Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Corne Mulder se toespraak
Corne Mulder se toespraak [boodskap #15576] |
Fri, 05 June 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht ...
> oos...@geocities.com writes:
>
>
> �� I am the grandchild� of� Kmdt. Pieter Mulder
>> who took up arms against his own brother in 1914 when his brother did not
>> honor the blood oath they swore in 1902 . An oath to take up arms against the
>> British at the first opportunity to regain their freedom. In my soul lives
>> the ideals and cries for freedom of 26 000 Afrikaner women and children -
>> those who died in British Concentration camps. Those who inspired their men
>> to fight on, to never surrender.� May their suffering and pain, their anguish
>> and despair not have been in vain.
>
> ���������� Hoe word die ou ikoon-knoppies gedruk.
> ���������� Tipiese Transvaler-talk. Vergeet dat
> ���������� 'n hele klomp Afrikaners 'n hele ander
> ���������� agtergrond in ander dele van die land
> ���������� gehad het.
"Ander dele van die land" Soos die Rebellie, waarna hy hier verwys, waarin die
Noord-Kaap 'n groot rol gespeel het?
> ������� Vir dekades is al die
> ���������� ander Afrikaners aan hierdie Transvaal-
> ���������� talk geonderwerp, en later was dit
> ���������� verraad om anders te dink.
Gee 'n voorbeeld van denke wat "verraad" was, Gloudina!
> ����������� Maar gelukkig
> ���������� is daardie dae verby. Die Afrikaners
> ���������� lees nou hygromans en sit op die stoep
> ���������� en drink en luister nie meer na al die
> ���������� ou soort Transvaaltalk-indoktrinasies
> ���������� nie.
>
> ���������� En die lastering van die man. Om die
> ���������� vrees van rassistiese Afrikaners van
> ���������� uitwissing, net omdat hulle nie hulle
> ���������� pie-in-the-sky Volksstaat kan kry nie,
> ���������� nou te vergelyk met die toestand van
> ���������� die Eerste nasies van Amerika. Waar
> ���������� sal hierdie tweegesig-jakkalse tog
> ���������� ophou om vir hulself 'n rad voor die
> ���������� o"e te draai.
Jy vang dit nog nie, nie waar nie Gloudina? Die gehoor was nie Afrikaners nie.
Dit was die ANC. Dis waarom die toespraak in Engels was, heeltemal teen Mulder
se party se beleid.
En dit lyk asof die ANC dit nogal bietjie ernstig opgeneem het, as mens die
geluide wat hulle sedertdien gemaak het as eerlik kan opneem (Vali Moosa wat
weer beloftes maak oor volkstate en so aan). Maar, om iets wat die ANC sê as
eerlik op te neem is natuurlik baie naief. Toevallig (so se Viljoen) het die
toespraak saamgeval met die diefstal van groot hoeveelhede wapens van die
Valskermbataljon - en dit lyk asof ver-regse elemente verantwoordelik was vir
die diefstal.
Viljoen het, na die urelange gesprek wat Mbeki met hom oor die toespraak
gevoer het genoem dat daar weer, soos in die verlede beloftes was. Hy wys,
heeltemal ten regte, daarop dat die ANC slegs reageer op druk. Sy advies
(stem nogal ooreen met joune) is dat Afrikaners moet ophou kla, en moet begin
druk uitoefen.
Ek sien die week dat die boere nou 'n resolusie by 'n internasionale forum van
landbouers gebkry het wat die misdaad op boere veroordeel, en blykbaar is
sanksies nie uitgesluit as die regering nie iets begin doen nie.
Harald Pakendorf sing gereeld die deuntjie op Kommentaar, Sondagaande, dat die
dinge wat in die "wit" politiek gebeur en in die "wit" media gerapporteer word
eintlik irrelevant is vir die grootste deel van die mense in die land. Tim du
Plessis van Beeld sing agterna.
Ek dink die ouens maak 'n fout. Die teenwoordigheid van 'n onrustige
minderheid kan nooit irrelevant wees nie - die paar krummeltjies wat van die
inboorlinge wat in lande soos Kanada en Australië oorgebly het toon dit. In
Suid-Afrika is die Afrikaners 'n veel meer getalryke minderheid as enige van
die eersgenoemde groepe. En hulle het veel meer ekonomiese en organisatoriese
mag om hul onrus te laat voel.
En as dit "transvaler talk" is, ou ding, mag dit jou preutse biduursnobisme
stimuleer, maar dit maak dit niks minder ongemaklik vir die ANC nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15603 is 'n antwoord op boodskap #15576] |
Sat, 06 June 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
oos...@geocities.com writes: >
> Jy vang dit nog nie, nie waar nie Gloudina? Die gehoor was nie Afrikaners nie.
> Dit was die ANC. Dis waarom die toespraak in Engels was, heeltemal teen Mulder
> se party se beleid.
>
> En dit lyk asof die ANC dit nogal bietjie ernstig opgeneem het, as mens die
> geluide wat hulle sedertdien gemaak het as eerlik kan opneem (Vali Moosa wat
> weer beloftes maak oor volkstate en so aan). Maar, om iets wat die ANC sê as
> eerlik op te neem is natuurlik baie naief. Toevallig (so se Viljoen) het die
> toespraak saamgeval met die diefstal van groot hoeveelhede wapens van die
> Valskermbataljon - en dit lyk asof ver-regse elemente verantwoordelik was vir
> die diefstal.
>
> Ek dink die ouens maak 'n fout. Die teenwoordigheid van 'n onrustige
> minderheid kan nooit irrelevant wees nie - die paar krummeltjies wat van die
> inboorlinge wat in lande soos Kanada en Australië oorgebly het toon dit. In
> Suid-Afrika is die Afrikaners 'n veel meer getalryke minderheid as enige van
> die eersgenoemde groepe. En hulle het veel meer ekonomiese en organisatoriese
> mag om hul onrus te laat voel.
>
>
> Vriendelike groete, Leendert
In my opinie is dit een van die foute wat die ANC
gemaak het en nog aanhou om te maak: hierdie soort
praat wat klink of hulle 'n Volkstaat belowe. Dit was
seker oorspronklik 'n strategie om "die Afrikaner" te
paai en te verhoed dat hulle tot wapens-opneem oorgaan.
Ek hoop nie hulle swig vir al die gekerm nie. En hulle
moet nou duidelik hul standpunt stel. Hulle behoort te
weet teen hierdie tyd dat daar baie Afrikaners is wat nie
hulself as apart van hulle mede-Afrikaners wil sien nie.
Hierin moet hulle 'n blaadjie neem uit die boek van
Trudeau, self 'n Quebecker, wat dadelik streng opgetree
het toe die FLQ gelyk het asof hulle wapens wil opneem:
hy het dadelik "martial law" (martjie louw!) uitgeroep.
Die mense wat gekla het dat hy te hardhandig optree, het
hy "bleeding hearts" genoem. Nou nog, elke keer wanneer
dit lyk of die res van Kanada iets konstitusioneels wil
aanvang om Quebec te paai, waarsku hy dat die Federaliste
nie moet ingee nie. Hy sê die Franse in Quebec wat
sogenaamd onafhanklik wil word, sal nooit ophou kla nie.
Ek dink dieselfde toestand heers in Suid-Afrika. Maar op
die oomblik het die volkstaters van Quebec nog die oorhand.
Hulle maak belaglike taalwette, wat veroorsaak dat mense
moet kom meet hoe groot die letters in Frans en Engels is
wat op advertensies in winkels verskyn.
Enige totstandkoming van 'n Afrikaner-volkstaat kan
tot gevolg hê dat ander groepe ook hulle eie staat kan aanvra.
Dit sal lei tot die balkanisering van SA. Dit kan lei na etniese
skoonmaak (iets wat op 'n sekere skaal wel gedurende die
apartheidsjare plaasgevind het, of beplan was.) As die
etniese groep wat dink Pretoria is in die area waar hulle
volkstaat moet kom, nou die daad by die woord voeg en vir
Leendert en duisende ander uit "hul" area wil uitkry, wat sal
Leendert dan sê? Sal Leendert sy goedjies oppak en trek
na die Boerstaat?( Ek is jammer vir daardie Volkstaat. Hy
sal hulle van vooraf vertel waar dawid die wortels gegrawe
het.)
Nee, op die uiterste dink ek die ANC kan voorstel dat
daar private maatskappye soortgelyk aan Orania gestig kan
word en dat daar nie wetgewing ingedien sal word om aan te
vra dat daar 'n rassebalans in sulke areas moet wees nie. Dit sal
in alle geval 'n baie drastiese, en miskien onwyse toegewing
wees.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:40 UTC 2025
|