Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wie gee om?
Re: Wie gee om? [boodskap #15592] Sa, 06 Junie 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> What is urgently required is the appointment of a senior official with the
> authority to cut through red tape and make the allocated money available
> immediately.

Leendert,

Ek dink as 'n mens mooi op hierdie dinge ingaan, lê die probleem nie soseer
by die politici nie, maar soos die skrywer opmerk, by die onbeholpe
amptenary. Ek gee toe dat die politici uiteindelik ook daarvoor
verantwoordelikheid moet aanvaar.

Kort nadat die ANC ontban is, het 'n groep van ons hier plaaslik die
voorsitter van die Jeugliga genooi om met ons te kom gesels. Sy idees oor
die ekonomie, nasionalisasie, ens. op daardie stadium was skrikwekkend.

Na die verkiesing is hy aangestel as ons provinsie se minister van
finansies. Na 2 jaar in sy pos het ons hom weer genooi, en dit was
verrassend om te sien hoe sy idees getemper is. Hy het toe sy waardering
uitgespreek oor die geleentheid wat ons hom destyds gebied het om in gesprek
te tree.

Ek het elders gemeld van 'n vriend van my wat betrokke is in die onderrig
van gestremde kinders. Twee weke gelede was sy skool se geld op. Dit is 'n
baie ernstige situasie, want die kinders bly by die skool, en word volledig
versorg. Hy bel toe die betrokke politikus, en die volgende dag kon hy sy
geld gaan haal. Dit was die amptenary wat hul plig versuim het.

Min of meer wat die skrywer wat jy aanhaal, sê.

Groete
Vorige onderwerp: Friesland
Volgende onderwerp: Wie gee om?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 14:23:52 MGT 2024