Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor versuiling
Oor versuiling [boodskap #15525] Wo, 03 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen heeft geschreven in bericht ...

> Niet alleen godsdienstig, ook politiek (denk aan de VARA). Ik geloof niet
> dat het zozeer voorkomt uit onverdraagzaamheid. Meer uit de behoefte om je
> eigen groepsidentiteit te beschermen. Er zijn altijd twee alternatieven: het
> lekker uitvechten (Noord Ierse toestanden) of je terugtrekken in je eigen
> groep en de rest buitensluiten.
>
> Verzuiling is uit. Commerciële televisie en "zwevende kiezers" zijn in.

Ja, ek verneem op politieke gebied is die vloeibaarheid nogal hoog en ek
verstaan dat die Hollanders al selfs soms mekaar se koerante lees :-)
Maar dit sou vir ons nuwe regering ondenkbaar wees om "Katolieke" en
"Protestante" media met staatsgeld te ondersteun.

Maar ek verstaan dat iets soos 70% van die skole, die meeste hospitale,
inrigtings vir bejaarde- en kindersorg, welsynsinstellings, ens steeds op
sektariese basis bedryf word - met staatsonkoste.

>
>>
>> Vra sommer hy moet verduidelik hoe 'n mens op die onkoste van die staat 'n
>> privaatskool kan bedryf vir 'n bepaalde groep (teen dieselfde befondsing as
>> wat 'n staatskool kry).
>
>
> Vroeger was het nog erger: bij ons op het dorp hadden we drie lagere
> scholen; een openbare, een katholieke en een protestante (de openbare en
> katholieke zijn nu gefuseerd). Wanneer bij één van de drie het dak moest
> worden vernieuwd kregen de andere twee hetzelfde budget toegewezen. Alles
> ging op complete voet van gelijkheid! (misschien is het nog steeds wel zo.

Hmmm.... Hier by ons word die Katolieke skole gedwing om openbare skole te
word - of hul fondse word afgesny. Die openbare skole is streng sekulêr
nominaal word godsdiensonderrig en -beoefening toegelaat, maar in die
praktyk onstaan daar al hoe meer probleme.

(Ek verstaan dat, in die meeste provinsies in Kanada, mens ook kan kies
tussen Roomse en Protenstantse staatskole.)

Persoonlik hou ek van die "onderwysbewys" -stelsel wat in sommige state in
die VSA gebruik word - die _leerling_ word gesubsidieer en kan kies watter
skool hy wil bywoon en waar hy sy "voucher" wil inbetaal.

Groete, Leendert
Re: Oor Versuiling [boodskap #15579 is 'n antwoord op boodskap #15525] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert heeft geschreven...
> Arthur Hagen heeft geschreven...
>> Leendert van Oostrum heeft...
>>> Persoonlik hou ek van die "onderwysbewys" -stelsel wat in sommige state in
>>> die VSA gebruik word - die _leerling_ word gesubsidieer en kan kies watter
>>> skool hy wil bywoon en waar hy sy "voucher" wil inbetaal.
>>>
>> Ik kan me vergissen, maar volgens mij is dat momenteel in Nederland al zo:
>> een school krijgt fondsen van het rijk al naar gelang het aantal leerlingen
>> (mogelijk met scholen in onrendabele gebieden als uitzondering).
>
> Dit is hoe dit in Nederland werk. Daarbenewens word skole met 'n bykomende
> bedrag gesubsidieer (ongeveer 30% tot 100% bykomend) vir elke leerling wat
> 'n gestremdheid het of 'n immigrant is.

Dat laatste wist ik niet. Wel hoorde ik vandaag op VRT TV1, Ketnet of Canvas
(wat was het leven toch makkelijk toen ik nog kon zeggen "bij de BRT") dat
openbare scholen in België meer geld krijgen dan de anderen (die krijgen 70%
of daaromtrend) omdat zij geen leerlingen mogen weigeren en dus per
definitie gemiddeld moeilijker leerlingen (met behoefte aan meer
begeleiding) hebben.

> Maar dit is nie dieselfde as die "voucher"-stelsel nie - in laasgenoemde
> word die leerling direk gesubsidieer en verhandel sy subsidie waar hy wil.
>
> Die praktiese verskil is nie veel nie, maar dit het 'n groot effek op die
> houding van skoolamptenare teenoor kinders en ouers as hul kliënte.

Ja, psychologisch maakt dat inderdaad een verschil.

> In Suid-Afrika word openbare skole verreweg die beste befonds, maar selfs
> hulle word nie ten volle deur die staat befonds nie.

Hier hoefden ouders, toen ik nog naar school ging, niet bij te dragen in de
kosten van het onderwijs zelf. Wel was er een ouderbijdrage voor "extra's";
feestjes, uitstapjes, toneeluitvoeringen, sportdagen ed. Pas na je zestiende
betaal je schoolgeld voor de middelbare school en collegegeld voor hoger
onderwijs.

>> De tegenstelling katholiek-protestant is overigens momenteel weer heel
>> aktueel met de perikelen rond het huwelijk van prins Maurits met Marilčne
>> van den Broek onlangs.
>
> Hmmm..... Ja, dit lyk asof die Huis van Oranje met 'n rooi gesig loop :-)
>
> Clinton het onlangs hier in SA presies dieselfde ding gedoen - ongenooid die
> Roomse sakrament gebruik. Maar Clinton is nie beskaafd genoeg om te bloos
> nie.

Een verkapt compliment voor ons koningshuis? Dank je.

Groeten,
Arthur

Wesląnd Vrčh !
Enn Maauwrits als Presuhdent!
Re: Oor Versuiling [boodskap #15580 is 'n antwoord op boodskap #15525] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen heeft geschreven in bericht ...
> Leendert van Oostrum heeft...
>> Persoonlik hou ek van die "onderwysbewys" -stelsel wat in sommige state in
>> die VSA gebruik word - die _leerling_ word gesubsidieer en kan kies watter
>> skool hy wil bywoon en waar hy sy "voucher" wil inbetaal.
>>
>
>
> Ik kan me vergissen, maar volgens mij is dat momenteel in Nederland al zo:
> een school krijgt fondsen van het rijk al naar gelang het aantal leerlingen
> (mogelijk met scholen in onrendabele gebieden als uitzondering).

Dit is hoe dit in Nederland werk. Daarbenewens word skole met 'n bykomende
bedrag gesubsidieer (ongeveer 30% tot 100% bykomend) vir elke leerling wat
'n gestremdheid het of 'n immigrant is.

Maar dit is nie dieselfde as die "voucher"-stelsel nie - in laasgenoemde
word die leerling direk gesubsidieer en verhandel sy subsidie waar hy wil.

Die praktiese verskil is nie veel nie, maar dit het 'n groot effek op die
houding van skoolamptenare teenoor kinders en ouers as hul kliënte.

In Suid-Afrika word openbare skole verreweg die beste befonds, maar selfs
hulle word nie ten volle deur die staat befonds nie.

> Ik moet
> echter toegeven dat ik niet zo goed op de hoogte hiermee ben (wat ik
> eigenlijk wil zeggen: als het al niet zo is, dan zou het dat volgens mij wel
> zo moeten zijn, ik ben het dus volledig met je eens :-)
>
> De tegenstelling katholiek-protestant is overigens momenteel weer heel
> aktueel met de perikelen rond het huwelijk van prins Maurits met Marilčne
> van den Broek onlangs.

Hmmm..... Ja, dit lyk asof die Huis van Oranje met 'n rooi gesig loop :-)

Clinton het onlangs hier in SA presies dieselfde ding gedoen - ongenooid die
Roomse sakrament gebruik. Maar Clinton is nie beskaafd genoeg om te bloos
nie.

Groete, Leendert
Re: Oor Versuiling [boodskap #15604 is 'n antwoord op boodskap #15525] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:
>>> Leendert van Oostrum
>>>> Persoonlik hou ek van die "onderwysbewys" -stelsel wat in sommige state in
>>>> die VSA gebruik word - die _leerling_ word gesubsidieer en kan kies watter
>>>> skool hy wil bywoon en waar hy sy "voucher" wil inbetaal.

Hoe seker is jy dat hierdie gebruik van vouchers
al wydverspreid is in die VSA? Die indruk wat ek
het was dat dit nog maar net aangevra word deur
sekere groepe wat alreeds hulle private skole het
maar meer regeringshulp wil h^e. Die vouchers sou
in alle geval maar vir 'n deel van die student
se fooie in 'n private skool betaal.

Meer interessant is die poging om vir ouers en studente
die reg te gee om die regeringsskool van hulle keuse
by te woon, en nie altyd na die skool naaste aan hulle
te moet gaan nie (soos ook nog hier in Kanada.) As hulle
dus 'n goeie skool ver van hulle wil bywoon, mag hulle.
Op die manier word slegte regeringsskole onder druk
geplaas om te verbeter.

In Kanada is befondsing van studente 'n lappies-kombers.
Hier in Ontario is daar, grondwetlik, 'n verpligting
van die staat om te sien dat daar Katolieke en nie-
katolieke skole is. Die eiendomsbelasting van die
mense wissel dan van katoliek na non-katoliek. Die
katoliek wie se kinders na 'n katolieke skool gaan
betaal meer eiendomsbelasting as die mense wie se
kinders nie na Katolieke skole gaan nie.

In Newfoundland het hulle onlangs die hele sisteem
van kerkskole afgeskaf. Daar is heftig daarteen geveg,
maar uiteindelik het hulle daarin geslaag om die
sisteem af te skaf. Ten spyte van die feit dat dit
glo een van die voorwaardes was waaronder Newfoundland
in 1948 deel van Kanada geword het.

Meeste van die ander provinsies dink ek nie befonds
Katolieke skole op 'n 100 persent basis nie.

Wat Engelse en Franse skole betref: sover ek weet is
dit net New Brunswick (die enigste offisieel tweetalige
provinsie in Kanada) wat voorsiening maak vir aparte
Engelse en Franse skole met staatsfondse. In ander
provinsies dink ek dit word aan die skoolrade oorgelaat.

Gloudina
Vorige onderwerp: Gloudinakins
Volgende onderwerp: Friesland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 12:00:12 MGT 2024