Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuldoffer
skuldoffer [boodskap #153701] Sa., 28 November 2026 09:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27264
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
skuldoffer
Afbreking: skuld•of•fer
Samestelling: skuld + offer


Selfstandige naamwoord: skuldoffer
Meervoud: skuldoffers

Betekenis:
• 'n Offerande volgens godsdienstige voorskrifte om boete vir (sonde)skuld te doen.

Gebruik:
• Volgens die Ou Testament moes iemand wat teen die Here oortree het, 'n skuldoffer as versoening bring.

Sinoniem:
• hersteloffer
• sondeoffer
• sondoffer
• versoeningsoffer

Hiperoniem:
• offerande

Afgelei:
• skuldofferbloed
• skuldofferdier
• skuldofferlam
• skuldofferram

Vertaling:
Engels: guilt offering, trespass offering
Nederlands: schuldoffer, schuldofferande

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sondeoffer
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Nov. 28 10:55:09 UTC 2026