| knopvelsiekte [boodskap #153479] |
Vr., 06 November 2026 18:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27051 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
knopvelsiekte
Afbreking: knop•vel•siek•te
Samestelling: knop + vel + siekte
Selfstandige naamwoord: knopvelsiekte
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Siekte onder beeste, veroorsaak deur die knopvelsiektevirus, gekenmerk deur koors, knoppe in die vel en geswelde limfknope.
Gebruik:
• Knopvelsiekte veroorsaak permanente velskade en 'n skerp daling in die vrugbaarheid en produktiwiteit van die kudde.
Sinoniem:
• knoppiesvelsiekte
Vertaling:
Engels: lumpy skin disease
Nederlands: nodulaire dermatose
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr., 06 November 2026 18:04] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|