Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Paternoster" deur HEIN SWART
"Paternoster" deur HEIN SWART [boodskap #15716] Do, 11 Junie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
PATERNOSTER
Hein Swart

op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf

waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommmers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan

hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid

net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wêreld

en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf
Vorige onderwerp: "Skakeringe van Blou" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Gunship Blues" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:53:03 MGT 2024