Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Oorsprong van Afrikaans (Indonesie)
Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15140] |
Sun, 24 May 1998 00:00  |
wilc
Boodskappe: 3 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
nie.
Om dinge net bietjie uit te klaar. Die offisiele taal in Indonesia is
Bahasa Indonesie, en
in Maleisie is dit Basa Malei. 'n Taal soos Maleis of Indonesies bestaan
tog nie
regtig nie, maar eerder Bahasa. Alhoewel hierdie 2 tale baie dieselfde is,
is daar tog
'n verskil. Bahasa Malei is die oorspronklike en ouer taal. Bahasa
Indonesie weer is beinvloed
deur ander tale inheems aan Indonesie, soos Javanees ens. Terloops die
herhaling van 'n woord in
Bahasa Malei dui nie verkleining aan nie maar eerder meervoud. Bv.
anak=kind
anak anak = kinders
piesang = piesang
piesang piesang = piesangs
Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
tyd
wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
Nederlandse
kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
Bahasa Indonesie
is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
invloed in Indonesie,
as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.
Groete
Christo
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oorsprong van Afrikaans (Indonesie) [boodskap #15713 is 'n antwoord op boodskap #15140] |
Wed, 10 June 1998 00:00  |
Arthur Goldstuck
Boodskappe: 5 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
brynie...@TheOffice.net (Bryan) writes:
>>> Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
>>> nie.
>>> Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
>>> tyd
>>> wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
>>> Nederlandse
>>> kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
>>> Bahasa Indonesie
>>> is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
>>> invloed in Indonesie,
>>> as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.
Ek skryf tans 'n boek oor die geskiedenis van Suidafrikaanse
spookstories en dit blyk dat die Indonesiers wat as slawe Kaap toe
gebring is een van die belangrikste invloede was op die spook-geloof
van die oorspronkilike Afrikaners. Achmat Davids, 'n bekende
akademikus en radio-uitsaaier in die Weskaap, sal binnekort 'n boek
laat druk wat die hele storie van die taal invloed vertel.
Arthur
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:51:53 UTC 2025
|