Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sizwe Vaarwel
Sizwe Vaarwel [boodskap #15642] Ma, 08 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
Die titel se dit als - beide ek en my nom de guerre, Sizwe, neem afskeid van
hierdie groep; ek vir die volgende drie maande of wat, en Sizwe permanent. Ek
skat hierdie aankondiging laat heelparty nuusgroepers hier verheug. Tog, Sizwe
wil graag glo dat sy bydraes ten minste een persoon gestimuleer het, tot
nadenke genoop het, of bloot 'n validerende reaksie ontlok het. Hierdie
persoon of groep persone, veral, is geregtig op 'n voller verduideliking vir
Sizwe se vertrek.

Eerstens - alhoewel Sizwe maar 'n paar maande hier pos, het ek aan en af
bydraes gelewer sedert die ontstaan van hierdie groep. Destyds nog 'n student
aan 'n amerikaanse universiteit, het ek lustig deelgeneem aan die debatte en
argumente wat die afrikaanse groep se ontstaan gekenmerk het. Tog, alhoewel ek
sporadiese bydraes gelewer het oor 'n tydperk van drie jaar of wat, was ek
deurgans bewus van 'n patroon. Soos klokslag, nadat ek 'n rukkie aan
besprekings deelgeneem het, het my belangstelling gekwyn en, soos klatergoud,
verweer. Met ongelukkige sekerheid het ek gewag vir die aanslae wat my sou
wegdryf, wat my sou lei tot 'n frustrerende evaluering verwoord in die besef
"dis nie die moeite en tyd werd nie". Hierdie aanslae neem velerlei vorme aan,
die mees duidelikste synde die blatante rassistiese bydraes a la frikkie,
jennifer, en Johan (wat, op die koop toe, ook 'n lelike seksistiese streek
openbaar). Ander aanslae was weliswaar meer kovert, maar essensieel dieselfde
rassistiese monster wat homself vermom in glinsterende woordspraak en 'n
somtyds onbewuste skuifelgang. Pogings om jul te verstaan word telkens
afgeweer in die verdedigende en slinkse argument waarvolgens die verkragte
slagoffer tog daarvoor gesoek het. Aanslae waarvolgens my realiteit gereduseer
word tot "emosionele manipulasie" en pyn tot groepspatologie of 'n "ongeldige"
fantasie het als tot dieselfde resultaat gelei - die gevoel dat dit nie die
moeite werd is om te deel nie, dat dit te moeisaam is, en dat soc.culture.south
africa 'n warmer welkom bied. Na 'n paar maande, egter, wink die hoop weer dat
hierdie wye, droewe land ook in soc.culture.afrikaans tot 'n hoe blydskap sal
lei - 'n hoop wat elke keer vervaag en voorspelbaar verdwyn soos vroee-more
vlakkeland mis. Of, getrou aan sizwe se persona en 'n veni vedi vici distorsie
wat dieselfde sentiment uitdruk - "Ek het gekom, fokol gesien, en gewaai".

Tweedens, egter, is Sizwe en my vertrek geraam in die blote feit dat ons
somervakansie op hande is. Komende Woensdag vertrek ek Alaska toe om my laaste
werksprojek te voltooi - 'n inspeksie van sekere olievelde daar. 'n Paar dae
in Denali, dan terug op kantoor volgende week vir so twee dae om die Alaska
verslag te skryf en ek is op vakansie. 'n Vakansie wat my eers Frankryk toe
neem kompleet met sokker-muti om Bafana Bafana aan te spoor, waarna ek in die
geliefde geknelde land sal wees vir so drie weke. Hopelik is ek dus weer in
Augustus terug in die land van die arend en e pluribus unum.

Laastens, aan Gloudina veral. Jou bydraes hier temper my en Sizwe se
moedeloosheid en word waardeer. Sterkte. En, aan die groep in die algemeen,
maar Leendert spesifiek, en wel in die mistifiserende styl waarin hy self so
geredelik skryf: Age Quod Agis.

Sizwe Banzi
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15661 is 'n antwoord op boodskap #15642] Di, 09 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Nee Henri,
> So maklik kom jy nie los nie.
> Vertel ons wat jy doen.

Maar ek vertel jou mos wat ek doen - lees net die hardekoolvuur storietjies.
Die helfte is fiksie, en die res is realiteit. Om te onderskei, natuurlik 'n
ander saak.

As jy nou bedoel 'tweede klerk by die poskantoor', of so-iets, sal jy moet
bly wonder. Jy sien, Gloudina, sodra 'n ou dit weet, dan lees jy die ander
ou vanuit 'n sekere perspektief, en nie noodwendig wat hy skryf nie.

> Die feit dat jy, lyk
> my. jouself as totaal as deel van Afrika
> sien.

Korrek. Soos David Kramer sê, 'Wat ken ek anders as die bloudam se
branders?'

> Ek sien jou altyd in my
> verbeelding in 'n formele khaki-
> pak. Ek wonder hoekom?

Moontlik agv my AWB-verbintenisse? Tensy jy nou bedoel in die 'Dr
Livingstone, I presume?'-konteks.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

>
> Gloudina
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15662 is 'n antwoord op boodskap #15642] Di, 09 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Sizwe skryf:
>
>> Die titel se dit als - beide ek en my nom de guerre, Sizwe, neem afskeid van
>> hierdie groep
>
> Nee magtag, Sizwe, man! Ek het gehoop jy sou darem minstens sê wie jy is
> voor jy loop.
>
> Nou is daar ook geen sin in vir my om te sê wie Henri Burger regtig is nie!

Nee Henri,
So maklik kom jy nie los nie.
Vertel ons wat jy doen. Ek bewonder
jou goeie Afrikaans, jou sterk
skryfstyl. Die feit dat jy, lyk
my. jouself as totaal as deel van Afrika
sien. Ek sien jou altyd in my
verbeelding in 'n formele khaki-
pak. Ek wonder hoekom?

Gloudina
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15663 is 'n antwoord op boodskap #15642] Di, 09 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes: >

Die titel se dit als - beide ek en my nom de guerre, Sizwe, neem
afskeid van
> hierdie groep; ek vir die volgende drie maande of wat, en Sizwe
permanent.

Wel, ek wens jy kan met 'n skoot-rekenaar met ons in
verbinding bly terwyl jy die sokker daar in Frankryk kyk,
en vir ons gereelde persoonlike indrukke gee.
Ek hoop ook dat jy, nadat jy in Augustus weer terug is in
Noord-Amerika, weer op die nuusgroep sal begin gesels.
Ek hoop dat jy besef dat jou teenwoordigheid op die nuus-
groep belangriker is as wat jou gevoelens oor die reaksies
op jou poste is. As jy nie vir jou 'n plek opeis op die nuus-
groep nie, verloor ons 'n belangrike komponent van wat
'n Afrikaanse nuusgroep behoort te wees. En moenie dink
dat jou gesprek net moet wees met dié mense wat jy weet
wat van jou gaan verskil nie. Of dat jou gesprek noodwendig
moet wees met mense binne Suid-Afrika nie. Ek vind die
teenwoordigheid van Nederlanders en Vlaminge op hierdie
nuusgroep baie verfrissend en stimulerend. Maar ek moet
sê ek geniet dit om vir Leendert te treiter, en ek geniet dit
om Leendert se poste op die nuusgroep te sien. Dit gee onder
meer belangrike perifêre informasie wat 'n mens nie op
'n ander manier in die hande kan kry nie. Waar is die ou
wat so met Derrida-pratery gekom het en toe heeltemal van
die toneel verskyn het? Die nuusgroep bied vir my 'n ge-
dekonstrueerde beeld van Suid-Afrika aan. Wanneer mens
die perifêre sieninge almal integreer, kry jy 'n beter insig
van wat Suid-Afrika se "werklikheid" op die oomblik is,
en hoe die diaspora van Suid-Afrikaners wat in die buite-
land is nog bande het met die "geliefde geknelde land,"
soos jy dit stel. Miskien is dit teveel gevra om te verwag dat
'n kuber-nuusgroep as gevolg sal hê " 'n hoë blydskap."
Op die uiterste gee dit 'n mens 'n plek waar jy met mense
kan gesels wat weet wat tameletjie en fynbos is, en mense
wat weet hoe die Gariep daar by Mont-aux-Sources in die
Ooste begin en dan soos 'n dronk mens herwaarts en
derwaarts slinger totdat dit uiteindelik die Atlantiese Oseaan
bereik. Wat 'n lang pad vir reëndruppels wat tog eintlik in
die ooste van die land geval het.

Gloudina
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15664 is 'n antwoord op boodskap #15642] Di, 09 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 08 Jun 1998 20:53:49 GMT, sizwe...@aol.com (SizweBanzi) wrote:

> Die titel se dit als - beide ek en my nom de guerre, Sizwe, neem afskeid van
> hierdie groep; ek vir die volgende drie maande of wat, ....

geniet dit, ou bul, ek beny jou so 'n lekker vakansie ....

> Hierdie aanslae neem velerlei vorme aan,
> die mees duidelikste synde die blatante rassistiese bydraes a la frikkie,
> jennifer, en Johan (wat, op die koop toe, ook 'n lelike seksistiese streek
> openbaar).

Sjhuuuuu, hoe diep moet mens dan nou jou tong in jou kies insteek!?!?!

=|:-^)
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15665 is 'n antwoord op boodskap #15642] Di, 09 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sizwe skryf:

> Die titel se dit als - beide ek en my nom de guerre, Sizwe, neem afskeid van
> hierdie groep

Nee magtag, Sizwe, man! Ek het gehoop jy sou darem minstens sê wie jy is
voor jy loop.

Nou is daar ook geen sin in vir my om te sê wie Henri Burger regtig is nie!

In elk geval, geniet jou vakansie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15690 is 'n antwoord op boodskap #15642] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo almal,

Wel, ek het nog nie baie geskryf op hierdie nuusgroep nie . Die rede is dat
ek nie 'n Suidafrikaner is nie. Ek is 'n Belg en ek's hier veral deur my
liefde vir die taal, Afrikaans, en my gebondenheid met swart Afrika (en ook
met Suid-Afrika).
Ek wil nie inmeng in politieke oorwegings of diskussies oor SA nie, en ek
dink nie dat België so interessant is dat ek daaroor kan skryf op die
Afrikaanse nuusgroep nie :-).
Ek geniet die oor-en-weer skryf tussen Gloudina (jy het 'n groot variasie
aan 'tannie met die ...' - ek het veral die 'tannie in die fynbos' geniet
:-) ) en Leendert en ook Johan Potgieter. Ek hou van Henry Burger se stories
en Griet se "dorpsverslae".
Regtig : hierdie nuusgroep is baie interessant en lekker om te volg ! En
ek's seker dat ek "my" Afrikaans op peil kan hou deur elke dag te kom kuier.
Baie groete vir julle almal.
Hilda, die Vlaamse tannie wat lief is vir Afrikaans ! :-)))

.
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15691 is 'n antwoord op boodskap #15642] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Henri Burger" writes:
>
>> Sizwe skryf:
>>
>>> Die titel se dit als - beide ek en my nom de guerre, Sizwe, neem
afskeid
>> van
>>> hierdie groep
>>

Johan, kom asseblief tog net weer terug, met Sizwe en al. Gee ons tog net
gemoedsrus en sê wanneer. Jou bydraes is van die beste en deur almal
geniet.
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15692 is 'n antwoord op boodskap #15642] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes:

En, aan die groep in die algemeen,
> maar Leendert spesifiek, en wel in die mistifiserende styl waarin hy self so
> geredelik skryf:
Age Quod Agis.

Ja, Leendert.
En mag ek byvoeg, damnant quod non intellegunt.

Gloudina
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15717 is 'n antwoord op boodskap #15642] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
> sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes:
>
> En, aan die groep in die algemeen,
>> maar Leendert spesifiek, en wel in die mistifiserende styl
> waarin hy self so
>> geredelik skryf:
> Age Quod Agis.
>
> Ja, Leendert.
> En mag ek byvoeg, damnant quod non intellegunt.
>
> Gloudina
>
Gloudina, hic dictum non est multo subtilis. Non omnes habiunt facultas ad
discere hic lingua.

Salutationes,
Arturus
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15718 is 'n antwoord op boodskap #15642] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin heeft geschreven...
>> Non omnes habiunt facultas ad
>> discere hic lingua.
>
> Maar wij wel, hê Arthur :-). Hilda.
>
Met moeite, Hilda. Latijn was voor mij altijd een "hakken over de
sloot"-vak. Magere zesjes en dikke vijven :-(

Groeten,
Arthur
Re: Sizwe Vaarwel [boodskap #15719 is 'n antwoord op boodskap #15642] Do, 11 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:

ek
> dink nie dat België so interessant is dat ek daaroor kan skryf op die
> Afrikaanse nuusgroep nie

Ek dink dis waar jy dit heeltemal mis het.
Vir Afrikaners is dit baie belangrik dat
daar 'n land in Europa is waar taal iets
is wat emosies wakkermaak, en waar die
gebruik van jou moedertaal nie sommer
vanselfsprekend aangeneem kan word nie.
Dis vir my ook oulik om te verneem dat
Nederlanders sê dat Vlaminge die taal
suiwerder hou as hulle in Nederland. Ek
wil jou dus aanmoedig om oor Vlaams en
oor Belgi"e te skryf. Of ook sommer net
hoe dit daar lyk by jou.

Gloudina
Vorige onderwerp: Dubbel gesig verraaier en verdraaier - X-files
Volgende onderwerp: Ginger Spice girl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 07:24:05 MGT 2024