Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Demokrasie
Demokrasie [boodskap #15365] So, 31 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >

> Arthur,
> 'n mens sit hier met 'n baie groot probleem : die persepsie van
> westerlinge en Afrika inboorlinge van die term "demokrasie" is baie
> verskillend.
>
> Vir die swartes van Suid Afrika beteken dit bllot om in beheer van die
> regering te wees en geen blankes daar te hê nie. Gaan kyk bietjie
> mooi na die uitsprake van joernaliste en politici in sogenaamde swart
> demokrasie in Afrika.

Arthur, gaan kyk eerste wat die persepsie
van demokrasie was in Suid-Afrika onder die
apartheids-misdadigers. 'n Totale diktator-
skap is vir vier dekades in die land in
bestand gehou. Nou praat hierdie wit Afrikaners
van die persepsies van "demokrasie." Sies,
selfs ou Jaap Strydom, die een wat ek altyd
sê die vuur begin het vir die Soweto-onluste,
het altyd in die stafkamer gesê, as hy nou
sy mede-broederbonders so bietjie wil oprui,
"Suid-Afrika is nie 'n demokrasie nie." Dan
kyk die ander broederbonders op die personeel
hom met sulke glasige o"e aan. Wat, vra hulle,
"ons het mos verkiesings." Dan verduidelik ou
Jaap nou maar geduldig dat om demokrasie te
h^e, alle mense in 'n land moet kan stem. Dan
loop ou Jaap uit die stafkamer uit, en gaan
maak hy verdere planne om twee van die klasse
in Afrikaans te laat studeer, en hy skryf
handboeke in afrikaans vir Sosiale Wetenskap
en Wiskunde, en rol dit op die skool se masjien
af en verkoop dit aan die arme swart studente
teen 'n wins. En dan probeer ek nou in die
Geskiedenis klas vir die kinders verduidelik
wat demokrasie is, en dan kyk hierdie swart
kinders my met 'n snaakse kyk in hulle o"e aan.

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15366 is 'n antwoord op boodskap #15365] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
> As jy enige begrip van Amerikaanse politiek
> het, sal jy weet dat hulle dit ook gereeld
> in die VSA probeer doen.

As JY 'n beter begrip van Amerikaanse politiek het, sal jy besef dat NIEMAND
so 'n stelling sal maak in 'n nuusblad nie. Gee ons voorbeelde van waar die
regering van regters probeer ontsla raak asseblief.

> En van hoeveel regters
> het Zuma nou al ontslae geraak? En Jennifer, ek
> dink die deelteken op die e van "ontslae" is nie
> nodig nie. Het jy jou Afrikaans in 'n skool in
> Suid-Afrika geleer?

Het jy geen ander argumente as om mense se skryf styl aan te val nie
Gloudina?
>
> Gloudina
>
Re: Demokrasie [boodskap #15367 is 'n antwoord op boodskap #15365] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jennifer L. Logan  is tans af-lyn  Jennifer L. Logan
Boodskappe: 27
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >
>
>> Arthur,
>> 'n mens sit hier met 'n baie groot probleem : die persepsie van
>> westerlinge en Afrika inboorlinge van die term "demokrasie" is baie
>> verskillend.
>>
>> Vir die swartes van Suid Afrika beteken dit bllot om in beheer van die
>> regering te wees en geen blankes daar te hê nie. Gaan kyk bietjie
>> mooi na die uitsprake van joernaliste en politici in sogenaamde swart
>> demokrasie in Afrika.
>
> Arthur, gaan kyk eerste wat die persepsie
> van demokrasie was in Suid-Afrika onder die
> apartheids-misdadigers.

Ja toe maar, beters as "verraders", verraaiers en bouwers...

> 'n Totale diktator-
> skap is vir vier dekades in die land in
> bestand gehou.

waarvan Gloudien driekwart van die tyd nie daar was nie... Dus wat weet sy
eintlik?

> Nou praat hierdie wit Afrikaners
> van die persepsies van "demokrasie." Sies,

Jy is heeltemal reg. Afrikaners se demokratiese idees is sleg. Mandela s'n
is baie beter.
Zuma s'n is ook baie beter, ontslaë raak van regters wat nie wil doen soos
hy wil.
Transformasie is die orde van die dag. Hoekom verklaar jy nou nie wat daai
"transformasie" eintlik behels, Gloudina?

Geregtigheid is dit wanneer 'n 13 jarige swart seun 'n 99-jarige ou vrou
aanrand en verkrag, nè? Die Afrikaners het dit dan mos gedurig gedoen in
hulle misdadige bestel? Dis goed jy het met die stert tusse jou bene
weggehardloop of 'n apartheidsvark sal ook vir jou gekry het.

Jennifer

--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail daemon
to Choke & Puke.
Re: Demokrasie [boodskap #15408 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina versprei halwe waarhede:

> Is jy miskien 'n outoriteit op die gebied
> van die Amerikaanse politiek? Nixon het 'n
> regter afgesit omdat hy uitsprake gelewer
> het wat Nixon as 'n bedreiging gesien het.
> Judge Star is aangestel na 'n vorige
> independent counsel gesien is as te liberaal.

Synde dat ons nou op hierdie onderwerp is, mag ek twee
name noem.

Ek gaan nie op die besonderhede uitbre nie:

Robert Bork

Clarence Thomas.

Gaan dink weer hieroor na.

Hjalmar
________
Re: Demokrasie [boodskap #15410 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...

> Mag ek jou vra oor die tipe demokrasie wat
> julle in Nederland het?

Nederland is een constitutionele monarchie met een parlementaire democratie.

> Watter maatreels is
> daar om die regte van minderhede te waarborg?

Het eerste artikel van de grondwet is het zogenaamde Gelijkheidsbeginsel,
hierin wordt gesteld dat iedereen dezelfde rechten heeft. Er ligt er een
zekere mate van waarborging in de vrijheid van meningsuiting, de vrije pers,
de scheiding van de machten en (maar dat is een strikt persoonlijke mening)
de uitzonderlijke positie van ons staatshoofd.

> Wat verhoed die dictatuur van die meerderheid
> in Nederland. Waarom moet Friesland nog deel
> van Nederland wees, byvoorbeeld. Is daar
> minderhede in Nederland wie se regte gewaarborg
> moet word?

Er zijn vier lagen van bestuur: gemeentelijk, provinciaal, landelijk en
europees, waarvoor aparte verkiezingen worden gehouden.

Dictatuur van de meerderheid wordt tegengehouden door vrije pers, scheiding
van de machten en recentelijk door steeds verdere integratie in Europa: in
de EU is iedere nationaliteit in de minderheid :)

Friesland is al 500 jaar een deel van Nederland met alle rechten en
plichten. Waarom zou Friesland zich willen afscheiden? Hun taal? In iedere
provincie zijn waarschijnlijk wel mensen die denken alleen beter af te zijn.
Ik geloof niet dat er sprake is van deel MOETEN blijven uitmaken van het
koninkrijk. Wat voor zekerheden heeft een landje met net 600.000 inwoners nu
nog?

Andere minderheden: immigranten, gehandicapten, kinderen, oude van dagen,
etc. In feite maakt iedereen op de een of andere manier wel op enig moment
in zijn of haar leven deel uit van een minderheid.

Ik vind met name het strikt waarborgen van rechten van kinderen en
geestelijk gehandicapten belangrijk: zij zijn niet altijd mondig genoeg om
voor hun rechten op te komen.

Groeten,
Arthur
Re: Demokrasie [boodskap #15411 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Jennifer L. Logan" writes: >
>

> Zuma s'n is ook baie beter, ontslaë raak van regters wat nie wil doen soos
> hy wil.

As jy enige begrip van Amerikaanse politiek
het, sal jy weet dat hulle dit ook gereeld
in die VSA probeer doen. En van hoeveel regters
het Zuma nou al ontslae geraak? En Jennifer, ek
dink die deelteken op die e van "ontslae" is nie
nodig nie. Het jy jou Afrikaans in 'n skool in
Suid-Afrika geleer?

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15412 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
> Arthur, gaan kyk eerste wat die persepsie
> van demokrasie was in Suid-Afrika onder die
> apartheids-misdadigers. 'n Totale diktator-
> skap is vir vier dekades in die land in
> bestand gehou. Nou praat hierdie wit Afrikaners
> van die persepsies van "demokrasie."

Dat begrijp ik, Gloudina, maar in een echte democratie kun je mensen niet
uitsluiten van het democratisch proces (of monddood maken) omdat "zij" in
het verleden ondemocratisch gehandeld hebben. Dat "eigen schuld dikke
bult"-principe vind ik gevaarlijk. Dat kon je namelijk ook over de Tutsi in
Rwanda zeggen. Daar zijn er nu heel wat minder van ....

Wanneer iedereen mag stemmen betekent dat niet automatisch dat je in een
democratie woont. Kijk maar naar (voormalige) communistische landen.
Bovendien zijn er ook verschillen tussen democratien onderling; one
woman/man one vote zoals in grote delen van Europa (al dan niet met een
gekozen staatshoofd), (dis-?) proportionele vertegenwoordiging in the UK en
the US en er zullen vast wel andere varianten in Azië en Zuid Amerika te
vinden zijn.

Een goede democratie moet de rechten van minderheden waarborgen; anders is
er een levensgroot risico op een "dictatuur van de meerderheid".

Groeten,
Arthur
Re: Demokrasie [boodskap #15413 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
> "IRQ0" writes: >
>
> Is jy miskien 'n outoriteit op die gebied
> van die Amerikaanse politiek? Nixon het 'n
> regter afgesit omdat hy uitsprake gelewer
> het wat Nixon as 'n bedreiging gesien het.

Dit was jare gelede gloudina.

> Judge Star is aangestel na 'n vorige
> independent counsel gesien is as te liberaal.

As 'n ondersoeker. Hy is nog steeds 'n regter. Niemand wil hom sy
regterskap ontneem nie. Clinton sou baie graag wou, maar hy kan nie so iets
doen nie.

> En kan JY my nou vertel hoeveel regters al in
> Suid-Afrika afgesit is? Asseblief. Name en
> die getal van hulle. Ek wag vir die inligting.

Nie 'n enkele een nie. As jy my plasing GOED sou lees sal jy sien dat die
punt wat ek maak die volgende is:

1) Die ANC maak openlik stellings dat hulle regters uit die regters bank
will neem.
2) Na aanlyding van jou stelling dat dit gereeld in Amerika gedoen word ie:

"> As jy enige begrip van Amerikaanse politiek
"> het, sal jy weet dat hulle dit ook gereeld
"> in die VSA probeer doen."
het ek vir name gevra van regters wat hul regterskap ontneem is omdat
hulle nie met die regering saamstem nie. Jy het nie hierdie inligting
verskaf nie.
3) Die Amerikaanse regering sal dit nie waag om dieselfde stellings as die
ANC in nuusblaaie te maak nie.

> Ek hoop ook jy onthou hoe die apartheidsregime
> 'n konstitusionele hof gepak het en 'n
> komedie gemaak het van reg en geregtigheid in
> Suid-Afrika.

Uhhmmmm, ek moet eerlik se ek kan dit nie onthou nie. Dit het heel moontlik
gebeur(as jy my meer inligting kan gee sal ek bly wees). Jy wil dus se dat
die ANC onkonstitusioneel mag wees omdat die NP was. Dit maak 'n grap van
die hele verkiesing, konstitusie en regering. As hulle dit doen is hulle
SLEGTER af as die ou regering omdat hulle vir die wereld se hulle is soveel
beter.

Neels
Re: Demokrasie [boodskap #15415 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

>
> Dictatuur van de meerderheid wordt tegengehouden door vrije pers, scheiding
> van de machten en recentelijk door steeds verdere integratie in Europa: in
> de EU is iedere nationaliteit in de minderheid :)

So, as dit jou beskrywing is van 'n demokrasie
wat die regte van minderheidsgroepe beskerm,
dan is dit presies dieselfde as in Suid-Afrika
nou, na 1994. Dit was nie so daarvoor nie. En
die mense wat demokrasie in SA teengestaan het,
skree nou die hardste oor die mindere "demokrasie"
in die land.
>
> Friesland is al 500 jaar een deel van Nederland met alle rechten en
> plichten. Waarom zou Friesland zich willen afscheiden? Hun taal? In iedere
> provincie zijn waarschijnlijk wel mensen die denken alleen beter af te zijn.
> Ik geloof niet dat er sprake is van deel MOETEN blijven uitmaken van het
> koninkrijk. Wat voor zekerheden heeft een landje met net 600.000 inwoners nu
> nog?

Aha, ek sien jy is nie 'n Fries nie!

Oor 'n Afrikaanse boerestaat. Ek het
nog nooit gedink dis onvanpas dat
sommige Afrikaners 'n aparte tuisland
wil hê nie, en ek neem aan niemand
torring aan die regte van die mense
van Orania om op hulle eie te bly,
en sonder nie-blanke werkers klaar
te kom nie. 'n Mens respekteer hulle
eintlik daaroor. Dis die skreebalies
wat totaal in die minderheid in die
land gewees het en nou grens en kerm
dat alles nie na hulle kant toe uit-
werk nie. Maar hulle sit in die stede
en maak nog gereeld gebruik van ander-
rassige bediendes, en dan sit hulle
nog pornografies opmerkings en maak
oor hoe agteraf en minderwaardig die
mense is wat hulle in baie gevalle
nie sonder kan klaarkom nie.

Gloudina

>
> Andere minderheden: immigranten, gehandicapten, kinderen, oude van dagen,
> etc. In feite maakt iedereen op de een of andere manier wel op enig moment
> in zijn of haar leven deel uit van een minderheid.
>
> Ik vind met name het strikt waarborgen van rechten van kinderen en
> geestelijk gehandicapten belangrijk: zij zijn niet altijd mondig genoeg om
> voor hun rechten op te komen.

Natuurlik. En alles is presies dieselfde
in die staatsbeleid van die huidige Suid-
Afrika.
Re: Demokrasie [boodskap #15416 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
> Wel, Jennifer het my al vantevore kortgevat
> oor my spelling van sekere woorde. En Jennifer
> maak of sy 'n Afrikaner is, terwyl sy eintlik
> van Nederlandse oorsprong is, en nou via
> Paraguay in Amerika sit. Solank sy nie vir my
> vertel waar sy gebore is nie, solank sal ek
> haar deeltekens kritiseer. As sy vir ons vertel
> waar sy gebore is, sal ek ophou om haar taamlike
> makabere gebruik van deeltekens te kritiseer.
>
> Gloudina

Hahahahaha gloudinakins,

So, omdat sy nie haar persoonlike lewe hier uitblaker nie, moet sy haar
Afrikanerskap bewys deur korrekte spelling. Afrikanerskap is meer(soos die
ingelse sal se) "a state of mind" as wat dit 'n bewysbare feit is. Is jy 'n
Afrikaner? Baie mense sal se jy is nie. Nie omdat jy in Kanada is nie,
maar omdat jy alles wat met Afrikaner wees, afskiet.
Re: Demokrasie [boodskap #15419 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

> Een goede democratie moet de rechten van minderheden waarborgen; anders is
> er een levensgroot risico op een "dictatuur van de meerderheid".
>
> Groeten,
> Arthur

Maar dis snaaks dat die mense wat in SA die
stemkrag in die hande gehou het van omtrent
een agste van die bevolking, nou die mense
is wat die ergste gil oor die "dictatuur
van de meerderheid." Die opregte Afrikaners
wat ek ken, is dankbaar dat die diktatorskap
in die hande van die wit outokrate uiteindelik
ge-eindig het. Soos een gesê het, dit het
ook die Afrikaner bevry.

Mag ek jou vra oor die tipe demokrasie wat
julle in Nederland het? Watter maatreels is
daar om die regte van minderhede te waarborg?
Wat verhoed die dictatuur van die meerderheid
in Nederland. Waarom moet Friesland nog deel
van Nederland wees, byvoorbeeld. Is daar
minderhede in Nederland wie se regte gewaarborg
moet word?

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15421 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"IRQ0" writes: >

En Jennifer, ek
>> dink die deelteken op die e van "ontslae" is nie
>> nodig nie. Het jy jou Afrikaans in 'n skool in
>> Suid-Afrika geleer?
>
>
> Het jy geen ander argumente as om mense se skryf styl aan te val nie
> Gloudina?

Wel, Jennifer het my al vantevore kortgevat
oor my spelling van sekere woorde. En Jennifer
maak of sy 'n Afrikaner is, terwyl sy eintlik
van Nederlandse oorsprong is, en nou via
Paraguay in Amerika sit. Solank sy nie vir my
vertel waar sy gebore is nie, solank sal ek
haar deeltekens kritiseer. As sy vir ons vertel
waar sy gebore is, sal ek ophou om haar taamlike
makabere gebruik van deeltekens te kritiseer.

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15422 is 'n antwoord op boodskap #15365] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"IRQ0" writes: >

> As JY 'n beter begrip van Amerikaanse politiek het, sal jy besef dat NIEMAND
> so 'n stelling sal maak in 'n nuusblad nie. Gee ons voorbeelde van waar die
> regering van regters probeer ontsla raak asseblief.

Is jy miskien 'n outoriteit op die gebied
van die Amerikaanse politiek? Nixon het 'n
regter afgesit omdat hy uitsprake gelewer
het wat Nixon as 'n bedreiging gesien het.
Judge Star is aangestel na 'n vorige
independent counsel gesien is as te liberaal.

>> En van hoeveel regters
>> het Zuma nou al ontslae geraak?

En kan JY my nou vertel hoeveel regters al in
Suid-Afrika afgesit is? Asseblief. Name en
die getal van hulle. Ek wag vir die inligting.
Ek hoop ook jy onthou hoe die apartheidsregime
'n konstitusionele hof gepak het en 'n
komedie gemaak het van reg en geregtigheid in
Suid-Afrika.

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15450 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>> Ek hoop ook jy onthou hoe die apartheidsregime
>> 'n konstitusionele hof gepak het en 'n
>> komedie gemaak het van reg en geregtigheid in
>> Suid-Afrika.
>
> Watter konstitusionele hof het hulle gepak, Gloudina (Siende dat ons nog
> nooit een gehad het nie)?

Wel, hulle het dit seker iets anders genoem.
Maar dit was 'n spesiale hof wat oor die
kop van die ander regsgehowe die mag gehad
het om sekere veranderings in die manier
waarop die land regeer was, geldig te maak.
Die apartheidsvarke was tog alte gesteld
om al die duiwelary wat hulle aangevang
het, "wettig" te laat klink.

Die Afrikaner is vreeslik gesteld op die
wetsaspek van dinge. Ek luister eendag
na 'n program, net voor die oorgang na
demokrasie in 1994, waar drie leidende
Engelse koerantediteurs praat oor die
toestand van sake. Die vraag word aan
hulle gestel of "die Afrikaners" die
wapens sal opneem en veg. Nee, sê, een
met so 'n effense smalende uitdrukking
op sy gesig: "hulle is te wetsgehoorsaam."

Dit is ook iets wat mens hier in Kanada
'n bietjie van 'n kultuurskok gee, om te
sien hoeveel meer respek jy het vir die
letter van die wet as die mense wat met
die Engelse common law grootgeword het.
Roman Dutch law is baie strenger op die
bindendheid van kontrakte byvoorbeeld.

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15451 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: > On 1 Jun 1998 02:01:21 GMT, wrote:
>
>
>>> Zuma s'n is ook baie beter, ontslaë raak van regters wat
>> nie wil doen soos
>>> hy wil.

> . - dit gaan oor die foute in
> SA.

OK Johan, sal jy vir my asseblief vertel
van hoeveel regters onlangs in SA ontslae
geraak is. Niemand wil my antwoord nie.
Weet jy die name. Asseblief, vertel my
van die foute wat in Suid-Afrika gemaak
word. Oortredings van die handves van
menseregte. Gekonkel met die regstelsel.
Mense sonder regsproses vir maande in
tronke opsluit. Mense wat spoorloos
verdwyn, of op misterieuse wyse uit
vensters val of papgeslaan word. Vertel
my daarvan, Johan. Ek wag.Die name van
die regters wat ontslaan is omdat Zuma
nie van hulle hou nie.

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15452 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Jun 1998 02:01:21 GMT, wrote:

> nodig nie. Het jy jou Afrikaans in 'n skool in
> Suid-Afrika geleer?
>
> Gloudina
>
Was die Afrikaanse onderrig nou so swak in jou tyd, of tans?
Re: Demokrasie [boodskap #15453 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Jun 1998 02:01:21 GMT, wrote:

>> Zuma s'n is ook baie beter, ontslaë raak van regters wat
> nie wil doen soos
>> hy wil.
>
>
> As jy enige begrip van Amerikaanse politiek
> het, sal jy weet dat hulle dit ook gereeld
> in die VSA probeer doen.

Baie swak redenasie - nes 'n laerskoolkind: Ek sal byv. met my
vyfjarige raas en sê: " Jy het die melk op die vloer gemors en nie
opgevee nie!" Dan sê hy vir my "Boetie het nie vanmore sy bed
opgemaak nie!"

Dit gaan nie hier oor Amerikaanse politiek nie - en selfs daarin het
jou alwetendheid nou al lelik geduik ... - dit gaan oor die foute in
SA.
Re: Demokrasie [boodskap #15454 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

. Ik kan heel trots zijn op
> mijn geboortestad en de streek waarin ik woon, maar het Westland hoeft zich
> wat mij betreft niet af te scheiden van Nederland en Delft hoeft zich niet
> uit te roepen tot vrijstad.

Natuurlik nie, Arthur. Julle mense daar in die
sentrale deel van Nederland het die mag in julle
hande. Hoekom sal Delft nou wil afskei van
Nederland? Delft is Nederland. Maar miskien is
daar sommige Friese wat nie so oor die saak
voel nie. En wat nou nog minder sien hoekom
hulle onder die sentrale beheer van Amsterdam
staan, nou dat alles in die Europese Unie tog
al gehomogeniseer word. As almal die euro
gebruik, almal dieselfde landbouwette moet
volg, en so meer, hoekom kan Friesland nie
onafhanklik van Nederland bestaan nie?

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15455 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Maar hulle sit in die stede
> en maak nog gereeld gebruik van ander-
> rassige bediendes,

Gloudina,

Ek dink as jy mooi op die saak ingaan, sal jy agterkom dat 'bediendes', of
'huishulpe' 'n belangrike manier van inkomste verdien in SA is. Dit is
interressant dat minimumlone vir hierdie groep werkers nog nie ingestel is
nie. Hulle vakbond, waaraan baie min behoort, het hulle ook nog nie
uitgespreek vir minimumlone. Ek dink hulle besef dat daar 'n baie groot
gevaar is, dat 'n groot persentasie van hulle sonder heenkome sal wees as
so-iets sou gebeur.

Ek het persoonlik 'n jongman wat 2 dae per week in die tuin kom help. Hy het
my al baie skade berokken, en ek het uitgewerk dat dit my goedkoper sal
uitwerk om van 'n professionele tuindiens gebruik te maak. Maar ek weet daai
gesin is afhanklik van die bietjie inkomste, dus knyp ek maar oë toe.

Hulle word natuurlik deur arbeidswetgewing beskerm teen onetiese
sakepraktyke, soos summiere afdanking en onbehoorlike werksure.

> en dan sit hulle
> nog pornografies opmerkings en maak
> oor hoe agteraf en minderwaardig die
> mense is wat hulle in baie gevalle
> nie sonder kan klaarkom nie.

Ek dink jy sal vind dat in die meeste gevalle daar 'n baie goeie verhouding
bestaan tussen werkgewer en werknemer. In die meeste gevalle is dit meer as
'n blote werkgewer-werknemer verhouding, en word huishulpe beskou as deel
van die gesin.

'n Interressante verskynsel is dat feitlik alle middelklas gesinne van
huishulpe gebruik maak. Dit sluit die swart, bruin en Indiër middelklas in.

Die omgekeerde is ook waar, naamlik dat jy meer en meer blanke huishulpe
begin kry.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Demokrasie [boodskap #15456 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum heeft geschreven...
> Hmm.... Vra bietjie vir Artuur om vir jou te verduidelik van die
> "versuiling" van die Nederlanse samelewing en die wyse waarop dit bepaalde
> groepsregte beskerm. Miskien sal hy sommer ook vir jou verduidelik hoe dit
> in die geskiedenis ontstaan het asgevolg van godsdienstige
> onverdraagsaamheid.

>
Niet alleen godsdienstig, ook politiek (denk aan de VARA). Ik geloof niet
dat het zozeer voorkomt uit onverdraagzaamheid. Meer uit de behoefte om je
eigen groepsidentiteit te beschermen. Er zijn altijd twee alternatieven: het
lekker uitvechten (Noord Ierse toestanden) of je terugtrekken in je eigen
groep en de rest buitensluiten.

Verzuiling is uit. Commerci�le televisie en "zwevende kiezers" zijn in.

>
> Vra sommer hy moet verduidelik hoe 'n mens op die onkoste van die staat 'n
> privaatskool kan bedryf vir 'n bepaalde groep (teen dieselfde befondsing as
> wat 'n staatskool kry).

Vroeger was het nog erger: bij ons op het dorp hadden we drie lagere
scholen; een openbare, een katholieke en een protestante (de openbare en
katholieke zijn nu gefuseerd). Wanneer bij één van de drie het dak moest
worden vernieuwd kregen de andere twee hetzelfde budget toegewezen. Alles
ging op complete voet van gelijkheid! (misschien is het nog steeds wel zo
Re: Demokrasie [boodskap #15458 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven...
> "Arthur Hagen" writes:
>> Dictatuur van de meerderheid wordt tegengehouden door vrije pers, scheiding
>> van de machten en recentelijk door steeds verdere integratie in Europa: in
>> de EU is iedere nationaliteit in de minderheid :)
>
> So, as dit jou beskrywing is van 'n demokrasie
> wat die regte van minderheidsgroepe beskerm,
> dan is dit presies dieselfde as in Suid-Afrika
> nou, na 1994. Dit was nie so daarvoor nie.

Is de Zuid Afrikaanse grondwet in 1994 aangepast of is de wijze waar er mee
om wordt gegaan veranderd?

Ik ben ervan overtuigd dat de wetgeving in Zuid Afrika klaar is voor een
echte democratische toekomst. Ik ben alleen huiverig voor te grote macht bij
��n partij (dat was immers ook zo voor 1994!). Ik heb alle vertrouwen in
president Mandela, maar in naam van het ANC zijn in het verleden uitspraken
gedaan die mij sterk doen twijfelen aan het democratische gehalte van die
partij.

> Aha, ek sien jy is nie 'n Fries nie!

Nee, half Delvenaar, half Westlander (en als ik een paar generaties verder
terug graaf wordt het helemaal een mengelmoes). Ik kan heel trots zijn op
mijn geboortestad en de streek waarin ik woon, maar het Westland hoeft zich
wat mij betreft niet af te scheiden van Nederland en Delft hoeft zich niet
uit te roepen tot vrijstad.

Groeten,
Arthur
Re: Demokrasie [boodskap #15459 is 'n antwoord op boodskap #15365] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Versigtig, Artuur!

Jy het in hierdie plasing al die standpunte ingeneem wat Gloudina blykbaar
beskou as voldoende om jou te klassifiseer as 'n "apartheidsvark".

Sien ook onder:

Arthur Hagen wrote in message ...
> Gloudina heeft geschreven...
>> Arthur, gaan kyk eerste wat die persepsie
>> van demokrasie was in Suid-Afrika onder die
>> apartheids-misdadigers. 'n Totale diktator-
>> skap is vir vier dekades in die land in
>> bestand gehou. Nou praat hierdie wit Afrikaners
>> van die persepsies van "demokrasie."
>
> Dat begrijp ik, Gloudina, maar in een echte democratie kun je mensen niet
> uitsluiten van het democratisch proces (of monddood maken) omdat "zij" in
> het verleden ondemocratisch gehandeld hebben. Dat "eigen schuld dikke
> bult"-principe vind ik gevaarlijk. Dat kon je namelijk ook over de Tutsi in
> Rwanda zeggen. Daar zijn er nu heel wat minder van ....

Daar is ook 'n verdere gevaar aan die "tit for tat" argument:

a) Gestel ons beweer dat dit nou geregverdig is om iemand se fundamentele
regte (in hierdie geval, die reg van spraak/inspraak) te beperk omdat hy/sy
aan 'n groep behoort wat in die verlede die fundamentele regte (van
spraak/inspraak) van ander beperk het. Daarmee sê ons dat dit geregverdig
(redelik) is om die fundamentele regte van sulke mense weg te neem.

b) Maar, as dit geregverdig is om ander mense so te beperk op grond van hul
optrede in die verlede, is dit ook geregverdig om hulle reg op
spraak/inspraak te beperk as hulle die voorneme uitspreek om in die toekoms
my regte te beperk.

c) Daarmee beweer ek dan noodwendig dat dit in die verlede geregverdig was
om politieke organisasies te onderdruk wat hulle ten doel gestel het om
totalitêre of onderdrukkende regeringsvorme in te stel (dit is inderdaad wat
die Duitse grondwet bepaal).

d) Vir sover 'n mens kan toon dat die ANC, PAC en die SAKP in die verlede
die doel gehad het om totalitêre of onderdrukkende regering in te stel,
beteken dit dus dat die onderdrukking van daardie organisasies in die
verlede geregverdig was. (Enige totalitêre en/of onderdrukkende maatreëls
wat hulle nou instel bevestig bloot dat hulle dit in die verlede ook sou
doen as hulle dit dienlik geag het.)

e) Dit is presies die argument wat iemand soos PW Botha voorhou. Wat jy
aantoon is dat daar in beginsel geen verskil is tussen die standpunt wat
Gloudina voorstaan, en die een van PW Botha nie.

>
> Wanneer iedereen mag stemmen betekent dat niet automatisch dat je in een
> democratie woont. Kijk maar naar (voormalige) communistische landen.
> Bovendien zijn er ook verschillen tussen democratien onderling; one
> woman/man one vote zoals in grote delen van Europa (al dan niet met een
> gekozen staatshoofd), (dis-?) proportionele vertegenwoordiging in the UK en
> the US en er zullen vast wel andere varianten in Azië en Zuid Amerika te
> vinden zijn.
>
> Een goede democratie moet de rechten van minderheden waarborgen; anders is
> er een levensgroot risico op een "dictatuur van de meerderheid".

Inderdaad.

Gloudina spog ywerig met haar vriendin wat dien in die regeringsliggaam van
een van die "eerste nasies" in Kanada.

In die Suid-Afrikaanse grondwet is daar (ten spyte van die weerstand van die
ANC) voorsiening gemaak vir sulke strukture vir minderheidsgroepe.

Die ANC-regering weier egter konsekwent om in die praktyk uitvoering te gee
aan hierdie aspek.

Groete, Leendert
Re: Demokrasie [boodskap #15493 is 'n antwoord op boodskap #15365] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
> @igs.net wrote in message ...
>
>> Asseblief, vertel my
>> van die foute wat in Suid-Afrika gemaak
>> word. Oortredings van die handves van
>> menseregte. Gekonkel met die regstelsel.
>> Mense sonder regsproses vir maande in
>> tronke opsluit. Mense wat spoorloos
>> verdwyn, of op misterieuse wyse uit
>> vensters val of papgeslaan word. Vertel
>> my daarvan.

LEES DIT WEER, GLOUDINA:

> Beeld skryf op 22 Mei 1998:
>
> *****************************
>
> Sowat 50% van die mense wat die afgelope dertien maande in
> polisie-aanhouding of tydens polisie-optredes dood is, is tydens
> inhegtenisneming geskiet.
>
> Syfers wat deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) bekend
> gemaak is, het getoon 306 verdagtes is tydens arrestasie doodgeskiet.
> Volgens die OKD is 789 mense in totaal gedurende dieselfde tydperk
> in polisie-aanhouding of tydens polisie-optredes dood van wie 255 in
> die eerste vier maande vanjaar dood is. Uit dié totaal is 557
> gedurende polisie-optrede dood terwyl 232 in aanhouding dood is.
>
> Prof. Ben Smit, polisiëringsdeskundige van Unisa, het sy kommer
> uitgespreek oor die verskynsel dat sterftes tydens polisie-optredes
> toeneem.
>
> Polisiekomm. George Fivaz het gesê die sterftes moet beskou word in
> wat hy bestempel het as 'n moordenaarsklimaat in Suid-Afrika.
>
> Uit die totale sterftes in polisie-aanhouding het 72 mense selfmoord
> gepleeg, 29 is aan natuurlike oorsake dood, 48 is dood weens
> beserings wat in aanhouding opgedoen is, 35 weens beserings wat voor
> aanhouding opgedoen is en 48 mense is weens moontlike nalatigheid
> dood.
>
> ******************************
>
> Let op dat dit sterftes is in polisie-aanhouding, nie in gevangenisse nie:
>
> 72 "selfmoorde"
> 29 dood aan "natuurlike oorsake"
> 48 dood aan "beserings wat tydens aanhouding opgedoen is".
> 48 dood weens "moontlike nalatigheid".
>
> In dertien maande.
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
Re: Demokrasie [boodskap #15494 is 'n antwoord op boodskap #15365] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Jun 1998 15:25:44 GMT, wrote:

> OK Johan, sal jy vir my asseblief vertel
> van hoeveel regters onlangs in SA ontslae
> geraak is.

Dis nie ek wat hierdie punt aangeraak het nie - sit asb jou bril op as
jy op die rekenaar werk.

> Niemand wil my antwoord nie.

Gee eers 'n volwasse ordentlike sinvolle redenasie - maar dit raak
effe gaar om op jou kinderagtige slap redenasies te antwoord.

> Weet jy die name. Asseblief, vertel my
> van die foute wat in Suid-Afrika gemaak
> word.

Ek het nie nou tyd om 'n boek te skryf nie - gaan effe terug op die
nuusgroep en lees al my vorige plasings en al die van die ender
persone wat jou probeer vertel het wat nou in SA aangaan.

> Oortredings van die handves van
> menseregte.

Te veel om op te noem. Jou swart boeties se rekord is al reeds baie
swakker as die vorige "regime" sn.

> Gekonkel met die regstelsel.
> Mense sonder regsproses vir maande in
> tronke opsluit. Mense wat spoorloos
> verdwyn, of op misterieuse wyse uit
> vensters val of papgeslaan word.

Hou op om die verlede aan te haal asof dit die hede se foute gaan
regmaak - jy is 'n ou fool in 'n fool's paradise!
Re: Demokrasie [boodskap #15495 is 'n antwoord op boodskap #15365] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>> Oortredings van die handves van
>> menseregte.
>
> Te veel om op te noem. Jou swart boeties se rekord is al reeds baie
> swakker as die vorige "regime" sn.

Ek wag op 'n antwoord, Johan.
Sit dit sommer so op 'n lysie:

(1)
(2)
(3)
(4)

Gloudina
Re: Demokrasie [boodskap #15496 is 'n antwoord op boodskap #15365] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> En kan JY my nou vertel hoeveel regters al in
> Suid-Afrika afgesit is? Asseblief. Name en
> die getal van hulle. Ek wag vir die inligting.

Tot dusver nog nie een nie. Die grondwet verbied dit. Maar Jacob Zuma,
Adjunk-President van die ANC, het blykbaar verklaar dat dit een van die
redes is waarom die ANC 'n tweederdemeerderheid in die verkiesing wil hê -
sodat hulle hierdie ongerieflike aspek van die grondwet uit die weg kan
ruim.

> Ek hoop ook jy onthou hoe die apartheidsregime
> 'n konstitusionele hof gepak het en 'n
> komedie gemaak het van reg en geregtigheid in
> Suid-Afrika.

Watter konstitusionele hof het hulle gepak, Gloudina (Siende dat ons nog
nooit een gehad het nie)?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Demokrasie [boodskap #15497 is 'n antwoord op boodskap #15365] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >

>> Arthur,
>> 'n mens sit hier met 'n baie groot probleem : die persepsie van
>> westerlinge en Afrika inboorlinge van die term "demokrasie" is baie
>> verskillend.

>> Vir die swartes van Suid Afrika beteken dit bllot om in beheer van die
>> regering te wees en geen blankes daar te hê nie. Gaan kyk bietjie
>> mooi na die uitsprake van joernaliste en politici in sogenaamde swart
>> demokrasie in Afrika.

> Arthur, gaan kyk eerste wat die persepsie
> van demokrasie was in Suid-Afrika onder die
> apartheids-misdadigers. 'n Totale diktator-
> skap is vir vier dekades in die land in
> bestand gehou. Nou praat hierdie wit Afrikaners
> van die persepsies van "demokrasie." Sies,

a) Suid-Afrika was, behalwe onder mense soos Sjaka, nog nooit 'n
diktatorskap in die staatkundige sin van die woord nie. Jy gebruik die woord
dus bloot as 'n propaganda-etiket. Sies.

b) Die bepaalde vorm van demokrasie wat ons nou het, met universele
volwassestemreg op 'n gemeenskaplike kieserslys, is die norm waaraan die
huidige regering gemeet behoort te word. Want dit is die norme waarvolgens
hulle die vorige regering meet.

c) Mense onderskei dikwels nie genoeg tussen "demokrasie" en
"fundamentele regte" nie. Self waar mense nie vir 'n regering kan stem nie,
besit hulle steeds fundamentele regte (soos veral onder die "verligte
despote" - Frederik die Grote en ander). As dit nie so was nie, sou die
waarheids-en versoeningskommissie geen klagtes oor menseregteskendings kon
aanhoor nie (En, so ver ek weet, het hulle nog geen klagte aangehoor oor
optrede wat nie onder die vorige regering in elk geval
onwettig was nie).
Re: Demokrasie [boodskap #15498 is 'n antwoord op boodskap #15365] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Arthur Hagen" writes:

>> Een goede democratie moet de rechten van minderheden waarborgen; anders is
>> er een levensgroot risico op een "dictatuur van de meerderheid".

>> Groeten,
>> Arthur

> Maar dis snaaks dat die mense wat in SA die
> stemkrag in die hande gehou het van omtrent
> een agste van die bevolking, nou die mense
> is wat die ergste gil oor die "dictatuur
> van de meerderheid."

Ek dink, as jy bietjie teruggaan wat hulle te sê gehad het (dis nou die
ouens wat nou krities staan oor die diktatuur van die meerderheid) oor
meerderheidsregerings in Afrika so 'n dekade of wat gelede, sal jy vind dat
hulle maar soortgelyke dinge te sê gehad het oor die diktatuur van die
meerderheid.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Demokrasie [boodskap #15500 is 'n antwoord op boodskap #15365] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Arthur Hagen" writes:
>
>
>>
>> Dictatuur van de meerderheid wordt tegengehouden door vrije pers, scheiding
>> van de machten en recentelijk door steeds verdere integratie in Europa: in
>> de EU is iedere nationaliteit in de minderheid :)
>
> So, as dit jou beskrywing is van 'n demokrasie
> wat die regte van minderheidsgroepe beskerm,
> dan is dit presies dieselfde as in Suid-Afrika
> nou, na 1994. Dit was nie so daarvoor nie. En
> die mense wat demokrasie in SA teengestaan het,
> skree nou die hardste oor die mindere "demokrasie"
> in die land.

Hmm.... Vra bietjie vir Artuur om vir jou te verduidelik van die
"versuiling" van die Nederlanse samelewing en die wyse waarop dit bepaalde
groepsregte beskerm. Miskien sal hy sommer ook vir jou verduidelik hoe dit
in die geskiedenis ontstaan het asgevolg van godsdienstige
onverdraagsaamheid.

Vra sommer hy moet verduidelik hoe 'n mens op die onkoste van die staat 'n
privaatskool kan bedryf vir 'n bepaalde groep (teen dieselfde befondsing as
wat 'n staatskool kry).

>
> Oor 'n Afrikaanse boerestaat. Ek het
> nog nooit gedink dis onvanpas dat
> sommige Afrikaners 'n aparte tuisland
> wil hê nie,

Die ANC dink oënskynlik wel dat dit onvanpas is - en weier om die
grondwetlike bepalings wat daarvoor voorsiening maak te implementeer.

> en ek neem aan niemand
> torring aan die regte van die mense
> van Orania om op hulle eie te bly,

Nee. Hulle torring nog nie daaraan nie. Ek wonder wat die effek van die
beoogde arbeidswet met sy rassekwotas op Orania sal wees (Orania is 'n
private maatskappy).

Vriendelike groete, Leendert
Re: Demokrasie [boodskap #15530 is 'n antwoord op boodskap #15365] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Asseblief, vertel my
> van die foute wat in Suid-Afrika gemaak
> word. Oortredings van die handves van
> menseregte. Gekonkel met die regstelsel.
> Mense sonder regsproses vir maande in
> tronke opsluit. Mense wat spoorloos
> verdwyn, of op misterieuse wyse uit
> vensters val of papgeslaan word. Vertel
> my daarvan, Johan. Ek wag.

Beeld skryf op 22 Mei 1998:

*****************************

Sowat 50% van die mense wat die afgelope dertien maande in
polisie-aanhouding of tydens polisie-optredes dood is, is tydens
inhegtenisneming geskiet.

Syfers wat deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) bekend
gemaak is, het getoon 306 verdagtes is tydens arrestasie doodgeskiet.
Volgens die OKD is 789 mense in totaal gedurende dieselfde tydperk
in polisie-aanhouding of tydens polisie-optredes dood van wie 255 in
die eerste vier maande vanjaar dood is. Uit dié totaal is 557
gedurende polisie-optrede dood terwyl 232 in aanhouding dood is.

Prof. Ben Smit, polisiëringsdeskundige van Unisa, het sy kommer
uitgespreek oor die verskynsel dat sterftes tydens polisie-optredes
toeneem.

Polisiekomm. George Fivaz het gesê die sterftes moet beskou word in
wat hy bestempel het as 'n moordenaarsklimaat in Suid-Afrika.

Uit die totale sterftes in polisie-aanhouding het 72 mense selfmoord
gepleeg, 29 is aan natuurlike oorsake dood, 48 is dood weens
beserings wat in aanhouding opgedoen is, 35 weens beserings wat voor
aanhouding opgedoen is en 48 mense is weens moontlike nalatigheid
dood.

******************************

Let op dat dit sterftes is in polisie-aanhouding, nie in gevangenisse nie:

72 "selfmoorde"
29 dood aan "natuurlike oorsake"
48 dood aan "beserings wat tydens aanhouding opgedoen is".
48 dood weens "moontlike nalatigheid".

In dertien maande.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Demokrasie [boodskap #15556 is 'n antwoord op boodskap #15365] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> Watter konstitusionele hof het hulle gepak, Gloudina (Siende dat ons nog
>> nooit een gehad het nie)?
>
>
> ��������� Wel, hulle het dit seker iets anders genoem.
> ��������� Maar dit was 'n spesiale hof wat oor die
> ��������� kop van die ander regsgehowe die mag gehad
> ��������� het om sekere veranderings in die manier
> ��������� waarop die land regeer was, geldig te maak.

Daar was nie so 'n hof nie Gloudina! En jy sal nie kan bewys dat daar een was
nie.

Nogal 'n fundamentele wanopvatting vir een wat voorgee om so baie te weet oor
Suid-Afrika! (Saam met al die ander wanopvattings wat jy hier as "ikone"
uitskal.)

> ��������� Die apartheidsvarke was tog alte gesteld
> ��������� om al die duiwelary wat hulle aangevang
> ��������� het, "wettig" teë laat klink.
>
> ��������� Die Afrikaner is vreeslik gesteld op die
> ��������� wetsaspek van dinge.

Was.

Ek vind dat mense elke dag makliker wette en owerheidsoptrede ignoreer wat
ongrondwetlik is.

Net in die tuisskoolgemeenskap skat ek dat ongeveer 85% - 95% van die gesinne
doodeenvoudig die ongeldige eise en aansprake van die onderwysdepartemente
rustig ignoreer. (Wanneer hulle besef dat dit ongeldig is, natuurlik!)

Vriendelike groete, Leendert

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Vorige onderwerp: Kleindorpse se stoepstories en ander orgasmes
Volgende onderwerp: Rugbykommentaar op die web
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:36:47 MGT 2024