| opslurp [boodskap #153515] |
Ma., 09 November 2026 17:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27087 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
opslurp
Afbreking: op•slurp
Samestelling: op + slurp
Werkwoord: slurp op, opslurp
Verlede tyd: het opgeslurp
Teenwoordige deelwoord: opslurpend, opslurpende
Verlede deelwoord: opgeslurpte
Betekenis:
• Om gulsig en hoorbaar te drink.
• Om 'n vloeistof in te suig of te absorbeer.
Gebruik:
• Hy slurp die laaste bietjie koffie in sy beker op.
• Die droë grond het die reënwater opgeslurp.
Sinoniem:
• absorbeer
• insuig
• opdrink
• oplek
• opneem
• opsuig
• verswelg
Afgelei:
• opslurping
Vertaling:
Engels: to slurp up; to absorb, soak up
Nederlands: opslurpen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|