Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » bitter pil.
bitter pil. [boodskap #15796] Sa, 13 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dalk ly ek nog aan dieselfde siekte waarin soveel goeie Afrikaners
al verstik het. Die ou grappie dat "denail" nie n rivier in Egipte is nie.
Ek het met diepe skok en verdriet gister gehoor dat die vorige
regering - waarin ek as kind grootgeword het- gifstowwe ontwikkel
het waarmee hulle die swart mense in ons land wou beheer of aanval.
Wat my so ruk is dat die mense wat sulke stowwe ontwikkel het dit
sekerlik gedoen het uit n sieke strewe na n toekoms vir my en my
mede Afrikaners.
Hoe gaan ons ooit die gemors skoon maak? Hoe kon enigiemand
met n greintjie intelligensie of menslikheid ooit dink dat vrede gebou
kon word met die stene van sulke wandade?
Hoe dik ek nou ookal my moer getrek het vir die domastrandheid van
die vorige regering, wat ek nou gehoor het is die laaste strooi.
Ek skaam my nou om te se ek is n Afrikaner.

En terwyl ek nou hier uitpak, laat ek nou maar die hele lot laat val. Ek is
beslis nie die enigste een in diepe, diepe "denail" nie. Ek was weg en besig
en die lewe is vol draaie, dus het ek nie laas week tyd gehad om iets te se
wat ek toe moes gese het nie. Iemand het gese dat mev. Malan haar man moes
beinvloed om sogenaamd Christelik die land te beheer (dit was n verwysing na
Paton se Cry the Beloved Country.) Ek hoop ek het die aanhaling reg onthou.
Vergewe my as ek die ding skeef beskryf . Nou wil ek weet hoekom Malan dit
van sy vrou moes hoor? Kon hy nie self met die bright idea voor n dag gekom
het nie? Ek weet goed dat vrouens nie toe tot magsposisies verkies kon word
nie, maar, regtigwaar, hy was die een wat die amp beklee het. Dus moet hy ook
die een wees wat die krag het om morele besluite te neem en uit te voer. Dit
is nie vroulief se werk in die lewe om manlief die lig te laat sien nie. Ek
glo ook dat dit n baie naiwe stelling is want as dit nie die meerderheid van
die mense gepas het om so te lewe nie, sou dit nie gebeur het nie. Ons het
as n volk, as n nasie beskluit dat ons apartheid wil he. Ons tannies wou
ousise in die kombuis en outas he wat die tuin oppas. Om te se dat een gawe
antie haar man kon vra om gaaf te wees en dan sou ons geskiedenis anders wees
is vir my n manier om verantwoordelikheid vir die verskriklike gemors te
vermy. Of ons voorvaders en moeders dit nou weet of wil weet, die prys vir
ons wandade as an nasie is te hoog. Nou moet ons die bitter pil wat ons in
andere se kele wou afwurg self drink. Ek bedoel glad nie n oortlog of n
bloedbad nie. Ek bedoel juis die tipe onsekerheid, angst en grenslose
verlies op alle vlakke wat beleef word deur enige denkende Afrikaner en wit
Suid Afrikener - die juiste dinge wat julle almal hier op die net noem. Nou
is daar seker baie van julle wat dik is vir my. Wees maar kwaad, dis OK.
Maar dink ten minste na oor wat ek se. Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: bitter pil. [boodskap #15813 is 'n antwoord op boodskap #15796] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Billy skryf:

> Ek skaam my nou om te se ek is n Afrikaner.

Hoekom? Was die Afrikaner nog al die jare 'n monolitiese eenheid? Ek dink
alles behalwe. As jy direk betrokke was by hierdie dinge, het jy rede om jou
te skaam. Ek sien geen rede hoekom ek verantwoordelikheid moet aanvaar vir
dinge waarmee ek niks te doen gehad het nie, en totaal onbewus van was.

Daar is en was genoeg Afrikaners wat bygedra het om hierdie land uit te bou
en te ontwikkel, dat dit nie vir jou nodig is om 'n minderwaardigheids
kompleks daaroor te hê nie.

Die vraag is, wat doen ons vorentoe.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: bitter pil. [boodskap #15814 is 'n antwoord op boodskap #15796] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Billy skryf:

> Dis n goeie vraag. Gaan ons weer n kans kry om n belangrike
> rol te speel of is dit nou neusie verby want ons getalle daal so erg?

As jy bedoel politieke mag, leef jy in dieselfde droomwêreld as die NP en
DP.

> Wat, after all,
> is ons rol in Suid Afrika?

Miskien moet jy vra in Afrika. Is ons nie die enigste ouens van Europese
afkoms wat vir langer as 300 jaar in Afrika kon uithou nie? In daardie 300+
jaar het ons maar min of meer die laaste 50 jaar die politieke mag gehad.
Wat het ons die res van die tyd gedoen - definitief nie op 'n hoop gesit en
krepeer nie.

Ons rol lê op die gebied van wetenskap, handel en landbou - gebiede waar die
regering nie vir ons sorg nie, maar ons dit self moet doen.

Onlangs praat 'n bestuurskonsultant hier by ons - hulle is op verskeie
gebiede internasionaal betrokke. Hy sê hy loop Afrikaners in plekke soos
Uganda, Kenia en Tanzanié raak, besig om besighede te bedryf. Daar is ouens
wat boer in Mosambiek, Zambië en elders. Dink jy hulle is sonder doel?

> Is dit nou die tyd om ons kultuur volkome
> met die ander rasse te smee sodat ons werklik een >nasie word?
> Dan sal ons ontwikkel en nie meer uitstaan as >"Afrikaner" nie

Die definisie van wat 'kultuur' behels, was nog nooit maklik nie, en is ook
nie iets wat konstant bly, of onaangeraak voortgaan wanneer dit met ander
kulture in aanraking kom nie. Daar is geen rede hoekom ons ons identiteit
moet prysgee nie. Ons sal aanhou Afrikaans praat, Afrikaanse liedjies vir
ons kinders leer, rugby speel en kyk, en braaivleis hou en biltong maak.

Wat ons wel sal moet doen, is om te besef dat ons hierdie land met mense
deel wat verskil van ons, en die manier waarop ons dinge doen. Miskien sal
dit ons baat om te probeer verstaan hoekom ander mense dinge anders doen en
ervaar as ons.

Ek praat nou deurgaans van 'ons', maar wil net weer daarop wys dat daar nie
'n monolitiese 'ons' bestaan nie. Ons ouens hier op Tzaneen verskil in ons
lewensuitkyk van die ouens onder in die Kaap. Tzaneen verskil van Louis
Trichardt net oor die bult. Ek verskil van my buurman.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: bitter pil. [boodskap #15815 is 'n antwoord op boodskap #15796] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Henri Burger" wrote:
>
> Billy skryf:
>
>> Ek skaam my nou om te se ek is n Afrikaner.
>
> Hoekom? Was die Afrikaner nog al die jare 'n monolitiese eenheid? Ek dink
> alles behalwe. As jy direk betrokke was by hierdie dinge, het jy rede om jou
> te skaam. Ek sien geen rede hoekom ek verantwoordelikheid moet aanvaar vir
> dinge waarmee ek niks te doen gehad het nie, en totaal onbewus van was.
>
> Daar is en was genoeg Afrikaners wat bygedra het om hierdie land uit te bou
> en te ontwikkel, dat dit nie vir jou nodig is om 'n minderwaardigheids
> kompleks daaroor te hê nie.
>
> Die vraag is, wat doen ons vorentoe.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
> Dis n goeie vraag. Gaan ons weer n kans kry om n belangrike
rol te speel of is dit nou neusie verby want ons getalle daal so erg?
Ek het voorheen verwys na die Kalvinistiese invloed wat soveel
verwoesting gesaai het want party mense het geglo dat ons die
reg en die plig het om absoluut die leiers te wees. Wat, after all,
is ons rol in Suid Afrika? Is dit nou die tyd om ons kultuur volkome
met die ander rasse te smee sodat ons werklik een nasie word?
Dan sal ons ontwikkel en nie meer uitstaan as "Afrikaner" nie,
maar ons nageslag sal dalk n toekoms he?
Billy.
Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: bitter pil. [boodskap #15816 is 'n antwoord op boodskap #15796] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Voel net skuldig as jy toe Nasionaal gestem het. Daar was baie 'Afrikaners'
wat die lig toe al gesien het.
.
bi...@mgenerations.net wrote in message ...

> Ek het met diepe skok en verdriet gister gehoor dat die vorige
> regering - waarin ek as kind grootgeword het- gifstowwe ontwikkel
> het waarmee hulle die swart mense in ons land wou beheer of aanval.
> Hoe dik ek nou ookal my moer getrek het vir die domastrandheid van
> die vorige regering, wat ek nou gehoor het is die laaste strooi.
> Ek skaam my nou om te se ek is n Afrikaner.
>
Re: bitter pil. [boodskap #15817 is 'n antwoord op boodskap #15796] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit altyd weggesteek, maar nee, ek was nooit n nat nie.
Tog, ons was almal daar en deel van die sisteem wat so droog
gemaak het.
Billy.

in article ,
wrote:
>
> Voel net skuldig as jy toe Nasionaal gestem het. Daar was baie 'Afrikaners'
> wat die lig toe al gesien het.
> .
> bi...@mgenerations.net wrote in message ...
>
>> Ek het met diepe skok en verdriet gister gehoor dat die vorige
>> regering - waarin ek as kind grootgeword het- gifstowwe ontwikkel
>> het waarmee hulle die swart mense in ons land wou beheer of aanval.
>> Hoe dik ek nou ookal my moer getrek het vir die domastrandheid van
>> die vorige regering, wat ek nou gehoor het is die laaste strooi.
>> Ek skaam my nou om te se ek is n Afrikaner.
>>
>
>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: bitter pil. [boodskap #15818 is 'n antwoord op boodskap #15796] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Jun 1998 20:43:20 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:

al verstik het. Die ou grappie dat "denail" nie n rivier in Egipte is nie.>>[/color]

Dit het gebeur.
Ons het gebaat daarby - al was dit onbewustelik.
Dit is wat die lewe aan ons uitgedeel het.

Jy erken dit. Dan is dit oor.
Om te kan erken - en dit is te onderskei van kruip en jouself met
elektriese drade slaan en sulke dinge - net te kan erken dat dit
gebeur het en dat dit 'n fout was. En dit reguit te se.

Dit ontsluit vernuwing.

Nou bou ons die toekoms.
Re: bitter pil. [boodskap #15830 is 'n antwoord op boodskap #15796] Ma, 15 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
>
> En dan, om asseblief te probeer om 'n ordentlike Afrikaanse rock band
> aan die gang te kry. Een wat my kinders kan laat regop sit en vra;
> "wat is dit?!"
>
> Nie 2dehandse kommersiele musiek soos Steve Hofmeyer nie.
>
> Oorspronklike, goeie en unieke rock.
>
Dit pas nie miskien heeltemal jou definisie nie, maar my stem gaan vir die
'Blues Broers'.
En ook nog natuurlik JK vir oorspronklike musiek.
Re: bitter pil. [boodskap #15831 is 'n antwoord op boodskap #15796] Ma, 15 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Jun 1998 19:47:38 -0600, "Henri Burger"
wrote:

regering nie vir ons sorg nie, maar ons dit self moet doen. >>[/color]

En om te probeer om ons lewens te leef aan die hand van beginsels. Om
dit te doen sonder om eers te probeer om die effek daarvan te bereken.
Net die beginsels te ontwikkel en aan die hand daarvan te leef.

En om Afrikaans te bly praat.
So kan baie gedoen word om die balans rakende "die Afrikaner" (ek stem
saam met jou Henri, maar daar is ook beslis 'n persepsie oor
Afrikaners) vir ons kinders te herstel.

(En hopelik vir ons ook. )

En dan, om asseblief te probeer om 'n ordentlike Afrikaanse rock band
aan die gang te kry. Een wat my kinders kan laat regop sit en vra;
"wat is dit?!"

Nie 2dehandse kommersiele musiek soos Steve Hofmeyer nie.

Oorspronklike, goeie en unieke rock.
Re: bitter pil. [boodskap #15844 is 'n antwoord op boodskap #15796] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Jun 1998 04:03:31 -0500, "IRQ0" wrote:

Jy erken dit. Dan is dit oor.
>
> Not by a long shot Ferdi. Dag in en dag uit word dit in ons keelgate
> afgedruk. Kyk maar na wat in hierdie nuusgroep gese word. Kyk maar hoe hou
> die politici in SA aan hamer op die feit dat blankes aanhou jammer wees.>>>

> Om te kan erken - en dit is te onderskei van kruip en jouself met
>> elektriese drade slaan en sulke dinge - net te kan erken dat dit
>> gebeur het en dat dit 'n fout was. En dit reguit te se.
>>
>> Dit ontsluit vernuwing.
>>
>> Nou bou ons die toekoms.
>>
> Nee. Elke keer dat iemand weereens verwag ek moet dit sê, raak ek net meer
> die moer in. Hoeveel keer moet ek dit in my lewe sê???>>

As jy vrede daarmee gemaak het, pla dit jou nie meer nie.

Dis die hele idee.
Re: bitter pil. [boodskap #15846 is 'n antwoord op boodskap #15796] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
> As jy vrede daarmee gemaak het, pla dit jou nie meer nie.
>
> Dis die hele idee.
>
Vrede maak met die feit dat ek vir die volgende 20 jaar elke dag verskoning
moet maak vir my eie bestaan?

Nee wat Ferdi, trek die ander een, hy't sulke mooi klokkies aan wat die
nuutse Spice girls song speel.

Dit gaan heeltemal teen die grein van afrikanerdom in om so te moet leef.
Was dit nie 'n groot rede vir die boere oorlog ook nie? Dat afrikaners 'n
trotse lewe wou lei nie?

Groete
Neels
Re: bitter pil. [boodskap #15847 is 'n antwoord op boodskap #15796] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sat, 13 Jun 1998 20:43:20 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>
> Jy erken dit. Dan is dit oor.

Not by a long shot Ferdi. Dag in en dag uit word dit in ons keelgate
afgedruk. Kyk maar na wat in hierdie nuusgroep gese word. Kyk maar hoe hou
die politici in SA aan hamer op die feit dat blankes aanhou jammer wees.

> Om te kan erken - en dit is te onderskei van kruip en jouself met
> elektriese drade slaan en sulke dinge - net te kan erken dat dit
> gebeur het en dat dit 'n fout was. En dit reguit te se.
>
> Dit ontsluit vernuwing.
>
> Nou bou ons die toekoms.
>
Nee. Elke keer dat iemand weereens verwag ek moet dit sê, raak ek net meer
die moer in. Hoeveel keer moet ek dit in my lewe sê???
Re: bitter pil. [boodskap #15856 is 'n antwoord op boodskap #15796] Do, 18 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Jun 1998 18:19:25 -0500, "IRQ0" wrote:

moet maak vir my eie bestaan?>>[/color]

Ek dink nie jy het my goed verstaan nie. Wat ek bedoel is: As ek dit
met myself uitgemaak het - die verlede - en dit in die oe gekyk het,
dan sit ek dit agter my. En dan raak dit my nie meer om daarmee
gekonfronteer te word nie. Dan is ek bevry daarvan.
As ek dit uitgesorteer het met myself en dit erken het, dan is dit
oor. Dan is ek nie meer deel daarvan nie. Dan het ek dit afgegooi. Dan
KAN ek dit afgooi. En as ek dit afgegooi het en dit nie meer deel van
my is nie, dan kan ek nie meer daarmee bygekom word nie.

Besides, wat stel jy voor doen 'n mens as die verlede weereens opduik.
Sluit jy jou oe? Stem jy skielik saam daarmee omdat jy gatvol daarvan
is om dit te verwerp? Maak jy asof jy dit nie gehoor het nie?
Vorige onderwerp: wat dink julle?
Volgende onderwerp: Een liedje voor afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 13:55:55 MGT 2024