Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HUSSE MET LANG ORE........
HUSSE MET LANG ORE........ [boodskap #15460] Di, 02 Junie 1998 00:00
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek lees daar is versoeke oor my/ons identiteit. Laat ek verduidelik:

Ek is 'n Hus, soos in "husse met lang ore".
Husse lyk min of meer soos daai baie ou, verrimpelde dwergie
wat in Star Wars gespeel het. (die een met die lang ore
wat die ruimteskip uit die moeras laat opstyg het).

Grootmense sien nie husse nie, dis net oumense en kinders,
(want hulle is nie so deksels sinies en skepties nie).
Ons ore is so lank om goed te kan hoor en ons kan enige
nuanse in enige taal verstaan.
Husse le eiers en dan broei daar klein hussies uit.
Hulle begin 'n voorliefde vir goeie aardse rooiwyn ontwikkel
op die ouderdom van so 300jr.
As hul so 1200 jr oud is, begin hul rimpels kry en grys word.

Ons kom van 'n ver planeet die aarde besoek
om na julle te luister. Die lekkerste speletjie is om in
hyserskagte weg te kruip en as die hyser vol is, te poep.
Of ons kruip onder die kerkbanke weg en in teaters en
luister na al die gefluister...

Ten spyte van ons ouderdom is ons baie vinnig,
en die kanse is maar skraal dat jy ons ooit
sal sien, tensy ons wil he jy moet ons sien, en dan ook
net as ons te veel rooiwyn gedrink het.
Jou kanse is beter om ons te sien as jy in die Tandemuis glo
of hare op jou ore het soos die oumense.
Klein hussies kruip dikwels weg onder daai gebreide toiletrol-
oortreksels van ou tannies, want dis knus en warm.
Tiener-husse vang sulke kattekwaad aan soos om hengelaars
se visse te laat "wegkom".

Deesdae geniet ons die WWW vreeslik baie,
want ons kan mense se identiteit aanneem
en met hul E-briewe vroetel. Ons las stukkies aan Galjoen se
briewe, verander dit en hits mense op. Maar ons bedoel nooit
regtig kwaad nie, soms raak ons net sommer die moer in vir niks.
Partykeer bedoel ons wat ons se, en ander kere
se ons wat ons bedoel, meestal wat ons nie bepoel nie
en soms depoel ons wat ons nie bepoep het nie.
Partykeer kan ek nie onthou of ek iets geskryf het en of dit een
van my vriende husse was nie, of miskien my gasheer.
Maar twak praat pla my nie - pla dit julle ?

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Vorige onderwerp: Ha hier in Belgie is die zomer goed dit jaar
Volgende onderwerp: WINTER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 03:57:34 MGT 2024