Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inkrimping
inkrimping [boodskap #153230] So., 11 Oktober 2026 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
inkrimping
Afbreking: in•krim•ping
Samestelling: inkrimp + -ing


Selfstandige naamwoord: inkrimping
Meervoud: inkrimpings

Betekenis:
• Die handeling van inkrimp; om minder of kleiner te word.

Gebruik:
• Die inkrimping van die ekonomie het kommer oor werkskepping en beleggings laat opvlam.
• Wanneer kragdrade gespan word, moet die inkrimping en uitsetting van die materiaal in ag geneem word.

Sinoniem:
• afname
• kontraksie
• krimping
• retraksie
• saamtrekking
• verkleining
• verkorting
• vermindering

Antoniem:
• uitbreiding
• uitsetting

Afgelei:
• inkrimpingskoëffisiënt

Vertaling:
Engels: contraction, shrinkage, reduction
Nederlands: inkrimping

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 12 Oktober 2026 06:43]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: uitsetting
Volgende onderwerp: onderhoofdogter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Okt. 14 06:46:43 UTC 2026