloudina
>
>
>
>
Dis klaar begin en daar is nie veel spasie onder jou redenasies oor
vir iets wat laer is nie. Jou ou snob! Sies! en dan's jy nog 'n
vrou ook!

Met apologie aan al die ander dames op die nuusgroep.....
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15574 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht ...
>
> Cry the beloved Afrikanerdom, as hygromans
> (wat direk eweredig aan Mills en Boons is
> volgens jou) nou die stylvolle Afrikaanse
> omgang met die leefstyl van die moderne vrou
> is.

Hmmm..... "die stylvolle Afrikaanse omgang met die leefstyl van die moderne
vrou is." Hoekom laat die sin my dink aan elke tweede paragraaf in De Kitsch?

> Hier in Kanada word die lesers van Mills
> en Boon-boeke beskou as ongekultiveerd en
> agteraf. Jy tipeer jouself as laer-middelklas
> as jy Mills en Boon boeke lees.

Ah! Herinner my aan so twintig jaar gelede toe mens (as jy in die Ooste van
Pretoria woon) om die dood nie moes laat blyk dat jy die Readers Digest lees
nie. Time Magazine was in.

Deesdae sien mens darem weer altwee tydskrifte in daardie huise.

(En nou moet ek sê - vir een wat "die eer van die Afrikaner" verdedig loop
hier darem 'n dik streep onafrikaanse klassevooroordeel en snobisme deur, nie
waar nie? Seker maar die dertig jaar in die Empire)

>>
>> Die drank kultuur: Die wyn verbouingskultuur was nog van die begin van
>> hierdie beskawing aan die voet van Afrika, 'n trotse een ,en word nog al
>> die jare deur die inwoners geniet en besing.
>
> Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
> kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.

Tant Gloudie in die Biduur? Moeder kuber-Raaf met haar karwats?

> Ek
> wonder ook watter soort indruk jy dink jy laat
> van Afrikaner-mans in die stukkie hygroman wat jy
> op die nuusgroep gepos het. Ek onthou hulle nogal
> meestal as gentleman en gesofistikeerd, nie die
> agteraf ploeteraars wat in jou geskryf deurkom
> nie.

Aitsa! Die tipiese Afrikanerman: "gentleman en gesofistikeerd".

Gloudina, jy is 'n kenner van (die vroeë Opperman) miskien ken jy ook een van
sy latere versies - die een oor "..die Treurniggies wat nie wil glo dat Boere
pie nie"?

Griet, hou so aan!

Lyk my die suur ou preutse dweper met "christelike waardes" is besig om haar
ware kleure te wys as jy haar so por met jou stoepstories.

Groete, Leendert
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15575 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Jun 1998 17:40:47 GMT, wrote:

>
> Die hygroman van die male chauvinist pig

Ag, dis so lekker om 'n verhewe wese te wees - ek het 'n kollega gehad
wat die waarheid so mooi kon vasvat - miskien het Carel hom ontmoet -
Neels - en as sy dag omgekrap begin het en jy vra hom hoe gaan dit,
dan sê hy: "Oumense, vroumense, honde, kinders en k.ff.rs: net
probleme!!"

Gloudina word sommer so deur die eerste twee terme beskryf. Ek is tog
'n MSP en sy is net 'n vroumens. 'n Wese met 'n kleiner brein, geen
verbeelding nie, geen logika nie en die swakker geslag.

Ons mans is darem maar die beter geslag! Kyk net hoe bewys Gloudina
dit oor en oor!!! (Sy het darem self vir so handsome boerseun uit die
ooskaap geval.)
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15599 is 'n antwoord op boodskap #15337] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes: >


> Hmmm..... "die stylvolle Afrikaanse omgang met die leefstyl van die moderne
> vrou is." Hoekom laat die sin my dink aan elke tweede paragraaf
in De Kitsch?

Wel, ou Leendert, as jy nou met aandag
alles gelees het wat Griet op die nuus-
. groep gepos het, dan sou jy geweet het
dat die sin "stylvolle Afrikaanse omgang
met die leefstyl van die moderne vrou"
deur Griet self geskryf is. Sy het bedoel
hygromans is nou die stylvolle Afrikaanse
omgang met die leefstyl van die moderne
vrou. Ha, ha, ha. Hoop jou vrou gaan ook
stylvol om met die hygromans?

> (En nou moet ek sê - vir een wat "die eer van die Afrikaner" verdedig loop
> hier darem 'n dik streep onafrikaanse klassevooroordeel en snobisme deur, nie
> waar nie? Seker maar die dertig jaar in die Empire)

Nee wat, ons mense daar uit die Noordkaap
was nogal maar snobs. Veral my ma, wat
in Engels skoolgegaan het en haar Bolandse
agtergrond goed laat deurkom het.

> Tant Gloudie in die Biduur? Moeder kuber-Raaf met haar karwats?

Dit maak nogal seer, Leendert. Veral as Tannie
waarsku teen die gebruik van tabak, veral in
die teenwoordigheid van die ou kindertjies.

Gloudina
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15600 is 'n antwoord op boodskap #15337] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> oos...@geocities.com writes: >
>
>
>> Hmmm..... "die stylvolle Afrikaanse omgang met die leefstyl van
> die moderne
>> vrou is." Hoekom laat die sin my dink aan elke tweede paragraaf
> in De Kitsch?
>
> Wel, ou Leendert, as jy nou met aandag
> alles gelees het wat Griet op die nuus-
> . groep gepos het, dan sou jy geweet het
> dat die sin "stylvolle Afrikaanse omgang
> met die leefstyl van die moderne vrou"
> deur Griet self geskryf is. Sy het bedoel
> hygromans is nou die stylvolle Afrikaanse
> omgang met die leefstyl van die moderne
> vrou. Ha, ha, ha.

As jy so op hoogte was van die literêre kritiek as wat jy voorgee, sou jy
opgelet het dat die titels en skrywers wat sy genoem het nogal hoog
aangeskryf staan, en geensins in die klas van "mills & boon" val nie.

Ek vermoed dat Griet se fout daarin lê dat sy miskien nog nooit 'n "mills &
boon" gelees het nie. Ek self het nie in die afgelope twintig jaar een
gelees nie, maar my indruk is dat daardie goed eerder in die kategorie val
van Driekie Beukes se Sprinbokradiostories uit die sestigerjare - "wat elke
moederhart sal roer". (Ek kan my voorstel wat Jeanne Goossen sal sê as sy
weet Griet plaas haar in dieselfde kategorie as "mills & boon!)

Aan die ander kant. Daar was onlangs 'n vreeslike oplewing in die
nostalgiebesigheid. Tant Sanie Briel het selfs op 'n tweedaagse popkonsert
opgetree - waar daar ook bands soos battery9 was.

> Hoop jou vrou gaan ook
> stylvol om met die hygromans?

Nee wat. Ek vermoed Christina Landman doen dit maar my vrou het nie tyd of
geld om op hoogte te bly met die voorskrifte van De Kitsch nie. As sy geld
of tyd sou bestee aan 'n hygroman sou dit ook letterkundig besonder hoog
aangeskryf moet wees.

Maar daarbenewens is ons lewensstyl onafhanklik van die mode. Sy verkies in
elk geval Cicero en Plutarchos in die oorspronklike tale bo boekies wat
teetafelgesprekke laat vlot.

>
>
>> (En nou moet ek sê - vir een wat "die eer van die Afrikaner" verdedig loop
>> hier darem 'n dik streep onafrikaanse klassevooroordeel en snobisme deur, nie
>> waar nie? Seker maar die dertig jaar in die Empire)
>
> Nee wat, ons mense daar uit die Noordkaap
> was nogal maar snobs. Veral my ma, wat
> in Engels skoolgegaan het en haar Bolandse
> agtergrond goed laat deurkom het.

Ek ken daardie soort: "Jy sê haar naam is Bouwer? Wel ja, maar nie van _ons_
nie!" Die onderwerp van PG du Plessis se "Seder val in Waterkloof". Die
soort waarna Opperman verwys as "Treurniggies wat nie wil glo dat Boere pie
nie."

Die soort wat vir hulself 'n beeld van "die Afrikaner" skep en dan almal met
sensuur wil dwing om te konformeer - die Moeder Raafs van die samelewing.

Die soort wat "canterbury tales" op die boekrak hou, waar dit gesien kan
word want dis "hoge literatuuuuur" - maar wat nog nooit die Tale of the
miller's daughter gelees het nie. Wat by uitvoerings van Carmina Burana
gesien word want hulle verstaan nie die vulgêre verwysings in die Latyn nie.

Die soort wat dink Griet se karakters is "onafrikaans" en "agteraf" want
"Afrikaners is nie so nie".

>> Tant Gloudie in die Biduur? Moeder kuber-Raaf met haar karwats?
>
> Dit maak nogal seer, Leendert.

Mooi!

> Veral as Tannie
> waarsku teen die gebruik van tabak,

Ek ook - met die gesag van ervaring.

> veral in
> die teenwoordigheid van die ou kindertjies.

O ja! Sedert my oudste gebore is het ek nog nooit weer in my huis gerook
nie. Ek rook in elk geval nie in 'n kamer of 'n motor waarin daar 'n kind
(of nie-roker) is nie.

Ek het wel 'n probleem met Dr Zuma se Nazistiese houding oor rook in die
werkplek en in openbare plekke. Sy herinner my so aan Moeder Raaf.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15601 is 'n antwoord op boodskap #15337] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> Aan die ander kant. Daar was onlangs 'n vreeslike oplewing in die
> nostalgiebesigheid. Tant Sanie Briel het selfs op 'n tweedaagse popkonsert
> opgetree - waar daar ook bands soos battery9 was.

En Het die onderbroeke nie op die verhoog gereën toe sy lostrek met 'Een
aand op die trein na Pretoria' nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15630 is 'n antwoord op boodskap #15337] So, 07 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> Maar die kamer of die motor stink tog maar
> nog altyd, en jou klere stink ook. Hoekom
> hou jy nie maar hierdie jaar op nie. As ek
> dit kan doen, dan kan jy ook.
Ek dink hulle gee nie so veel om vir die rookreuk nie - dit verdoesel die
knoffel ietwat :-)
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15631 is 'n antwoord op boodskap #15337] So, 07 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >


> As jy so op hoogte was van die literêre kritiek as wat jy voorgee, sou jy
> opgelet het dat die titels en skrywers wat sy genoem het nogal hoog
> aangeskryf staan, en geensins in die klas van "mills & boon" val nie.
>
> Ek vermoed dat Griet se fout daarin lê dat sy miskien nog nooit 'n "mills &
> boon" gelees het nie. Ek self het nie in die afgelope twintig jaar een
> gelees nie, maar my indruk is dat daardie goed eerder in die kategorie val
> van Driekie Beukes se Sprinbokradiostories uit die sestigerjare - "wat elke
> moederhart sal roer". (Ek kan my voorstel wat Jeanne Goossen sal sê as sy
> weet Griet plaas haar in dieselfde kategorie as "mills & boon!)

Ja-nee, ou Leendert, Griet het my ook bietjie
verwar toe sy nou al hierdie bekende skrywers
as skrywers van hygromans tipeer. Daar is
natuurlik baie bekende skryfsters wat onder
'n skuilnaam mindere boeke skryf. Soos Alba
Bouwer, byvoorbeeld.

>
> Nee wat. Ek vermoed Christina Landman doen dit maar my vrou het nie tyd of
> geld om op hoogte te bly met die voorskrifte van De Kitsch nie.

Jy het dit darem vreeslik teen Christina
Landman. Sy moet iets goeds doen om vir jou
te irreteer.Wat dink jy van die onlangse
"A Preliminary Bibliography of Published
Material on the African Independent Churches."
Of is dit ook te kitsch vir jou.

>
> Die soort wat "canterbury tales" op die boekrak hou, waar dit gesien kan
> word want dis "hoge literatuuuuur" - maar wat nog nooit die Tale of the
> miller's daughter gelees het nie. Wat by uitvoerings van Carmina Burana
> gesien word want hulle verstaan nie die vulgêre verwysings in die
Latyn nie.

So dink jy nou as hulle die woorde
van Carmina Burana kan verstaan, dat hulle dan
sal wegbly. Het jy al die woorde van Orff se
Catullus Carmina gehoor? Vra vir jou vrou om
die Praelusio vir jou te lees en te vertaal.

>
> O ja! Sedert my oudste gebore is het ek nog nooit weer in my huis gerook
> nie. Ek rook in elk geval nie in 'n kamer of 'n motor waarin daar 'n kind
> (of nie-roker) is nie.

Maar die kamer of die motor stink tog maar
nog altyd, en jou klere stink ook. Hoekom
hou jy nie maar hierdie jaar op nie. As ek
dit kan doen, dan kan jy ook.

Gloudina
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15776 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek sien jy ignoreer sommige van die skrywes. Ek antwoord dus maar hierdie
poging van jou.

@igs.net wrote in article ...

> Cry the beloved Afrikanerdom, as hygromans
> (wat direk eweredig aan Mills en Boons is
> volgens jou) nou die stylvolle Afrikaanse
> omgang met die leefstyl van die moderne vrou
> is.

Toe jy lankal weg is Canada toe, het meer en meer Afrikaner vroue hulleself
bevry van die paternalistiese waardes en norme wat deur 'n Calvinistiese
samelewing op hulle afgedwing was.

Die Engelse Mills en Boons was teengestaan met Afrikaanse Boekklubs met
skrywers soos Tryna Du Toit, Nan Henning, Ela Spence, Ettie Bierman,
Cornelia Kruger, Ena Murray, ens,ens.

Dit het egter nie bygehou met die emosionele ontwikkeling/ bevryding van
die Afrikaanse vrou nie, en het nie in die behoeftes van die moderne vrou
beantwoord nie.

Hierdie vroue het die Afrikaanse romanwereld verlaat en die Amerikaanse
Harlequins en Engelse Mills en Boons by die miljoene begin lees. Die
Afrikaanse liefdesverhaal boekemark het swaar begin trek. Daarom is daar
toe in die vroeë negentigerjare begin met die ekwivalent in Afrikaans, om
die vroue terug te trek na hulle eie taal. 'n Briljante poging.

Moderne Afrikaanse vroue is goed ontwikkel. Kry nie meer net kinders binne
huweliksverband nie; skei a.g.v. owerspel, aanrandings, alkolisme, kinder
mishandeling, woon buite die eg saam,geniet seksuele verhoudings buite die
huwlik,ens.

Die vroue bly nie meer getroud, "for better of for worse" soos al die jare
deur die Calvanistiese sisteem aan hulle opgedwing is nie. Baie vroue (
wereldwyd) staan ook meer los van die godsdiens ideologieë - waarin hulle
tot onerdanigheid gedwing word. Die moderne vrou maak self deesdae hul
keuses.

Hulle beoefen beroepe, en is 'n broodwinner soos die res van die wereld se
vroue.
'n Ouer wat deesdae investeer in 'n dogter se universiteits-loopbaan,
verwag nie meer 'n geleerde skoonseun as vergoeding nie, maar wel 'n
susesvolle loopbaan, as dividende op die belegging.

Hier in Kanada word die lesers van Mills
> en Boon-boeke beskou as ongekultiveerd en
> agteraf. Jy tipeer jouself as laer-middelklas
> as jy Mills en Boon boeke lees.

Die dae is ook verby dat waarde sisteme aan mense opgedwing word. Dit word
sterk weerspieel in die ontploffing van vroulike letterkundige skrywers op
die nasionale- en internasionale markte - verwys na die ander skrywe vir
jou in hierdie verband -wat jy ignoreer.

Ook kan miljoene vroue nie voorgeskryf word wat hulle moet lees en nie moet
lees nie. Die natuurlike binding van groepe mense met 'n lewenswyse, is 'n
natuurlike evolusionere proses.

Die Hygroman, word in Suid-Afrika deur die middel-middel en
hoër-middelklas vroue gelees. Die laerklas lees nie boeke nie, en daar is
'n baie klein persentasie vroue in die hoër klas van die samelewing.

Terloops: middel- middel klas is die onderwyseresse, verpleegpersoneel,
tiksters, en andere wat tersiêre opleiding gehad het en gemiddelde
salarisse verdien.

Hoër middelklas is doktors, professore, parlementslede,ens.

Die Hoër klas word onder andere gevorm deur mense soos nyweraars,
direkteure van maatskappye, en bankiers. Bloedlyne, en ou geld speel nog 'n
rol by die bepaling van status in meeste tradisionele gemeenskappe van die
wereld. Maar dis die nouveau riche ( in hulle miljoene) wat die lat swaai.

>>
>> Die drank kultuur: Die wyn verbouingskultuur was nog van die begin van
>> hierdie beskawing aan die voet van Afrika, 'n trotse een ,en word nog al
>> die jare deur die inwoners geniet en besing.
>
> Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
> kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.
> Honderd persent korrek. Dit maak nog nie van my en Henri en al die ander alkoliste nie. So wat probeer jy nou eintlik sê.
>
>> " 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"

Die uitdrukking is gefokus op die handelinge van die vrou. Sommige vroue
kan 'n heer in 'n vark laat verander. Wag tot hulle vir jou telgies begin
skool hou, en 'n goed gebalanseerde kind in 'n monster verander. Jy kan
maar altyd na diesulke juffrouens gaan soek as die oorsaak, en jy sal hulle
daar vind in hulle volle glorie.
Die beherende, outokratiese persoonlikheidstipe.

> 'n Heer is 'n heer die hele tyd. Hy wag nie vir
> die vrou om vir hom te laat weet of hy nou soos
> 'n heer moet optree of soos 'n bullebak nie.

Korrek. Maar so kan 'n dame ook 'n bullebak soos 'n heer laat optree! Dit
verstom gewoonlik die wereld.

Ek wonder ook watter soort indruk jy dink jy laat
> van Afrikaner-mans in die stukkie hygroman wat jy
> op die nuusgroep gepos het.
Ek het nog nooit 'n stukkie hygroman geplaas nie. Wel 'n streekvertelling.

> Ek onthou hulle nogal
> meestal as gentleman en gesofistikeerd,

Dit is hulle verseker. Veral ons boerseuns. So is hulle ook warmbloedige
vryers wat die opsitkers doodgeblaas het sodat dit ongeskonde aan skoonpa
terug besorg kon word. Hulle is nog uitgeslape vryers ook. G'n Afrikaner is
d.m.v. 'n korrespondensie kursus of windbestuiwing tot die samelewing
toegevoeg nie.En dis 'n waarborg.
Boonop was dit baldadig geniet. Dit kom nou eers uit.
> en nie
> agteraf ploeteraars wat in jou geskryf deurkom
> nie.
Die lekkerste lekker, vir my, is om al die sektore van die volk te ontdek.
Dis so 'n verrykende ervaring. Maak van my 'n meer toegewyde Afrikaner. Die
ontdekking dat ons mense so normaal is met dieselfde skete en skandes, as
die res van die wereld,
is voorwaar 'n riem onder die hart. Hoef nie meer almal op troontjies te
plaas en dinge te verwag wat nie haalbaar is nie.

Terloops, die Mills en Boons word volgens
> streng resepte hier in Kanada geskryf (deur
> skrywers van oor die hele wereld) en een van die
> voorvereistes is 'n baie romantiese mansfiguur.
> Die lesers is gewoonlik verveelde huisvroue, die
> soort wat na die soap operas kyk.

Dieselfde hier.
>
> Gloudina

Lekker dag vir jou Gloudina.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15777 is 'n antwoord op boodskap #15776] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Griet
Griet skryf:

> Moderne Afrikaanse vroue is goed ontwikkel.

Veral daar waar dit saak maak, ná Griet!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15801 is 'n antwoord op boodskap #15337] Sa, 13 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Henri Burger" wrote:
>
>
> Griet
> Griet skryf:
>
>> Moderne Afrikaanse vroue is goed ontwikkel.
>
> Veral daar waar dit saak maak, ná Griet!
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
> Ek sien hier is n "Helen" wat "cybersex" by die nuusgroep soek.
Dalk wil julle vir haar gaan wys hoe goed julle ontwikkel is waar
dit saak maak...
Billy.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15849 is 'n antwoord op boodskap #15337] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kru...  is tans af-lyn  kru...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
wrote:
>
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Ek vermoed dat Griet se fout daarin lê dat sy miskien nog nooit 'n "mills &
>> boon" gelees het nie.

Ek het duisende van die goed gelees. Ek het 'n buurvrou wat my voorraad
gereeld aangevul het. Dit was soort van die enigste onderwerp waaroor ons 'n
sinvolle gesprek kon voer, en hiervoor moes ek "op hoogte" kom. Sy het sowat
10 jaar gelede met voorraad en al verhuis.

>>
>>
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15868 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:
>
>>> .........en in die verlede selfs aangesluit het by eksistensiële
> filosofie.
>>
>> Ek kan nie glo dat iemand hierdie opmerking
>> kan kwytraak nie. Of is Sartre se romans nou
>> ook hygromans?


Ag, ou Griet, kan jy nou nie eens
sarkasme wat dik opgesmeer is, herken
nie?

> Nou's ons skoon in die filosifie in, en dit net omdat Gloudina nie 'n
> onderskeid kan tref tussen 'n hygroman en 'n streekvertelling nie.

Nee, Griet, ek weet wel wat die verskil
is tussen 'n hygroman en 'n streekvertelling.
Onthou, ek is opgelei in die letterkundige
wetenskap. Ek het 'n meesters-verhandeling
geskryf getiteld "Enkele trekke van die
Eksistensialisme in die werk van D.J. Opperman."
Jy hoef dus nie eintlik vir my te verduidelik
waaroor dit in die Eksistensialisme gaan nie.


> Die resensie wat handel oor die streekvertelling as gegrond in die
> eksistensiële
> filosofie, het niks met hygromans te doen nie. Gloudina het nou weer nie
> haar pille gedrink nie, en steek nou by fornikasie vas.

Wel, ou Griet, nou join jy die Johan Potgieter-
crowd en begin oor "pille" praat. Dis om vir 'n
mens moedeloos te maak, as iemand wat intellek-
tueel probeer praat, nou sulke snert tussenin
gooi.

> Friederich Nietsche, die Duitse filosoof het die lewe self as onderwerp van
> studie gedoen, as teenwig teen die anemiese belangstelling in die
> geskiedenis van die mens, en die Christen filosowe se "slaaf moraliteit

Ha, ha, ha. Nou is ons ook 'n outoriteit
op Nietzsche (gespel met 'n ekstra z)

> Streekvertellinge is dus eksistensiële filosofie in storie vorm. Baie
> belangrik. Die resensie is dus geregverdig, wat streekvertellinge
> aanbetref.

Streekvertellinge is nie eksistensiele
filosofie in storie-vorm nie, ou Griet.
Wat het jy al van Sartre gelees? Ek dink
jy het die oorspronklike stuk kritiek
verkeerd gelees. Die skrywer het miskien
net die byvoeglike naamwoord "eksistensieel"
gebruik.

> Om te sê dat Jean Paul Satre nou 'n hygromanskrywers is, is om Tolla
> v.d.Merwe se storie oor 'n kroegman se idee van logika na te volg:

Nou wie het gesê dat Sartre (met 'n ekstra r)
'n hygromanskrywer is? Kan jy nie ernstige
smalende sarkasme verstaan nie?

Terloops, ek dink dat die "Om die Hardekoolvuur"
van Henri Burger baie goed is. Nie alleen is wat
hy vertel goed nie, maar sy styl is goed, en sy
kontrole van die taal is goed. Ons sien, hier op
die nuusgroep, uitstekende stoepvertellings. En
dit het meeste van die tyd ook die intensiteit
en energievlak van 'n GOEIE hygroman.

Gloudina
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15869 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:
>
>> Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
>> Harlequin.

>> .........en in die verlede selfs aangesluit het by eksistensiële
filosofie.
>
> Ek kan nie glo dat iemand hierdie opmerking
> kan kwytraak nie. Of is Sartre se romans nou
> ook hygromans?
> Kerneels Breytenbach,
> Die bietjie wat ek van hom gelees het, was baie
> steriel. En 'n poging om cute te wees. Cuteness
> het nog nooit goeie kuns veroorsaak nie.

Nou's ons skoon in die filosifie in, en dit net omdat Gloudina nie 'n
onderskeid kan tref tussen 'n hygroman en 'n streekvertelling nie. Voor ons
arme Sartre nou as hygromanskrywer kroon, net 'n regstelling.

Kerneels Breytenbach skryf nie hygromans nie, Gloudina. Hy skryf, onder
andere 'n vorm van streekvertelling. Ek stem saam met jou dat Kerneels 'n
bietjie lig in die broek is, en probeer "cute" wees. Kerneelsie en sy
manewalisse op papier is egter nie hier van toepassing nie.

Die resensie wat handel oor die streekvertelling as gegrond in die
eksistensiële
filosofie, het niks met hygromans te doen nie. Gloudina het nou weer nie
haar pille gedrink nie, en steek nou by fornikasie vas.

Filosofie + Eksistensialisme + Jean Paul Sartre = die subjektiewe studie
van die mens in sy omgewing.
Filosofie = ondersoeking, spekulasie, studie,ens.
Eksistensialisme = ( 20 e eeuse filosofie) Vertrekpunt: die mens in sy
natuurlike omgewing

Friederich Nietsche, die Duitse filosoof het die lewe self as onderwerp van
studie gedoen, as teenwig teen die anemiese belangstelling in die
geskiedenis van die mens, en die Christen filosowe se "slaaf moraliteit"

Volgens hom het die tradisionele- en Christenfilosowe weg beweeg van die
werklikheid, en gekonsentreer op die "Hemele" en "die wereld van idees".
Na sy mening was hulle persepsie van die werklikheid eintlik 'n
pseudo-werklikheid.

Sartre, wat onder andere deur Nietsche beïnvloed was ( en hom aan die kant
van Marx geskaar het), het die standpunt gehuldig dat eksistensialisme niks
anders as humanisme is nie. Dit in 'n neutedop.

M.a.w. Gloudina. Streek vertellinge, gebaseer in eksistensiële filosofie
beteken dus maar net dat die stories 'n subjektiewe ondersoeking van die
menslike gedrag in sy natuurlike omgewing is. Die streekvertellng is ook
gegrond op *werklike* gebeure, wat dit onderskei van ander vertellinge soos
P.G. Du Plessis se Koöperasie-stories wat die werklikheid in fiksie vorm
weergee. Daar is 'n verskil.

Streekvertellinge is dus eksistensiële filosofie in storie vorm. Baie
belangrik. Die resensie is dus geregverdig, wat streekvertellinge
aanbetref. Dit maak nie van Sartre 'n hygromanskrywer nie.

Om te sê dat Jean Paul Satre nou 'n hygromanskrywers is, is om Tolla
v.d.Merwe se storie oor 'n kroegman se idee van logika na te volg:

As 'n man 'n visstenk het, is hy lief vir diere;
As hy lief is vir diere, is hy lief vir kinders;
As hy lief is vir kinders, is hy lief vir vrouens;
Ma.w. as 'n man nie 'n visstenk het nie is hy 'n moffie.

Arme Jean Paul Sartre.

Lekker dag vir jou.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15917 is 'n antwoord op boodskap #15337] Do, 25 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, my nuusbediener plaas baie beslis nie al die artikels op die
nuusgroep nie. Hierdie een van jou het ek in Dejanews gesien, en nie hier
op die NG nie. Die laaste baie dae is daar volgens my bediener, geen
plasings op hierdie NG gedoen nie. Ek hoop nie ander mense het dieselfde
dem probleem nie.

>>> .........en in die verlede selfs aangesluit het by eksistensiële
> filosofie.
>>
>> Ek kan nie glo dat iemand hierdie opmerking
>> kan kwytraak nie. Of is Sartre se romans nou
>> ook hygromans?

> Ag, ou Griet, kan jy nou nie eens sarkasme
>wat dik opgesmeer is, herken nie?

As ek 'n streek vertelling aanhoudend definieer word as hygroman, en die
hele blaps 'n blops sarkasme noem word .......genade'tjie, wie gaan dit vir
sarkasme erken?
Maar jy leer ons baie mooi Gloudina, hoe om foute toe te smeer. Doet zo
voort.

>> Nou's ons skoon in die filosifie in, en dit net omdat Gloudina nie 'n
>> onderskeid kan tref tussen 'n hygroman en 'n streekvertelling nie. Voor ons
>> arme Sartre nou as hygromanskrywer kroon, net 'n regstelling.

>Nee, Griet, ek weet wel wat die verskil is tussen 'n hygroman
> en 'n streekvertelling.

Jy't maar ietwat gesukkel om by hierdie punt uit te kom. Baie geluk.

> Onthou, ek is opgelei in die letterkundige wetenskap. Ek het
'n meesters- >verhandeling geskryf getiteld "Enkele trekke van
die Eksistensialisme in >die werk van D.J.Opperman." Jy hoef dus nie
eintlik vir my te verduidelik
>waaroor dit in die Eksistensialisme gaan nie."

Baie geluk. Dis seker die rede hoekom ons jou geselskap so baie geniet. Jy
kan nogal sinvol deelneem as dit moet. Nee wag, ek hou nou sommer vreeslik
baie meer van jou. Jy moet nou net 'n slag baie positief begin gesels oor
ons nuutste publikasies, dan gaan ek jou geselskap aanhoudend begin opsoek.
Die Afrikaanse Letterkunde is nogal vir my net so na aan die hart as my man
en onse telgies.

>
>> Die resensie wat handel oor die streekvertelling as gegrond in die
>> eksistensiële
>> filosofie, het niks met hygromans te doen nie. Gloudina het nou weer nie
>> haar pille gedrink nie, en steek nou by fornikasie vas.

>Wel, ou Griet, nou join jy die Johan Potgieter-cowd en begin oor "pille"
>praat. Dis om vir 'n mens moedeloos te maak,.....

Ja, ek simpatiseer met jou. Dis net so irriterend as wanneer iemand
aanhoudend vir 'n apartheidsvark uitgeskel word. Of jy nou van die weer of
van daaglikse gebeure skryf - sommige mense trek altyd die gesprek terug na
die ou uitgetrapte retoriek.
Klink dit bekend. Hierdie modus operandi van sekere deelnemers jaag baie
lesers van die NG af weg. Maar gun nou maar vir almal dieselfde ou
retoriese plesiertjies.

>..as iemand wat intellektueel probeer praat, nou sulke snert tussenin
gooi.

Mmmmm, ja. Los maar die intellektueel probeer praat. Ek lyk maar net so
intellektueel en intelligent, maar dis omdat ek my hare so kam..... Die
snert praat is deel van my geneties-oorgeërfde poel. Die snertpratery van
mense hou ek besonder baie van. Makilk begryplik.

>> Friederich Nietsche, die Duitse filosoof het die lewe self as onderwerp van
>> studie gedoen, as teenwig teen die anemiese belangstelling in die
>> geskiedenis van die mens, en die Christen filosowe se "slaaf moraliteit"

> ha, ha, ha. Nou is ons ook 'n outoriteit op Nietzche (gespel met
>'n ekstra z )

Nee, o genade, spaar Nietzche dit. Hy was maar net een van die vele
filosowe
wat my 'n paar jaar op universiteit besig gehou het. Dit het nogal geneuk
om wakker te bly tydens die lesings.Huidiglik loop my kinders deur onder
die ou wysgere, want ma glo hulle moet so ietwat meer van die mens en sy
psige weet. Maar dankie, Gloudina, dis baie gaaf van jou om my as
outoriteit te wil beskou. Ek sal maar nie
die eerbetoon aanvaar nie. Terloops, nou dat ek daaran dink, wanneer kan 'n
mens jouself as outoriteit op 'n gebied verklaar?

>> Streekvertellinge is dus eksistensiële filosofie in storie vorm.

>Streekvertellinge is nie eksistensiele filosofie in storie-vorm nie, ou
Griet.

Ja, jy's reg. Nie alle streekvertellinge kwalifiseer as eksistensiele
filosofie in storie-vorm nie.

>Wat het jy al van Sartre gelees?

Sartre was een van die groot oumenere wat 'n sinvolle deel van my
studieveld in die Sosiologie, en Filosofie uitgemaak het. Vanuit die
sosiologiese perspektief was ons nogal met die man gebombardeer.Te veel van
sy denkrigtings gelees om dit hier op te noem. Vir die pret, om hom as
denker en mens beter te verstaan het ek sy outobiografiese roman "Nausea"
gelees. Sy filosofiese volumes "Being" en "Nothingness" was deel van my
studieterrein.

>Ek dink jy het die oorspronklike
>stuk kritiek verkeerd gelees. Die skrywer het miskien net die byvoeglike
> naamwoord"eksistensieel" gebruik.

Die kritiek is geplaas presies soos dit geskryf is. Ek het dit dus nie
verkeerd gelees nie.

>> Om te sê dat Jean Paul Satre nou 'n hygromanskrywers is, is om Tolla
>> v.d.Merwe se storie oor 'n kroegman se idee van logika na te volg:

> Nou wie het gesê dat Sartre ( met 'n ekstra r ) 'n hygromanskrywer is?

Dit was gelukkig nie ek nie. Weet jy wie dit geïmpliseer het?

> Kan jy nie ernstige smalende sarkasme verstaan nie?

Nee, goed opgevoede mense weet nie wat dit beteken nie, en sal dus ook nie
erken nie. Jammer hoor.

>Terloops, ek dink dat die "Om die Hardekoolvuur"
>van Henri Burger baie goed is. Nie alleen is wat hy vertel goed nie, maar
sy >styl is goed, en sy en sy kontrole van die taal is goed. Ons sien,
hier op >die nuusgroep, uitstekende stoepvertellings.

Maar jy staan gesteierd en verbysterd deur Griet se blatante vertellings.
Ek neem aan jy wil almal, behalwe vir Griet, aanmoedig om die
stoepvertellings voort te sit. Ek stem saam met jou oor Henri s'n. Dis baie
goed - in 'n "beskaafde" genre geskryf.
Henri kry ons almal se aanmoediging.

> En dit het die meeste van die tyd ook die intensiteit en energievlak van
'n >GOEIE hygroman.

O moeder, nou't ek die vlugsout nodig. Ha, ha, ha. ...............

Lekker dag vir jou, hoor.
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15924 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 26 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
>
> "Griet" writes:
>
>> Gloudina, my nuusbediener plaas baie beslis nie al die artikels op die
>> nuusgroep nie. Hierdie een van jou het ek in Dejanews gesien, en nie hier
>> op die NG nie. Die laaste baie dae is daar volgens my bediener, geen
>> plasings op hierdie NG gedoen nie. Ek hoop nie ander mense het dieselfde
>> dem probleem nie.
>
> Ons het self probleme met ontvangs gehad,
> maar die rede was lokaal.
>
> Gloudina

Miskien help lokale verdowing. Nie vir die ontvangs nie, maar darem vir die
pyn ;^)

In elk geval dit lyk my asof ek met my herworteling (of is dit nou
verworteling of miskien oorplanting? Ontworteling werk nie, want sien, ek is
nog steeds soort-van gewortel, maar net iewers anders. Miskien verplanting?
Al julle taalkundiges help asseblief?) uitgemis het op 'n hele prettige reeks
redevoerings (of is dit nou redekawelings?) met iets te doen met hygromans en
die invloed van eksistensialisme op die algeme populasiegroei en
vryetydsbesteding van die gemiddelde Afrikaner... wat was ek nou weer besig
om te sê?.... o ja... hoewel ek nog nie een van hierdie nuwe literêre wonders
gelees het nie, sou ek wel sê dat as dit enigsins iets te doen het met wat
dit lyk dit te doen het, dan het dit wel iets te doen met
streeksvertellings. Ek meen - wat kan nou 'n lekkerder titel vir 'n hygroman
wees as "Die streke en die strepe van die seksueel ontgogeldes van Pofadder".
Dan weer... miskien is dit te lank vir 'n titel. Wat was ek nou weer besig on
te sê?... Aag wel - vergeet dit....

>
>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Hygromans en alkohol [boodskap #15925 is 'n antwoord op boodskap #15337] Vr, 26 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:

> Gloudina, my nuusbediener plaas baie beslis nie al die artikels op die
> nuusgroep nie. Hierdie een van jou het ek in Dejanews gesien, en nie hier
> op die NG nie. Die laaste baie dae is daar volgens my bediener, geen
> plasings op hierdie NG gedoen nie. Ek hoop nie ander mense het dieselfde
> dem probleem nie.

Ons het self probleme met ontvangs gehad,
maar die rede was lokaal.

Gloudina
Vorige onderwerp: Tuisblad!!
Volgende onderwerp: Re: Ons is hier!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:12:24 MGT 2024