Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dr. Livingstone veronderstel ek
Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15697] Wo, 10 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >
> Gloudina skryf:
>
>> Nee Henri,
>> So maklik kom jy nie los nie.
>> Vertel ons wat jy doen.
>
> Maar ek vertel jou mos wat ek doen - lees net die hardekoolvuur storietjies.
> Die helfte is fiksie, en die res is realiteit. Om te onderskei, natuurlik 'n
> ander saak.
>
> As jy nou bedoel 'tweede klerk by die poskantoor', of so-iets, sal jy moet
> bly wonder. Jy sien, Gloudina, sodra 'n ou dit weet, dan lees jy die ander
> ou vanuit 'n sekere perspektief, en nie noodwendig wat hy skryf nie.
>
>> Die feit dat jy, lyk
>> my. jouself as totaal as deel van Afrika
>> sien.
>
> Korrek. Soos David Kramer sê, 'Wat ken ek anders as die bloudam se
> branders?'
>
>> Ek sien jou altyd in my
>> verbeelding in 'n formele khaki-
>> pak. Ek wonder hoekom?
>
> Moontlik agv my AWB-verbintenisse? Tensy jy nou bedoel in die 'Dr
> Livingstone, I presume?'-konteks.
>
> Groete

Wel, my eerste inklinasie was om te dink dat
jy 'n dokter is. Maar toe begin ek weer twyfel.
Miskien is ek tog reg.

Snaaks dat jy daar in Noord-Transvaal praat van
die bloudam se branders. Is dit omdat jy in
Barrydale grootgeword het en dus naby die see,
relatief gesproke? Dis snaaks tot watter groot
mate die Afrikaner 'n seekultuur het. Seker
as gevolg van die feit dat dit so baie kuslyn
het.

Het jy ooit 'n onderwyser op Barrydale gehad
met die naam Pierre de Wet?

Wel jy sal net nog meer stories om die hardekool-
vuur moet skryf, sodat ek meer kan uitvind. Is
jou Cessna werklik rooi.

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15698 is 'n antwoord op boodskap #15697] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Wel, my eerste inklinasie was om te dink dat
> jy 'n dokter is. Maar toe begin ek weer twyfel.
> Miskien is ek tog reg.

Dink jy regtig ek sal 'n hele dag na klagtes wil sit en luister, en dan nog
in die aande dit hier voor die rekenaar wil kom voortsit?

> Snaaks dat jy daar in Noord-Transvaal praat van
> die bloudam se branders. Is dit omdat jy in
> Barrydale grootgeword het en dus naby die see,
> relatief gesproke?

'Wat ken ek anders as die bloudam se branders' is bloot metafories gebruik,
Gloudina.

Dis snaaks tot watter groot
> mate die Afrikaner 'n seekultuur het. Seker
> as gevolg van die feit dat dit so baie kuslyn
> het.

Ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie van die see hou nie. Ons lot wie se
voorsate van Europa gekom het, het mos maar almal oor die see hier aangekom,
of hoe?

Soms neem ons ons huishulp saam as ons see toe gaan, en dit verskaf my groot
genot om haar dop te hou daar. Sit vir ure en staar. Een keer was ons binne
besig, toe storm sy in en sê ons moet kom kyk hoe baie vis sy sien. Dis toe
'n skool van omtrent 100 dolfyne. Nogal moeite gehad om te verduidelik dat
dit nie regtig visse is nie.

Onder die swart kulture is daar groot geloof in die helende kragte van
seewater. As ons see toe gaan, het ek 'n lang bestellingslys vir bottels
seewater, wat ek dan getrou saam karwei.

> Het jy ooit 'n onderwyser op Barrydale gehad
> met die naam Pierre de Wet?

Hy was my skoolhoof, en het ook vir my wiskunde gegee. 'n Bietjie
eksentriek, maar 'n uitstekende wiskunde onderwyser. Sy bynaam was ou 'mol',
vanweë sy liggaamsbou. Op 'n stadium het hy ook wetenskap gegee. Vir ons as
kinders was dit skreeusnaaks toe hy op 'n dag sê hy gaan die begrip 'mol'
vir ons verduidelik.

> Is
> jou Cessna werklik rooi.

Die Cessna was net 'n droom, Gloudina.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15699 is 'n antwoord op boodskap #15697] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ons lot wie se voorsate van Europa gekom het, het mos maar almal oor die see
hier aangekom,
of hoe?

Soms neem ons ons huishulp saam as ons see toe gaan. Een keer was ons binne
besig, toe storm sy in en sê ons moet kom kyk hoe baie vis sy sien. Dis toe
'n skool van omtrent 100 dolfyne

Onder die swart kulture is daar groot geloof in die helende kragte van
seewater. As ons see toe gaan, het ek 'n lang bestellingslys vir bottels
seewater, wat ek dan getrou saam karwei.

Henri

Henri,

Dis nogal interresante goed die. Ons voorvaarders kom almal van die Ark af,
of hoe ?
Maar wat ek wil weet, is waarheen het die water teruggetrek na die sonvloed?
Party mense sê dat net 'n deel van die aarde oorstroom het, maar hoe hoog
moes die water nie opdam nie.

Het dolfyne eers op aarde gewoon en later in die see begin aard? Ek wonder
darem.

Die mens het nog altyd 'n mistieke aantrekking tot die see gehad. Dit is
waarskynlik oor die onbekende dieptes daarvan. Net soos ons wonder wat in
die middel van die aarde aangaan.

En wie het besluit wat is vloekwoorde en wat nie, en wanneer het die mens
sekere woorde begin beskou as vloekwoorde. Daar is mos nie 'n lys daarvan
nie.

Ek vra maar net

Groete
Kobus
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15700 is 'n antwoord op boodskap #15697] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen

> Dis nogal interresante goed die. Ons voorvaarders kom almal van die Ark af,
> of hoe ?
> Maar wat ek wil weet, is waarheen het die water teruggetrek na die sonvloed?
> Party mense sê dat net 'n deel van die aarde oorstroom het, maar hoe hoog
> moes die water nie opdam nie.

Kobus,

Interessant dat jy hierdie dinge aanhaal. Ek sit met 'n stuk hier op my
rekenaar, waaraan ek nog werk, wat handel oor evolusie en godsdiens. Vir
baie mense is dit 'n erg sensitiewe onderwerp. As ek klaar is daarmee, wil
ek dit vir my ppredikant gee om 'n opinie te kry.

Die groot probleem is dat baie mense Die Bybel as 'n wetenskap handboek wil
gebruik, wat dit doodeenvoudig nie is nie. Ek kan my nie indink dat die hele
wêreld onder water was met die sondvloed nie. Die bekende wêreld vir
Noag-hulle, ja.

Was daar ander mense op aarde as Adam en Eva? Ek dink so. Waarskynlik ook
ander mense as Noag en sy gesin. Baie mense sal vanuit 'n godsdienstige
oogpunt groot probleme hiermee hê, maar ek dink nie dit is nodig nie.

> Het dolfyne eers op aarde gewoon en later in die see begin aard? Ek wonder
> darem.

Daar is 'n denkregting dat alle lewe vanuit die see kom, soogdiere op land
geëvolueer het, en sommige vorme weer terug is see toe. Logiesgesproke sou
'n dolfyn se landvoorvader ietwat anders daar moes uitsien.

> En wie het besluit wat is vloekwoorde en wat nie, en wanneer het die mens
> sekere woorde begin beskou as vloekwoorde. Daar is mos nie 'n lys daarvan
> nie.

Jy sal die taalkundiges oor die een moet vra. 'n Ou soos Prof. Johan
Combrinck sal ek aanbeveel.

Maar kom ek vra vir jou een. Watter nut het dit dat 'n turksvy (die vrug
nou) dorings het?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15701 is 'n antwoord op boodskap #15697] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger

Watter nut het dit dat 'n turksvy dorings het?

Ek weet nie, ek wonder weer hoekom het svy Kanada gekies. :-)

Ek sal later antwoord.

Groete
Kobus
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15730 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina en Henri, hoekom het julle nie 'n tuisblad nie ? Dan kan 'n mens 'n
bietjie nader kennis maak met julle :-). Hilda.

http://www.ping.be/hilda-gervaas
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15731 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> O ja, en duwweltjies! Gaan kyk hoe groei hulle op daai paadjies tussen die
> wingerde in die Kaap. As kind het ek kaalvoet daar rond gespeel!

En watter genot om 'n hele bank met dubbeltjies
wat droog geword het en hulle blare verloor het
te ontdek. Daaragter het muise hul muispaadjies
in die somer gebou, en toe dit nou droog word,
toe hardloop hulle nog altyd op die paadjies
langs.

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15732 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen skryf:

> Ek wonder of 'n turksvy ooit kan voortplant deur sy saad? Sover ek weet kom
> dit altyd op van 'n blaar wat op die grond val. Dit is dus nie nodig dat die
> saad versprei word nie, en soos griet sê moet dit homself beskerm teen
> enige aanslag. Dit beteken natuurlik dat dit altyd dig groei in die natuur.
> Saam beskerm hulle mekaar. Interresant genoeg word dit kommersieel (dus
> onder beheerde toestande) 2m of meer uitmekaar geplant om beter te dra. Dit
> beteken seker dat 'n turksvy in die natuur nie soveel moonlik vrugte/sade
> wil dra soos ander plante nie?

Wat jy vir my wil sê, is dat ek maar net 'n arm kan laat val as ek wil
voortplant!

Jy's reg, turksvye plant vegetatief voort, maar ek is oortuig ook van sade,
anders sal dit nie daar wees nie. Maar ek waardeer jou teorie - die turksvy
is so vrugbaar dat hy hom daarteen moet beskerm dat hy homself nie verswelg
nie! Eintlik is hy nie so dom soos ek altyd gedink het nie.

Die probleem is net dit: oor die algemeen veroorsaak vegetatiewe
voortplanting dat nuwe plante in die onmiddellike omgewing van die
moederplant begin groei, terwyl sade deur diere verder weg versprei word.

(Nou moet ons net die turksvy geen wat hom teen homself beskerm na mense kan
oordra, dan is daar hoop vir die planeet!)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15733 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Griet skryf:

> My man sê Doringbome en duwweltjies is pioniers plante. Dit kom voor waar
> ernstige ekologiese versteurings ontstaan het. Doringbome versprei baie
> vinnig in "kaal" gebiede. Vorm digte, ondeurdringbare bos ,waarin ander
> boomsoorte dan ontkiem, opgroei en later die Dorinbome weer uitdruk. Dit is
> 'n proses wat oor jare plaasvind.

Heeltemal korrek. Hulle is sg. 'pionierspesies', en maak die versteurde
gebied ondeurdringbaar vir diere. Swarthaak, Haak-en-steek en Sekelbos is
eksperts op die gebied. Swarthaak doen dit so goed, dat hy 'n aantal jare
gelede deur die Dept Landbou tot pesplant verklaar is, aangesien dit
landerye totaal inneem.

Vir my is dit onverklaarbaar dat 'n inheemse plant tot pes verklaar kan
word. Wat die Swarthaak eintlik sê, is "hier kan jy nie met gesaaides boer
nie, boetie."

Ook grasse het pionierspesies, wat dieselfde funksie vervul, net in die
geval is hulle onsmaaklik of het erg stekelrige sade. Eenkeer het ek die
voorreg gehad om saam met 'n graskenner wildtuin toe te gaan. Dit was aan
die einde van die reënseisoen, en oral het die gras welig gegroei, maar dit
was opvallend dat dit op sekere plekke glad nie gevreet is nie. By nadere
inspeksie was dit duidelik pionierspesies ('Gids tot Grasse van SA' deur
Frits van Oudtshoorn is baie nuttig), en die plekke waar hulle gegroei het
was duidelik versteurde grond (some van paaie, om suipings).

O ja, en duwweltjies! Gaan kyk hoe groei hulle op daai paadjies tussen die
wingerde in die Kaap. As kind het ek kaalvoet daar rond gespeel!

'n Fassinerende onderwerp wat jy hier aangeroer het, Griet.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15734 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Wel OK Henri. Maar net 'n finale skoot:
> ek dink jy is tog 'n onderwyser. 'n
> Onderwyser van wetenskaplike vakke.
> Miskien nou alreeds 'n skoolhoof? Wat
> is jou bynaam?

Kan wees. Op 'n manier is ons mos maar almal onderwysers. En leerling.

My universiteitsvriende het my 'H' genoem, soos op Engels uitgespreek. Toe
ek nog rugby gespeel het, het ek gehoop hulle konnoteer dit met 'H. O.' de
Villiers, maar vandag weet ek ek was bietjie voorbarig! Deesdae word dit
verwar met 'AIDS', so dit deug nie meer nie. Verder weet ek nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15735 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen skryf:

> Henri, ek gee op. Waar kom kameelperd vandaan?

Sjoe, ek het al vergeet van daai vraag!

Met die eerste oogopslag is 'n ou geneig om te dink dit lyk so 'n bietjie na
'n kameel en 'n bietjie na 'n perd.

In werklikheid kom dit van 'camelopardalis', 'camelo' = kameel, 'pardus' =
luiperd. Dus, hy lyk so 'n bietjie na 'n kameel, en 'n bietjie na 'n
luiperd!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15736 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Nou om terug te keer tot my speurwerk: Ek dink
> nie jy is 'n onderwyser nie. Wat van sosiale
> werker, of gesondheidsinspekteur? Word ek
> warmer of kouer?

Dit sal nie help om aan te hou vis nie, Gloudina. Dis nie regtig in jou of
my belang om te weet nie, want dit is nie ter sake nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15737 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:
> Gloudina skryf:
>
>> Nou om terug te keer tot my speurwerk: Ek dink
>> nie jy is 'n onderwyser nie. Wat van sosiale
>> werker, of gesondheidsinspekteur? Word ek
>> warmer of kouer?
>
> Dit sal nie help om aan te hou vis nie, Gloudina. Dis nie regtig in jou of
> my belang om te weet nie, want dit is nie ter sake nie!

Wel OK Henri. Maar net 'n finale skoot:
ek dink jy is tog 'n onderwyser. 'n
Onderwyser van wetenskaplike vakke.
Miskien nou alreeds 'n skoolhoof? Wat
is jou bynaam?

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15738 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...
>
> IRQ0 > skryf:
>
>> Soos ek dit nou bekyk en verstaan is dorings op meeste plante 'n
> beskermings
>> middel. Dit is die enigste manier wat dit tot 'n mate kan keer dat al wat
>> 'n dier is daar aan vreet.
>
> Dis juis die probleem. As jy 'n plant is, wil jy juis hê jou vrugte, en dus
> saad, moet versprei word. Hoekom sal jy dit vir diere moeiliker maak om dit
> te doen, soos wat 'n turksvy doen. Miskien is 'n turksvy nie 'n besonder
> intelligente plant nie?

Griet sê

> My man sê Doringbome en duwweltjies is pioniers plante. Dit kom voor waar
ernstige ekologiese versteurings ontstaan het. Doringbome versprei baie
vinnig in "kaal" gebiede. Vorm digte, ondeurdringbare bos ,waarin ander
boomsoorte dan ontkiem, opgroei en later die Dorinbome weer uitdruk. Dit is
'n proses wat oor jare plaasvind.

Duwweltjies doen dieselfde vir struik- en ander gewasse.
Turksvye berg mos baie water, veral in woestyngebiede, dan nie. Is dit nie
> maar die primôre funksie daarvan nie?

Ek wonder of 'n turksvy ooit kan voortplant deur sy saad? Sover ek weet kom
dit altyd op van 'n blaar wat op die grond val. Dit is dus nie nodig dat die
saad versprei word nie, en soos griet sê moet dit homself beskerm teen
enige aanslag. Dit beteken natuurlik dat dit altyd dig groei in die natuur.
Saam beskerm hulle mekaar. Interresant genoeg word dit kommersieel (dus
onder beheerde toestande) 2m of meer uitmekaar geplant om beter te dra. Dit
beteken seker dat 'n turksvy in die natuur nie soveel moonlik vrugte/sade
wil dra soos ander plante nie?

Groete
Kobus
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15739 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote:
> Ek wonder of 'n turksvy ooit kan voortplant deur sy saad? Sover ek weet kom
> dit altyd op van 'n blaar wat op die grond val. Dit is dus nie nodig dat die
> saad versprei word nie, en soos griet sê moet dit homself beskerm teen
> enige aanslag.

Wag totdat bobbejaan se kind aan die turksvye gevreet het - dan versprei
die sade tog te lekker om nie van die tiptolle en muisvoëls te vergeet
nie.
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15740 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:
>
> Ek wou nog vra hoe jy hom ken. Sover ek weet is hy afgetree, en bly op
> Swellendam.

Sy vrou Annette en ek was in dieselfde koshuis
op Stellenbosch. Ja, ek weet hulle bly nou op
Swellendam. Ons het so bietjie kontak verloor,
maar ons sal seker Kersfees weer skryf.

Nou om terug te keer tot my speurwerk: Ek dink
nie jy is 'n onderwyser nie. Wat van sosiale
werker, of gesondheidsinspekteur? Word ek
warmer of kouer?

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15741 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger

Kobus Pietersen skryf:
> Sover ek weet kom 'n turksvy altyd op van 'n blaar wat op die grond val.
> Wat jy vir my wil sê, is dat ek maar net 'n arm kan laat val as ek wil
> voortplant!
Nee, jy het 'n vy nodig. :-)

> Jy's reg, turksvye plant vegetatief voort, maar ek is oortuig ook van sade,
> anders sal dit nie daar wees nie.
Nee, wat doen jy met jou blindederm? :-))

> Maar ek waardeer jou teorie - die turksvy is so vrugbaar dat hy moet waak
dat hy homself nie verswelg nie!
Nee, hy keer net dat hy ander plante verswelg :-)))

> Die probleem is net dit: oor die algemeen veroorsaak vegetatiewe
voortplanting dat nuwe plante in die >onmiddellike omgewing van die
moederplant begin groei, terwyl sade deur diere verder weg versprei word.
Nee, dis nie nodig nie; daars klaar turksvye op die ander plekke. :-))))

> Nou moet ons net die turksvy geen wat hom teen homself beskerm na mense kan
oordra, dan is daar hoop >vir die planeet
Nee, wat maak jy later met al die vye. :-)))))

Ek voel hoeka mens sien deesdae hopeloos te veel seks in die flieks. Ander
ouens sê weer dit pla hulle nie, solank jy net nie die mense langs jou steur
nie. :-))))))

Snaaks, visse is nogal vrugbaar? Boonop gee FW toe alles forrelle. :-)))))))

Henri, ek gee op. Waar kom kameelperd vandaan?

Groete
Kobus
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15742 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin skryf:

> Gloudina en Henri, hoekom het julle nie 'n tuisblad nie ?

Nog nooit so ver gekom om een op te rig nie. Weet ook nie of ek regtig die
tyd en inklinasie het nie.

Maar anders as Gloudina, het ek darem 'n e-pos adres!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15743 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
IRQ0 > skryf:

> Soos ek dit nou bekyk en verstaan is dorings op meeste plante 'n beskermings
> middel. Dit is die enigste manier wat dit tot 'n mate kan keer dat al wat
> 'n dier is daar aan vreet.

Dis juis die probleem. As jy 'n plant is, wil jy juis hê jou vrugte, en dus
saad, moet versprei word. Hoekom sal jy dit vir diere moeiliker maak om dit
te doen, soos wat 'n turksvy doen. Miskien is 'n turksvy nie 'n besonder
intelligente plant nie?

> Dorings werk ook nie altyd nie. Kyk maar hoe lekker kou 'n kameelperd dan
> nou aan daai doring bome.

Die kenners meen dat akasias in Afrika juis dorings ontwikkel het om hulle
teen herbivore te beskerm. Australië se akasias het nie dorings nie, maar
daar kom nie groot herbivore voor nie.

'n Interessante aspek in hierdie verband is dat plante ook biochemiese
metodes gebruik om hulle te beskerm. Tydens 'n ernstige droogte in die vroeë
80's het wildsboere opgemerk dat koedoes vrek ten spyte van ooglopend
oorgenoeg beskikbare blaarvoeding. Daaropvolgende navorsing het getoon dat
sodra 'n dier aan 'n boom begin vreet, die boom die tannien vlakke in blare
en stingels sodanig verhoog, dat dit onvreetbaar raak, en ook onverteerbaar.
Boonop kommunikeer die boom die boodskap chemies na omliggende bome, wat
dieselfde doen, sonder dat aan hulle gevreet word.

Net terug na die doringbome - kameelperde het natuurlik die ontwikkeling van
dorings teengewerk deur doringbestande bekke te ontwikkel. Die volgende stap
deur doringbome word nou in spanning afgewag!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15744 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:

> Gloudina en Henri, hoekom het julle nie 'n tuisblad nie ? Dan kan
'n mens 'n
> bietjie nader kennis maak met julle :-). Hilda.
>
> http://www.ping.be/hilda-gervaas

Nognie sover gekom nie.
Jy het mooi bene.

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15745 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Soos ek dit nou bekyk en verstaan is dorings op meeste plante 'n beskermings
middel. Dit is die enigste manier wat dit tot 'n mate kan keer dat al wat
'n dier is daar aan vreet.

Dorings werk ook nie altyd nie. Kyk maar hoe lekker kou 'n kameelperd dan
nou aan daai doring bome. Ander diere en insekte gebruik hierdie selfde
metode (krimpvark, brandwurm ens. ens.)

Ook maar net my opinie. Miskien is daar 'n paar plantkundiges hier met
beter antwoorde.

Groete

--

+++
PGP 5.5 Finger Print = 0C17 CD6A FA75 EE4E 83CB E1F6 3F45 E9DA 189A F143
> Maar kom ek vra vir jou een. Watter nut het dit dat 'n turksvy (die vrug
> nou) dorings het?
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15746 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

>
> Dis juis die probleem. As jy 'n plant is, wil jy juis hê jou vrugte, en dus
> saad, moet versprei word. Hoekom sal jy dit vir diere moeiliker maak om dit
> te doen, soos wat 'n turksvy doen. Miskien is 'n turksvy nie 'n besonder
> intelligente plant nie?

Nee wag, ek moet nou ook my stuiwer in die
armbeurs gooi, wanneer Henri die turksvy se
intelligensie begin betwyfel.
Ek wou aanvanklik sê: die turksvy moet hom
beskerm teen diere, want hy wil hê die vrug
moet afval en die pitte moet begin groei. En
hulle het 'n voorraad water nodig om te begin
in 'n klimaat waar daar baie min reen uit die
hemel val. Maar toe onthou ek dat die turksvy
voortplant deur worteltjies te ontwikkel uit
die turksvyblaai uit wat op die grond geval
het (of daar geplaas is.) Miskien is die
turksvy se voorvaders nog voortgeplant deur
die pitte in sade? Of miskien wil die plant
die integriteit van die turksvyblaai beskerm
omdat DIE BLAAI die primere watervoorraad
is vir die worteltjies wat in die grond moet
ontwikkel en 'n nuwe plant skep?
Terloops, wat is die regte: turksvyblad
of turksvyblaai?
Turksvye is een van die dinge wat ek die
meeste mis van nie in SA te wees nie. Hier kry
'n mens wel turksvye in sommige winkels, maar
hulle is altyd van die rooi soort, en ook glad
nie smaaklik nie, en baie duur elk. Vir iemand
wat grootgeword het met turksvye, is dit agonie.
Ons kinders het altyd vroeg in die oggend opge-
staan en met mes en vurk grootvoor se koers
gekies om die turksvye te vang terwyl hulle nog
koud was van die nag se koue. Ons is gewaarsku
dat ons eers moes ontbyt eet, anders sal ons
"verstop" van die turksvye op die nugtermaag.
Dan gryp ons 'n stuk brood en hardloop kou-kou
grootvoor toe, waar die lanings turksvye
gewoonlik geplant is op die besproeide dele
van die Oranjerivier.

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15747 is 'n antwoord op boodskap #15697] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
My man sê Doringbome en duwweltjies is pioniers plante. Dit kom voor waar
ernstige ekologiese versteurings ontstaan het. Doringbome versprei baie
vinnig in "kaal" gebiede. Vorm digte, ondeurdringbare bos ,waarin ander
boomsoorte dan ontkiem, opgroei en later die Dorinbome weer uitdruk. Dit is
'n proses wat oor jare plaasvind.

Duwweltjies doen dieselfde vir struik- en ander gewasse.

Turksvye berg mos baie water, veral in woestyngebiede, dan nie. Is dit nie
maar die primôre funksie daarvan nie?

Henri Burger wrote in article
...
>
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15762 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Ek sal nou nie se dis agonie nie, maar ek mis ook nogal Granadillas.
> Hulle is hier $2 elk en dan ook maar al verdroog. Ek het drie ranke
> by die huis in SA gehad en ons het meeste tye van die jaar elke dag 'n
> skotteltjie vol opgetel!

Ja, dis snaaks hoe die smaak van grenadellas
mens bybly. My kinders het onmiddellik lief
daarvoor geraak, en toe hulle broer verlede
jaar in Kaapstad gaan studeer, toe is my dogter
se eerste vraag of hy grenadella-roomys ge-eet
het.

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15763 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Gervaas Hellin skryf:
>
>> Gloudina en Henri, hoekom het julle nie 'n tuisblad nie ?
>
> Nog nooit so ver gekom om een op te rig nie. Weet ook nie of ek regtig die
> tyd en inklinasie het nie.
>
> Maar anders as Gloudina, het ek darem 'n e-pos adres!
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

Waar kom jy aan "sukikaki,"
Henri? Dit klink so vir my
asof jy nog die kakies soek?
Wat se opmerking is dit nou
oor my e-pos adres. Ek hou
dit geheim sodat Jennifer nie
vir my kan vertel waar dawid
die wortels gegrawe het nie.
(david/davie: San woord vir
"wortel.") Terloops, waar is
Jennifer?

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15764 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Jun 1998 02:13:02 GMT, wrote:
>
> Waar kom jy aan "sukikaki,"
> Henri? Dit klink so vir my
> asof jy nog die kakies soek?
> Wat se opmerking is dit nou
> oor my e-pos adres. Ek hou
> dit geheim sodat Jennifer nie
> vir my kan vertel waar dawid
> die wortels gegrawe het nie.
> (david/davie: San woord vir
> "wortel.") Terloops, waar is
> Jennifer?
>
> Gloudina
>
>
>
Is nie moeilik om e-mail adresse te kry nie - dis word gelys op die
net - ek het lankal Gloudina en Izak se adres en e-mail adres
opgespoor toe ek nog gewonder het of hulle werklike mense was.
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15765 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:
>> Gloudina en Henri, hoekom het julle nie 'n tuisblad nie ? Dan kan
>> 'n mens 'n
>> bietjie nader kennis maak met julle :-). Hilda.
>>
>> http://www.ping.be/hilda-gervaas

> Nognie sover gekom nie.
Wel, dis jammer ! Ek lees hier êrens dat Johan bereid is om jou te
help :-).

> Jy het mooi bene.
> Gloudina
Dankie Gloudina, vir die goeie reklame :-). Dalk kry ek sommer 'n klomp
mans vir 'n kuiertjie op my tuisblad :-))).
Groete - Hilda.
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15766 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Jun 1998 22:14:51 +0200, "Gervaas Hellin"
wrote:

> Gloudina en Henri, hoekom het julle nie 'n tuisblad nie ? Dan kan 'n mens 'n
> bietjie nader kennis maak met julle :-). Hilda.
>
> http://www.ping.be/hilda-gervaas
>
>
Gloudina, ek bied aan om jou te help as jy wil.....
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15767 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina vra:

> Waar kom jy aan "sukikaki,"
> Henri? Dit klink so vir my
> asof jy nog die kakies soek?

Soos hulle in Die Skim strokies gesê het, 'ou oerwoud gesegde'. Dit is 'n
verbloeming van my e-pos, adres in 'n poging om ontslae te raak van die
massas gemorspos wat ek op 'n stadium ontvang het. Vry vertaal, lees dit 'ek
wil nie gemors hê nie'!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15768 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Is nie moeilik om e-mail adresse te kry nie - dis word gelys op die
> net - ek het lankal Gloudina en Izak se adres en e-mail adres
> opgespoor toe ek nog gewonder het of hulle werklike mense was.

Dr, Watson, veronderstel ek.
Wat doen jy in jou spaartyd?

Gloudina
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15769 is 'n antwoord op boodskap #15697] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Jun 1998 17:14:17 GMT, wrote:

> Turksvye is een van die dinge wat ek die
> meeste mis van nie in SA te wees nie. Hier kry
> 'n mens wel turksvye in sommige winkels, maar
> hulle is altyd van die rooi soort, en ook glad
> nie smaaklik nie, en baie duur elk. Vir iemand
> wat grootgeword het met turksvye, is dit agonie.
> Ons kinders het altyd vroeg in die oggend opge-

Ek sal nou nie se dis agonie nie, maar ek mis ook nogal Granadillas.
Hulle is hier $2 elk en dan ook maar al verdroog. Ek het drie ranke
by die huis in SA gehad en ons het meeste tye van die jaar elke dag 'n
skotteltjie vol opgetel!
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15810 is 'n antwoord op boodskap #15697] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> On Thu, 11 Jun 1998 22:14:51 +0200, "Gervaas Hellin"
> wrote:
>
>> Gloudina en Henri, hoekom het julle nie 'n tuisblad nie ? Dan kan 'n mens 'n
>> bietjie nader kennis maak met julle :-). Hilda.
>>
>> http://www.ping.be/hilda-gervaas
>>
>>
> Gloudina, ek bied aan om jou te help as jy wil.....

Dankie vir die aanbod. Een van my kinders
sal wel kan help as dit nodig is. Op die
oomblik wil ons nog eers 'n bietjie wag.

Gloudina.
Re: Dr. Livingstone veronderstel ek [boodskap #15811 is 'n antwoord op boodskap #15697] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Jun 1998 21:39:21 GMT, wrote:

> Dr, Watson, veronderstel ek.
> Wat doen jy in jou spaartyd?
>
> Gloudina
>
>
Jis, wil jy werklik weet !?!?!
Nie ees my sekretaresse weet nie - maar ek sal jou darem dit sê - dit
gee my groot lekkerkry! Maat jy sal seker nie vertaan nie - ek dink
jy het al van die soort dinge vergeet .....
En jy, vertel my, wat doen jy ....?
Vorige onderwerp: Nederland - Belgie
Volgende onderwerp: Re: Die antie wat holskote skiet en nie 'n nuusleser kan gebruik nie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:05:14 MGT 2024