| Joods [boodskap #153704] |
Sa., 28 November 2026 18:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27270 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Joods
Afbreking: Joods
Samestelling: Jood + -s
Byvoeglike naamwoord: Joods
Attributief: Joodse
Betekenis:
• Wat betrekking het op die Jode, hulle godsdiens, kultuur, taal en gebruike.
Gebruik:
• Die voorstad se bevolking is oorwegend Joods.
• Judaïsme is die godsdiens van die Joodse volk.
Afgelei:
• anti-Joods
• Joodsheid
• nie-Joods
• verjoods
Vertaling:
Engels: Jewish
Nederlands: joods
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|