Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gedefinieer
gedefinieer [boodskap #153178] Wo., 07 Oktober 2026 16:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26767
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
gedefinieer
Afbreking: ge•de•fi•ni•eer
Samestelling: ge- + definieer


Byvoeglike naamwoord: gedefinieer, gedefinieerd
Attributief: gedefinieerde

Betekenis:
• Wat skerp en duidelik omlyn is.
• Wat duidelik beskryf of verklaar is.

Gebruik:
• Die model se wenkbroue is goed gedefinieer. Die liggaambouer het goed gedefinieerde spiere.
• Die reëls en verantwoordelikhede is duidelik gedefinieer.

Sinoniem:
• afgebaken
• bepaal
• omskrewe
• omskryf

Antoniem:
• ongedefinieer

Vertaling:
Engels: defined, well-defined
Nederlands: gedefinieerd


Werkwoord: definieer
Verlede tyd: het gedefinieer

Betekenis:
• Verlede deelwoord van definieer: om 'n definisie te vorm.

Gebruik:
• Max Weber het die staat gedefinieer as 'n politieke instelling wat 'n monopolie het op die wettige gebruik van geweld.

Vertaling:
Engels: defined
Nederlands: gedefinieerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 07 Oktober 2026 17:00]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: koes
Volgende onderwerp: selmembraan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Okt. 08 05:11:52 UTC 2026