Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Corne Mulder se toespraak
Corne Mulder se toespraak [boodskap #15576] Vr, 05 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht ...
> oos...@geocities.com writes:
>
>
> �� I am the grandchild� of� Kmdt. Pieter Mulder
>> who took up arms against his own brother in 1914 when his brother did not
>> honor the blood oath they swore in 1902 . An oath to take up arms against the
>> British at the first opportunity to regain their freedom. In my soul lives
>> the ideals and cries for freedom of 26 000 Afrikaner women and children -
>> those who died in British Concentration camps. Those who inspired their men
>> to fight on, to never surrender.� May their suffering and pain, their anguish
>> and despair not have been in vain.
>
> ���������� Hoe word die ou ikoon-knoppies gedruk.
> ���������� Tipiese Transvaler-talk. Vergeet dat
> ���������� 'n hele klomp Afrikaners 'n hele ander
> ���������� agtergrond in ander dele van die land
> ���������� gehad het.

"Ander dele van die land" Soos die Rebellie, waarna hy hier verwys, waarin die
Noord-Kaap 'n groot rol gespeel het?

> ������� Vir dekades is al die
> ���������� ander Afrikaners aan hierdie Transvaal-
> ���������� talk geonderwerp, en later was dit
> ���������� verraad om anders te dink.

Gee 'n voorbeeld van denke wat "verraad" was, Gloudina!

> ����������� Maar gelukkig
> ���������� is daardie dae verby. Die Afrikaners
> ���������� lees nou hygromans en sit op die stoep
> ���������� en drink en luister nie meer na al die
> ���������� ou soort Transvaaltalk-indoktrinasies
> ���������� nie.
>
> ���������� En die lastering van die man. Om die
> ���������� vrees van rassistiese Afrikaners van
> ���������� uitwissing, net omdat hulle nie hulle
> ���������� pie-in-the-sky Volksstaat kan kry nie,
> ���������� nou te vergelyk met die toestand van
> ���������� die Eerste nasies van Amerika. Waar
> ���������� sal hierdie tweegesig-jakkalse tog
> ���������� ophou om vir hulself 'n rad voor die
> ���������� o"e te draai.

Jy vang dit nog nie, nie waar nie Gloudina? Die gehoor was nie Afrikaners nie.
Dit was die ANC. Dis waarom die toespraak in Engels was, heeltemal teen Mulder
se party se beleid.

En dit lyk asof die ANC dit nogal bietjie ernstig opgeneem het, as mens die
geluide wat hulle sedertdien gemaak het as eerlik kan opneem (Vali Moosa wat
weer beloftes maak oor volkstate en so aan). Maar, om iets wat die ANC sê as
eerlik op te neem is natuurlik baie naief. Toevallig (so se Viljoen) het die
toespraak saamgeval met die diefstal van groot hoeveelhede wapens van die
Valskermbataljon - en dit lyk asof ver-regse elemente verantwoordelik was vir
die diefstal.

Viljoen het, na die urelange gesprek wat Mbeki met hom oor die toespraak
gevoer het genoem dat daar weer, soos in die verlede beloftes was. Hy wys,
heeltemal ten regte, daarop dat die ANC slegs reageer op druk. Sy advies
(stem nogal ooreen met joune) is dat Afrikaners moet ophou kla, en moet begin
druk uitoefen.

Ek sien die week dat die boere nou 'n resolusie by 'n internasionale forum van
landbouers gebkry het wat die misdaad op boere veroordeel, en blykbaar is
sanksies nie uitgesluit as die regering nie iets begin doen nie.

Harald Pakendorf sing gereeld die deuntjie op Kommentaar, Sondagaande, dat die
dinge wat in die "wit" politiek gebeur en in die "wit" media gerapporteer word
eintlik irrelevant is vir die grootste deel van die mense in die land. Tim du
Plessis van Beeld sing agterna.

Ek dink die ouens maak 'n fout. Die teenwoordigheid van 'n onrustige
minderheid kan nooit irrelevant wees nie - die paar krummeltjies wat van die
inboorlinge wat in lande soos Kanada en Australië oorgebly het toon dit. In
Suid-Afrika is die Afrikaners 'n veel meer getalryke minderheid as enige van
die eersgenoemde groepe. En hulle het veel meer ekonomiese en organisatoriese
mag om hul onrus te laat voel.

En as dit "transvaler talk" is, ou ding, mag dit jou preutse biduursnobisme
stimuleer, maar dit maak dit niks minder ongemaklik vir die ANC nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15578 is 'n antwoord op boodskap #15576] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

I am the grandchild of Kmdt. Pieter Mulder
> who took up arms against his own brother in 1914 when his brother did not
> honor the blood oath they swore in 1902 . An oath to take up arms against the
> British at the first opportunity to regain their freedom. In my soul lives
> the ideals and cries for freedom of 26 000 Afrikaner women and children -
> those who died in British Concentration camps. Those who inspired their men
> to fight on, to never surrender. May their suffering and pain, their anguish
> and despair not have been in vain.

Hoe word die ou ikoon-knoppies gedruk.
Tipiese Transvaler-talk. Vergeet dat
'n hele klomp Afrikaners 'n hele ander
agtergrond in ander dele van die land
gehad het. Vir dekades is al die
ander Afrikaners aan hierdie Transvaal-
talk geonderwerp, en later was dit
verraad om anders te dink. Maar gelukkig
is daardie dae verby. Die Afrikaners
lees nou hygromans en sit op die stoep
en drink en luister nie meer na al die
ou soort Transvaaltalk-indoktrinasies
nie.

En die lastering van die man. Om die
vrees van rassistiese Afrikaners van
uitwissing, net omdat hulle nie hulle
pie-in-the-sky Volksstaat kan kry nie,
nou te vergelyk met die toestand van
die Eerste nasies van Amerika. Waar
sal hierdie tweegesig-jakkalse tog
ophou om vir hulself 'n rad voor die
o"e te draai.

Gloudina
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15602 is 'n antwoord op boodskap #15576] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jun 1998 17:38:17 GMT, wrote:

> Hoe word die ou ikoon-knoppies gedruk.
Niemand het op jou gedruk nie, Gloudina - hou op om so voorbarig te
wees .....
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15603 is 'n antwoord op boodskap #15576] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes: >

> Jy vang dit nog nie, nie waar nie Gloudina? Die gehoor was nie Afrikaners nie.
> Dit was die ANC. Dis waarom die toespraak in Engels was, heeltemal teen Mulder
> se party se beleid.
>
> En dit lyk asof die ANC dit nogal bietjie ernstig opgeneem het, as mens die
> geluide wat hulle sedertdien gemaak het as eerlik kan opneem (Vali Moosa wat
> weer beloftes maak oor volkstate en so aan). Maar, om iets wat die ANC sê as
> eerlik op te neem is natuurlik baie naief. Toevallig (so se Viljoen) het die
> toespraak saamgeval met die diefstal van groot hoeveelhede wapens van die
> Valskermbataljon - en dit lyk asof ver-regse elemente verantwoordelik was vir
> die diefstal.
>

> Ek dink die ouens maak 'n fout. Die teenwoordigheid van 'n onrustige
> minderheid kan nooit irrelevant wees nie - die paar krummeltjies wat van die
> inboorlinge wat in lande soos Kanada en Australië oorgebly het toon dit. In
> Suid-Afrika is die Afrikaners 'n veel meer getalryke minderheid as enige van
> die eersgenoemde groepe. En hulle het veel meer ekonomiese en organisatoriese
> mag om hul onrus te laat voel.
>
>
> Vriendelike groete, Leendert

In my opinie is dit een van die foute wat die ANC
gemaak het en nog aanhou om te maak: hierdie soort
praat wat klink of hulle 'n Volkstaat belowe. Dit was
seker oorspronklik 'n strategie om "die Afrikaner" te
paai en te verhoed dat hulle tot wapens-opneem oorgaan.
Ek hoop nie hulle swig vir al die gekerm nie. En hulle
moet nou duidelik hul standpunt stel. Hulle behoort te
weet teen hierdie tyd dat daar baie Afrikaners is wat nie
hulself as apart van hulle mede-Afrikaners wil sien nie.
Hierin moet hulle 'n blaadjie neem uit die boek van
Trudeau, self 'n Quebecker, wat dadelik streng opgetree
het toe die FLQ gelyk het asof hulle wapens wil opneem:
hy het dadelik "martial law" (martjie louw!) uitgeroep.
Die mense wat gekla het dat hy te hardhandig optree, het
hy "bleeding hearts" genoem. Nou nog, elke keer wanneer
dit lyk of die res van Kanada iets konstitusioneels wil
aanvang om Quebec te paai, waarsku hy dat die Federaliste
nie moet ingee nie. Hy sê die Franse in Quebec wat
sogenaamd onafhanklik wil word, sal nooit ophou kla nie.
Ek dink dieselfde toestand heers in Suid-Afrika. Maar op
die oomblik het die volkstaters van Quebec nog die oorhand.
Hulle maak belaglike taalwette, wat veroorsaak dat mense
moet kom meet hoe groot die letters in Frans en Engels is
wat op advertensies in winkels verskyn.
Enige totstandkoming van 'n Afrikaner-volkstaat kan
tot gevolg hê dat ander groepe ook hulle eie staat kan aanvra.
Dit sal lei tot die balkanisering van SA. Dit kan lei na etniese
skoonmaak (iets wat op 'n sekere skaal wel gedurende die
apartheidsjare plaasgevind het, of beplan was.) As die
etniese groep wat dink Pretoria is in die area waar hulle
volkstaat moet kom, nou die daad by die woord voeg en vir
Leendert en duisende ander uit "hul" area wil uitkry, wat sal
Leendert dan sê? Sal Leendert sy goedjies oppak en trek
na die Boerstaat?( Ek is jammer vir daardie Volkstaat. Hy
sal hulle van vooraf vertel waar dawid die wortels gegrawe
het.)
Nee, op die uiterste dink ek die ANC kan voorstel dat
daar private maatskappye soortgelyk aan Orania gestig kan
word en dat daar nie wetgewing ingedien sal word om aan te
vra dat daar 'n rassebalans in sulke areas moet wees nie. Dit sal
in alle geval 'n baie drastiese, en miskien onwyse toegewing
wees.

Gloudina
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15655 is 'n antwoord op boodskap #15576] Ma, 08 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Jun 1998 17:43:59 GMT, wrote:

gemaak het en nog aanhou om te maak: hierdie soort[/color]
> praat wat klink of hulle 'n Volkstaat belowe. Dit was
> seker oorspronklik 'n strategie om “die Afrikaner” te
> paai en te verhoed dat hulle tot wapens-opneem oorgaan.
> Ek hoop nie hulle swig vir al die gekerm nie. En hulle
> moet nou duidelik hul standpunt stel. >>

IN die onderhandelinge by Kemptonpark het die ANC sy standpunt
herhaaldelik gestel. Dit was: As die Afrikaners almal na een streek
sou trek en daar die meerderheid sou vorm, dan verkies hulle die
regering van daardie streek in terme van die grondwet.
Ons het geen probleem daarmee nie.

Daarteen het die regses en kwasi-regses hulle standpunt gereeld buite
die onderhandelinge gestel: Gee ons 'n goeie en ryk deel van SA en dan
moet die regering al die swartes daaruit jaag sodat ons alleen daar
kan woon.
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15681 is 'n antwoord op boodskap #15576] Di, 09 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On 6 Jun 1998 17:43:59 GMT, wrote:
>
> > gemaak het en nog aanhou om te maak: hierdie soort
>> praat wat klink of hulle 'n Volkstaat belowe. Dit was
>> seker oorspronklik 'n strategie om “die Afrikaner” te
>> paai en te verhoed dat hulle tot wapens-opneem oorgaan.
>> Ek hoop nie hulle swig vir al die gekerm nie. En hulle
>> moet nou duidelik hul standpunt stel. >>
>
> IN die onderhandelinge by Kemptonpark het die ANC sy standpunt
> herhaaldelik gestel. Dit was: As die Afrikaners almal na een streek
> sou trek en daar die meerderheid sou vorm, dan verkies hulle die
> regering van daardie streek in terme van die grondwet.
> Ons het geen probleem daarmee nie.
^^^

Wie is ons? Die ANC of die Afrikaner?? En vir wie van die twee is jy nou
die spreekbuis??? :|

Cheers
Lou
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15714 is 'n antwoord op boodskap #15576] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> En die volgende dag toe vang hulle die drie regses wat ammunisie by
> die militere basis by Tempe gesteel het en die twee soldate vermoor
> het wat n ammunisie-voertuig bestuur het.
>
> Hulle sit nou in die tronk en wag hulle verhoor af.

Ferdi, die ouens wat gevang is, is die klein vissies. Ek dink nie 'n ou moet
hierdie dinge, en Corné Mulder se toespraak te ligtelik opneem nie. Ek het
'n rukkie terug vir Gloudina daarop gewys dat daar tans meer goed opgeleide
soldate buite die weermag as daar binne is.

Die blote feit dat oorlogswapens uit 'n militêre basis gesteel kon word, is
kommerwekkend genoeg. Jou reaksie is amper soos om te lag as ek my eie huis
opblaas in 'n poging om 'n atoombom te maak!

Boonop is daar nou nuusberigte dat ook linkse groeperings betrokke kan wees.
Samewerking tussen oud MK's en oud SAW's ? Onmoontlik? Hang natuurlik af wat
die doelwit is.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15778 is 'n antwoord op boodskap #15576] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> 100 mense met wapens kan groot ongelukkigheid veroorsaak. Maar net
> ongelukkigheid en vir 'n kort tydjie.

Genoeg om my bekommerd te maak, Ferdi. Soos 'n pypbom in 'n winkel op
Worcester die dag voor Kersfees - dit doen niks aan my en jou nie, maar
groot seer vir ander.

Dalk, net dalk, is ek en jy eendag aan die ontvang kant daarvan.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15779 is 'n antwoord op boodskap #15576] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Jun 1998 16:01:15 +0200, lou wrote:

die spreekbuis??? :|>>>[/color]

Dit was n aanhaling Lou. Net die
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15780 is 'n antwoord op boodskap #15576] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Jun 1998 16:09:09 -0600, "Henri Burger"
wrote:
soldate buite die weermag as daar binne is.>>[/color]

Henri dis 'n variasie van die "elke witman is 'n opgeleide soldaat"
wat in vroee jare 90 so gereeld deur die regses gemantra is.

En vandag - net soos toe - gaan 99% van blankes nie die Pick n Pay en
die rugby-stadion opblaas nie want waar gaan hulle dan melk koop en
rugby kyk.

100 mense met wapens kan groot ongelukkigheid veroorsaak. Maar net
ongelukkigheid en vir 'n kort tydjie.
Re: Corne Mulder se toespraak [boodskap #15802 is 'n antwoord op boodskap #15576] Sa, 13 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Jun 1998 16:53:24 -0600, "Henri Burger"
wrote:

>

Yep. Hunt 'em down and lock 'em up.
Vorige onderwerp: Hygromans
Volgende onderwerp: Mandela kap Studente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 11:22:31 MGT 2024